RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Groen-ontwerp in stede 02.09.2021 11:29
Argitek Gerrit Jordaan vertel hoe groen-ontwerp in stede toegepas word.
Anruné Weyers 01.09.2021 8:58
Paralimpiese gouemedalje-wenner Anruné Weyers gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar ervaring in Japan.
Middelburg se wêreldbekendes 01.09.2021 17:04
Oudspringbokkaptein Wynand Claassen praat oor Middelburg se skool wat ook vir sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen en kunstenaar Louis Janse van Vuuren opgelewer het.
Bome van die jaar 2021 01.09.2021 10:40
Izak van der Merwe vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van vanjaar se bome van die jaar, en nuwe beskermde bome.
SA mode in Frankryk 01.09.2021 12:55
Carina Louw and Natasha Jaume is genooi om hulle modeontwerpe te gaan wys in Parys in Frankryk. Hulle is die enigste Suid-Afrikaners wat deelneem aan 'n Fokus op Afrika-uitstalling, wat plaasvind in die aanloop tot Parys-modeweek.
Brittany Smith se kronkelpad 31.08.2021 10:31
Ses jaar gelede was dit so hittete of operasangeres Brittany Smith van North Pine se sangdrome het aan skerwe gelê. Ja, 2015 was ‘n rowwe jaar toe sy met endotrageale tuberkulose, net 4 cm onder haar stembande, gediagnoseer is. Vandag is sy dankbaar dat die draaie wat haar lewenspad geloop het, haar beter en sterker gemaak het. Op die ou end het sy op haar voete geland, en nou stap sy die pad vore...
Blaauwberg Natuurreservaat 31.08.2021 10:32
Stephanie Muller vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Blaauwberg Natuurreservaat, wat nou tot ‘n provinsiale erfenisgebied verklaar is.
Uitbranding tydens pandemie 30.08.2021 9:43
Kliniese sielkundige dr. Konrad van Staden praat oor uitbranding, en hoe dit sowel werknemers as werkgewers affekteer. Hy wys op die gevaarligte waarvoor jy op uitkyk moet wees, veral in 'n tyd soos hierdie midde in 'n voortslepende pandemie.
Sjefs en hulle gewig 30.08.2021 12:51
‘n Sjef van Amerika het jare gelede baie gewig afgeskud, en daarna besluit om van werk te verander, want hy het geglo hy sal alles weer optel. Verskeie sjefs en kokke sukkel met hulle gewig weens hulle werk. Mynhardt Joubert het by 176 kg gedraai. Hy is halfpad deur sy mikpunt, en verduidelik hoe jy gewigsverlies onderhou terwyl jou werk soveel verlyding inhou.
Guanoplatforms in Namibië 30.08.2021 10:34
Wynand Human vertel van die guanoplatforms aan die kus van Namibië, vanwaar dié gesogte organiese bemesting volhoubaar geoes word.
Tuinontwerp vir komplekse 30.08.2021 5:50
Lionel Byrn gesels oor tuinuitleg in komplekse om ‘n unieke spasie te skep.
Carol Botha se sterre 27.08.2021 11:00
Carol Botha is reeds van kleins af 'n groot aanhanger van sterrekyk. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die wenfoto wat sy van die maan geneem het, en hoe sy graag kinders oor sterre en planete leer. Haidee het by haar nuwe tuiste in die aftreeoord Ametis in die Strand gaan kuier.
Mediamense 27.08.2021 11:49
Prof. Johannes Froneman vertel vir Martelize Brink van ‘n digitale museum oor Afrikaanse mediamense en van die groot nuusstories wat hulle die afgelope eeu en langer aan ons gebring het.
Raise the Bra 27.08.2021 11:17
Jeanette Kruger en dr. Deon Weyers gesels met Martelize Brink oor 'n inisiatief wat tweedehandse bra's insamel, wat deur ZABRA versprei word in hoërskole, onder andere in Soweto en Alexandra.
Kursusse in kreatiewe modeontwerp 27.08.2021 12:23
Maryne Steenekamp vertel vir Martelize Brink van die waarde van kort kursusse in kreatiewe modeontwerp.
Radioaktiwiteit in die wetenskap 26.08.2021 9:34
Dr. JJ van Zyl gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die waarde van radioaktiwiteit in die wetenskap soos by rotsdatering, elektristeitopwekking en mediese toepassings.
Cap Classique - 50 jaar 26.08.2021 12:06
Danielle Coetsee vertel van Cap Classique se 50 jaar in Suid-Afrika.
Geldgids - Episode 9 26.08.2021 13:54
HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Linda van Greuning, direkteur van HGG-Trustdienste, lig ons toe oor die noodsaaklikheid van 'n geldige testament, en verduidelik verwante begrippe. Aan die vooraand van September (waarin Testamentweek ook tradisioneel val), nooi sy jou om gratis jou testament tussen 13 en 17 Septe...
Diskriminasie teen vroue in werkplek 26.08.2021 7:43
Prof. Anita Bosch vertel van navorsing wat wys hoe daar teen vroue gediskrimineer word wanneer hulle hulle loopbane wil hervat nadat hul tuis gebly het om na kinders om te sien.
Solo Mammas 25.08.2021 8:49
Ouerskap toets jou geduld, en het hordes uitdagings. En om ‘n enkelouer te wees, is ‘n perd van ‘n heel ander kleur… Jacqui January hoor van ‘n groep vroue wat enkelmammas ondersteun met praktiese, emosionele en finansiële hulp. Sy gesels met die stigter en berader van Solo Mammas, Ingrid Harper, en wou by haar weet hoe dit alles begin het.
Aangevulde realiteit-kunsuitstalling 25.08.2021 8:53
Werner Voigt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van 'n aangevulde realiteit-kunsuitstalling wat by Kirstenbosch gaan plaasvind.
Son en lig in stadsontwerp 25.08.2021 9:26
Argitek Gerrit Jordaan gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor son en lig in stadsontwerp.
Plantekstrak vir insekdoder 25.08.2021 10:09
Dr. Ida Wilson praat oor die potensiaal van plantekstrak om as insekdoder gebruik te word.
Stellenbosch Tuinweek 24.08.2021 12:50
Jacques Steyn vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Stellenbosch Tuinweek, en wat by die Jordan-wynplaas te sien is daardie week.
Oneerlike kollegas 24.08.2021 6:47
Lizette Volkwyn gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor hoe jy oneerlike kollegas hanteer.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici