RSG

Spektrum

News AF ↓ 2558 episodi

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

News

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

6 nov 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,7+ iOS in arrivo

Episodi

Spektrum: Gift of the Givers gereed om hulp in Nepal te verskaf 28.08.2026

28 Augustus 2026: Gift of the Givers is gereed om in Nepal hulp te verskaf. 'n Ma van een van die vermiste Suid-Afrikaners het steeds hoop. Politieke partye het tot vyfuur vanmiddag kans om hulle kandidatelyste by die OVK in te dien.

Spektrum: Weermag oorskrei sy begroting met R3,3 miljard 27.08.2026

27 Augustus 2026: 'n Geoloog verduidelik die Nepal-ramp. Die weermag se begroting reeds met R3,3 miljard oorskrei, terwyl tweederdes aan salarisse spandeer word. Suid-Afrika versterk handelsbande met Brasilië.

Spektrum: Kriktiek op polisie se hantering van 10111-oproep 26.08.2026

26 Augustus 2026: Ondersoekbeamptes is steeds op die toneel waar 'n 50-jarige polisiekaptein vanoggend doodgeskiet is. Die polisie word weens hulle hantering van 'n 10111-oproep gekritiseer. 'n Mosie van wantroue in die Speaker in die parlement, Thoko Didiza, word vanmiddag aangehoor.

Spektrum: Motoronderdelebedryf bloei 25.08.2026

25 Augustus 2026: Die motoronderdelebedryf bloei duisende poste in drie jaar. Die voormalige Vryheidsfront Plus koukusleier in die Tshwane Metro, Grandi Theunissen, stap oor na die DA. Suid-Afrika kry dalk twee nuwe private universiteite.

Spektrum: ANC oorweeg voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt 24.08.2026

24 Augustus 2026: Die ANC oorweeg 'n voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt. Duisende onderwysposte is steeds nie gevul nie. Die Springbok-breier maak veranderinge aan die span vir die tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad.

Spektrum: Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder die matras weg 21.08.2026

21 Augustus 2026: Politieke moorde in Knysna in die Wes-Kaap is onder die vergrootglas, nadat nóg twee ANC-lede vermoor is. Action SA nader die hof oor die polisiediens se tugproses teen generaal-majoor Wally Rhoode, wat hom van wangedrag vrygespreek het. Die ANC lê strafregtelike klagte teen ‘n maatskappy, wat deur die DA-LP dr. Mark Burke gestig is. Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder...

Spektrum: Moontlikheid van hoër brandstofpryse in September 20.08.2026

20 Augustus 2026: Die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Gesondheid hef sy verbod op die toestaan van navorsingsubsidies op. Hoe diepgewortel lê die probleem van bendeverwante misdaad? Soos sake nou staan, sal brandstofpryse in September styg.

Spektrum: DA se Mark Burke reageer op aantygings 19.08.2026

19 Augustus 2026: Die DA se woordvoerder oor finansies, Mark Burke, reageer op die aantygings teen hom. Pas op vir vervalste gewisverliesmedikasie - jy kan tronk toe gaan! Afriforum en March and March gaan saamwerk.

Spektrum: Sal jy mediese produkte gebruik waarvan die inhoud onseker is? 18.08.2026

Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku burgers om versigtig te wees nadat 'n toename in die verkoop van onwettige medisyne aangemeld is. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid (SAHPRA) sê die produkte word veral op sosiale media verkoop, maar is ook by gimnasiums en skoonheidswinkels beskikbaar. Corlea Kruger, 'n mediese beheerbeampte by SAHPRA, verduidelik...

Spektrum: Tiener van Malmesbury in hof oor kinderuitbuitingsnetwerke 18.08.2026

18 Augustus 2026: 'n Tiener van Malmesbury in die Wes-Kaap verskyn in die hof in verband met ekstremistiese aanlyn-kinderuitbuitingsnetwerke. Strafregkenners gaan by polisiestasies ontplooi word om polisiebeamptes by te staan. Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku mense om versigtig te wees vir onwettige medisyne.

Spektrum: Johannesburg wil straaturineerders vasvat 17.08.2026

17 Augustus 2026: Die dodetal in Saterdagaand se bendeskietery in Newclare in Johannesburg styg tot vier. Die drukgroep teen ongedokumenteerde buitelanders, March and March, trek saam by die SAOG-beraad in Durban, op die dag wat die beraad migrasie bespreek. Johannesburgse beoog streng optrede teen mense wat op straat urineer.

Spektrum: Solidariteit sê hy hou Media24 se herskikkingsplan fyn dop 14.08.2026

14 Augustus 2026: Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan byna R4 miljard se kontrakte tussen Khumzi Investments en die Oos-Kaapse Departement van Onderwys ondersoek. Solidariteit sê hy sal Media24 se sakeplan fyn bestudeer om vas te stel wat die maatskappy se rede vir sy herskikkingsplan is. Daar is kommer dat vroue steeds met stereotipes, kritiek en strukturele hindernisse te kampe het.

Spektrum: Graan SA ongelukkig oor JSE se sojaboonprysmodel 13.08.2026

13 Augustus 2026: Graan SA betoog teen die JSE se sojaboonprysmodel. 'n Beloning uitgeloof ná 'n beweerde brandstigtingsvoorval by die Bloedrivier-erfenisterrein. Zambiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.

Spektrum: Hoe lank is ysige weer nog SA se voorland? 12.08.2026

12 Augustus 2026: Uitspraak verwag in die saak teen die man, wat na bewering verantwoordelik is vir die brand by die Usindiso-gebou. Ysige weer tref groot dele van die land, maar vir hoe lank? Die gemeenskapspolisiëringsforum in Reiger Park sê meer mans moet betrokke raak in die stryd teen bendegeweld.

Spektrum: 14 vermeende onwettige mynwerkers in Noordwes dood 11.08.2026

11 Augustus 2026: Ons praat met ons verslaggewer op die toneel waar 14 mynerwerkers dood is. Die jongste oor watter passe oop en watter toe is weens sneeu. Die tweede kwartaal se indiensnemingstatistiek is pas bekend.

Spektrum: Waar gaan nóg sneeu val? 10.08.2026

10 Augustus 2026: Versoeke dat misdaadintelligensie-operasies versterk word in bendegeteisterde gebiede soos Reigerpark. 'n Weerkundige verduidelik waar nóg sneeu gaan val. Arrive Alive waarsku dat sneeu- en ystoestande uiters versigtig aangepak moet word.

Spektrum: Bibberweer, sneeu en reën vir SA 07.08.2026

7 Augustus 2026: Kiesers kan nog tot middernag aanlyn registreer. Ons praat met die OVK oor die proklamasie van die verkiesingsdatum. Kommer oor e-taxis se veiligheid nadat 'n vrou ontvoer is. Reën en sneeu van Sondag af oor groot dele van die land.

Spektrum: Ebola-gevalle in DRK styg tot meer as 1 800 06.08.2026

6 Augustus 2026: Vier mense wat by die Madlanga-kommissie geïmpliseer is, word vir misdaadondersoek verwys. Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier ander is in Brakpan se landdroshof in verband met die moord op Emmanuel Mbense in 2022. Die aantal gevalle van Ebola in die Kongo styg tot meer as 1 800.

Spektrum: SA teken grootste mielieoes ooit aan 05.08.2026

5 Augustus 2026: President Cyril Ramaphosa mag glo voor die afsettingskomitee gedaag word om te getuig. Die Departement van Binnelandse Sake kan nie meer weier om die geboorte van 'n kind in Suid-Afrika te registreer nie bloot omdat die ouers nie geldige immigrasiedokumente het nie. Suid-Afrika teken die grootste mielieoes ooit aan.

Spektrum: Geordin Hill-Lewis sê Kaapstad wil nié die rol van SA Polisiediens oorneem nie 04.08.2026

4 Augustus 2026: Inwoners van Westbury in Johannesburg eis optrede teen bendegeweld. Opposisiepartye sê 'n leierskapskrisis dreig in die Noord-Kaapse kabinet ná die bedanking van nog 'n LUR. 'n Formele inter-regeringsgeskil is verklaar oor die afwenteling van polisiemagte na die Kaapse Metropolisie. Die gedrag van ouers by skolesportwedstryde onder die vergrootglas.

Spektrum: 1-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof reeds by boere 03.08.2026

3 Augustus 2026: Rooivleisbedryfsdienste sê ‘n miljoen entstofdosisse teen bek-en-klouseer het reeds boere bereik. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor betoë aan oor die grondwetlikheid van die Onteieningswet. 'n Nuwe entstof bring hoop om die stryd teen TB te wen.

Spektrum: Stropery van vetplante onder vergrootglas 31.07.2026

31 Julie 2026: Vyf Suid-Afrikaanse veldwagters is die afgelope jaar dood terwyl hulle aan diens was. Op Wêreld Veldwagterdag eer ons die manne en vroue op die voorpunt teen stropery. Die stropery van vetplante is onder die vergrootglas.

Spektrum: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh 30.07.2026

30 Julie 2026: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh. Die DA sê die president se Nasionale Water Aksie Plan is gebrekkig. 'n Prysskok vir dieselverbruikers volgende week.

Spektrum: Wes-Kaap kry nuwe polisiekommissaris 29.07.2026

29 Julie 2026: Die Wes-Kaap kry 'n nuwe polisiekommissaris. 'n Ondersoek is gelas na die toekoms van duisende residensiële eiendomme in staatsbesit. Brandbestryders in Frankryk worstel om veldbrande onder beheer te bring te midde van 'n hittegolf.

Spektrum: Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf? 28.07.2026

28 Julie 2026: Ons praat met Retief Odendaal oor sy versoek vir presidensiële ingryping by die Nelson Mandelabaai Metro. Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf? Wêreld Natuurbewaringsdag word vandag gevier.

Ascolta il podcast Spektrum su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici