Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: christianityworks.co.za
Autore
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Categoria
Sito del podcast
Ultimo episodio
1 ott 2026
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Moenie met God Wegkruipertjie Speel Nie 18.05.2025 3:05
Send us Fan Mail Jeremia 23:23-24 “Is Ek miskien ’n God wat net op een plek is?” vra die Here. “Dink hulle Ek sien nie wat hulle doen nie? Dink enigiemand hulle kan vir My wegkruip en Ek sal hulle nie sien nie? Is Ek nie oral, in die hemel en op die aarde nie?” vra die Here.(NLV) Onthou jy hoe jy dit vir jou ouers probeer wegsteek het, toe jy as kind iets verkeerd gedoen het? Soms het jy daarmee...
Moenie van Jesus ‘n Mengeldrankie Maak Nie 17.05.2025 3:19
Send us Fan Mail Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Weet jy dat daar deur die eeue heen en, inderdaad vandag nog, in die naam van ‘Godsdiens’, onnoembare gruwels gepleeg...
Oorwin Finansiële Stres (5) 16.05.2025 3:05
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 9:6-8 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk...
Oorwin Finansiële Stres (4) 15.05.2025 2:40
Send us Fan Mail 1 Timoteus 6:9-10 Maar mense wat begeer om ryk te wees, val in versoeking en trap in die strik van baie dwase en skadelike begeertes wat hulle in die verderf en ondergang stort. Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor. (NLV) Of jy nou ryk is, of arm is, of...
Oorwin Finansiële Stres (3) 14.05.2025 3:22
Send us Fan Mail Spreuke 22:7 Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen. In die wêreld van groot en gekompliseerde finansies, gebruik die slim ouens baie dikwels skuld om meer geld te maak. Dit word hefboombeleggings genoem. Jy leen iemand anders se geld, belê dit en maak hopelik meer geld. Ek weet nie van jou nie, maar ek leef nie in die wêreld van sulke groo...
Oorwin Finansiële Stres (2) 13.05.2025 3:13
Send us Fan Mail Spreuke 21:5 Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek. Opskrif na opskrif vertel ons dat finansiële druk lewens ruïneer. En hoe meer ons oor die finansiële krisis hoor, hoe meer druk plaas dit op ons. Ek het nou die dag 'n opskrif gesien: Gewone werkers kan nie hul huur bekostig nie. Die artikel het gepraat van die feit dat...
Oorwin Finansiële Stres (1) 12.05.2025 3:17
Send us Fan Mail Matteus 6:25-27 “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie b...
Hoekom Bly Jy Dwaas? 11.05.2025 2:52
Send us Fan Mail Spreuke 14:6 Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis. Bemagtiging is 'n woord wat vandag so populêr is. Haai, wie wil nie bemagtig voel nie? Wie wil nie hul probleme sommer met mag stormloop nie? Maar, wees versigtig, jy kan nie nou kom en terugdeins wanneer ons oor bemagtiging praat en sê dat dit verantwoordelikhei...
Om Jou Outentieke Self te Wees 10.05.2025 3:02
Send us Fan Mail Romeine 12:2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. (NLV) Die slagspreuk van hierdie era is ... wees jou outentieke self! Doen wat natuurlik kom. Wees wie...
Moenie teruggaan Tronk toe Nie 09.05.2025 3:05
Send us Fan Mail Galasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (NLV) Ek is redelik seker daarvan dat net 'n enkele nag in ‘n tronk, genoeg van ‘n afskrikmiddel sal wees om my van enige toekomstige kriminele plannetjies, wat dalk in my har...
Sélf bevordering in Kamoeflering 08.05.2025 3:07
Send us Fan Mail Spreuke 27:1-2 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. Moenie jouself op die skouer klop nie. Laat iemand anders jou liewer prys. Kom ons erken dit, om te spog is 'n lelike gewoonte. Dis kras. Dit stoot mense van ons af … en tog is mense steeds arrogant. Maar dis nie alles oop en bloot nie. Heelwat tekens van sélf bevorde...
Staan Vas 07.05.2025 3:07
Send us Fan Mail Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Dit voel of die warm dae...
Dink Verder as Vandag 06.05.2025 3:22
Send us Fan Mail Filippense 3: 19 -21 Ewige vernietiging is hulle uiteinde, liggaamlike behoeftes is hulle god en skandelike dinge is hulle trots. Al waaraan hulle dink, is aardse dinge. Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser. Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor s...
God se Ontferming oor Jou 05.05.2025 2:46
Send us Fan Mail Psalm 103:13 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. 'n Sagte hart sal, wanneer dit iemand sien ly, daardie persoon se pyn ervaar asof dit sy eie is ... Maar, dink mooi - op watter stadium is dit geregverdigd om ‘n ander persoon se pyn so vir jouself aan te trek, dat dit gedeelde lyding word? Op verskillende tye van ons le...
Moenie Trots Word Nie 04.05.2025 2:56
Send us Fan Mail 2 Kronieke 26:15-16 Hy (Ussia) het in Jerusalem bedrewe manne gehad wat uitvindsels gemaak het waarmee pyle en groot klippe bo van die torings en die hoeke van die muur af geskiet kon word. Sy roem het ver en wyd versprei, want hy het wonderlike hulp ontvang en het só baie magtig geword. Maar toe hy magtig geword het, het hy ook hoogmoedig geword. Dit het tot sy ondergang gelei. H...
Moenie ‘n Onmiddellike Reaksie Verwag Nie 03.05.2025 3:17
Send us Fan Mail Matteus 28:19-20 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Jy kan vir ‘n KI-rekenaar 'n vraag vra, en binne enkele sekondes sal dit sulke deeglike navorsi...
Dink Mooi oor jou Besteding 02.05.2025 2:53
Send us Fan Mail Filippense 4:11-12 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. (NLV) Goed, vandag is die dag wat ek ‘...
Wanneer Jy Sukkel Om te Bid 01.05.2025 2:58
Send us Fan Mail Romeine 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Navorsing toon dat ten minste 'n miljard mense tydens d...
Kom Terug na die Ou Waterputte 30.04.2025 2:34
Send us Fan Mail Genesis 26:18 Isak het toe die putte oopgegrawe wat in sy pa Abraham se tyd gegrawe is en wat na Abraham se dood deur die Filistyne toegegooi is. Isak het die name wat sy pa aan die putte gegee het, weer aan hulle gegee. Daar is 'n neiging in hierdie hoogs-tegnies, vinnig-bewegende, KI-gedrewe wêreld waarin ons leef, om die wysheid van ons voorvaders (as ek so 'n outyds...
Wat ook al, Wanneer ook al, Waar ook al 29.04.2025 2:59
Send us Fan Mail 1 Petrus 4:10-11 Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit...
Moenie Onsigbaar Wees Nie 28.04.2025 2:49
Send us Fan Mail Filippense 2:14-15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre. (NLV) Hou jy daarvan om uit te staan in ‘n skare en raakgesien te word, of sal jy eerder net op die agtergrond bly? Dit is 'n interessante...
Die Tyd Vlieg Verby 27.04.2025 2:50
Send us Fan Mail Jakobus 4:13-14 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly, ons sal sake doen en wins maak.” Julle weet nie eers wat die lewe môre vir julle inhou nie! Julle is soos die oggendmis – dis vir ’n rukkie sigbaar, en dan is dit weer weg. Stel jou voor dat jy 'n uurglas het waar elke sandkorrel een uur van die tyd wat jy op...
Trek die Sluise van Dankbaarheid Oop 26.04.2025 2:52
Send us Fan Mail Efesiërs 5:20 Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV) Hoe sleg moet dinge met jou gaan om ‘n “jammerpartytjie” vir jouself te reël? Ja, ek praat van daardie “arme-ekke” gevoel. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek dryf nie die spot met die beproewings wat jy in die gesig staar nie. Ek verstaan jy dink jy het sekerlik goeie...
‘n Verandering van Tempo 25.04.2025 2:52
Send us Fan Mail Spreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is. Hier is nou ‘n vraag oor ‘n baie interessante kwessie: wat is erger as om nie die spesifieke huweliksmaat te vind waarna jy smag nie? En die antwoord is: trou met die verkeerde een! Nouja, miskien is jy nie tans op soek na 'n sielsgenoot nie. Miskien is jy reeds gel...
God se Waarborg 24.04.2025 3:01
Send us Fan Mail Efesiërs 1:13-14 Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. (NLV) Deesdae het die meeste produkte 'n soort waarborg ... en tog is sommige waarborge, inderdaad, abso...
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici