RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Uit die Buitekring: Loraine Stander 26.04.2022 12:48
Loraine Stander vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy desjare op die ouderdom van 19 vir haar ouers moes vertel dat sy gay is. Loraine was twee keer verloof aan mans en het in 'n konserwatiewe kerkgemeenskap grootgeword. Sy skets haar lewensreis.
Irma Stern Museum - 50 jaar 26.04.2022 11:10
Elsa Klump vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Irma Stern Museum wat vanjaar 50 jaar oud is.
LGBTQi+ alfabet (Deel 3) 26 April 2022 26.04.2022 13:17
Martelize verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 insetsels. In die laaste insetsel doen die internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, dr. Elmari Mulder-Craig, 'n samevatting van die vorige insetsels.
!Nabas ná 5 jaar weer in Kalahari 25.04.2022 7:07
SJ Koortzen vertel vir Martelize Brink van !Nabas wat ná vyf jaar weer hulle verskyning in die Kalahari gemaak het.
City Nature Challenge 2022 25.04.2022 6:58
Rupert Koopman vertel van Suid-Afrika se deelname aan vanjaar se City Nature Challenge.
Hoeveel keer kan ek kookolie hergebruik? 25.04.2022 10:47
Dieetkundige Irene Labuschagne praat oor die veilige hergebruik van kookolie.
Hoe werk ‘n luidspreker? 22.04.2022 10:17
Prof. Gert-Jan van Rooyen vertel vir Martelize Brink hoe ‘n luidspreker klank voortbring.
Diana Ferrus kry eredoktorsgraad 22.04.2022 11:28
Haidee Muller-Isaacs gesels met die bekroonde digter en skrywer, Diana Ferrus, oor die eredoktorsgraad wat sy van die Universiteit Stellenbosch ontvang het.
Die vele gebruike van fungi 22.04.2022 16:43
Dr. Marieka Gryzenhout vertel vir Martelize Brink hoe fungi ingespan in allerhande prosesse om verskeie probleme aan te pak.
Gert Sarrisam van die Namakwaland 21.04.2022 11:11
Gert Sarrisam (Engelbrecht) is ‘n Namakwalandboer wat op die grens van die Namakwapark woon. Dis ‘n harde wêreld, ongenaakbaar met tye, maar dis juis uit die klip en koppies en sand waar mense van yster gesmee word. Johan Rademan het met Gert Sarrisam kennis gemaak. Ons het onlangs gehoor hoe Richard van der Westhuizen, self ‘n Namakwalander, een van sy stories, OUPA BETAAL BELASTING, in Kortom vo...
Surrogaat vir vrou met MS 21.04.2022 9:30
Daar is sekere koste en streng wetgewing verbonde in Suid-Afrika t.o.v. die lewensveranderende proses van surrogaatskap. Soveel egpare dwarsoor die wêreld het ouers geword deur dié proses te volg, en dit bring groot vreugde vir paartjies wat nie self kinders kan verwek nie. Jacqui January gesels met ‘n ma wat met meervoudige sklerose gediagnoseer is.
Hoe hanteer ‘n introvert die werksplek? 21.04.2022 10:29
Ruan Venter vertel vir Johan Rademan oor hoe ‘n introvert die werksplek kan aanvat.
Audrey Jantjies praat oor haar boek by die Suidoosterfees 20.04.2022 5:41
Johan Rademan gesels met Audrey Jantjies oor haar boek, As die katjiepiering blom, waaroor sy by die Suidoosterfees gaan praat.
Kleinboer gasvryheidsroete 20.04.2022 10:37
Lina Keyter en Sydney le Fleur vertel van 'n nuwe kleinboer gasvryheidsroete wat boere help om toerismeopsies aan te bied.
Projek om Doringrivierrooivlerkie te beskerm 20.04.2022 10:20
Riaan van der Walt vertel vir Johan Rademan van ‘n projek om die Doringrivierrooivlerkie, moontlik die skaarste varswatervis ter wêreld, te beskerm teen die impak van uitheemse roofvisse.
Uit die Buitekring: Sonja Van Der Walt-Dawani 19.04.2022 12:00
Sonja Van Der Walt-Dawani vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar ervaring van ‘n intergeloof huwelik. Sy is 'n Christenteloog wat getroud is met 'n Moslemman.
Versekeringslaggate van korttermyn akkomodasie 19.04.2022 10:38
Tarina Vlok vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die versekeringslaggate van korttermyn akkomodasie soos Airbnb.
LGBTQi+ alfabet (Deel 3) 19 April 2022 19.04.2022 8:07
Martelize verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 insetsels. In die derde insetsel bespreek die internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, dr. Elmari Mulder-Craig, seksuele oriëntasie.
Spin wol met 'n spil 18.04.2022 8:59
Amanda Lotter vertel vir Martelize Brink hoe sy wol spin met ‘n spil.
Haidee maak pekeluie en konfyt 18.04.2022 12:56
Haidee Muller-Isaacs het gaan kyk hoe pekeluie en konfyt gemaak word by WildeBraam buite Swellendam.
Johan Oldenburg help in Pole met vlugtelinge 18.04.2022 10:05
Martelize Brink praat met die voormalige Suid-Afrikaner Johan Oldenburg wat die Poolse grens met Oekraïene besoek om 'n hand te verleen met die vlugtelinge.
Hoe beoordeel jy suiwelprodukte? 14.04.2022 15:48
Dr. Tertius Cilliers vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe suiwelbeoordeling werk, en hoe ‘n suiwelproduk van die jaar uit verskillende katogorieë aangewys word.
Wat behels dit om “off the grid” te gaan? 14.04.2022 10:16
Theunis Coetzer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat dit behels om “off the grid” te gaan. Dis nie net elektrisiteit nie, maar ook water en riool.
Anna-Mart van der Merwe kuier by driesestig 13.04.2022 19:14
Anna-Mart van der Merwe gee ‘n blik op haar loopbaan, en hoe sy by toneelspel uitgekom het.
Oom Willem van Swellendam 13.04.2022 9:11
Oom Willem van der Watt word vanjaar 78 jaar oud. Hy is al 18 jaar lank die opsigter van Swellendam se skougronde, en woon al jare reg onder die pawiljoen. Haidee Muller-Isaacs het hom gaan ontmoet.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici