RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ 633 episoder

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Kids

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

8. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

Groeipyne: Hoe belangrik is spelling? 08.10.2026

8 Oktober 2026: Spelling vorm die boustene vir effektiewe kommunikasie en kognitiewe groei. Die Woorde Open Wêrelde-projek (WOW) van die Universiteit Stellenbosch bied die afgelope paar jaar die grootste nasionale spelfees van sy soort aan. Die finale ronde is die afgelope naweek op die Matiekampus aangebied. WOW-bestuurder Fiona van Kerwel vertel meer van hulle werk in skoolgemeenskappe.

Groeipyne: Die laaste twee maande van die skooljaar 01.10.2026

1 Oktober 2026: Dis skoolvakansie, maar die dolle gejaag van die laaste skoolkwartaal is om die draai. Met prysuitdelings en skoolkonserte wat wag, is dit soms moeilik om al die balle in die lug te hou. Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou Yolandi van den Heever gee raad oor hoe om die wa deur die drif te trek in die laaste twee maande. Sy stel voor dat ons asem skep en balans handh...

Groeipyne: Wiskundige geletterheid 24.09.2026

24 September 2026: September is Geletterheidsmaand in Suid-Afrika. Ons fokus op wiskundige geletterheid. Hoe leer kinders wiskundige begrippe die maklikste aan? Wilna van Rooyen, onderwyskundige en vroeë kinderontwikkellingspesialis verbonde aan die Afrikaanse Onderwysnetwerk sê dat wiskundige geletterheid reeds vroeg aangeleer word.

Groeipyne: Leesgeletterdheid 17.09.2026

17 September 2026: Wat is fonologiese en fonemiese bewustheid? Tessa Arendse is 'n oudhoërskoolonderwyser wat nou private onderwysopleiding verskaf met 'n spesifieke fokus op leesbegrip.

Groeipyne: Hoe om demensie aan 'n kind te verduidelik 10.09.2026

9 September 2026: September is Wêreld Alzheimers-bewusmakingsmaand. Hoe verduidelik 'n mens aan 'n jong kind wat demensie en Alzheimers is? Lillian Kruger van die Assossiasie vir Demensie en Alzheimers van Suid-Afrika (ADASA) verduidelik hoe om kinders te ondersteun as grootouers se geheue, denke, taal en gedrag verander wanneer hulle demensie het., en hoe om jou brein gesond te hou.

Groeipyne: Vroue se versorgingslas 03.09.2026

3 September 2026: 'n Verslag deur die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Geslagsgelykheid het in 2024 bevind dat die verantwoordelikheid vir kindersorg en huishoudelike werk steeds op die skouers van vroue rus. Erika Jooste, die opvoeding- en genderbestuurder by Sesame Workshop International South Africa, het vir Vrouemaand 'n artikel geskryf oor die versorgingslas wat vroue dra.

Groeipyne: Spelterapie is doeltreffend om kinders se emosies te verwerk 27.08.2026

27 Augustus 2026: Watter rol speel spelgebaseerde intervensie by kinders wat trauma ervaar het, of wat sukkel om hulle emosies te reguleer? Marie-Louise van Heerden is ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker en spelterapeut, wat in ‘n veilige omgewing met jong kinders werk. Deur middel van spelterapie kom sy by hulle harte uit.

Groeipyne: Ontluikende geletterdheid 20.08.2026

20 Augustus 2026: Wat is ontluikende geletterdheid, en watter rol speel voorlees en stories om dit te bevorder? Renie Theron, projekbestuurder van Bazoo, vertel van die werk wat hulle op en weg van die verhoog doen.

Groeipyne: Sensoriese integrasie en emosionele regulering 13.08.2026

13 Augustus 2026: Wat is sensoriese integrasie? Watter rol speel dit in kinders se ontwikkeling? Christelle Koekemoer is ‘n arbeidsterapeut betrokke by ‘n spesiale skool. Sy bied insig oor sensoriese integrasie en emosionele regulering. Sy vertel ook van die werk wat haar organisasie, Wiggly Education, doen om ouers en opvoeders te bemagtig.

Groeipyne: Borsvoedingdieet 06.08.2026

6 Augustus 2026: Borsvoedingsweek 2026 se tema is BORSVOEDING VIR ‘N VOLHOUBARE LEWENSBEGIN: VERSTERK WAT WERK. Dieetkundige en borsvoedingskonsultant Natascha Olivier gee raad aan borsvoedende mammas oor ‘n gesonde dieet.

Groeipyne: Hoe gemaak as jou graad 1-kind nie die mas opkom nie? 30.07.2026

30 Julie 2026: Hoe gemaak as jy deur jou kind se skool ingeroep word omdat jou kleintjie blykbaar nie die mas kan opkom in Graad 1 nie? Karin Visser deel haar gesin se ervaring hiervan, hulle soeke na hulp, en hoe sy uiteindelik ‘n neuro-kognitiewe opleidingsprogram begin het om ander ouers en kinders te help.

Groeipyne: Borsvoeding 23.07.2026

23 Julie 2026: Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel aan dat mamma’s hulle suigelinge eksklusief borsvoed vir die eerste ses maande ná geboorte. Maar gebeur dit in praktyk? Professor Christine Taljaard-Krugell van die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Uitnemendheid in Voeding het ‘n artikel geskryf oor borsvoeding, en die prys wat hiervoor betaal word.

Groeipyne: Musiekterapie 16.07.2026

16 Julie 2026: Wat is die waarde van musiekterapie vir kinders se algehele welstand en ontwikkeling. Musiekterapeut Anja Pollard vertel wat dié soort terapie behels.

Groeipyne: Leesprojek vir Graad R tot Graad 3 09.07.2026

9 Julie 2026: Deur vir 'n kind voor te lees en stories te vertel, ontsluit jy soveel meer as net hulle verbeelding. Dis ‘n verrykende ervaring vir sowel leser as luisteraar. Nelmarie Kemp van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans vertel van hulle Zoe-leesprojek vir Graad R tot Graad 3, en hoe hulle leesfasiliteerders in gemeenskappe oplei.

Groeipyne: Oogprobleme by voorskoolse kinders 02.07.2026

2 Julie 2026: Sig is een van die mens se vyf tradisionele sintuie. Ons oë help ons om die wêreld om ons te kan sien en verken. Natasha Pieterse, ‘n pediatriese oogkundige, vertel van die oogprobleme wat by voorskoolse kinders kan opduik, en ons hoor of die eet van wortels wel help om goeie sig te bevorder.

Groeipyne: Toepassing van dissipline by voorskoolse kinders 25.06.2026

25 Junie 2026: Ouers vind dit soms moeilik om oënskynlike negatiewe opmerkings oor hulle kinders se onaanvaarbare gedrag te aanvaar. Hulle is dadelik op die aanval en gereed die kinders te verdedig, want heel dikwels sien ouers hulle kinders as ‘n verlengstuk van wie hulle is. Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever praat oor dissipline en die toepassing en hand...

Groeipyne: ‘Leer moet prettig wees’ 18.06.2026

18 Junie 2026: Wanneer ons dink aan leer, dink ons aan boeke, oefeninge en formele onderrig. Maar is dit wat jong kinders nodig het? Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeëkinderontwikkelingspesialis, glo dat leer, veral in die voorskoolse fase, prettig moet wees.

Groeipyne: Die belangrikheid van speel 11.06.2026

11 Junie 2026: Met Wêreld-Speeldag wil die Verenigde Nasies die aandag te fokus op die belangrike rol van speel in kinders se ontwikkeling. Ons praat hieroot met spelterapeut en kliniese sielkundige, Jo-Marie Bothma.

Groeipyne: Wat doen ons om kinders te beskerm? 04.06.2026

4 Junie 2026: Kinderbeskermingsweek is ’n tyd waarin bestek geneem moet word van kinders in onveilige situasies en omgewings, en wat ons as ‘n samelewing kan doen om hulle te beskerm. Maatskaplike werker Edith Kriel vertel van haar organisasie, JellyBeanz, wat dienste verskaf aan kinders en hulle gesinne wat trauma beleef het.

Groeipyne: Irlen-sindroom (Deel 2) 28.05.2026

28 Mei 2026: Irlen Sindroom is ’n visuele persepsieprobleem, wat soms verkeerd gediagnoseer word. Irlen-diagnostikus Martelean Venter praat verder oor hoe die toetsing geskied, en die rol van ‘n gekleurde bril in die behandelingsproses.

Groeipyne: Irlen-sindroom (Deel 1) 21.05.2026

21 Mei 2026: Irlen-sindroom is ‘n visuele persepsieprobleem, wat verkeerd gediagnoseer kan word. Martelean Venter, is een van slegs drie Irlen-diagnostici in Suid-Afrika. Sy verduidelik wat die sindroom beheld.

Groeipyne 14 Mei 2026 14.05.2026

Kinders kan met verskillende leeruitdagings presenteer. Een daarvan is disleksie. Disleksie-terapeut Marguerite Koch verduielik wat hierdie leergestremdheid behels.

Groeipyne 7 Mei 2026 07.05.2026

Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank praat oor die rol van arbeidsterapie om kinders se fisieke en emosionele funksionaliteit optimaal te versterk.

Groeipyne 30 April 2026 30.04.2026

Konflik binne gesinsverband is onvermydelik. Hoe hanteer ‘n ouer konflik met veral ‘n voorskoolse kind? Voorligtingsielkundige Fiona Doman-Olivier bespreek die verskillende soorte konflik, en gee raad oor konflikhantering.

Groeipyne 23 April 2026 23.04.2026

Byna elke nuwe ouer sal kan getuig van slapelose nagte met ‘n nuwe kleinding. Wat het voeding en baba se slaappatrone met mekaar uit te waai? Slaapkonsultant Jolandi Becker vertel watter rol voeding speel, en hoe dit slaap beïnvloed.

Hør på podkasten Groeipyne i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.