RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Haidee ry trein 24.05.2024 8:11
Haidee Muller-Isaacs klim vir die eerste keer in jare op ’n trein, en kap aan Elgin toe. Sy gesels met die trein se gasvrou, Rina de Waal, en ook die baie vermaaklike treindrywer, Kassie Cartens.
360 Speseryroete - Deel 36 24.05.2024 7:26
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor nigella, of swart komyn, een van die minder bekende speserye.
Internasionale krieketdebuut op amper 67! 24.05.2024 1:50
Sally Barton het op 66 jaar en 334 dae haar buiging gemaak as paaltjiewagter vir Gibraltar se nasionale vroue krieketspan, in ‘n T20 wedstryd teen Estland. Sally hou nou die rekord vir die oudste vroue T20 internasionale krieketspeler, maar ook as die oudste T20 debutant vir mans en vroue.
Ongelooflike ouma! 23.05.2024 7:56
Boomklim is nie net ‘n noodsaaklike oefening vir kinders nie, grootmense het dit nét so nodig. ‘n Uitstekende plaasvervanger is paalklim, sê Karin Schoeman, ‘n afgetrede fisioterapeut. Dié 74-jarige ouma is self ’n ywerige paalklimmer.
Moeders se geestesgesondheid 23.05.2024 11:04
Prof. Renata Schoeman praat oor moeders se geestesgesondheid. ‘n Derde van Suid-Afrikaanse vroue ly aan perinatale depressie en angs.
Glas tot sand herwin 23.05.2024 1:16
Glass Half Full in Louisiana in die VSA herwin glas om dit tot te verwerk om erosie teen die kus teen te werk.
Gert Claassen se dae by die SAUK 22.05.2024 12:41
Gert Claassen vertel vir Martelize Brink van sy dae as hoof van operasies en bedryf by die SAUK in die 1990’s. ‘n Hoogtepunt was om die infrastruktuur te skep om die 1994 verkiesing te dek.
Wilma se hoop 22.05.2024 7:01
Wilma Josefs gesels oor haar pragtige dorpie, Lanquedoc, en sy mense. Sy het 'n groot hart en liefde vir haar gemeenskap. Twee jaar gelede het sy haar eie digbundel , Hoop, gepubliseer.
Wêreld Biodiversiteitsdag 2024 22.05.2024 9:32
Dr. Morné du Plessis praat op Wêrelddag vir Biodiversiteit hoe elkeen ‘n rol te speel het om ons biodiversiteit te beskerm en te ondersteun.
Musikante en vuurvreter pak mekaar 22.05.2024 1:19
‘n Groep Mariachi-musikante en ‘n vuurvreter het in Mexiko slaags geraak oor ’n straathoek, waar daar vir fooitjies opgetree word.
Driehoeke in brûe 21.05.2024 7:09
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU waarom driehoeke in brûe gebruik word.
SA maak skoonskip by die Chelsea Blommeskou 21.05.2024 4:29
Leon Kluge vertel van die sukses wat hulle met die Suid-Afrikaanse uitstalling by die Chelsea Blommeskou behaal het. Nie net het hulle ‘n gouemedalje ontvang nie, hulle het ook die toekennings ontvang vir die beste nuwe ontwerp en die beste uitstalling op die skou!
Groentelushof tussen townshiphuise 21.05.2024 7:14
Vir die inwoners van die Walmer-township in die Baai, het Xholani Siwa se groot groentetuin in hulle midde baie vars en bekostigbare groente tydens Covid-19 se grendelperiodes gelewer. Twintig jaar gelede het Xholani en lede van die Walmer-gemeenskap groente begin plant op die eens verwaarloosde stuk grond in die township. Xholani het naderhand die grond gekoop, en dit ontwikkel in ’n groentelusho...
Menslike potensiaal en KI 21.05.2024 11:02
Dr. Cobus Oosthuizen praat oor die ontsluiting van menslike potensiaal in die era van kunsmatige intelligensie.
Pynappel kos wat?!? 21.05.2024 1:31
Daar is nuwe pynappels met ‘n rooi skil in Amerika beskikbaar teen $395,99 elk!
Insekte en ekostelsels 20.05.2024 9:32
Dr. Charl Deacon praat oor die rol van insekte in die werking van ekostelsels.
Termiete is 'n gevaar vir huiseienaars 20.05.2024 8:22
Grasvretende termiete hou 'n reuse gevaar in vir huiseienaars. Volgens Johan Fourie, president van die SA Plaagbeheervereniging (SAPCA), is grondbehandeling om die fondasies van nuwe boupersele ’n móét.
Jou leefstyl bepaal jou gesondheid 20.05.2024 8:06
Amanda Oakes-Cornellissen praat oor die impak wat jou leefstyl op jou gesondheid en chroniese siektes het.
Ruik 'n seël, ruik 'n bakkery 20.05.2024 1:45
Frankryk het nuwe seëls uitgereik wat die baguette vier. As jy aan die seël vryf, ruik dit na ‘n bakkery.
Karen verbeter grotduik-diepterekord 17.05.2024 14:07
Karen van den Oever en Francois Bain vertel vir Johan Rademan hoe Karen haar eie grotduik-diepterekord by Boesmansgat verbeter het tot 246,56 meter.
360 Speseryroete - Deel 35 17.05.2024 6:49
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor Cartwrights se kerriepoeier wat nie meer in Suid-Afrika beskikbaar is nie.
Pniel se krisantefees 17.05.2024 8:04
Haidee Muller-Isaacs was by die onlangse kristantefees op Pniel, waar sy met ‘n meesterblomkweker gesels, en met ‘n stigterslid van die Kristanteklub op die dorpie.
Doen niks en wen 17.05.2024 2:31
Suid- Korea het onlangs die tiende niksdoen-kompetisie gehou. ‘n 34 - jarige tweemalige Olimpiese silwermedaljewenner het derde gekom. Vanjaar se wenner is ‘n vryskutomroeper.
Klimaatsverandering: Nelson Mandelabaai maak plan 16.05.2024 6:54
Stappe word nou al gedoen om die Baai en omstreke meer weerbaar te maak teen klimaatverandering, wat onder meer uiterste weerpatrone veroorsaak. Gary Koekemoer, streekvoorsitter van die Natuurlewe Vereniging van Suid-Afrika, kortweg bekend as Wessa, is die leier van die groter Nelson Mandelabaai se klimaatprojek.
Sterrekundiges trek in Augustus in Kaapstad saam 16.05.2024 9:46
Prof. Josef de Beer praat oor die Internasionale Astronomiese Vereniging se Algemene Vergadering wat in Augustus vir die eerste keer in Afrika aangebied word. Hy vertel waarom Suid-Afrika so ‘n goeie keuse vir die saamtrek van sterrekundiges is.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.