RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Tuinroete-camino 06.07.2021 10:54
Die Tuinroete het nou sy eie Camino-staproete, geskoei op die Camino de Compostela-staproete in die noorde van Spanje, wat jaarliks groot getalle besoekers van dwarsoor die wêreld lok. Diie Tuinroete-camino is die sustersroete van die gewilde Pelgrimstog vir Hoop, wat in die Stellenbosch- en Overberg-omgewing is. Die eerste groep stappers op die roete het in die week van 14 Junie informeel gestap,...
Beroepe in die museum 06.07.2021 8:01
Melody Kleinsmith gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die verskillende beroepe in die museumbedryf.
Vliegtuigbou in SA 06.07.2021 12:34
Raoul van den Berg gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die geskiedenis van vliegtuie bou in Suid-Afrika, die vliegtuie wat plaaslik ontwikkel is, en wat jy moet studeer om dit te kan doen.
Vervang gesonde kos hiermee 06.07.2021 13:10
Dieetkundige Retha Harmse vertel waarmee jy gesonde kos kan vervang, wat sommige mense nie kan eet nie as gevolg van siekte of allergieë.
Kry ‘n reënwatertenk, sê Baaise waterheld 05.07.2021 9:00
Met die gesamentlike stand van Nelson Mandelabaai se damme wat nou op 10% staan, het die munisipaliteit begin met 'n veldtog van waterhelde om erkenning te gee aan inwoners wat alles in hulle vermoë doen om so min as moontlik munisipale water te gebruik. Een van hierdie waterhelde is Kierie Slabbert van Despatch. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Hospitaal vir wilde diere in Johannesburg 05.07.2021 8:30
Dr. Karin Lourens vertel vir Martelize Brink van 'n hospitaal vir wilde diere in Johannesburg waar al die pasiënte gratis behandel word.
Hoe het pandemie ouer/kind-verhoudings geraak? 05.07.2021 7:55
Yolandi Kok vertel vir Martelize Brink hoe die pandemie en inperking ouers en kinders se verhouding beïnvloed het.
Laat nuwelinge tuis voel in werkplek 05.07.2021 13:12
Anja van Beek vertel vir Martelize Brink hoe jy nuwelinge by 'n werk laat floreer, en hoe om die ondernemingskultuur te behou in die van-die-huis-af-werk-era.
Kampioenfietsryer nou ‘n klavierstemmer? 02.07.2021 10:11
Die kampioenfietsryer Anriette Schoeman, wat onder meer die Argus-fietstoer al sewe keer gewen het, het nou note stem by haar speke sing gevoeg. Mariska Spoormaker het Anriette en haar leermeester, Reon Brown, gaan opsoek.
Wetenskapkommunikasie 02.07.2021 8:43
Engela Duvenage gesels met Martelize Brink oor hoe om die wetenskap toeganklik te maak vir die publiek, ook vir kinders.
Bredell Dolfyn tuisgeboude motor 02.07.2021 6:28
Caroline Bredell vertel vir Martelize Brink van die Bredell Dolfyn tuisgeboude motor waaraan drie generasies al 32 jaar lank werk.
Tuisgeboude voertuie 02.07.2021 7:15
Alta Swanepoel vertel vir Martelize Brink van die wetlike aspekte van tuisgeboude voertuie.
Vrygelate aasvoël verstom met sy vlug 01.07.2021 9:16
Hierdie is die storie van 'n kransaasvoël, Turkoois Zero, wat as jong volwassene op ‘n plaas in die Oos-Kaap vrygelaat is, en toe duisende kilometers ver gevlieg het om weer by die plek te kom waar hy uitgebroei is. Dié plek is die Vulpro-aasvoëlrehabilitasiesentrum in Noordwes. Mariska Spoormaker het met Kate Webster, die Oos-Kaapse aasvoëlrehabiliteerder, hieroor gepraat.
Filmit 01.07.2021 14:11
Jan-Hendrik Opperman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Filmit-kompetisie vir skoliere.
Geldgids - Episode 1 01.07.2021 13:00
HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. "Wat is geld?" Prof. JP Smit van die Filosofie-departement van Stellenbosch Universiteit praat oor die aard en geskiedenis van geld. Hy wys ook daarop dat geld nie net as 'n ruilmiddel dien om materiële besittings te bekom nie, maar dat dit ook een van die maatstawwe is waarmee me...
Die konflik tussen mens en natuur 01.07.2021 10:31
Johan Bouwer gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die oorbrugging van die mens/wildlewe-konflik.
Sydene Cloete 30.06.2021 11:38
Haidee Muller-Isaacs gesels met Sydene Cloete, bestuurder van die Masigcine Kinderhuis in Mfuleni op die Kaapse Vlakte, oor haar werk en waarom dit vir haar 'n hartstaak is.
Werkersregte tydens Covid-19-pandemie 30.06.2021 10:26
Dr. Linda Meyer gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor werkersregte tydens die Covid-19-pandemie.
Covid-19-spotprente 30.06.2021 13:04
Dr. Marina Joubert gesels met Johan Rademan en Martelize Brink van navorsing oor Covid-19-spotprente in die Suid-Afrikaanse media.
SA Spaarinstituut 30.06.2021 8:28
Lelane Bezuidenhout gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut.
Handgemaakte veters 29.06.2021 5:36
Jana Hurter vertel van haar handgemaakte veters van lint.
Karoo-nougat 29.06.2021 10:22
Marian Esterhuizen en Suzaan Theron vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hulle Italiaanse nougat maak op Merweville in die Karoo.
Vee, veld en geld 29.06.2021 14:00
Dr. Louis du Pisani gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor hoe jy die veld lees in die Karoo.
Gemeenskapskemas by aftreeoorde 29.06.2021 5:56
Karin Krohn gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die werking en wetlike aspekte van gemeenskapskemas by aftreeoorde.
Danya Goosen se spaarsamigheidswinkel 28.06.2021 9:13
Die stylvolle Danya Goosen het beslis nie in sak en as gaan sit toe 2020 haar met al sy ellende begin meesleur het nie. Albei haar ouers is in dié donker jaar oorlede. Die selferkende modemeisie het haar liefde vir mooi klere omskep in ‘n winsgewende spaarsamigheidswinkel, of soos die gonswoord lui, Thrift Store. Haidee Muller-Isaacs het in Elsiesrivier gaan kyk hoe Danya in haar gemeenskap woeker...
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici