RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Hoe werk sekwestrasie? 22.03.2023 9:21
Jonathan le Riche praat oor sekwestrasie, wat jy mag en nie mag doen nie doen terwyl jy gesekwestreer is, en jy gerehabiliteer kan word.
Gqeberha se rioolsuiweringswerke 21.03.2023 9:51
Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Gqeberha se rioolsuiweringswerke, en die pionierswerk wat in Suid-Afrika gedoen is met geaktiveerde slykstelsels.
Een musiekstuk, twee klaviere, vier hande 21.03.2023 9:52
Hierdie is die verhaal van Esta Swart van Gqeberha, ‘n vrou wat sewe jaar lank haar erge gehoorverlies probeer verbloem het deur te liplees. Naderhand het sy gehoorapparate aangeskaf en was die lewe beter, maar toe sy aftree, was die lewe weer donker – tot haar paaie gekruis het met dié van Mathilda Hornsveld, ‘n bekende begeleier en koormeester. Nou lewer hulle twee klavieruitvoerings. Mariska Sp...
Ballet met 'n perd! 21.03.2023 12:13
JackÏ Job en Alexandre Bourdat vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van hulle balletproduksie waar ‘n perd deel van die vertoning is.
Allergieë by diere 20.03.2023 14:07
Veearts Dd. Ingrid de Wet praat oor allergieë by diere. Die moeilikheid lê meestal by kos, stuifmeel en vlooie.
Oom Hendrik se tamaties 20.03.2023 9:22
Verlede week het ons boslelies gepraat toe Haidee Muller-Isaacs in Oom Hendrik Schoeman se tuin op Volmoed gaan inloer het. Toe hoor sy oom Hendrik kweek ook tamaties. En dis toe ook nie 'n sommerso besigheid nie, hoor. Oom Hendrik kweek spogtamaties en voorsien aan 'n hele rits plaaslike besighede in die Suid-Kaap distrik.
Kubersekuriteit en kunsmatige intelligensie 17.03.2023 10:03
Daniela Marais vertel vir Martelize Brink van kubersekuriteit in 'n tyd van kunsmatige intelligensie. Sy verduidelik hoe kunsmatige intelligensie teen jou ingespan word, en hoe om jouself te beskerm.
Steven Roos se werk agter die skerms by SA Rugby 17.03.2023 9:54
Steven Roos se hele loopbaan was by SA Rugby. Hy het onder Dok Craven begin werk en 104 toetse gereël. Haidee Muller-Isaacs gesels met hom oor sy dae agter die skerms.
Kleur, klank en karnaval 17.03.2023 9:15
Mia van Zyl vertel vir Martelize Brink wat jy te wagte kan wees by die Kaapstad Karnaval, wanneer die geleentheid kleur en klank na die Moederstad se strate bring.
Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock se jare saam 16.03.2023 15:51
Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock kuier by Johan Rademan en Martelize Brink. Hulle sing ou treffers en gesels oor jare se saamwerk.
‘n Hotel om enkelbye te help red 16.03.2023 10:04
Baie van ons is al bewus van die noodsaak om die Suid-Afrikaanse byekolonies, ook bekend as die sosiale by, se voorbestaan te verseker. Maar daar is ook die enkelby waarvan min mense weet. Nou het die Baaienaar en byevrou, Lizal van den Heever, dit haar roeping gemaak om ook dié bye van uitwissing te help red. Sy verduidelik aan Mariska Spoormaker die verskil tussen die sosiale by en die enkelby.
Vraagstukke in die plantwetenskap 16.03.2023 9:29
Dr. Ida Wilson praat oor die tien belangrikste vraagstukke in die plantwetenskap.
Erna Blancquaert, die wyndoktor 15.03.2023 12:27
Dr. Erna Blancquaert vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar pad in die wynbedryf, en die rol waarvoor sy vanjaar nasionaal vereer is.
Kinders speel kreatief met boublokke 15.03.2023 9:38
Dis eenvoudige kleurvolle boublokkies wat kinders van alle ouderdomme se verbeelding soms vrye teuels gee. Dié opvoedkundige speeding is ‘n wêreldikoon en is al vir byna ‘n eeu met ons. Jacqui January gesels met prof. Saartjie Gravett van die Universiteit van Johannesburg. Sy vertel van hulle opleiding aan onderwysers wat die aandag van die Lego-stigting gevang, en tot befondsing en samewerking ge...
Stompkopkewer bedreig sagtevrugtebedryf 15.03.2023 8:17
Prof. Wiehann Steyn praat oor van die bedreiging wat die stompkopkewer vir die sagtevrugtebedryf inhou. Voorheen het die kewer meestal ornamentele bome aangeval, maar dit word nou ook by sagtevrugtebome opgemerk.
Oos-Londen se fabrieke 14.03.2023 7:23
Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Oos-Londen se fabrieke.
Die laaste Nortjé in die Baviaanskloof 14.03.2023 8:58
Nou nog, wanneer die inwoners van die Baviaanskloof praat oor die groot vloed van 1916, word die boek, Die Wildedruif Val, in dieselfde asem genoem omdat dit die traumatiese gebeure van destyds meesterlik saamvat. Die Wildedruif Val is een van vele boeke wat die geliefde skrywer PH Nortjé oor die Baviaanskloof, sy grootwordplek, geskryf het. Vandag is daar net een Nortjé oor in die Baviaanskloof....
Fungus hou van whiskey se dampe 14.03.2023 7:23
Dr. Marieka Gryzenhout vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n swam wat van etanoldampe lewe. Dis ‘n pes vir Amerikaanse whiskeymakers.
Suid-Afrika se eie hond 13.03.2023 11:15
Lititia Kruger vertel vir Martelize Brink van die boerboel, ‘n eg Suid-Afrikaanse honderas. Hoewel die honde wêreldwyd uitgevoer word, word die ras uit Suid- Afrika bestuur deur die SA Boerboel Telersgenootskap.
Oom Hendrik se boslelies 13.03.2023 11:24
Haidee kuier op Volmoed by oom Hendrik Schoeman in sy ongelooflike tuin, wat in boslelieblomtyd vir die publiek oopgestel word.
Besigtig kuns by Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin 13.03.2023 9:04
Werner Voigt vertel vir Martelize Brink van die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Roodepoort, waar daar tans ‘n aangepaste werklikheid kunsuitstalling te sien is.
Hoe werk 'n omsetter? 10.03.2023 12:46
Dr. Arnold Rix vertel vir Martelize Brink hoe ‘n omsetter werk, en waar dit pas in die stelsel wat jou deur die donker tye moet dra.
Jadon Booysen se omgeehart 10.03.2023 11:23
Jadon Booysen speel al van die ouderdom van 11 af in 'n baie bekende Kaapse sepie. Hy vertel hoe hy steeds tyd maak vir skoolwerk tussendeur die opnames vir sy rol as Carlo Daniels in Suidooster. In weerwil daarvan dat sy eie gesin dit nie altyd breed het nie, wil hy nou toiletware gaan uitdeel in Zoar in die Karoo. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind oor hierdie inspirerende jong man.
Almal wil deesdae padel 10.03.2023 6:23
Elizna Wilken vertel vir Martelize Brink hoe die sport, padel, werk. Dis soos ‘n kombinasie van tennis en muurbal.
Diversiteit in poppe 09.03.2023 5:48
Marietha Dawson gesels oor die nodigheid van diversiteit in poppe, en selfs die beroep dat Disney prinsesse met gestremdhede moet hê. Barbiepoppe weerspieël byvoorbeeld die diversiteit van mense.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.