RSG

Spektrum

News AF ↓ 2552 epizód

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

News

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 29.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Spektrum 26 Februarie 2025 26.02.2025

’n Geringe, maar kommerwekkende styging in verbruikersinflasie. Kan die ANC sy ondersteunersbasis in Kwazulu-Natal en Gauteng herbou? 'n Bekende in musiekkringe, Nota Baloyi, is in die Menseregtekommissie se visier ná neerhalende opmerkings oor witmense. Suid-Afrika bly buite stemming in 'n Verenigde Nasies-resolusie wat Rusland vir die oorlog in Oekraïne veroordeel. Spanning is aan die oplaai oor...

Spektrum 25 Januarie 2025 25.02.2025

Drie gewonde soldate keer terug na Suid-Afrika uit die Kongo. Die kwessie van regter John Hlophe se deelname aan die Regterlike Dienstekommissie is weer voor die hof. Johannesburg se metro spring rond om plek vir dooies te vind. Brande in dele van die Wynland-streek duur voort. 'n Toonaangewende hofsaak kan lei tot vryheid vir 'n ma wat haar lewensmaat vermoor het.

Spektrum 24 Februarie 2025 24.02.2025

Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologieë besoek die SAUK se hoofkantoor in Johannesburg. Die IVP betoog teen planne om die Ithala-bank te likwideer. Onderhandelings vorder goed om beseerde soldate uit die DRK te repatrieer. Ons praat oor Suid-Afrika se strafregstelsel, wat volgens baie landsburgers 'n oorblyfsel van Apartheid is, en nie die Grondwet weerspieël n...

Spektrum 21 Februarie 2025 21.02.2025

Die jongste kwartaallikse misdaadsyfers is bekendgemaak. Studente maak amok op verskeie kampusse. Die jongste oor die brande by Wellington.

Spektrum 20 Februarie 2025 20.02.2025

Die ministers van finansies en die presidensie is in die sop oor uitlatings oor die kommissaris van die Inkomstediens. Die ANC het sy provinsiale uitvoerende komitees in Gauteng en KwaZulu-Natal met taakspanne vervang. Die ministers van Buitelandse Sake van die G20-groepering kom in Johannesburg byeen. Erge ontwrigende reën word in groot dele van die land verwag.

Spektrum 19 Februarie 2025 19.02.2025

Jong werkloses sê ekonomiese bestendigheid hang in die weegskaal weens die ernstige gebrek aan geleenthede in Suid-Afrika. Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Sakeliga se beskuldiging dat hy 'n "rasfonds" vir die landbousektor op die been gebring het, is vals. Die spertyd vir SASSA-begunstigdes om hulle kaarte te vervang, word verleng.

Spektrum 18 Februarie 2025 18.02.2025

Die polisie in Gauteng soek na minstens agt verdagtes, wat na bewering betrokke was by die gru-aanranding van klante in 'n nagklub in Pretoria. 'n Verslag oor die werklikhede van vaderskap in Suid-Afrika is onlangs vrygestel. Boere in die Noord-Kaap en Vrystaat sukkel om voort te bestaan midde die voortslepende droogte.

Spektrum 17 Februarie 2025 17.02.2025

Vakbonde en politieke partye skets hulle verwagtinge vir die 2025-begroting wat Woensdag in die Parlement gelewer word. Die moord op ’n Moslem geestelike leier van Kaapstad word as 'n haatmisdaad bestempel. Die organisasie, My Vote Counts, wend hom tot die Wes-Kaapse hooggeregshof om die effektiwiteit van die politieke befondsingswetgewing te betwis.

Spektrum 14 Februarie 2025 14.02.2025

Inwoners van Johannesburg wend hulle tot sosiale media oor die stad se groeiende waterkrisis. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep pleit dat daar 'n sterker fokus geplaas word op selfdood onder tieners en jong kinders. Ons vind uit wat president Donald Trump se nuwe wetgewing rakende omkeertariewe vir Suid-Afrika sal beteken.

Spektrum 13 Februarie 2025 13.02.2025

Die oorskot van die 14 soldate wat in gevegte in die DRK gesterf het, word vandag by die Swartkops Lugmagbasis in Centurion aan familie oorhandig. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die toenemende spanning in die uMkonto-we-Sizwe-party. Daar is sprake van vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland. Ons hoor hoe klimaatsverandering die prys van sjokolade die hoogte laat inskiet.

Spektrum 12 Februarie 2025 12.02.2025

Ernstige vrae word gevra oor doeltreffendheid van advokaat Shamila Batoyi, die eerste vrou wat aangestel is as die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag. 'n Politieke ontleder praat oor die toekoms van die Ditsobotla Munisipaliteit in Noordwes, wat volgens die ANC eerder ontbind moet word. Suid-Afrika maak hom gereed om die liggame van weermagsoldate te ontvang, wat in die Demokratiese Republiek...

Spektrum 11 Februarie 2025 11.02.2025

'n Debat oor wie presies die "Afrikaner" is wat nou in Amerika vlugtelingstatus kan kry, oorheers sosialemediagesprekke. Vrystaatse boere gryp op eie onkoste in om paaie in die provinsie te herstel. Verskeie politieke partye vra dat die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, uit die amp verwyder word.

Spektrum 10 Februarie 2025 10.02.2025

Die MK-party gaan 'n klag van hoogverraad teen Afriforum indien. 'n Oproep tot kalmte, te midde van 'n heksejag na die oorsprong van president Trump se asiel-opdrag. Amerika stel 'n 25%-invoertarief in op staal en aluminium.

Spektrum 7 Februarie 2025 07.02.2025

Ons praat met 'n ekonoom, 'n landboukenner en 'n politieke ontleder oor die staatsrede. ArcelorMittal Suid-Afrika het die sluiting van sy aanlegte in Newcastle en Vereeniging met 'n maand uitgestel. Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, verskyn weer in die handelsmisdaadhof.

Spektrum 6 Februarie 2025 06.02.2025

Die ANC en die DA bereik 'n kompromie oor die voortbestaan van private mediese fondse onder die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. OUTA hoop die president sal innoverende planne om georganiseerde misdaad en korrupsie te pak, in sy staatsrede aankondig. Die nasionale minimumloon word verhoog.

Spektrum 5 Februarie 2025 05.02.2025

Die DA verduidelik wat hy van môre se staatsrede verwag. Ons praat ook met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor die staatsrede. Die Rea Vaya-busdiens bly tot verdere kennisgewing opgeskort.

Spektrum 4 Februarie 2025 04.02.2025

Die miljardêr versekeringsmagnaat en eiendomsontwikkelaar, Douw Steyn, sterf. China stel vergeldende tariewe in teen die VSA. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor.

Spektrum 3 Februarie 2025 03.02.2025

Die Amerikaanse president dreig met stappe oor Suid-Afrika se grondonteieningsbeleid. Ons praat hieroor, en die gevolge van die VSA se invoerheffings op Kanada en Mexiko, met 'n ekonoom en ‘n politieke ontleder. Die jongste oor die situasie in die DRK. 'n Weervoorspeller gee die reënvooruitsigte vir die res van die seisoen.

Spektrum 31 Januarie 2025 31.01.2025

Malaria breek uit in Limpopo. President Trump waarsku dat hy 'n 100% invoertarief sal instel indien BRICS sy eie geldeenheid skep. Kommer oor landbou in droogtegeteisterde gebiede.

Spektrum 30 Januarie 2025 30.01.2025

Die MK-Party in Kwazulu-Natal staan bankvas agter die voormalige president, Jacob Zuma, se dogter wat vandag in die landdroshof in Durban verskyn. Die Johannesburg Metro sê hy het 'n plan om vroue en kinders wat in die middestad bedel, te help. Die voormalige Minister van Verdediging en Internasionale Betrekkinge, Lindiwe Sisulu, veroordeel die onlangse aanvalle op Suid-Afrikaanse vredesmagsoldate...

Spektrum 29 Januarie 2025 29.01.2025

Die Regering van Nasionale Eenheid se tweedaagse kabinetslekgotla begin vandag. Belanghebbendes in die onderwys vra dat die Noord-Kaapse onderwysdepartement onder administrasie geplaas word. Meer oor die ooreenkoms tussen die Wes-Kaapse regering en die Gesondheidstigting om 'n sorgfonds op die been te bring.

Spektrum 28 Januarie 2025 28.01.2025

Eskom wil strenger beheer afdwing op sonkragstelsels wat aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is. Die ANC en die VF Plus stem ten gunste van 'n wantrouemosie teen die DA-burgemeester van Swellendam, Francois du Randt. Gautengers kla al hoe meer oor die vlieëplaag in die provinsie - ons praat met 'n entomoloog van die Landbou Navorsingsraad. Die Hooggeregshof in Pretoria beslis dat die armoedetoe...

Spektrum 27 Januarie 2025 27.01.2025

Die MK Party voer aan die SAUK kies kant wanneer die uitsaaier na die Regering van Nasionale Eenheid verwys. Ons bring jou die jongste uit daardie hofsaak. Gemoedere loop steeds hoog oor die nuwe Grondonteieningswetm met spanning wat toeneem binne die Regering van Nasionale Eenheid. Die familie van een van die nege Suid-Afrikaanse soldate wat in die Demokratiese Republiek die Kongo sterf, praat oo...

Spektrum 24 Januarie 2025 24.01.2025

Wye reaksie op die nuwe onteieningswet wat deur President Cyril Ramaphosa bekragtig is. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement reageer op die skietdood van 'n skoolhoof in Kraaifontein. Kollega Annamarie Jansen van Vuuren berig uit Los Angeles waar die jongste benoemings vir vanjaar se Oscars aangekondig is. Volgens die VN is sowat 2 000 kinders in Gasa wees gelaat sedert die oorlog tussen Israel en H...

Spektrum 23 Januarie 2025 23.01.2025

Build One South Africa se petisie om die minimumslaagsyfer van 30% af te skaf, kry momentum. Ouers van leerlinge met spesiale behoeftes dreig met regstappe teen Gauteng se onderwysdepartement omdat hulle kinders nie in spesiale skole geplaas word nie. Meer oor 'n nuwe digitale stelsel om die gebruik van verbode middels in sport te identifiseer.

Hallgasd a(z) Spektrum podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.