RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
RSG Landbou: Rooijakkalse bly groot uitdaging vir kleinboere 30.10.2026 20:06
30 Oktober 2026: Rooijakkalse bly ’n groot uitdaging vir kleinskaalse bestaans- en opkomende boere, omdat hulle op skape jag maak en aansienlike veeverliese en finansiële druk veroorsaak. Riaan Wolhuter, ‘n buitengewone medeprofessor by die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor navorsing in dié verband.
RSG Landbou: Laastedrift Agri se sukses met BigBuck Gala-appels 29.10.2026 23:21
29 Oktober 2026: Het jy geweet te veel vrugte aan ‘n boom is nie vir die uitvoerprodusent ideaal nie? Die wenner van die 2026 Buks Nel-wisseltrofee, Laastedrift Agri se Daniël Cillie, vertel van hulle prestasie met die BigBuck Gala-appels en wat goeie appelproduksie behels. Agri Skills Transfer het onlangs ‘n toekenning ontvang vir hulle bydrae tot innovering in landbou. Johan van den Berg is teru...
RSG Landbou: Hoe lyk wynbedryf se toekoms? 28.10.2026 24:59
28 Oktober 2026: Het jy geweet daar is 9 000 wynetikette op Suid-Afrika se wynrakke? Dit laat ‘n mens wonder hoe die toekoms van Suid-Afrika se wynbedryf lyk. Ons luister na ‘n gesprek by die Toyota US Woordfees met Rico Basson van South Africa Wine. Dr. Helet Lambrechts van die Universiteit Stellenbosch het tydens die LRF se Veeskool meer lig gewerp op fetale programmering, en die invloed wat 'n...
RSG Landbou: Wildboerderye soek erkenning as ‘n landboukommoditeit 27.10.2026 24:50
27 Oktober 2026: Wildboerdery is tans ‘n funksie van die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake. Volgens Gerhard Heyneke van Wildbedryf Suid-Afrika poog hulle al jare om erkenning te kry as ‘n landboukommoditeit. Ons het by WRSA se kongres met hom hieroor en oor ander belangrike sake gesels. RSG Landbou het ook Agri X se rooivleisberaad bygewoon. Volgens adv. Koos Nel is dit ‘n samewerki...
RSG Landbou: Graan SA bekommerd oor sukkelende koringbedryf 26.10.2026 25:19
26 Oktober 2026: Het jy geweet dat ongeveer 55% van die graanproduserende gebiede in die Wes-Kaap uit koring bestaan. Die omset van die jaarlikse koringoes beloop bykans R4,5 miljard. Koos Blanckenberg het tydens die afgelope Toyota US Woordfees met RSG Landbou hieroor gesels, en ook oor die sukses van die kanolabedryf. Praktiese dieregesondheidsbestuur kan help om die potensiaal van die beesvleis...
RSG Landbou: Twee Jongboere van die Jaar deel hulle suksesresep 24.10.2026 14:47
24 Oktober 2026: Christi van den Heever is in 2023 aangewys as Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Richard Hutton-Squire is vanjaar se wenner van die kompetisie. Hy boer in die Elgin-Grabouw-omgewing met appels en pere. Hulle deel hulle wenplanne wat verband hou met arbeidskwessies en rentmeesterskap...
RSG Landbou: Dr. Talitha Venter se navorsing oor tafeldruiwe 23.10.2026 22:07
23 Oktober 2026: Dr. Talitha Venter het onlangs op ouderdom 39 haar doktorale studies voltooi, en is junior in wingerdkunde by Universiteit Stellenbosch. Haar navorsing oor spektrale beelding in tafeldruiwe om die gehalte daarvan te bepaal sonder om die druiwe te pluk, sal groot voordele vir boere inhou. Sy is ook ‘n langafstand swemmer en kranige motorfietsryer.
RSG Landbou: Watter rol speel Landbank in landbougroei? 22.10.2026 25:56
22 Oktober 2026: Wat het landbou in Suid-Afrika nodig om te groei? Wat is die Landbank se rol daarin? Die landbou-ekonoom, prof Johann Kirsten, het by die afgelope Toyota US Woordfees met ons hieroor gesels. Johan van den Berg is opm sy pos met die jongste weervooruitsigte, en Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.
RSG Landbou: Melk SA se verbruikersopvoedingsprojek; Rooivleisprodusente moet vernuwend wees 21.10.2026 24:24
21 Oktober 2026: Die verbruikersopvoedingsprojek van Melk SA se Voedingsforum is onlangs in Pretoria aangebied. Die jongste bewyse oor voedselverwerking, vetsug, gewigsbestuur en die suiwelmatriks is aan dieëtkundiges en voedingkundiges verduidelik. Die Suid-Afrikaanse rooivleisprodusent moet ‘n nuwe denkwyse volg om in uitdagende omstandighede te oorleef, sê Kobus Bester, 'n beesvleisprodusent en...
RSG Landbou: Ontsluiting van die beesvleiswaardeketting 20.10.2026 24:51
20 Oktober 2026: Landbouminister Willie Aucamp het onlangs die 18de Lewendehawe Registrerende Federasie se Veeskool geopen. Vanjaar se fokus was die ontsluiting van die beesvleiswaardeketting, wat volgens hom ’n belangrike ekonomiese prioriteit is. Hoe vergelyk voerkorrels met los voer vir herkouers? Heinrich Victor vertel wat by die onlangse wolveilings gebeur het.
RSG Landbou: Die belangrikheid van data 19.10.2026 20:22
19 Oktober 2026: Data gaan nie net oor rekordhouding nie – dit is ‘n bestuursinstrument. Só sê Darren Winkelmann van Cattle-iQ. Hy verduidelik hoe produsente se benadering tot data hulle winsgewendheid en besluitneming verander. Willem Barnard vertel van die Au Albidus Brahman-veiling wat op 24 Oktober by die Warmbad Veemark plaasvind.
RSG Landbou: Veediefstal, predasie en biosekuriteit 17.10.2026 12:41
17 Oktober 2026: Louis Wessels is die afgelope agt jaar bestuurder van regsdienste en administrasie by Agri Wes-Kaap. Hy gee raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit.
RSG Landbou: Intelekt Solutions-dag; Jack Human Bewaringslandbouweek 16.10.2026 22:53
16 Oktober 2026: Die jaarlikse Intelekt Solutions-dag is vanjaar deur 201 produsente bygewoon tydens die 92ste Swartland-skou op Moorreesburg. Een van die sprekers by dié dag was dr. Karen Truter, ‘n landboukundige in plantvoeding by by InteliGro, wat ook vroeër vanjaar haar PhD in Agronomie verwerf het met ’n fokus op datagedrewe oplossings en plaasvlak-eksperimentering vir veldgewasse. Die Jack...
RSG Landbou: Navorsingsprioriteite in die wynbedryf; Immuniteit en inentings 15.10.2026 25:10
15 Oktober 2026: Het jy al gewonder hoe navorsingsprioriteite in die wynbedryf bepaal word, en hoe navorsing in Suid-Afrika met die res van die wêreld se wynproduserende lande vergelyk? Dr. Adriaan Oelofse van South Africa Wine beantwoord hierdie vrae. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk was een van die sprekers by die onlangse LRF Veeskool, en ons het daar met hom oor immuniteit en inentings g...
RSG Landbou: Sojabone en bloubessies 14.10.2026 21:45
14 Oktober 2026: Inokulering by sojabone is krities vir stikstofbinding volgens Corné Lourens van Nutrico. Hy verduidelik ook hoe 'n voorspelde droë seisoen die oorlewing van rhizobium-bakterieë beïnvloed. Het jy geweet daar is omtrent 3 000 hektaar bloubessies wat in Suid-Afrika geproduseer word? Die meeste hiervan word per hand gepluk. Ons het onlangs ‘n inligtingsdag by Fall Creek in die Paarl...
RSG Landbou: Vastetermynkontrakte vir tydelike werkers; Wes-Kaapse Byevereniging 13.10.2026 21:54
13 Oktober 2026: Dis daardie tyd van die jaar wanneer vrugteprodusente oes, en groot hoeveelhede tydelike arbeid gebruik. ‘n Vastetermynkontrak tussen die werkgewer en werknemer is hier van toepassing, maar het jy geweet dié kontrak is net vir drie maande geldig? Arbeidspesialis, André Bloem, gesels met ons hieroor. Die Wes-Kaapse Byevereniging bied jaarliks werkswinkels aan wat aspekte soos byesi...
RSG Landbou: Elektroniese identifikasie en data-insameling; Naspeurbaarheid 12.10.2026 25:37
12 Oktober 2026: Hoe dra elektroniese identifikasie en data-insameling tot die kleinveeprodusent se insig oor veeprestasie by? Roelfie van der Merwe, ‘n Angora-produsent van Aberdeen, en Okkie Nel, ‘n boerbokprodusent van Karoo Livestock Exports, verduidelik hoe hierdie inligting met beter seleksiebesluite help. Schalk van Niekerk van Datamars praat oor naspeurbaarheid. Die Simmentaler-beestelerge...
RSG Landbou: Jongboer van die Jaar - Richard Hutton-Squire 10.10.2026 13:14
10 Oktober 2026: Richard Hutton-Squire is aangewys as die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar vir 2026. Hy boer in die Elgin-Grabouw-omgewing met appels en pere. Volgens hom is dit van groot waarde om soveel moontlik van Suid-Afrika se amptelike tale magtig te wees.
RSG Landbou: Minister Willie Aucamp vertel van sy eie landboupraktyke 09.10.2026 25:47
9 Oktober 2026: Marisah Nieuwoudt, ‘n wyntoerismebestuurder by South Africa Wine, sê nuwe ontwikkelings en buitelandse beleggers tans op die voorgrond. Odette Weir van die Wes-Kaap se Museumdiens verduidelik hoe buite-tentoonstellings soos by die afgelope Nampo Kaap, van groot waarde vir tieners is. Stefan van Dyk van InteliGro praat oor rentmeesterskap. Die minister van landbou, Willie Aucamp, ve...
RSG Landbou: Die Truter-familie van Riebeek-Kasteel 08.10.2026 24:32
8 Oktober 2026: ‘n Boerdery, twee voerkrale, ‘n abattoir, ‘n slaghuis en ‘n deli. Die Truter-familie van Riebeek-Kasteel en hulle uitgebreide besigheid het waarskynlik geen bekendstelling nodig nie. Ons gesels met Pieter en Hendri Truter. Maize Valley Brangus hou op 16 Oktober by Hoopstad veiling. Johan van den Berg is terug met die weervooruitsigte, en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vl...
RSG Landbou: Royalskou; Patogene in voedsel 07.10.2026 22:07
7 Oktober 2026: Dis tyd vir die gewilde Royalskou, wat vir die eerste keer by die nuwe skougronde by Tweedie Hall naby Howick plaasvind. Wayne Muller vertel meer oor die skou wat van 7 tot 11 Oktober plaasvind. Het jy geweet daar is twee soorte listeriose wat deur patogene in voedsel veroorsaak word, waarvan veral een baie skadelik is? ‘n Mikrobioloog, prof. Lucia Anelich, praat oor die werk wat s...
RSG Landbou: Wat verg dit ’n bottel wyn op die rak te kry? 06.10.2026 25:23
6 Oktober 2026: Om ‘n bottel Suid-Afrikaanse wyn op 'n rak te kry – of daardie rak in Kaapstad, Londen of Sjanghai is – behels veel meer as net die maak van goeie wyn. Agter die skerms word heelwat gewoel en gewerskaf. Jordyn Goeieman van South Africa Wine vertel ons meer. Die Limpopo Boran-klub bied op 17 Oktober hulle prestige-veiling by die Warmbad Veemark aan. Bye moet gesien word as deel van...
RSG Landbou: Groei vir Goud-opbrengskompetisie 05.10.2026 24:02
5 Oktober 2026: Graan SA se Groei vir Goud-nasionale opbrengskompetisie het vanjaar ‘n hele paar nuwe rekords behaal. Garsprodusente kon ook vanjaar vir die eerste keer meeding. Hoe berei ‘n landbou-opleidingsinstansie studente voor vir die arbeidsmark en die praktyk van moderne boerdery? Shaun Welmans van Agri Skills Transfer beantwoord hierdie vraag.
RSG Landbou: Tulbagh 03.10.2026 12:24
3 Oktober 2026: Shurien van Niekerk is ‘n museumbeampte by die Oude Kerk Volksmuseum in Tulbagh in die Wes-Kaap. Sedert die destydse aarbewing word alle aktiewe foutlyne in Suid-Afrika daar gemonitor. Vroeër bekend as Roodezand, is dit in 1804 vernoem na Ryk Tulbagh, wat goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop was. Die vallei is in 1658 vir die eerste keer deur Pieter Potter verken, en setlaars het...
RSG Landbou: Rekord-uitvoere van rooibos 02.10.2026 22:11
2 Oktober 2026: Rooibos spog op die oomblik met rekord-uitvoere. ‘n Baanbreker toegang- en voordele-ooreenkoms is ook onlangs gesluit wat tot groot voordeel vir talle Suid-Afrikaners sal wees. Lindie-Alet van Staden is in 2024 aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar-kompetisie. Sy boer tans op die plaas Sterrekopje buite Franschhoek. Sy gee...
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici