RSG

Spektrum

News AF ↓ 2558 episodi

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

News

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

6 nov 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,7+ iOS in arrivo

Episodi

Spektrum: Die Britse eerste minister, Keith Starmer, bedank 22.06.2026

22 Junie 2026: Ons bespreek Keith Starmer se bedanking as Britse eerste minister. Ons praat met Paul Adams oor die vroue Proteas se uitstekende vertoning, en die pad vorentoe in die Wêreldbeker-toernooi. 'n Dokumentêr oor Kaapse HipHop-kunstenaars seëvier by die Encounters Internasionale Rolprentfees.

Spektrum: ‘Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls’ 19.06.2026

19 Junie 2026: Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls, sê minister Anroux Marais. Meer as 40 woonbuurte in die Nelson Mandelabaai-metro ervaar watertoevoerprobleme te midde van opgaardamme wat oorloop. Die OVK sê alle noodsaaklike verkiesingsmateriaal is aan stempunte versprei op die vooraand van die eerste kiesersregistrasienaweek.

Spektrum: Phala Phala-afsettingskomitee voorgelig oor regsopsies 18.06.2026

18 Junie 2026: Die nuutste getuie voor die Madlanga-kommissie verskyn in camera weens kommer oor die getuie se veiligheid. Die Phala Phala-afsettingskomitee word voorgelig oor regsopsies teen president Cyril Ramaphosa se interdiktaktiek. Nóg koue weer lê om die draai.

Spektrum: Beoogde kabinetskommeling van DA-ministers 17.06.2026

17 Junie 2026: 'n Beoogde kabinetskommeling in DA-geledere laat wenkbroue lig. Inflasie neem verder toe. Europese lande aanvaar dat Rusland met sy rug teen die muur is wat die oorlog met Oekraïne betref.

Spektrum: Ons herdenk die Soweto-opstande van 1976 16.06.2026

16 June 2026: President Cyril Ramaphosa spreek die land toe in Soweto op Jeugdag. Druk neem toe op die Speaker van die parlement, Thoko Didiza, oor president Ramaphosa se afsettingskomitee-saak. Huldeblyke stroom in vir die jazzikoon en roemryke musikant, dr. Abdullah Ibrahim, wat in Duitsland sterf.

Spektrum: Nuwe hospitaal om 1 Mil te vervang? 15.06.2026

15 Junie 2026: Vusimuzi "Cat" Matlala en sy medebeskuldigdes weer in die hof. Versoeke dat daar eerder 'n nuwe hospitaal in die plek van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebou word. Die G7-beraad begin in Frankryk.

Spektrum: Aanduidings vanuit Iran dat voorlopige ooreenkoms bereik is om oorlog te beëindig 12.06.2026

12 Junie 2026: Die teenmisdaad-aktivis, Yusuf Abramjee, sê hy gaan voort met sy werk ongeag dreigemente wat teen hom gemaak is. Die DA dien 'n dossier oor kinderswangerskappe by die Menseregtekommissie in. Daar is 'n sterk aanduiding vanuit Iran dat 'n voorlopige ooreenkoms bereik is om die oorlog te beëindig.

Spektrum: 60 Spookwerkers ontmasker in Department van Openbare Werke 11.06.2026

11 Junie 2026: 60 Spookwerkers ontmasker in die Department van Openbare Werke en Infrastruktuur. Die gaping tussen werkloses en dié wat werk het, word al hoe kleiner. Ons praat met 'n sokkerkenner oor Bafana Bafana se kanse in die Wêreldbeker-toernooi.

Spektrum: Die debat oor onwettige immigrante kry momentum 10.06.2026

Spektrum: Minstens tien verdagtes wat verbind word met die massaskietvoorval in Cleveland, Johannesburg, nog op vrye voet. Die debat oor onwettige immigrante tel spoed op. 'n Bohaai oor 'n bek-en-klouseer-e-pos uit die kantoor van die Ministerie van Landbou.

Spektrum: Suid-Afrika se ekonomie groei stadiger 09.06.2026

9 Junie 2026: Suid-Afrika se ekonomie groei stadig in die eerste kwartaal van 2026. Nóg polisiebeamptes geskors in verband met die Medicare24 Tshwane-tender. 'n Ondersoekbeampte van OPOD getuig voor die Madlanga-kommissie oor die Aeroton-dwelmvonds.

Spektrum: E-tolskuld word afgeskryf 08.06.2026

8 Junie 2026: Die kabinet skrap motoriste se uitstaande e-tolskuld. Die departement van basiese onderwys wil Kwintiel 5-skole verhoed om onder meer leerlinge se akademiese prestasie as toelatingsvereiste te gebruik. Die Ou Raadsaal se horlosie op Kerkplein in Pretoria se klokke beier weer ná 30 jaar.

Spektrum: Voorkomende middel teen MIV in SA bekendgestel 05.06.2026

5 Junie 2026: 'n Hooggeplaaste polisiebeampte, Richard Shibiri, val weens sy verbintenis met die misdaadbaas Vusimusi "Cat" Matlala, en kenners sê talle ander sal volg. 'n Voorkomende middel teen MIV word in Suid-Afrika bekendgestel. Inwoners van die Wes- en die Oos-Kaap tel die stukke op ná 'n tweede rondte oorstromings.

Spektrum: VSA beplan nuwe invoertariewe op SA 04.06.2026

4 Junie 2026: Die ANC gee sy streekssekretarisse 30 dae om hulle poste in munisipaliteite te ontruim. Amerika beplan om nuwe invoertariewe op Suid-Afrika en ander lande te hef. 'n Skietstakingsooreenkoms is tussen Israel en Libanon bereik.

Spektrum: Die ANC herroep nóg 'n burgemeester 03.06.2026

3 Junie 2026: Die ANC herroep nóg 'n burgemeester. Die gebrek aan beskerming vir fluitjieblasers is opnuut in die kollig ná getuienis deur adjudant-offisier Karel Sander by die Madlanga-kommissie. Die Verkiesingskommissie moedig jongmense aan om aanlyn vir die plaaslike regeringsverkiesing te registreer.

Spektrum: Sakevertroue daal 02.06.2026

2 Junie 2026: Sakevertroue daal. Wie is Makashule Gana, wat as voorsitter van die Phala Phala-afsettingskomitee verkies is? 'n Beroep op boere om ou gifstowwe van hulle grond te verwyder.

Spektrum: Weskus-vissers gekant teen seismiese eksplorasie 01.06.2026

1 Junie 2026: Weskus-vissers protesteer teen seismiese eksplorasie. Motoriste wag in spanning vir 'n brandstofprysaankondiging. 'n Yslike kouefront is op pad.

Spektrum: SAKP hou Konferensie van Linkses 29.05.2026

29 Mei 2026: Die Minister van Binnelandse Sake prys intelligensiegedrewe optrede vir die dwelmvonds van R1-miljard. Talle politieke partye en vakbonde woon die SAKP se Konferensie van Linkses by. President Trump sê die middeltermynverkiesing sal nie sy beleid oor Iran beïnvloed nie.

Spektrum: Polisie ondersoek moontlikheid van transnasionale dwelmsindikaat ná dwelmvonds van R1 miljard 28.05.2026

28 Mei 2026: Die taxi-baas, Joe "Ferrari" Sibanyoni, en sy medebeskuldigde, Oupa Sindane, het hulleself aan die polisie oorgegee. Hulle word van afpersing en geldwassery beskuldig. Die polisie ondersoek die moontlikheid van 'n transnasionale dwelmsindikaat nadat sowat R1 miljard se dwelms by Beitbrug gevind is. Die Nasionale Kruger Wildtuin word die naweek 100 jaar oud.

Spektrum: Die OVK stel sy veldtog vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing bekend 27.05.2026

27 Mei 2026: Honderde burgers van Ghana daag by die OR Tambo-lughawe op om na Accra geherpatrieer word, maar 'n immigrasiebeampte sê daar is probleme met die lys van kandidate. Die Reserwebank se Monetêre Beleidkomitee besin oor rentekoerse – die meeste ekonome verwag ’n verhoging. Die Verkiesingskommissie stel sy veldtog vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November bekend.

Spektrum: Parlement stel komitee bekend, wat ondersoek moet doen of president in staat van beskuldiging geplaas moet word 26.05.2026

26 Mei 2026: Die parlement maak sy afsettingskomitee bekend, wat ondersoek sal instel of die president moontlik in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word. Ons vind uit by 'n ekonoom wat motoriste by die brandstofpomp kan verwag in Junie. Die beheerraad vir gesondheidsprodukte, Saphra, verskerp sy pogings om die produksie en verspreiding van ongeregistreerde GLP 1-middels, te stuit.

Spektrum: Dringende imbizo oor toenemende betogings teen onwettige buitelanders 25.05.2026

25 Mei 2026: Die Menseregtekommissie hou 'n dringende aanlyn-imbizo ná toenemende betogings teen onwettige buitelanders. Sewe provinsiale onderwysdepartemente het nog nie hulpbrontoewysings aan openbare skole oorbetaal nie. Die gemeenskap van Rawsonville in die Wes-Kaap is bekommerd oor die sluiting van die Smalblaarbrug vir herstelwerk ná die verwoestende oorstromings.

Spektrum: Menseregtekommissie sê watertenkwaens in Gauteng is skaamtelose vorm van finansiële wanbestuur 22.05.2026

22 Mei 2026: Die DA eis akkurate misdaadstatistiek oor kinder- en geslagsgeweld. Die Menseregtekommissie sê die gebruik van watertenkwaens deur Gautengse munisipaliteite het 'n skaamtelose vorm van finansiële wanbestuur geword. Die ontwrigting van 'n gesamentlike sitting van die parlement, kos belastingbetalers bykans 'n miljoen rand.

Spektrum: SA tot einde 2026 steeds deel van AGOA 21.05.2026

21 Mei 2026: Suid-Afrika is tot minstens 31 Desember nog deel van AGOA. Die omstrede Ekapa-myn is te koop. Ons bespreek die Tshwane-metro se begrotingsrede.

Spektrum: Die sluiting van die Straat van Hormoes kring wyer uit 20.05.2026

20 Mei 2026: Wes-Kaapse leiers vergader om die provinsie as 'n rampgebied te verklaar. Die EFF bring 'n hofaansoek om die Minister van Finansies se mag oor die brandstofheffing te verwyder. Die sluiting van die Straat van Hormoes kring wyer uit.

Spektrum: Nasionale Ordes aan 38 Suid-Afrikaners toegeken 19.05.2026

19 Mei 2026: Nasionale Ordes word aan 38 Suid-Afrikaners toegeken. Die Wes-Kaapse regering vergader om te oorweeg of die onlangse swaar storms as 'n provinsiale ramp geklassifiseer moet word. Die antiapartheidsaktivis, eerwaarde Frank Chikane, getuig voor die WVK Kommissie van Ondersoek.

Ascolta il podcast Spektrum su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici