RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
Rand en sent 03.02.2018 23:15
'n Navorser bespreek finansiële geletterdheid wat niks te make het met mense se opvoeding of kwalifikasies nie. Sy sê ook waarom mense skuld maak en hoe ons ons denke hieroor kan verander. En 'n finansiële beplanner gee sy aweregse filosofie oor spaar.
Rand en sent 27.01.2018 25:31
Klimaatsverandering en die stygende koste van elektrisiteit in Suid-Afrika, dwing al hoe meer verbruikers om groener opsies te oorweeg. 'n Kenner van groenenergie verduidelik watter keuses verbruikers het, en wat die koste daarvan is. 'n Prokureur gee 'n opsomming van regspraktyke om duur regsonkostes in 2018 te vermy. En daar is riglyne vir entrepreneurs om vanjaar hulle nis in die mark te vind.
Rand en sent 20.01.2018 25:37
Die digitale rewolusie maak dit al hoe makliker maak om geld uit te gee sonder dat jy werklik besef wat dit behels. 'n Navorser verduidelik hoe dit ons finansies beïnvloed, en hoe ons ons kinders kan leer om dit te hanteer. 'n Beleggingskonsultant bespreek die verskil tussen aktiewe en passiewe beleggings. En 'n skuldkenner het raad hoe jy skuld in 2018 moet aanpak en beperk.
Rand en sent 13.01.2018 25:18
'n Ekonoom en navorser van finansiële welstand verduidelik stap vir stap hoe jy 'n goeie begroting op die maklikste moontlike manier kan opstel. En 'n finansiële kenner het inligting oor die jongste neigings vir spaar en beleggings in 2018.
Rand en sent 06.01.2018 23:39
Gebrekkige bemarking blyk een van die grootste foute te wees wat entrepreneurs in 2017 in hulle ondernemings gemaak het. 'n Prokureur verduidelik hoe om 'n testament op te stel indien jy geld aan jou troeteldiere wil bemaak. En Nuwejaarsvoornemens kan jou 'n onnodige klomp geld uit die sak jaag indien jy dit nie nakom nie.
Rand en sent 30.12.2017 23:48
'n Ekonoom en navorser oor finansiële welstand kyk na die ekonomiese vooruitsigte vir 2018 en interessante navorsing wat gedoen is oor verbruikers se finansiële gewoontes. 'n Skuldkenner gee riglyne vir beter finansiële beplanning in die nuwe jaar, en Ettienne Luddick verduidelik hoe sy seining van geld verander het nadat hy pa geword het.
Rand en sent 23.12.2017 24:36
'n Versekeraar verduidelik wat jy alles moet doen voordat jy in die buiteland reis, sodat jy nie sonder reisversekering siek word, in 'n omgewing beland wat deur 'n natuurramp getref word, óf deur politieke geweld geteister word nie. Daar is ook wenke vir entrepreneurs oor hoe om te alle tye gerief aan klante en kliënte te verseker. En Amore Bekker deel haar filosofie oor geld, en die finansiële l...
Rand en sent 16.12.2017 23:05
Die AA gee wenke om te verseker jou motor in 'n goeie toestand is voor jy met vakansie gaan sodat jy nie net geld nie, maar ook lewens kan spaar. Daar is ook versekeringswenke voordat jy die vakansie 'n boot, karavaan of sleepwa sleep. En 'n koskenner verduidelik hoe jy ekonomies, maar lekker kan eet in die Kersseisoen.
Rand en sent 09.12.2017 21:21
'n Skuldkenner gee wenke oor hoe om meer ekonomies Kersfees te vier. 'n Sakekenner praat oor uitbranding by entrepreneurs, hoekom dit voorkom, die nadele daarvan en hoe dit voorkom kan word.
Rand en sent 02.12.2017 22:36
'n Prokureur kyk na die regsfoute wat verbruikers in 2017 gemaak het, en die onnodige koste hiervan. 'n Skuldkenner het wenke indien jy nie genoeg gespaar het vir die Desember-vakansie nie. Dis ook daardie tyd van die jaar om pakkies en geskenke per pos aan te stuur. 'n Bestuurder by 'n koerierdiens gee inligting en wenke hieroor.
