RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

9. nov 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,7+ i vurdering iOS snart

Episoder

S-Korea se plan om geboortesyfer te verhoog 04.09.2023

Suid-Korea het 'n projek begin waar 100 huiswerkers van oorsee gewerf word om teen sowat R50 000 ‘n maand te werk. Die doel is om die land se geboortekoers te verhoog deur die werklas van paartjies by die huis te verlig. Tans kan jy nie sommer ‘n visum vir dié doel kry nie.

Rugbylande se kos- en vuurkultuur 01.09.2023

Koskenner Errieda du Toit gesels oor die vuurkultuur van rugbylande. Almal het ‘n kostradisie om die kole.

360 Speseryroete - Deel 1 01.09.2023

Ons kyk na die geskiedenis van speserye saam met koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche.

Pars blomme in die lente 01.09.2023

Charlene Potgieter vertel vir Martelize Brink hoe ons die blomseisoen kan vasvang deur blomme te pars.

Op 102 is Peggy nog aktief in die swembad! 01.09.2023

Peggy Konzak van Oregan, VSA, is al vir 54 jaar ‘n aktiewe sweminstrukteur, en is op 102 steeds volstoom aan die gang.

Kunsmatige intelligensie en intellektuele goederereg - Deel 2 31.08.2023

Amanda Lotheringen praat oor kunsmatige intelligensie en intellektuele eiendom in die mediese veld.

Intieme vroulike gesondheidkwessies 31.08.2023

Uroginekoloog dr. Rénardo Lourens praat oor die gebrek aan begrip en gesprekke oor intieme vroulike gesondheidkwessies.

Miljoene bye maak amok 31.08.2023

In Kanada het korwe met 5 miljoen bye van ‘n vragmotor afgeval. Vrywillige byevangers moes die situasie beredder.

Merwyn se keramiekkuns 30.08.2023

Keramiekkunstenaar Mervyn Gers vertel vir Martelize Brink van sy pad tot by keramiek, en die stryd wat hy met lang-Covid gehad het.

Aanlyn hulpbron van flora in die wêreld 30.08.2023

E-Flora Suid-Afrika is ‘n projek wat in 2013 begin is met die doel om ‘n aanlyn hulpmiddel te skep. Dis ’n uitvloeisel van die World Flora Online Plant List, wat toegangklik is vir professionele plantkundiges én Jan en San publiek. Jacqui January gesels hieroor met dr. Marianne Le Roux van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut. Sy is al vir langer as ‘n dekade besig om die ryk div...

Roy se passie vir Eurovision 30.08.2023

Roy van der Merwe vertel vir Martelize Brink van sy betrokkenheid by die Eurovision-liedjiekompetisie oor baie jare, en sy herinneringe van die sterre agter die verhoog.

Streek in China betaal jou om te trou 30.08.2023

In ‘n poging om die geboortesyfer ’n hupstoot te gee, het ‘n streek in China besluit om 1 000 joean aan paartjies te gee wat trou, mits die bruid 25 of jonger is.

Samewerking tussen dissiplines in bouproses 29.08.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink hoe al die verskillende dissiplines saamwerk in die bouproses.

Al die feeste op een plek 29.08.2023

Noël Schreuder vertel vir Martelize Brink van feeste.net waar feeste gratis geadverteer kan word, en jy kan sien wat in jou omgewing aan die gang is.

Kaalgat tussen die sonneblomme 29.08.2023

‘n Plaas in Engeland het kennisgewings opgesit om mense te waarsku dat naaktheid in die publiek nie aanvaarbaar is nie, want mense neem naakfoto’s tussen die sonneblomme.

Aasvoël-bewusmaking 28.08.2023

Vita Wilkens vertel vir Martelize Brink van die uitdagings van aasvoëls, Vulpro se werk en aasvoël-bewusmakingsdag.

Niel se kunsversameling 28.08.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met dr. Niel le Roux oor sy indrukwekkende kunsversameling, wat oor jare opgebou is.

Standbeeld vir Klara Majola 28.08.2023

Bertdene Laubscher en Pieter de Villiers gesels oor die beeld van Klara Majola, wat Pieter in opdrag van die Togrygersmuseum op Ceres geskep het.

Franse spandeer miljarde op oorskot wyn 28.08.2023

Frankryk het aangekondig dat R4-miljard gebruik gaan word om oorskot wyn te vernietig, om wynpryse en sukkelende wynprodusente te ondersteun.

Clanwilliam se veldblomskou begin 25.08.2023

Daleen Schoembee vertel vir Martelize Brink van die 62e Clanwilliam Veldblomskou, en wat vanjaar daar te sien is.

Watter kaas is gesonder? 25.08.2023

Dieetkundige Mariza van Zyl verduidelik watter soort kaas gesonder is.

Atlantis se hoed-antie 25.08.2023

Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by hoedemaker Georgina Goodall. Sy glo dis ’n roeping, en het altyd as kind haar ouma se handsakke, en veral haar hoede bewonder.

Olifant snuffel opium uit 25.08.2023

‘n Wilde olifant in Sjina is deur die polisie by ‘n dorp verjaag, maar in die proses het die olifant ‘n rugsak met 2,8 kg opium raak geruik.

Anna Stofberg droom op Philadelphia 24.08.2023

Anna Stofberg vertel vir Martelize Brink van die groot bederf op ‘n klein dorpie. Sy kom van ‘n plaas om die draai, en is nou hoofsjef by Droom op Philadelphia.

Kunsmatige intelligensie en intellektuele goederereg - Deel 1 24.08.2023

Amanda Lotheringen praat oor kunsmatige intelligensie en intellektuele goederereg, en die rol wat dit in die Hollywoodstaking speel.

Hør på podkasten Driesestig i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.