RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
22 Jun 2014 21.06.2014 24:49
Finansiële verskille is een van die grootste faktore in egskeidings vandag. Hoe kan ons vroeg begin om ons verskille uit te stryk en ons geldsake soos ʼn span te benader? Helen Ueckermann praat hieroor met Abraham van der Westhuysen, adviseur-vennoot van Citadel in Kaapstad.
15 Jun 2014 15.06.2014 24:59
Rand en sent 15 Junie 2014
15 Jun 2014 14.06.2014 24:59
Helen Ueckermann vind uit hoe entrepreneurskap onder die jeug as loopbaan bevorder kan word.
8 Jun 2014 08.06.2014 22:02
Word kleinsake ondernemings billik behandel ten opsigte van regskoste en hoe kan voorkom word dat jou kleinsake onderneming se regskoste die hoogte inskiet. Helen Ueckermann praat met kenners oor die kwessie.
8 Jun 2014 08.06.2014 22:02
Rand en sent 8 Junie 2014
1 Jun 2014 01.06.2014 26:07
Rand en sent 1 Junie 2014
1 Jun 2014 31.05.2014 26:07
Die bekende tenoor Stefan Louw en sy vrou Marisa vertel hoe hulle hul ondernemings van die huis af bedryf.
25 May 2014 24.05.2014 26:56
As woorde soos skuldbeslagleggingsbevel en besoldigingsbeslagleggingsbevel jou laat ril, luister na Helen Ueckermann en Arnoud van den Bout van One Law. Hulle verduidelik die proses van skuldinvordering en hoe jy jou teen misbruik van die prosedure kan beskerm.
18 May 2014 17.05.2014 24:29
Wat is die waarde van geld? Die waarde wat jy aan geld heg, het veel te doen met hoe jou geldsake daar uitsien. Helen Ueckermann praat met dr. Philip Theunissen van Computus Bestuursburo oor hoe jou siening van geld jou lewe kan verbeter of versuur.
11 May 2014 10.05.2014 23:27
Watter ongewenste en ongenooide gas snuffel in jou e-pos rond? Wie se oë sien jou bankstate wat jy daar in ʼn lêer hou? Hoe neem hulle jou aanlyn-identiteit aan en probeer geld uit jou bankrekening trek? Helen Ueckermann praat met Susan Potgieter van Sabric oor hoe jy in beheer kan bly en sorg dat jou swaarverdiende geld in jou bankrekening bly.
4 May 2014 04.05.2014 26:21
Kuberskelms kuier die internet vol en het sommer ook hulle oog op jou kosbare bankkaart. Helen Ueckermann praat met Susan Potgieter van Sabric oor hoe jy in beheer kan bly en jou swaarverdiende geld in jou bankrekening kan bly.
27 Apr 2014 26.04.2014 25:19
ʼn Slim entrepreneur sien geleenthede waar ander moeilikheid gewaar. Selfs in ʼn moeilike ekonomiese omgewing, of dalk juis in so ʼn omgewing, is daar ʼn menigte lekker geleenthede vir die ware entrepreneur. Helen Ueckermann praat met Christo Botes, ʼn direkteur van Business Partners en woordvoerder van die Business Partners/Sanlam Entrepreneur van die jaar-kompetisie.
20 Apr 2014 19.04.2014 24:54
Helen Ueckermann praat oor motorversekering.
13 Apr 2014 12.04.2014 19:24
As jy pas begin werk het, is die kans om geldfoute maak goed. ʼn Gebrekkige kennis van geldsake maak dit moeilik om besluite te neem wat toekomstige welvaart verseker. Helen Ueckermann praat met Wimpie Mouton van PPS oor die wanindrukke wat jongmense oor geld het en hoe om dit reg te stel.
6 Apr 2014 05.04.2014 22:42
Helen Ueckermann praat met die jong Johannesburgse entrepreneur Cremer Van'Dango wat op 24 die geleentheid van 'n leeftyd gekry het. Hy vertel van sy televisieproduksiehuis Hey! Fever en die suksesse en struikelblokke van die afgelope drie jaar
30 Mar 2014 29.03.2014 28:28
Hoe gemaak as jou aftrede so vinnig nader kom dat jy in 'n koue sweet uitslaan? Is 'n mens ooit te jonk om te begin spaar vir geld wat jy op jou oudag sal nodig kry? Aftrede is iets waaraan 'n mens nie graag dink tot jy op die drumpel daarvan staan nie. Helen Ueckermann praat met Nico van Gijsen van Finlac oor wat jou te doen staan sodat jou goue jare nie straks verander na jou sukkeljare nie.
23 Mar 2014 22.03.2014 20:41
Helen Ueckermann sit haar gesprek voort met Andre Diederichs, uitvoerende direkteur van FABASA, oor wat dit van ʼn mens verg om jou onderneming en jou produk of diens te bemark. Bemark jouself reg, en jou onderneming sal volg. Luister jy na jou kliënte? Lees jy hulle liggaamstaal? Hou jy oogkontak? Verstaan jy hulle kant van die saak?
16 Mar 2014 15.03.2014 24:39
Helen Ueckermann sit haar gesprek voort met Andre Diederichs, uitvoerende direkteur van FABASA, oor wat dit van ʼn mens verg om jou onderneming en jou produk of diens te bemark. Bemark jouself reg, en jou onderneming sal volg. Luister jy na jou kliënte? Lees jy hulle liggaamstaal? Hou jy oogkontak? Verstaan jy hulle kant van die saak?
9 Mar 2014 08.03.2014 22:33
Helen sit sy haar gesprek voort met Andre Diederichs, uitvoerende direkteur van FABASA oor wat dit van ʼn mens verg om jou onderneming en jou produk of diens te bemark. Dit kom alles terug na hoe jy jouself sien en hoe jy optree. Sit jy en droom of tree jy op? Het jy ʼn gesonde selfbeeld? Glo jy in dit wat jy doen?
2 Mar 2014 01.03.2014 20:59
Om jou kleinsakeonderneming te bemark, verg meer as net advertensies. Andre Diederichs, uitvoerende direkteur van die Family Business Association of South Africa, vertel aan Helen Ueckermann wat die ware doel agter bemarking is en hoe verbruikers na jou onderneming gelok kan word.
23 Feb 2014 22.02.2014 24:23
Helen Ueckermann praat oor uittree-annuïteite met Henry van Deventer van die finansiëdienstemaatskappy Acsis. Februarie is by uitstek uittree-annuïteitmaand met die einde van die belastingjaar net om die draai.
16 Feb 2014 15.02.2014 23:47
Die verbruikersake-aktivis, Ina Wilken, beantwoord luisteraars se vrae.
9 Feb 2014 08.02.2014 25:36
Stygende rentekoerse beteken groter skuldpaaiemente. Hoe kan jy jou situasie verbeter?
2 Feb 2014 01.02.2014 26:05
Stygende rentekoerse beteken groter skuldpaaiemente. Hoe kan jy jou situasie verbeter?
26 Jan 2014 25.01.2014 24:48
Magnus Heystek gee raad oor aftrede en pensioengeld.
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.