Carin Conradie
Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.buzzsprout.com
Forfatter
Carin Conradie
Kategori
Podkastens nettsted
Siste episode
8. okt 2026
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Boeke van die profete 18: Esegiël hou konsert in die straat 16.04.2026 10:24
In Esegiël 4 - 7 lees ons van die profeet wat vir Juda daar in Babel met straattoneeltjies moes wys wat met die stad Jerusalem gaan gebeur, omdat hulle weggedwaal het van God af. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 17: Esegiël word 'n profeet 09.04.2026 11:01
In die eerste drie hoofstukke van Esegiël hoor ons hoe hy 'n glimps van God gesien het, die dag wat hy geroep is as profeet. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 16: Klaagliedere van Jeremia 02.04.2026 10:24
Die boek Klaagliedere is net vol huil-liedere na die ballingskap van Juda na Babel. Tog is daar pragtige verse waar Jeremia uitroep na God. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 15: Jeremia 26.03.2026 10:55
In hierdie episode gee ons 'n kort weergawe van die lange Jeremia boek (52 hoofstukke). Jeremia het sy lewe gegee vir 'n boodskap wat mense nie wou hoor nie. God het hom vir 40 jaar gehelp om hierdie boodskap te verkondig. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 14: Jesaja 40 tot 66 19.03.2026 11:32
In die tweede deel van Jesaja lees ons baie meer van hoop en herstel. Die koms van die Messias, Jesus, word ook baie duidelik geprofeteer. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 13: Jesaja 13 tot 39 12.03.2026 10:56
In hierdie hoofstukke gaan dit oor oordeel en hoop teenoor volke rondom Juda en ook oordeel en hoop vir Juda. 'n Kern vers is : "Julle krag lê in stil wees en vertroue hê." Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 12: Jesaja 1 tot 12 05.03.2026 10:00
In die eerste deel van Jesaja word vertel hoe God sy volk gaan oordeel en die hoop wat daar is as hulle gaan terugkom na Hom toe. Die kern is Jesaja 1: 18: "Kom nou, laat ons die saak uitmaak, sê die Here..." Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 11: Die boek Jesaja 26.02.2026 11:28
In hierdie episode gee ons 'n oorsig oor die boek Jesaja en vertel van sy roeping as profeet. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigteboeke 9: Hooglied 19.02.2026 7:40
In hierdie episode gesels ons oor die boek Hooglied: 'n boek wat vertel van die liefde tussen 'n man en vrou. Dit help ons om te verstaan hoe ons met ons hele lewe voor God moet leef hier op aarde: soos Hy dit bedoel het! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigte boeke 8: Prediker 12.02.2026 9:37
In hierdie episode probeer ons verstaan wat die Prediker skrywer vir ons wil sê as hy skryf: "alles is 'n gejaag na wind". Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigte boeke 7: Die boek Spreuke - deel drie 05.02.2026 10:06
In hierdie episode vertel ons meer van Spreuke 30 en 31 en wie die skrywers was. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigte boeke 6: Die boek Spreuke - deel twee 29.01.2026 9:40
Ons praat oor Spreuke 10 - 30 en lig enkele spreuke uit. Baie spreuke vertel hoe wysheid die teenoorgestelde is van dwaasheid. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigte boeke 5: Die boek Spreuke - deel een 22.01.2026 10:11
Ons begin met die boek Spreuke : hoofstukke 1 - 9. Daarin leer ons dat die boek ons wysheid wil leer en: wysheid begin met die dien van die Here. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigteboeke 4: Die Psalms 15.01.2026 8:50
Vandag gesels ons verder oor die wonder van die Psalms wat vir ons behoue gebly het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigteboeke 3: Die boek van die Psalms 08.01.2026 10:32
Die boek van die Psalms is gedigte wat gesing of gebid is. Dis handige, klaar uitgeskryfde gebede wat ons vandag nog elke dag kan gebruik. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Kersfees 2025 11.12.2025 9:44
'n Kort kersboodskap vir 2025. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids- en gedigteboeke 2: Job leer in sy lyding 04.12.2025 10:40
Hierdie storie handel oor die tweede en laaste deel van Job. Hy het baie geleer van God. En nadat hy vir sy vriende gebid het, het God sy lewe herstel. Ons lees dit in Job 3 tot 42. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Wysheids-en gedigteboeke 1: Die man Job 27.11.2025 10:01
In hierdie storie begin vertel ons van Job soos in Job 1 en 2. Job, Spreuke en Prediker word wysheidliteratuur genoem. Ons sal die Boeke van die profete later verder vertel. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 10: 'n Nuwe wet help die Jode 20.11.2025 10:47
In ons laaste storie uit die boek Ester (Ester 8 - 10) hoor ons hoe die Jode hulleself kon beskerm op die dag wat die vyand hulle aangeval het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 9: Die tweede ete van koningin Ester 13.11.2025 10:49
Haman wou die Jode uitwis, maar in hierdie storie hoor ons hoe hy tot 'n val gekom het. Ons lees dit in Ester 5 tot 7. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 8: Haman wil die Jode doodmaak 06.11.2025 12:27
In Ester 2 tot 5 lees ons van Haman wat net niks van Mordegai gehou het nie. Die gevolg was dat hy die koning gevra het om 'n wet te skryf dat die Jode op 'n sekere dag almal uitgewis kon word. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 7: Ester word koningin 30.10.2025 10:31
Ons begin vertel die storie van Ester, 'n jong Jodin wat die koning van die Mediërs en Perse se vrou geword het. Ons lees dit in Ester 1 en 2. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 6: Nehemia kom weer terug na Jerusalem 23.10.2025 10:39
In Nehemia 13 lees ons hoe kwaad Nehemia vir die Judeërs geword het omdat hulle dinge gedoen het wat hulle weet verkeerd was. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 5: Juda vier fees 16.10.2025 10:48
In Nehemia se tyd het die volk gehonger na die wet van die Here en het vir ure daarna geluister. Hulle het byeengekom en die huttefees gevier en 'n vasdag gehou. Die muur is ook ingewy met 'n lekker fees. Ons lees daarvan in Nehemia 7 - 13. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 4: Jerusalem se muur word klaar gebou 09.10.2025 11:16
In Nehemia 5 tot 7 lees ons hoe die Judeërs deur al die moeilikheid tog die muur klaar gebou het in net twee en vyftig dae. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.