Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: christianityworks.co.za
Autore
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Categoria
Sito del podcast
Ultimo episodio
1 ott 2026
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Deur God Geskud 11.06.2025 3:05
Send us Fan Mail Handelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Ons voltooi vandag die mini-reeks oor vervolging. Ek het hierdie paar boodskappe beplan, nie omdat ek een of ander morbiede begeerte het om op lyding te fokus nie, maar omdat die vervolging van mense...
Vrymoedigheid 10.06.2025 2:49
Send us Fan Mail Handelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Vir die meeste van ons is vervolging iets waaraan ons nie te dikwels wil dink nie. Op ander plekke in die wêreld waar mense aktief vir hul geloo...
Krag wanneer jy Vervolg Word 09.06.2025 2:58
Send us Fan Mail Handelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde...
Ek Verheug my in U 08.06.2025 2:42
Send us Fan Mail Psalm 119:14-16 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie. Daar is iets nogal verstommend, selfs bedwelmend, daarin om te doen wat reg is en wanneer jy dit doen; in jou hart te weet dat jy geslaag het. Ek vermoed dat d...
Groot is sy Getrouheid 07.06.2025 3:05
Send us Fan Mail Klaagliedere 3:22-24 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Soms ervaar ons tye in die lewe waar ons absoluut magteloos en heeltemal verlate voel. Ander kere pas ons omstandighede ons soos ‘n handskoen; ons voel dat ons pre...
Jou Liggaam is ‘n Tempel 06.06.2025 2:52
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 6:18-20 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed ’n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want...
Party Kerke is nie So Vriendelik Nie 05.06.2025 2:52
Send us Fan Mail Jakobus 2:2-4 Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. As julle dan ’n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: “U moet asseblief hier gemaklik kom sit,” maar vir die arm man sê julle: “Jy kan maar daar anderkant gaan sit,” of:...
My Gevolgtrekking 04.06.2025 2:58
Send us Fan Mail Spreuke 17:28 en 29:20 Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.. Jy sien self daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink. (NLV) Sosiale media het vir mense 'n onmiddellike platform gegee om hul sienings aan die wêreld uit te basuin. Dis nou regtig nie iets nuuts nie, want men...
Vertrou op die Here 03.06.2025 3:01
Send us Fan Mail Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Stres, of die behoefte om...
Verdraagsaamheid teenoor Goedkeuring 02.06.2025 3:01
Send us Fan Mail Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” As daar net een woord is om die oorheersende morele waardes van hierdie tyd te beskryf, sal dit ongetwyfeld die woord "...
Kom na Jesus 01.06.2025 3:07
Send us Fan Mail Mattheus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” As daar ooit 'n tyd in die mens se geskiedenis is wanneer gewone domkoppe soos ek en jy weer die kuns van rus moet herontdek, dan sal...
Die Sabbatsrus van God 31.05.2025 2:52
Send us Fan Mail Genesis 2:1-3 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het. Van al die dinge wat ons in die lewe ervaar; die goeie, di...
Vertrou op die Here 30.05.2025 3:07
Send us Fan Mail Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Stel jou voor - jy is in 'n piepklein bootjie op 'n kalm see en skielik b...
Wat Jesus Begeer 29.05.2025 2:53
Send us Fan Mail Markus 6:30-32 Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.” Hulle het met 'n skuit na...
Kry die Balans 28.05.2025 3:14
Send us Fan Mail Prediker 4:5 Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger. Dit word deesdae in ons deurmekaar wêreld al hoe moeiliker, om 'n gelukkige werk-lewe-balans te vind. Sommige mense wil die lewe rustig neem en alles hê wat hulle oë sien en begeer, terwyl die ander spul hulself in 'n vroeë graf in werk. Daar is deesdae allerhande navorsing oor die balans tussen mense...
Gedrewe om te Presteer 27.05.2025 3:22
Send us Fan Mail Prediker 4:6 Tog is ’n hand vol met rus beter as twee hande vol met moeite en ’n gejaag na wind (NLV) Kan ek vandag vir jou ‘n netelige vragie vra? Is jy verslaaf aan jou werk? En indien ek nie nou met jou praat nie, is jy dalk getroud met ‘n werksverslaafde? Of is een van jou volwasse kinders 'n werksverslaafde? Want ek kan uit ondervinding praat, en vir jou sê, dit is &apo...
Werk Lang Ure 26.05.2025 2:49
Send us Fan Mail Prediker 3:1,13 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:… Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God. Die behoefte om te werk is iets wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ons moet tog kos op die tafel sit, en 'n dak oor ons kop voorsien. Maar daar is ook dinge wat probleme in die werk...
Geen Verskonings 25.05.2025 2:58
Send us Fan Mail Kolossense 4:6 Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord. Ons kan oor ‘n magdom van redes knorrig raak. ’n Gebrek aan slaap, lae bloedsuiker, honger, stres, onopgeloste woede, ongeregtigheid, konflik... Het jy opgelet dat selfs slegte weer ons knorrig kan maak? En wanneer jy knorrig is, kan die woor...
Die Seerkry van Teregwysing 24.05.2025 2:45
Send us Fan Mail Spreuke 3:11,12 My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun. Ek het vandag ‘n paar vrae vir jou: Hou jy daarvan om reggehelp te word? Hou jy daarvan om gedissiplineer te word? Komaan! Het jy al ooit gesê: " Ek kan nie wag dat iemand my op my...
Vereer die Here met Alles wat Jy Besit 23.05.2025 3:02
Send us Fan Mail Spreuke 3:9 Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek gaan dit vandag weer sê, want dit is so ongelooflik belangrik. In hierdie lewe is druk onvermydelik. Stres aan die ander kant, is heeltemal opsioneel. Een van die grootste vorms van druk wat ons kan ondervind, is finansiële druk. Is jy gestres oor jou f...
Onberispelike Gedrag (3) 22.05.2025 2:45
Send us Fan Mail 1 Petrus 2: 21-24 Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat re...
Onberispelike Gedrag (2) 21.05.2025 3:01
Send us Fan Mail 1 Petrus 2:19-21 Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voor...
Mei 2025 Nuusbrief 21.05.2025 4:46
Send us Fan Mail Laai die geskrewe nuusbrief hier af. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY
Onberispelike Gedrag (1) 20.05.2025 2:50
Send us Fan Mail 1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB) Ons leef sonder twyfel in 'n wrede wêreld. Ons sou graag byvoorbeeld wil glo dat...
Vertrou op die Here met jou Hele Hart 19.05.2025 2:43
Send us Fan Mail Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Dis baie maklik om deesdae onder druk te voel. Dit voel asof daar nooit genoeg tyd...
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici