RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
19 Feb 18.02.2017 24:49
Kenners verduidelik hoe jy voor 28 Februarie belastinggeld op jou beleggings kan bespaar; wat die prosedure is wanneer 'n direkteur van 'n maatskappy uit sy posisie verwyder moet word; en hoe gemaak om te keer dat skuld jou verhouding of huweliksbootjie op die rotse laat beland.
12 Feb 11.02.2017 22:56
Het jy genoeg geld gespaar om te kan aftree? In die laaste van die kort reeks oor aftreebeleggings, beantwoord 'n finansiële kenner hierdie vraag. Belasting-risikoversekering kom ook onder die vergrootglas, en 'n arbeidsregkenner praat oor verlof en dít waarop jy geregtig is.
5 Feb 04.02.2017 23:39
'n Finansiële kenner bespreek die beste aftreeprodukte om in jóú spesifieke behoeftes te voorsien; ons vind uit presies hoe 'n skuldberader jou kan help om jou skuldstorm te oorleef; en 'n regskenner verduidelik wat die nuwe wet op die beskerming van persoonlike inligting behels.
29 Jan 28.01.2017 21:01
Kenners praat oor die vyf grootse foute wat ons maak wanneer ons spaar vir ons aftrede. En daar word gekyk na nuwe tegnologie en elektroniese betalings wat bank- en kredietkaarte uiteindelik kan vervang.
22 Jan 21.01.2017 21:47
'n Luisteraar is bekommerd dat sy finansiële adviseur hom die verkeerde raad gegee het oor waar om sy pensioengeld te belê. Suzaan Steyn se gas beantwoord sy vrae hieroor, en oor wat die kommissie vir 'n finansiële adviseur behoort te wees. Daar word ook gekyk na 'n studie oor die finansiële beplanningspatrone van gegradueerde professionele persone.
15 Jan 14.01.2017 22:59
Suzaan Steyn kyk na strategieë wat die wynbedryf beplan om ekonomiese slaggate in 2017 die hoof te bied, en die mark uit te brei. 'n Prokureur praat oor die regsfoute wat maatskappye in 2016 gemaak het en hoe om dit vanjaar te vermy, En jy kan hoor wat jou regte is as kredietkaartgebruiker.
8 Jan 07.01.2017 20:54
'n Skuldberader verduidelik wat die verskil is tussen goeie en slegte skuld, en hoe mens van laasgenoemde ontslae kan raak. 'n Sakevrou bespreek haar uitdagings en lesse van 2016, en gee entrepreneurs raad om vanjaar die moeilike tye baas te raak.
1 Jan 31.12.2016 21:06
'n Leefstyl-afrigter en motiveringspreker kyk na hoe ons verhouding met geld moontlik ons finansies, en uiteindelik ook die van ons nageslag beïnvloed. En 'n kenner praat oor die ekonomiese uitdagings wat ons vanjaar in die gesig staar. en hoe mens dit die hoof kan bied.
18 Dec 17.12.2016 20:39
Kredietkaartbedrog neem hierdie tyd van die jaar toe. Suzaan Steyn hoe jy kan keer dat jy 'n sagoffer word. 'n Versekeringsmakelaar waarsku jy moet seker maak dat jy die regte lisensie het om 'n boot of karavaan te sleep wat swaarder is as 750kg, anders betaal jou versekering dalk nie uit as jy in 'n ongeluk betrokke is nie. En daar is wenke om motoronkoste hierdie vakansie so laag as moontlik te...
11 Dec 10.12.2016 23:09
Suzaan Steyn kyk na faktore wat die afgelope jaar 'n rol gespeel het in die wynbedryf, en hoe dit die verbruiker beïnvloed. Daar is wenke vir lekker, maar ekonomiese Kersetes en somerpieknieks. En vind uit hoe jy goedkoop vakansie by die huis kan hou, sonder om interessante uitstappies mis te loop.
4 Dec 03.12.2016 21:19
'n Skuldberader gee wenke waarmee ons sonder skuld deur die vakansie kan kom. 'n Selfdoen-ghoeroe praat oor ekonomiese kersgeskenke. En daar is inligting oor wat jy moet weet wanneer jy pakkies per pos aanstuur of ontvang, sodat jy jouself nie 'n klomp onnodige onkoste op die hals hoef te haal, of, heel onskuldig onwettige goedere na 'n familielid oorsee stuur nie.
27 Nov 26.11.2016 23:21
'n Arbeidsregspraktisyn verduidelik wat die nuwe nuwe minimumlone vir huiswerkers behels, wat van 1 Desember van krag is. 'n Finansiële kenner gee raad oor hoe jy jouself geldelik kan beskerm wanneer jy onverwags ernstig siek raak. En 'n luisteraar deel haar vrees oor haar gestremde kleindogter se toekoms.
20 Nov 19.11.2016 23:41
Volgens Statistieke Suid-Afrika het 67 000 mense hulle werk in die tweede kwartaal vanjaar verloor. In die derde kwartaal het dit nie veel beter gegaan nie. Suzaan Steyn kyk na maatreëls wat maatskappye kan volg om hierdie soort afleggings te voorkom. Nuwe wetgewing wat verbruikers beskerm teen “smouse” wat onnodige polisse aan hulle wil verkoop, word bespreek. En 'n finansiële adviseur verduideli...
13 Nov 12.11.2016 24:09
Suzaan Steyn se gaste kyk na hemelhoë mediesefonds-premies en hoekom verbruikers ook skuld het hieraan. 'n Sake-joernalis verduidelik wat Stocktwits is en hoe dit gebruik kan word deur diegene wat aktief is op die aandelemark. En 'n kenner praat oor lewensdekking: wie dit nodig het en waarom.
6 Nov 05.11.2016 23:07
Grondverskuiwings en korttermynversekering: hoe goed is jy gedek as jou huis skielik in 'n sinkgat verdwyn of teen 'n steil helling afgly? 'n Kenner op die gebied van skuldbestuur verduidelik ook hoe nuwe wetgewing jou beskerm as jy skuld het. En daar word gekyk na mediese skemas en die voordele wat dit vir jou inhou.
30 Oct 29.10.2016 19:29
Die politieke klimaat beïnvloed noodwendig die beleggingsoes. 'n Portefeuljebestuurder by 'n bekende finansiële instelling verduidelik hoe dit gebeur, en bied ook moontlike oplossings waarmee beleggers die ergste skommelinge die hoof kan probeer bied. 'n Finansiële beplanner gee ook raad aan jongmense aan die begin van 'n nuwe loopbaan oor hoe hulle vroeg reeds slim te begin belê sodat hulle vroeg...
23 Oct 23.10.2016 23:38
Die toerismebedryf in Suid-Afrika is steeds aan die groei. 'n Kenner verduidelik hoekom dit vir Jan Alleman van belang is en wat die voordele hiervan vir entrepreneurs is. 'n Skuldberader het ook raad om jou teen stygende mediese koste en premies van mediese skemas te beskerm.
16 Oct 15.10.2016 20:31
Egskeidings is baie traumaties. Een van die laaste dinge waaraan mens in so 'n emosionele tyd dink, is korttermynversekering. 'n Kenner verduidelik hoekom dit so belangrik is dat jy nie hiervan vergeet en nie net emosioneel nie, maar ook finansieel skade ly. Met Kersfees en die Desembervakansie om die draai, gee 'n kenner oor skuldbestuur ook spaarwenke en wenke hoe jy skuld voor die feesseisoen k...
9 Oct 2016 08.10.2016 23:23
'n Finansiële raadgewer beantwoord 'n luisteraarsvraag oor begrafnisboekies en begrafnispolisse; En ter afsluiting van die reeks oor die vier pilare waarop die sukses van 'n sake-onderneming berus, kyk entrepreneur Delphine van Wyk na bemarking.
9 Oct 2016 08.10.2016 23:23
'n Finansiële raadgewer beantwoord 'n luisteraarsvraag oor begrafnisboekies en begrafnispolisse; En ter afsluiting van die reeks oor die vier pilare waarop die sukses van 'n sake-onderneming berus, kyk entrepreneur Delphine van Wyk na bemarking.
25 Sep 2016 24.09.2016 21:28
'n Luisteraar en amateurbelegger deel sy beleggingsgeheime en -raad met ons. In ons reeks oor die vier pilare waarop 'n suksesvolle sake-onderneming gebou word, kyk Delphine van Wyk na TYDSBESTEDING. En 'n kenner praat oor veranderinge in die korttermynversekeringsbedryf, en hoe jy 'n betroubare makelaar kies.
18 Sep 2016 17.09.2016 24:42
Delphine van Wyk is 'n entrepreneur wat glo die vier belangrikste pilare om 'n suksesvolle sake-onderneming op te bou, is leierskap, tydsbesteding, bemarking en finansies. In 'n kort reeks hieroor bespreek sy goeie leierskap in jou onderneming. 'n Kenner verduidelik ook wat jy alles moet weet van beleggingsfooie voordat jy jou geld iewers wegsit. En daar is raad oor versekering in geval van 'n ter...
11 Sep 2016 10.09.2016 23:16
Dis finansiëlebeplanningsweek en Suzaan Steyn se gaste kyk na die redes waarom so 'n groot persentasie van welvarende families hulle rykdom in die tweede en derde geslag verloor, en hoe om dit te voorkom. Hulle bespreek ook navorsingresultate oor die welstand van vroue se finansies en hoe dit verbeter kan word. 'n Kundige verduidelik wat die doel van 'n trust is en wanneer dit regtig nodig is om e...
4 Sep 2016 03.09.2016 23:16
Is eiendomsbeleggings 'n goeie idee, veral vir entrepreneurs? En hoe kan jy voorkom dat jou beleggngs uiteindelik te duur raak terwyl jy eintlik baie min daarmee spaar? Kundiges beantwoord hierdie vrae, en 'n kenner van versekering gee ook wenke oor die bewaring van belangrike dokumente ingeval van 'n brand of soortgelyke ramp wat jou huis kan verwoes.
28 Aug 2016 27.08.2016 20:01
Waarvoor is jy verseker, en hoe goed? En is jy seker dat jou versekering sal uitbetaal indien jy hulle nodig het? 'n Luisteraar vertel van sy verlies toe sy viertrekvoertuig vol kos en besittings voor 'n lang reis gesteel is. 'n Versekeringsmakelaar praat ook oor die grootste versekeringsflaters en hoe mens dit kan vermy.
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.