RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
21 Jul 2013 21.07.2013 22:31
Julie is spaarmaand, maar hoe gemaak om aan die spaar te kom? Spaar klink so voor die hand liggend, maar vir baie mense is dit juis een van die moeilikste dinge om onder die knie te kry.
14 Jul 2013 14.07.2013 23:46
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
7 Jul 2013 07.07.2013 23:28
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
30 Jun 2013 30.06.2013 24:44
Die afgelope drie maande se reeks oor finansiële vryheid word afgesluit met ‘n terugblik op die lesse wat ons geleer het saam met die karakters in die gewilde finansiële dramareeks, Astrid, Esther, Beverley en Jacques.
23 Jun 2013 23.06.2013 25:20
’n Begrafnispolis en lewensversekering kan jou geliefdes baie spanning en koste spaar as jy die dag nie meer daar is nie.
16 Jun 2013 16.06.2013 24:08
As jy vassit met jou versekeraar oor die uitbetaal van ’n eis of dalk die gehalte van herstelwerk wat aan versekerde items gedoen is, kan die Ombudsman vir Korttermynversekering gratis namens jou tussenbeide tree.
9 Jun 2013 09.06.2013 27:06
Korttermynversekering is iets wat meeste mense met ’n swaar hart koop, maar die dag as jy dit nodig kry, is jy meer as dankbaar dat jy dit wel gedoen het.
2 Jun 2013 02.06.2013 22:28
Eerlikheid lewer die beste resultate wanneer jy korttermynversekering uitneem of ʼn eis indien.
26 May 2013 26.05.2013 26:36
Derdepartyversekering is nie verpligtend nie, maar as jy slim is, sorg jy dat jy dit het! Wat gaan dit jou kos as jy met jou karretjie in ʼn deftige Duitse voertuig vasry? Derdepartyversekering beskerm jou teen die koste van die skade wat jy straks aan ʼn ander voertuig aanrig.
19 May 2013 19.05.2013 25:28
Te veel skuld kan jou laat wakker lê in die nag. Vir diegene wat bereid is om vas te byt en die probleem te takel, is daar stappe wat gedoen kan word om die probleem op te los.
12 May 2013 12.05.2013 22:56
Hoe gemaak as jy skielik nie meer ʼn inkomste het nie, as jy die slagoffer geword het van personeelvermindering of as jy weens ongeskiktheid nie meer kan geld verdien nie? Helen Ueckermann praat met Nico van Gijsen van Finlac oor inkomstebeskerming en met Bev Kelly van Bright Media oor kredietversekering vir verbruikers.
5 May 2013 05.05.2013 20:01
As jy van dobbel hou, kan dinge soms skeef loop en bestee jy kort voor lank dalk meer as wat jy beoog het.
28 Apr 2013 28.04.2013 20:33
Versekeringsbedrog het die bedryf verlede jaar ʼn stewige R3-miljard gekos. Hoe kan jy help om mense wat hulle daaraan skuldig maak aan die pen te laat ry en hoër premies vir eerlike polishouers te vermy?
21 Apr 2013 21.04.2013 22:04
Korttermynversekering is nie juis eerste op ʼn mens se lys van aankopies nie. Kan jy dit bekostig? Of moet ʼn mens eerder vra of jy kan bekostig om dit nie te kry nie?
14 Apr 2013 14.04.2013 21:51
Helen Ueckermann gesels oor beleggings wat te goed klink om waar te wees en hoe jy hulle kan uitken voor jy in die strik trap. Luister saam na die storie van 'n anonieme luisteraar wat alles verloor het, en na die raad van ekonoom Dawie Roodt en forensiese ouditeur André Prakke.
7 Apr 2013 07.04.2013 21:02
Helen Uckerman gesels met 'n kundige oor persoonlike finansies.
31 Mar 2013 31.03.2013 23:54
Helen Ueckermann praat oor aftreebeplanning met Nico van Gijsen van die finansiële dienstemaatskappy, Finlac.
24 Mar 2013 24.03.2013 20:55
Helen Ueckermann praat met Kobus Wentzel van 1Life oor hoe jy jou kinders meer kan leer oor geldsake.
17 Mar 2013 17.03.2013 24:21
Daar is in die afgelope tyd veel gepraat oor die mishandeling van vroue. Oor finansiële mishandeling word daar egter minder gepraat. Tog word talle vroue aan dié soort mishandeling onderwerp. Helen Ueckermann praat met die Johannesburgse sielkundige Cecile Gericke oor wat finansiële mishandeling behels, hoe ’n vrou daarin kan beland en hoe sy weer haar finansiële selfrespek en onafhanklikheid kan...
10 Mar 2013 10.03.2013 23:40
Hoe spaar ’n mens doeltreffend vir jou eie doeleindes en hoe gemaak as jy wil spaar vir die tersiêre onderrig van ’n minderbevoorregte kind? Helen Ueckermann gesels met Leon Campher, uitvoerende hoof van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika, oor wat ’n mens kan doen om daardie doelwitte te bereik.
3 Mar 2013 03.03.2013 24:55
Duisende Suid-Afrikaners verkies deesdae om in deeltitelkomplekse te woon. Hulle meen dit is veilig en ʼn lekker toesluit-en-ry leefstyl, maar daar is baie vereistes waarmee ʼn inwoner van so ʼn skema moet rekening hou. Voor jy dus koop, moet jy jou vergewis van waarvoor jy jou inlaat.
24 Feb 2013 24.02.2013 26:08
ʼn Mens hoop dat dit jou nooit oorkom nie, maar die meeste van ons is tog een of ander tyd betrokke by ʼn padongeluk. As dit met jou gebeur, dan is daar sekere stappe om te volg. Helen Ueckermann praat met Johan Janse van Rensburg van die Kantoor van die Ombudsman vir Korttermynversekering oor wat jou te doen staan sou jy in ‘n motorongeluk beland.
15 Jul 2012 15.07.2012 25:51
Tot 95% van Suid-Afrikaners wat op aftrede staan is nie finansieel gereed daarvoor nie. Dit is tyd om anders oor die konsep van aftrede te begin dink. Helen Ueckermann praat met Magnus Heystek van Brenthurst Wealth oor ʼn veranderende wêreld en hoe jou aftreevoorsiening daardeur geraak word.
8 Jul 2012 08.07.2012 22:28
Julie is Spaarmaand, maar dit is nie so maklik om jou spaarvarkie spekvet te kry in moeilike ekonomiese tye nie. Waarom is dit so belangrik vir ons én die ekonomie dat ons spaar en hoe kan jy ʼn begin maak?
1 Jul 2012 01.07.2012 24:56
Hoe leer ʼn mens jou kinders van geld? Dit is ʼn belangrike onderwerp, maar alte dikwels is ouers nie behoorlik toegerus om vir die jongspan die regte leiding te gee nie. Helen Ueckermann praat met Leoni Webster en Annelie Sdralis van Money4kids oor hoe jy jou kinders kan touwys maak met geldsake.
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.