RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5605 episodi

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Society

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

30 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Rosina Secondt van Pella 30.10.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Rosina Secondt van Pella oor die lekker ou dae op hierdie Namakwalandse dorpie. Haidee sê haar mond het gewater toe daar van varsgebakte brood gepraat word.

360 Speseryroete: Inheemse wilde aspersies 30.10.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel vir Martelize Brink van inheemse wilde aspersies.

Halloween-uitstappies 30.10.2026

In Amerika is daar Halloween-uitstappies, soos om ‘n voormalige psigiatriese hospitaal of 'n voormalige begrafnisondernemer te besoek. Jy kan selfs daar oorslaap.

Jack Carstens se Salem-tuine 29.10.2026

Baie mense stel belang in die argeologiese en plekspesifieke verwysings in die Bybel. Jack Carstens was lank gelede die Suid-Afrikaanse handelsattaché in Israel. Die omgewing het ‘n blywende indruk op hom gelaat, en nou jare later het hy replikas van bekende verwysings in die Salem-tuin op die Rheebokskloofpad by Windmeul in die Paarl gedupliseer. Jy moet gaan kyk, want jy sal jou oë nie glo nie....

Van stil sit weet Johene niks 29.10.2026

Johene van Wyk van Paarl kan nie handjies gevou sit en niksdoen nie. Selfs al het sy al einde verlede jaar afgetree, bly sy steeds gaan die gang en aktief in haar gemeenskap. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs meer oor haar lewe, en hoekom sy nooit net kan stilsit nie.

Jonk: Oefeninge om balans te verbeter (Deel 1) 29.10.2026

Biokinetikus Conrad Litch praat oor balans, en die rol van oefeninge om dit te kan verbeter.

Brandstofprys roof 'n plesierskip se plesier 29.10.2026

Die stygende brandstofprys het ‘n plesierskip na meer as 750 dae van drie-en-’n-halfjaar reis na 150 lande, in Kambodja tot stilstand gebring. Die brandstofprys per maand per kajuit het gestyg van $1800 tot $8000.

Stadsboerdery begin in swembad 28.10.2026

Tanya van Stade vertel vir Martelize Brink van Seeds of Life, wat sy tydens Covid in ‘n swembad begin het. Vandag is haar regeneratiewe boerdery in die hartjie van 'n woonbuurt bekroon met die tweede plek in die Greater Tygerberg Partnership’s (GTP) 2026 Level Up- sakeprogram.

Charlene Nel se Witbank teen Oranje 28.10.2026

Charlene Nel het as tienermeisie uit die Kaap na Witbank teen die Oranjerivier duskant die Namibiese grens getrek. Eers was sy onseker of haar nuwe dorpie se mense haar sou aanvaar. Vandag is sy ingeburger, en hierdie klein gemeenskappie het onder haar vel ingekruip.

Dorpsgeheime: Fouriesburg se watertonnels 28.10.2026

Jandré du Plessis vertel vir Martelize Brink van Fouriesburg se watertonnels. Jy kan dit stap, of met ‘n kano aandurf.

Kougomverbod 28.10.2026

New Jersey in die VSA werk aan ‘n Wet op Beskerming teen Mikroplastiek. Die doel van die wet is om sekere soorte kougom te verbied om sodoende mense teen mikroplastiek te beskerm.

Êrens oorsee: Europa 27.10.2026

Loret De Musso vertel vir Martelize Brink van haar kuier in Italië, haar werk as ‘n sjef op seiljagte en by ‘n ski-oord in Frankryk.

Miljoene vir Pokémonkaarte 27.10.2026

‘n Man van Woking in Engeland het Pokémonkaarte van die solder afgehaal. Een kaart het £100 000 verkoop! Die hele stel het £1,56 miljoen op ‘n veiling gehaal.

Die sport van dressuur 26.10.2026

Michelle Moreira vertel vir Martelize Brink van dressuur, en ‘n Duitse Olimpiese kampioen-dressuurruiter, Jessica von Bredow Werndl, wat in 2027 ‘n meesterklas in Kaapstad sal aanbied.

In die wêreld van landbou 26 Oktober 2026 26.10.2026

In die landbounuus: Vrystaat Landbou stig ‘n nuwe nasionale rooivleisforum; Rolspelers uit die Suid-Afrikaanse en Namibiese veebedryf bespreek individuele invoerprotokolle vir beeste en skape; Die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie reageer op die publisering van konsepregulasies oor vee-identifisering; Patensie lewer weer ‘n Agri’s Got Talent-wenner op.

Wetenskapwonder: Klank en golwe 26.10.2026

Felix Spies praat oor klank en golwe. Hy verduidelik hoe klank beweeg, en vertel van ‘n vulkaniese uitbarsting wat ‘n golf reg om die aarde gestuur het.

Parkering teen 'n premie 26.10.2026

Inwoners van ‘n residensiële ontwikkeling in China het ‘n vrou hof toe geneem nadat sy 40% van die parkeerplekke gekoop het, en dit nou teen ‘n stywe premie verhuur en te koop aanbied.

Averil, die vrolike petroljoggie van Pofadder 23.10.2026

Haidee Muller-Isaacs het onlangs op Lambertsbaai stories gaan soek. Daar het sy Averil Klaaste van Pofadder ontmoet, wat 'n werkswinkel vir aspirantskrywers bygewoon het. Sy is een van Pofadder se gewildste petroljoggies, maar eintlik is sy 'n opgeleide ketelmaker.

360 Speseryroete: Fenegriek 23.10.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor fenegriek, wat soet ruik, maar bitter smaak.

Steekspel op fietse 23.10.2026

‘n Maatskappy wat e-fietse verhuur het dit duidelik gemaak dat hulle fietse nie gemaak is vir steekspel (jousting) nie, nadat ‘n video wyd versprei is van mense wat op die e-fietse met lanse onder die arm op mekaar afjaag.

Marelise Faul se botaniese kuns 22.10.2026

Dr. Donovan Kirkwood, kurator van die Universiteit Stellenbosch se Botaniese Tuin, is op 26 Augustus 2025 in die Jonkershoekberge oorlede nadat hy tydens ‘n plantkundige ekspedisie geval het. Hy het met CapeNature en besoekers van Cambridge Universiteit plantmateriaal versamel van ‘n spesie waarvan daar na raming minder as 50 oorgebly het. Entomoloog Marelise Faul van die Grootbos Stigting het ook...

Jonk: Wat eet jy eerste? 22.10.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die volgorde waarin jy jou kos behoort te eet, en waarom.

Dag en nag hondjies kyk 22.10.2026

In Finland kyk mense stadige TV. ‘n Treffer daar is Pentu Live waar jy 24 uur ‘n dag kan kyk na hondjies. Vanjaar kon jy kyk hoe Hilkka haar ses kleintjies kry, hoe hulle die eerste keer drink, en andersins hoe hulle tot 20 uur per dag slaap.

Inheemse plante werkswinkel by die Taalmonument 21.10.2026

Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van die Afrikaanse Taalmuseum se kruiepraatjie wat eersdaags plaasvind. Heinrich van Wielligh, die koördineerder van besoekersdienste en geleenthede, en botanis Rupert Koopman het met haar gesels.

Dorpsgeheime: Eksklusiewe koffiemasjiene, Mosselbaai 21.10.2026

Lea Mastrogiuseppe vertel vir Martelize Brink van Mosselbaai se Super Veloce Timeless Masterpieces wat eksklusiewe koffiemasjiene maak, geïnspireer deur motorenjins en lugvaart. Van die masjiene is met goud beslaan en met diamante versier!

Ascolta il podcast Driesestig su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici