RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3679 episodi

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Society

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

19 nov 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android 10 mln+ di download · valutazione 4,7+ iOS in arrivo

Episodi

RSG Landbou: Graansilo’s in Suid-Afrika 19.11.2026

19 November 2026: ‘n Luisteraar wil weet waarom daar soms meer graanbuise in een ry van ‘n kompleks is as die ander ry. Dr. Charl van der Merwe van Agbiz Grain beantwoord dié vraag, en gesels oor die geskiedenis van graansilo’s in Suid-Afrika en hoe die tegnologie oor die jare ontwikkel het. Suid-Afrika spog met ‘n nuwe rooi appelkoosvariëteit. Michael Oosthuizen van International Plant Selection...

RSG Landbou: Elsenburg se navorsingsplase; Fertasa 18.11.2026

18 November 2026: ‘n Plantwetenskaplike van Elsenburg, Annelene Swanepoel, het tydens die Outeniqua-navorsingsplaas se inligtingsdag op George, ‘n aanbieding gedoen oor hulle werk. Het jy geweet Elsenburg het sewe navorsingsplase wat onder meer fokus op alternatiewe gewasse soos hemp en heuningbostee asook volstruise? Ons gesels ook met dr. Pieter Haumann van die Kunsmisvereniging van Suider-Afrik...

RSG Landbou: Die belangrike rol van skaapherders 17.11.2026

17 November 2026: Skaapherders speel ‘n waardevolle rol op die plaas van die 2026 Veeplaas Klimaatslim-ambassadeur, Veronica Rorich. Julian Mathys is haar bestuurder en regterhand, en hy het tydens ‘n boeredag op dié plaas in die Kenhardt-omgewing met ons oor hulle skaapwagterstelsel gesels. Ons hoor ook van twee navorsers wat by die afgelope Outeniqua-navorsingsplaas se inligtingsdag op George as...

RSG Landbou: Hittestres by koeie; Kennisoordrag in wynbedryf 16.11.2026

16 November 2026: Het jy geweet hoë-produserende koeie is baie sensitief vir hittestres? Anel van Schalkwyk van Vitam International verduidelik hoe om hittestres by koeie te identifiseer, en wat die ekonomiese impak daarvan op die melkprodusent is. Twee Dohne Merino-telers, Jurie Wessels van Weska Dohnes en Dirk du Toit van Potberg Dohnes, praat oor samewerking en hulle deelname aan vanjaar se Doh...

RSG Landbou: Die bestuur van teeltroppe in die somer 14.11.2026

14 November 2026: RSG Landbou word opgedra aan die beesboere van Suid-Afrika. Ná ‘n jaar met ernstige uitdagings, is daar tog in die pylvak van 2026 goeie nuus. Chris de Brouwer, ’n veekundige van Kaapstad, het raad vir die bestuur van teeltroppe in die somer. Louis Wessels van Agri Wes-Kaap, sê ons moet deurlopend aan gesprekke oor biosekuriteit deelneem.

RSG Landbou: Weeruiterstes wat gewasse onder erge stres plaas 13.11.2026

13 November 2026: Dr. Chanel Lombard, ‘n staatsveearts van die Wes-Kaap se Departement van Landbou, praat oor die onlangse uitbreking van Afrika-perdesiekte. Van 45 °C-hitte wat sitrusboorde in Citrusdal verskroei tot swaar reën wat tafeldruifwingerde benadeel, raak Suid-Afrikaanse produsente al hoe meer vertroud met een van die grootste uitdagings van moderne landbou - weeruiterstes wat gewasse o...

RSG Landbou: Mooirvier Studiegroep-slagoskompetisie 12.11.2026

12 November 2026: Die Mooirvier Studiegroep se gewilde slagoskompetisie by Potchefstroom het vanjaar weer groot belangstelling gelok. Die voorsitter, Awie Barnard, praat oor die hoë standaard van vanjaar se inskrywings. Ons hoor van Chris Derksen wat hierdie week met vleispryse gebeur het. Ons luister ook verder na wat van die kongresgangers by die Dohne Merino-wêreldkongres oor dié geleentheid te...

RSG Landbou: Nasionale ramprojek vir kommunale wolboere 11.11.2026

11 November 2026: ‘n Nasionale ramprojek vir kommunale wolboere hoop om die wolbedryf ‘n aansienlike hupstoot te gee. Volgens Dan Kriek van die Nasionale Wolkwekersvereniging gee die onlangse oorhandiging van ‘n klompie ramme aan ‘n skeerskuur, nuwe momentum aan ‘n ramprogram wat in die verlede baie suksesvol was. Kongresgangers by die Dohne Merino-wêreldkongres het die geleentheid gehad om ‘n paa...

RSG Landbou: Waarom boer Dirk de Beer met Wagyubeeste? 10.11.2026

10 November 2026: Die Dohne Merino-wêreldkongres het onlangs in die Wes-Kaap plaasgevind. Ons hoor wat die voorsitter van die plaaslike genootskap, Koenas van der Westhuizen, oor dié spoggeleentheid te sê gehad het. Dirk de Beer is ‘n kommersiële Wagyu-beesteler van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat. Hy het by die Wagyu-wêreldkongres aan ons vertel waarom hy juis met dié ras boer. Heinrich Vict...

RSG Landbou: Hoekom is balans so belangrik vir beestelers? 09.11.2026

9 November 2026: ‘n Tema wat by vanjaar se LRF Veeskool na vore gekom het, is dat beestelers altyd balans in gedagte moet hou. Wat beteken dit, en waarom is dit so belangrik? Het jy geweet dat Suid-Afrika, in weerwil van bek-en-klouseer, dit reggekry het om rooivleis na minstens vier lande uit te voer? Dr. Gerhard Neethling van Rooivleisbedryfsdienste het by die Wêreld Wagyu-kongres met kongresgan...

RSG Landbou: Landbou-akwakultuur 07.11.2026

7 November 2026: Hierdie is ‘n storie oor films, gevinde diere, en hoe die wêreld onder water deurgaans aanpas. Jy kan glo dat feite gereeld fiksie troef in die ekonomie van verbasing. Wat plaaslike seelewe betref, is die merkbare verandering in haaigedrag ook iets wat ons ondersoek. Ferdie Endemann is ‘n voorligter in landbou-akwakultuur.

RSG Landbou: Langgewens-navorsingsplaas vier 100 jaar 06.11.2026

6 November 2026: Annalene Swanepoel is die wetenskaplike bestuurder van die plantdirektoraat by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. Liezl Mackenzie is ‘n geografiese inligtingstelsel-tegnikus by dieselfde departement. Die navorsingsplaas, Langgewens, het vanjaar sy honderdste bestaansjaar gedenk. Die twee dames dink liefderyk terug aan hulle grootwordjare op die plaas, asook die grensvers...

RSG Landbou: SA se sitrusuitvoere 05.11.2026

5 November 2026: In 2025 was daar sowat eenhonderdduisend hektaar sitrus in die grond, en die totale uitvoere was meer as 204 miljoen kartonne. Dit het Suid-Afrika vir die eerste keer die wêreld se grootste uitvoerder van vars sitrus maak. Die SA Sitrusakademie dra by tot dié sukses. Op 12 November word ‘n wildsplaas in die Tosca-omgewing opgeveil. Chris Derksen is op sy pos met die week se vleisp...

RSG Landbou: Cape Natural Tea Products vier 30 jaar 04.11.2026

4 November 2026: Hoe kan landbou met vertroue aan die verbruiker ‘n gehalteproduk lewer? Hendri Truter van DeliCo het by die afgelope Toyota US Woordfees hierdie vraag beantwoord. Hy praat ook oor noodsaaklike samewerking tussen rolspelers in die landbou. Alex Revelas van die Bosveld Bonsmara-groep praat oor hulle 40ste produksieveiling op 12 November op Bela-Bela. Cape Natural Tea Products is van...

RSG Landbou: Brande 03.11.2026

3 November 2026: Volgens weerkenner Johan van den Berg moet grondeienaars in sowel die winter- as somerreënvalgebiede die volgende paar maande op hulle hoede wees vir brande. RSG Landbou het onlangs met Tiaan Pool van die Nelson Mandela Universiteit oor brande gesels. Watter rol speel klimaatsverandering en El Niño daarin, en is Suid-Afrika voorbereid? ’n Vastetermyn-dienskontrak vir tydelike werk...

RSG Landbou: Agri-Expo se projekte 02.11.2026

2 November 2026: Het jy geweet Agri-Expo se ontstaan dateer terug na 1831, toe die Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap gestig is? Breyton Milford het by die Toyota US Woordfees met ons gesels oor die projekte wat Agri-Expo aanbied, soos plattelandse skoue en die jaarlikse SA Suiwel- en Preserveerkampioenskap. Dit alles het ten doel om landbou te bevorder. Ons hoor wat Waldo Scheepers, die bestuu...

RSG Landbou: Carmen se olyfolie 31.10.2026

31 Oktober 2026: Carmen Brink het destyds op die plaas Oakhurst Olives in Tulbagh haar loopbaan begin as agriwerker. Vandag bestuur dié 35-jarige die proelokaal waar gaste van regoor die wêreld Aandoen om meer te leer oor Suid-Afrikaanse olyfprodukte.

RSG Landbou: Rooijakkalse bly groot uitdaging vir kleinboere 30.10.2026

30 Oktober 2026: Rooijakkalse bly ’n groot uitdaging vir kleinskaalse bestaans- en opkomende boere, omdat hulle op skape jag maak en aansienlike veeverliese en finansiële druk veroorsaak. Riaan Wolhuter, ‘n buitengewone medeprofessor by die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor navorsing in dié verband.

RSG Landbou: Laastedrift Agri se sukses met BigBuck Gala-appels 29.10.2026

29 Oktober 2026: Het jy geweet te veel vrugte aan ‘n boom is nie vir die uitvoerprodusent ideaal nie? Die wenner van die 2026 Buks Nel-wisseltrofee, Laastedrift Agri se Daniël Cillie, vertel van hulle prestasie met die BigBuck Gala-appels en wat goeie appelproduksie behels. Agri Skills Transfer het onlangs ‘n toekenning ontvang vir hulle bydrae tot innovering in landbou. Johan van den Berg is teru...

RSG Landbou: Hoe lyk wynbedryf se toekoms? 28.10.2026

28 Oktober 2026: Het jy geweet daar is 9 000 wynetikette op Suid-Afrika se wynrakke? Dit laat ‘n mens wonder hoe die toekoms van Suid-Afrika se wynbedryf lyk. Ons luister na ‘n gesprek by die Toyota US Woordfees met Rico Basson van South Africa Wine. Dr. Helet Lambrechts van die Universiteit Stellenbosch het tydens die LRF se Veeskool meer lig gewerp op fetale programmering, en die invloed wat 'n...

RSG Landbou: Wildboerderye soek erkenning as ‘n landboukommoditeit 27.10.2026

27 Oktober 2026: Wildboerdery is tans ‘n funksie van die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake. Volgens Gerhard Heyneke van Wildbedryf Suid-Afrika poog hulle al jare om erkenning te kry as ‘n landboukommoditeit. Ons het by WRSA se kongres met hom hieroor en oor ander belangrike sake gesels. RSG Landbou het ook Agri X se rooivleisberaad bygewoon. Volgens adv. Koos Nel is dit ‘n samewerki...

RSG Landbou: Graan SA bekommerd oor sukkelende koringbedryf 26.10.2026

26 Oktober 2026: Het jy geweet dat ongeveer 55% van die graanproduserende gebiede in die Wes-Kaap uit koring bestaan. Die omset van die jaarlikse koringoes beloop bykans R4,5 miljard. Koos Blanckenberg het tydens die afgelope Toyota US Woordfees met RSG Landbou hieroor gesels, en ook oor die sukses van die kanolabedryf. Praktiese dieregesondheidsbestuur kan help om die potensiaal van die beesvleis...

RSG Landbou: Twee Jongboere van die Jaar deel hulle suksesresep 24.10.2026

24 Oktober 2026: Christi van den Heever is in 2023 aangewys as Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Richard Hutton-Squire is vanjaar se wenner van die kompetisie. Hy boer in die Elgin-Grabouw-omgewing met appels en pere. Hulle deel hulle wenplanne wat verband hou met arbeidskwessies en rentmeesterskap...

RSG Landbou: Dr. Talitha Venter se navorsing oor tafeldruiwe 23.10.2026

23 Oktober 2026: Dr. Talitha Venter het onlangs op ouderdom 39 haar doktorale studies voltooi, en is junior in wingerdkunde by Universiteit Stellenbosch. Haar navorsing oor spektrale beelding in tafeldruiwe om die gehalte daarvan te bepaal sonder om die druiwe te pluk, sal groot voordele vir boere inhou. Sy is ook ‘n langafstand swemmer en kranige motorfietsryer.

RSG Landbou: Watter rol speel Landbank in landbougroei? 22.10.2026

22 Oktober 2026: Wat het landbou in Suid-Afrika nodig om te groei? Wat is die Landbank se rol daarin? Die landbou-ekonoom, prof Johann Kirsten, het by die afgelope Toyota US Woordfees met ons hieroor gesels. Johan van den Berg is opm sy pos met die jongste weervooruitsigte, en Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.

Ascolta il podcast RSG Landbou su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici