RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 23 24.12.2025 15:04
Dis Oukersaand. Ben sit half verlore in die tuin. Lena druk hom in ’n hoek, en die twee praat hulle harte leeg. Luma en Lux besluit dis tyd om Blink uit sy wroeging te help. Almal se harte moet vol van die Kersfeesgees wees. Ben het ‘n groot versoek vir Oukersaand. Daar is ‘n klop aan die deur, en pandemonium breek los in die huis.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 22 23.12.2025 15:06
Rudolf ontpop in ‘n storieverteller. Oupa Krismis en Rudolf maak vrede. Emma bly tog te geheimsinnig, en Ben kan dit nie meer hou nie. Emma het nóg ’n verrassing, en dit neem die wind heeltemal uit Ben se seile.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 21 22.12.2025 15:00
Lena en Hannes hou voor hulle garage stil, en is heeltemal verstom. Hulle kan nie glo wat hulle sien nie. Die Kersboom is uiteindelik versier, en dit het Lena in trane. Wie hang waar? Blink is nie op ‘n goeie plek nie. Hoekom nie? Tinsel en Worsie spring aanmekaar.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 20 19.12.2025 15:04
Emma is nog lank nie klaar om Lena en Hannes te verras nie. Emma en Ben word onverwags na die parkie naby hulle huis genooi, en hulle beleef ‘n onvergeetlike dag. ‘n Vreemde vrou klop aan Lena-hulle se voordeur.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 19 18.12.2025 14:37
Die kersversierings is afgehaal omdat daar net eenvoudig nie tyd is om die Kersboom te versier nie. Dis asof daar aanmekaar verskonings is dat dit nie gebeur nie. Wanneer die nuwe Hollandsprekende kersversierings boonop voorkeurbehandeling kry, is die gevestigde kersversierings in sak en as.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 18 17.12.2025 14:53
Daar is skielik net nie ‘n einde aan Tinsel se blink idees vir pakkamerproduksies nie. Hy is vas van plan om al die kersversierings te betrek. Ben moet bontstaan om seker te maak sy ma en pa kom nie agter wat besig is om by die huis te gebeur nie. Oupa Krismis stof Rudolf die Rooineus Takbok behoorlik af.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 17 16.12.2025 14:55
Ben moet vroeg opstaan, want meneer Eben Glas daag by die huis op met sy werksvragmotor vol verrassings. Wat het Lux oorgekom? Ben praat onverwags verrassend mooi met die kersversierings. Worsie is weer op sy ergste, en hy gee van die kersversierings hope gas.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 16 15.12.2025 14:48
Die huisgesin stres oor Hannes. Emma moet in leketaal vir Lena beduie wat gaan vir wat. Emma voer baie planne in die mou, wat Lena en Hannes heeltemal onkant vang. Daar is goeie nuus oor Worsie. Die kersversierings bestudeer die tekening wat Emma gemaak het oor hoe sy die Kersboom wil versier. Nie een van die kersversierings hou van Emma se tekening nie.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 15 12.12.2025 14:49
Hannes gee vir Emma grys hare. Worsie maak skandes, en dryf Lena teen die mure uit. Wat gebeur? Blink is bekommerd oor hoe sake deesdae in die huis verloop. Met wie deel hy sy kommer? Die dag kan nie op ‘n meer ontstellende noot eindig nie.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 14 11.12.2025 14:50
Tinsel onthou sy jeugdroom, en hy glo dis tyd om dié droom vlerke te gee. Waaroor gaan dit? Daar is nog ‘n liederlike bekgeveg in die tuin. Oupa Krismis praat Luma moed in. Een van die nuwe Hollandsprekende kersversierings is besig om kop en skouers bo die ander uit te staan. Wie is hy? Wat beplan hy?
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 13 10.12.2025 14:25
Nog ‘n kersversiering steek ‘n spoggerige toespraak af. Dis duidelik dat daar voortaan Hollands in dié huis gepraat sal word. Lena besluit sy moet iets doen om vir Hannes te help. Wie help haar? Nóg ‘n ontvoering word aangemeld, en laat die kersversierings skarrel. Oupa Krismis raak kwaai.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 12 09.12.2025 15:15
Die chaos van die aand noodsaak ‘n netjiese toespraak. Wie steek dit af? Ben kom uiteindelik uit die hospitaal, wat beteken Rudolf, vol stories, is weer deel van die kersversierings. Daar is ‘n liederlike bekgeveg in die tuin. Gloria fnuik die volgende ontvoering. Worsie verbreek sy stilte oor sy besoek aan die veearts.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 11 08.12.2025 15:01
Lena probeer keer dat ‘n sekere operasie gedoen word. Tinsel maak uiteindelik sy opwagting, en al die kersversierings wil weet waar Rudolf hom so goed weggesteek het. Emma se hulp word ingeroep om met Worsie te help. Sy het ook nuwe planne met die Kersboom. Die aand eindig op ‘n taamlik chaotiese noot.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 10 05.12.2025 15:06
Oupa Krismis is erg ongelukkig oor Gloria en Blink se nagkaperjolle, en hy draai geen nie doekies daaroor om nie. Hannes kry uit die bloute ‘n vreemde versoek. Ben kry ‘n onverwagse besoek in die hospitaal. Lena is erg bekommerd oor haar hart se punt.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 9 04.12.2025 15:00
Terwyl Worsie erg ontsteld is, is Lena weer baie opgewonde. Emma deel ‘n brokkie nuus met Lena, wat ruk aan haar moederhart. Die Kersliggies, Luma en Lux, is op ‘n missie. Hulle besluit dis tyd om ‘n bietjie sielkunde op die bullebak van die huis toe te pas.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 8 03.12.2025 15:05
Hannes loop hom onverwags vas in iemand wat vol dreigemente en prokureursbriewe is. Dit ontstel vir Ben. Oupa Krismis verlang hom stukkend na sy jongdae. Blink is nie naastenby so opgewonde soos Oupa Krismis nie. Gloria bedink ‘n blink plan.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 7 02.12.2025 14:59
Meneer Eben Glas doen sy jaarlikse besoek, en hy is vol verrassings. Worsie die Verskriklike skakel oor na vyfde rat, en hy gee die kersversierings ekstra gas. Daar is ‘n kersversiering wat besluit aanval is die beste manier van verdediging teen Worsie se skrikbewind.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 6 01.12.2025 14:37
Lena krimp byvoorbaat inmekaar toe sy weer vir ‘n koffietjie met ‘n soetdingetjie genooi word. Dit draai die knop op haar maag al hoe stywer. Die skokke hou net nie op nie. Een van die kersversierings ontpop as ‘n bekwame vakman met ‘n skroewedraaier en ‘n draadstroper in die hand. Skielik is daar meer van ‘n Kersatmosfeer in die huis.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 5 28.11.2025 14:49
Ben moet na ‘n ander hospitaal verskuif word. Hoekom? Daar is drama in die tuin wanneer die verdwene kersversiering van aangesig tot aangesig met sy hartelose ontvoerder te staan kom. Lena word genooi vir ‘n lekker koffietjie saam met ’n soetdingetjie, en sy besef gou dit was nie om dowe neute nie. Hannes kry ‘n oproep wat hom gooi.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 4 27.11.2025 14:51
Hannes en Emma ry inderhaas Harrismith toe. Die kersversierings besluit dis tyd om Worsie aan te vat. Die situasie in Harrismith se hospitaal is vloeibaar, en lewer nie dadelik al die antwoorde op waarna Hannes en Emma so naarstigtelik op soek is nie.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 3 26.11.2025 14:56
Die kersversierings is hoogs ontsteld oor die verdwene kersversiering. Hulle weet daar kan net een sondebok wees. ‘n Groot soektog word van stapel gestuur. Hoe suksesvol is dit? Emma kry ‘n oproep wat haar erg ontstel.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 2 25.11.2025 14:48
Lena besef haar kinders is nie meer beskikbaar om haar met die Kersboom se versiering te help nie. Dít en die matriekwegbreek, ruk aan haar hart. Die leënes-sindroom word al hoe meer ‘n nare werklikheid. En terwyl een kersversiering reggemaak word, verdwyn ‘n ander een spoorloos.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 1 24.11.2025 15:01
Omdat Hannes en Lena in huise met ‘n Kersboom en kersversierings groot geword het, maak hulle hulle hullw dogter Emma en seun Ben, met dieselfde tradisie groot. Maar Emma is verpleegsterskollege toe en Ben wat pas matriek geskryf het, wil universiteitskoshuis toe. En skielik staan die boks vol kersversierings vergete in die pakkamer.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 40 (slot) 21.11.2025 14:58
Dis bruiloftyd op Wilgerfontein. Barto en Suzie trou. Benita en Joachim is ‘n verliefde paartjie, maar is Dolf en Wilmien dalk die hoogtepunt van die aand?
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 39 20.11.2025 12:25
Dolf word amptelik die nuwe eienaar van die plaas Geluk. Wilmien en Greta bring vir Joachim tot nuwe insigte oor Benita. Joachim klop aan by Benita.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici