Newskoop
Agriskoops (Afrikaans)
Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: rss.iono.fm
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Agriskoops - 25 Mei 2026 25.05.2026 5:14
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. He vertel meer oor die sonkragoplossings wat hulle bied vir huise en individuele huishoudings. Hy verduidelik hoekom sonkrag voordelig is, veral in die huidige klimaat van aanhoudende stygende energiekostes.
Agriskoops - 22 Mei 2026 22.05.2026 6:02
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel meer oor witvlieë op tamaties en wat produsente kan gebruik om dit te beheer. Sy verduidelik hoe hierdie natuurlike piretrien werk en gee ʼn oorsig van Rovensa Next se produk Xterminator™.
Agriskoops - 21 Mei 2026 21.05.2026 4:07
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Daneel Fourie by Pioneer Seeds in Suid-Afrika. Hy gee ʼn kort oorsig oor NAMPO 2026. Pioneer is die vlagskip saadmaatskappy in Suid-Afrika vir mielie-, sojaboon-, sonneblom en kanolasaad en Daneel gee ook ʼn oorsig wat Pioneer vir produsente bied vir die volgende plantseisoen.
Agriskoops - 20 Mei 2026 20.05.2026 3:50
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels verder oor Baytrac se kamera-opsies wat besighede kan help om hul voertuie en bestuurders beter te bestuur. Sy fokus op privaatheid van bestuurders en deel 'n praktiese voorbeeld waar Baytrac se produk 'n verskil gemaak het.
Agriskoops - 19 Mei 2026 19.05.2026 4:12
Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn insetsel van die hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA, Bennie van Zyl. Die stygende brandstofkostes het ʼn impak op elke Suid-Afrikaner en so ook boere, veral tydens plant- en strooptye. Hy gesels oor hierdie uitdagings en gee ook raad vir boere wat om te doen in hierdie tye.
Agriskoops -18 Mei 2026 18.05.2026 5:04
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy vertel meer oor uitdagings wat varkboere vandag in die gesig staar en hoekom dit belangrik is dat almal industrie saam werk.
Agriskoops - 15 Mei 2026 15.05.2026 4:55
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Rovensa Next is ‘n multi-nasionale maatskappy wat biologiese oplossings bied vir boere wat meer volhoubaar wil boer. Elsje vertel meer van witvlieë op tamaties. Wat presies dit is en watse tipe skade dit aan die plante kan veroorsaak.
Agriskoops - 14 Mei 2026 14.05.2026 4:01
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Daneel Fourie by Pioneer Seeds in Suid-Afrika. Hy vertel meer oor Pioneer se stalletjie by hierdie jaar se NAMPO-skou wat tans aan die gang is in Bothaville in die Vrystaat. Hy gee ʼn oorsig van hoe hulle stalletjie hierdie jaar verskil van vorige jare en spesifiek ook watter rol Pioneer se 100-jaar mylpaal by julle teenwoordigheid by NAMPO hierdie jaar speel.
Agriskoops - 13 Mei 2026 13.05.2026 4:56
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor Infoled se Solar Bonus produk, wie veral daarby kan baat vind en hoe die maatskappy help met die onderhoud en monitering van die stelsel.
Agriskoops - 12 Mei 2026 12.05.2026 3:55
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Junior Nel. Hy is die hoof van ingenieurswese by NuWater Systems. Hy gesels met ons oor die siekte Phytophthora in water. Hy verduidelik ook hoe mens hierdie siekte en ander uit jou water kan hou en wat doen UF en RO in terme van watergehalte.
Agriskoops - 11 Mei 2026 11.05.2026 4:16
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Willie Kruger van Herholdt's Group. Hy verduidelik wat ‘n ideale energie-oplossing vir vandag se boerdery behels, hoe Herholdt's boere met gepaste oplossings vir hul plase help en wat dit beteken wanneer ʼn boer met Herhorldt’s Group as langtermyn-vennoot werk.
Agriskoops - 08 Mei 2026 08.05.2026 4:06
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor padveiligheid en tegnologie wat besighede help om hul voertuie en bestuurders beter te bestuur. Sy verduidelik waarom dit so belangrik, veral in Suid-Afrika, en hoe Baytrac se kamera-oplossings verskil van 'n gewone paneelbord kamera of te wel dashcam.
Agriskoops - 07 Mei 2026 07.05.2026 4:09
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor veiligheid op groot en afgeleë plase of afgeleë areas op jou plaas waar daar nie toegang tot elektrisiteit is nie. Hulle bied unieke oplossings om hiermee te help.
Agriskoops - 06 Mei 2026 06.05.2026 4:03
Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn veekundige van Feedtek, Carina le Roux. Carina vertel ons meer oor Feedtek en wat hulle boere bied. Sy gee ook ʼn oorsig wat boere kan verwag by die Feedtek uitstalling by volgende week se Nampo Oesdag.
Agriskoops - 05 Mei 2026 05.05.2026 4:59
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Hein van Graan van SABI. Hy verduidelik die belangrikheid van besproeiingskedulering en die rol van ’n goeie besproeiingsisteem met besproeiingskedulering. Hy gee ook ’n oorsig van grondvogmonitering en outomatisering in hierdie proses.
Agriskoops - 4 Mei 2026 04.05.2026 6:05
Op vandag se Agriskoops: Ons gesels met Kerry Rowlands van Pannar Seed, 'n veldlandboukundige gebaseer in KwaZulu-Natal. Sy deel insigte oor die belangrikheid van mieliekuilvoer en verduidelik die belangrikste stappe om hoëgehalte-kuilvoer te bereik, van plant en vroeë bestuur tot oes en finale produksie.
Agriskoops - 30 April 2026 30.04.2026 4:07
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Junior Nel. Hy is die hoof van ingenieurswese by NuWater Systems. Hy gesels met ons oor hoekom waterbestuur vandag so krities vir boere is. Hy verduidelik van die risiko’s wanneer ʼn boer swak water gebruik en gee ʼn oorsig van die rol van watergehalte in gewasproduksie.
Agriskoops - 29 April 2026 29.04.2026 4:01
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor voertuigsekuriteit en hoe tegnologie help om gesteelde voertuie terug te vind. Sy verduidelik hoe Baytrac se sisteme help om jou voertuig vinnig en doeltreffend terug te vind indien dit gesteel word. Voertuigdiefstal bly ʼn kopseer in Suid-Afrika en daarom is hierdie sisteem van Baytrac...
Agriskoops - 28 April 2026 28.04.2026 5:01
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die veekundige Kobus du Plessis. Hy is die eienaar van Hisop, ʼn agent van die maatskappy Feedtek in Limpopo asook ʼn direkteur by Feedtek. Kobus vertel meer oor die tuismeng van veevoer. Hoekom dit belangrik is, of dit die moeite werd is en belangrike dinge om te weet wanneer jy tuismeng oorweeg.
Agriskoops - 24 April 2026 24.04.2026 4:37
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor kalsium bemesting vir aartappel verbouing. Sy gee verder ʼn oorsig oor hulle produk Mainstay Calcium.
Agriskoops - 23 April 2026 23.04.2026 3:58
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Caria Grobler. Sy is die bemarkingsbestuurder by Pioneer Seeds in Suid-Afrika en het met ons gesels oor hoe Pioneer veral ook jong boere in die land bystaan. Sy verduidelik dat Pioneer relevant vir ’n nuwe generasie boere bly terwyl hulle hierdie jaar hul 100 jaar van diens aan boere vier.
Agriskoops - 22 April 2026 22.04.2026 3:52
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is ’n verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy vertel meer van Baytrac se draadlose opsporingseenheid. Sy verduidelik wat maak hulle stelsel uniek en watter spesifieke funksies dit bied.
Agriskoops - 21 April 2026 21.04.2026 4:25
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy vertel meer oor hoekom varkboerdery belangrik is vir die land se ekonomie en voedselsekerheid.
Agriskoops - 20 April 2026 20.04.2026 4:50
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Willie Kruger van die maatskappy Herholdt's Group. Hy gee meer agtergrond oor hulle Sigenergy oplossing, en wat dit vir boere beteken. Hy gee ook agtergrond oor hulle ‘Premium Partner Program” en hoe slim energiebestuur ʼn werklike verskil op jou plaas kan maak.
Agriskoops - 17 April 2026 17.04.2026 5:37
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel ons meer oor aartappelproduksie en die belangrikheid van kalsium in ’n aartappel bemestingsprogram. Sy verduidelik watter tipe kalsiumbemesting vir aartappelverbouing gebruik word en watter produkte Rovensa Next bied.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.