RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

21. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

Hele polisiemag afgedank, weer aangestel 25.05.2026

Die burgemeester van Cohutta in Georgia in die VSA het dorp se hele polisiemag afgedank weens aanmerkings wat hulle oor sy vrou op sosiale media gemaak het.

Beryl Botman vier die lewe 22.05.2026

Beryl Botman se lewe het tot stilstand geruk toe sy op 53 'n weduwee geword het. Maar nou, op 65, vier sy die lewe met allerhande klein dingetjies wat haar siel voed. Sy het selfs besef hoe lekker lyndans is. En ja, sy is die jongste in daardie lyndansgroepie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.

360 Speseryroete: Suiker en suikerriet 22.05.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor suiker en suikerriet, en hoe dit die wêreld gevorm het.

19 Jaar in die hof oor rooi verkeerslig! 22.05.2026

Neville Greene van Ontario in Kanada het 19 jaar lank ’n rooilig-veerkeersoortreding in die hof beveg, en uiteindelik sy appèl gewen.

Vloede en versekering 21.05.2026

Ebbe Rabie praat oor die onlangse vloede, die skade, en risikobepaling vir versekering.

Jonk: Sonskerm 21.05.2026

Dr. Ria Smit praat oor sonskerm eiligheid, asook die veiligheid van talkpoeier.

Kan 'n Cybertruck swem? 21.05.2026

‘n Man in Texas het sy Cybertruck se “wade mode” in ‘n meer beproef, maar toe gaan hy dieper as die 32 duim wat die handleiding toelaat...

Lyntjie Jaars se Mammagoed en "vleistanne" 20.05.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met die Namakwalandse storieverteller en TV-aanbieder, Lyntjie Jaars, oor wat deesdae gebeur in haar loopbaan, en haar liefde vir haar Ma na wie sy liefdevol verwys as Mammagoed. Sy is glo 'n groot RSG-aanhanger. Natuurlik hoor ons ook meer van Lyntjie se "vleistanne".

Fossielvonds in Vrystaat 20.05.2026

Dr. Gideon Groenewald vertel van ‘n fossiel wat hy gevind het, wat onlangs met die swaar reën oopgespoel het.

Luukse koeëlvaste handsakke 20.05.2026

Hlumelo Nyaluza van Soweto se luukse handsakke en rugsakke is koeëlvas.

Êrens oorsee: Kevin Leo in Panama 19.05.2026

Kevin Leo vertel vir Martelize Brink van die lewe in Panama, waar hy die afgelope vyf jaar woon.

Prof. Pierre se kleiterapie 19.05.2026

Prof. Pierre Volschenk het op 1 Mei 2026 ‘n eeu oud geword. Johan Rademan het met dié merkwaardige Suid-Afrikaner gesels. Hy was die eerste persoon in Suid-Afrika om ‘n doktorsgraad in beeldende kuns aan ‘n plaaslike universiteit te behaal. Hy gesels oor klei as terapie, en ikoniese nalatenskappe.

Robot-verbod op vliegtuie 19.05.2026

Southwest Airlines in die VSA het ‘n verbod geplaas op robotte wat soos mense of diere lyk. Hulle mag nie ‘n sitplek by passasiers kry, of in die bagasieruim wees nie. Die rede is dat hulle litiumbatterye groter is as wat op ‘n vlug toegelaat word.

Vloedskade by Cango Wildlife 18.05.2026

Heinz Guder vertel vir Martelize Brink hoe Cango Wildlife op Oudtshoorn die onlangse vloede hanteer het, die diere wat geskuif moes word, en die opruimingsoperasie wat tans daar aan die gang is.

In die wêreld van landbou 18 Mei 2026 18.05.2026

In hierdie week se landbounuus praat ons onder meer oor Suid-Afrika se 2026 wyndruifoes, plaaslike verkope van landboumasjinerie, die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf se 2025/26-seisoen, en Agri Wes-Kaap se kandidate vir sy 2026 Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Is daar lood in my biltong? 18.05.2026

Prof. Phillip Strydom praat oor lood in wildsvleis, -biltong en -droëwors, en verduidelik of dit iets is om oor bekommerd te wees.

'n Gestoei by die troue 18.05.2026

‘n Chinese paartjie het hulle bruilof in die vorm van ‘n stoeibyeenkoms gehou. Die bruidegom is ‘n professionele stoeier, en die hoofgeveg was hy teen die bruid. Die wenner van die geveg doen vir die duur van die huwelik nie huishoudelike take nie.

Elri, die stapkampioen 15.05.2026

Elri Coetzee vertel vir Martelize Brink van stap as sport. Sy is die onder 19-SA skolekampioen in 5 000 m stap.

360 Speseryroete: Burrata-kaas 15.05.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor burrata. Dis ‘n vars mozzarella-tipe kaas gevul met room en stracciatella, met ‘n sagte buitekant en ‘n ryk, romerige kern.

Sjef Ashley se restaurantdroom 15.05.2026

Sjef Ashley Wynand wou al lank sy eie restaurant bestuur. Die pad het eers ‘n paar ander kronkels gemaak, maar nou is sy droom uiteindelik bewaarheid. Haidee Muller-Isaacs het na Grabouw toe gegaan om te sien wat hy alles agter die kospotte aanvang.

Wolf! Wolf! Hoeveel bere is daar? 15.05.2026

‘n Maatskappy in Japan kan nie voor bly met bestellings vir hulle monsterwolf nie. Dit is ‘n sonkragaangedrewe robot beerverskrikker.

Jonk 14 Mei 2026 14.05.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding om jou immuniteit te versterk, en waar Vitamien C in die prentjie pas.

Hoog in die tak(ke)bokke 14.05.2026

Die Franse polisie waarsku bestuurders teen takbokke en ander wilde diere, wat gegiste vrugte en verrottende plantmateriaal eet. Dié dronk diere se gedrag is onvoorspelbaar.

Pretloop ten bate van jong kankerlyers 13.05.2026

DF Akademie se Tuinklub bied die eerste jaarlikse Lig Loop-aandpretloop aan ten bate van jong kankerlyers. Die skool se gewilde tuintannie, Lorinda Smit, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van hierdie gemeenskapsdaad van hoop, liefde en saamstaan.

Lize Marié, die suiwelsommelier 13.05.2026

Lize Marié du Toit gesels oor haar werk as suiwelsommelier, en hoe beoordeling by suiwelkompetisies werk.

Hør på podkasten Driesestig i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.