Rand en sent 25.11.2017 23:12
Ná 'n onlangse ondersoek wat wys dat kaartbedrog aan die toeneem is, verduidelik 'n kenner hoe jy jou bankkaarte veilig kan hou. Daar is ook raad vir veilige aanlyn-aankope, en 'n lys van persoonlike sake wat jy in orde moet kry voor die Desembervakansie aanbreek.
Rand en sent 18.11.2017 23:09
Het jy geweet daar is 'n groot verskil tussen hoe mans en vroue hulle geld belê? 'n Beleggingskonsultant bespreek die verskille en die impak daarvan op beleggingsresultate. 'n Prokureur beantwoord 'n luisteraar se vraag oor pensioenuitbetalings aan 'n weduwee indien dit 'n tweede huwelik is. En 'n kundige help ons besluit wanneer dit werklik nodig is om 'n finansiële adviseur te kry en wanneer jy...
Rand en sent 11.11.2017 23:21
'n Beleggingskonsultant verduidelik wat effektetrusts is, en hoe om die regtes vir jóú behoeftes te kies. In die laaste gesprek oor huiskoop, gee 'n eiendomsagent handige wenke oor kontrakte, lenings en al die ander papierwerk. En 'n entrepreneur met 'n liefde vir entrepreneurskap, praat oor sy groot stap vir jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs.
Rand en sent 04.11.2017 21:19
'n Kenner praat oor die vaardighede wat jy jou kinders kan help aanleer om te verseker dat hulle in die toekoms 'n werk kry. In die tweede gesprek oor wat jou te doen staan wanneer jy 'n nuwe huis wil aanskaf, wys 'n eiendomsagent waarna jy moet oplet om te voorkom dat jy vir jouself 'n kat in die sak koop.
Rand en sent 28.10.2017 25:02
'n Kenner verduidelik wat klein en medium sake-ondernemings te doen staan wanneer die ekonomie knyp. 'n Entrepreneur deel sy suksesresep vir moeilike tye. En daar is inligting oor versekering vir kleinsake-ondernemings.
Rand en sent 21.10.2017 23:52
Kenners voorspel 'n vlaag van ID-diefstal nadat miljoene Suid-Afrikaners se ID-nommers en ander persoonlike inligting in die kuberruim uitgelek het. 'n Prokureur verduidelik hoe dit verbruikers raak, en hoe ons kan voorkom dat ons slagoffers van bedrog word. Met die Desembervakansie wat oor net meer as 'n maand begin, het 'n bekende in misdaadvoorkomingskringe ook raad om swendelaars te vermy wann...
Rand en sent 14.10.2017 24:48
'n Versekeraar gee wenke om op jou korttermynversekering te bespaar. 'n Skuldkenner het ook wenke om jou kontantvloei te verbeter, en 'n prokureur praat oor data-integriteit en hoe jy jouself en jou sake-onderneming teen data-boewe moet beskerm.
Rand en sent 07.10.2017 23:19
'n Regspraktisyn verduidelik hoe 'n kontrak behoort te lyk vir paartjies wat in 'n langtermynverhouding is en saam woon, maar nie getroud is nie. 'n Belastingkenner sê wanneer en hoe jy vir belasting behoort te registreer.
Rand en sent 30.09.2017 23:30
'n Skuldberader gee wenke hoe jy ekstra geld kan verdien. 'n Finansiële kenner praat oor die moets en moenies wanneer jy besluit om jou onderneming saam met 'n vennoot te bedryf, en 'n finansiële beplanner gee raad aan afgetredenes hoe om hulle beleggings te versorg in moeilike ekonomiese tye.
Rand en sent 23.09.2017 24:25
'n Regskenner gee inligting oor hoe 'n huwelikskontrak moet lyk, en verduidelik waarom jy een behoort op te stel voor jy trou. En 'n belastingkundige verduidelik wat die belastingimplikasies van 'n egskeiding is.
Rand en sent 16.09.2017 24:02
'n Skuldkenner gee wenke hoe jy kan bespaar op jou kruideniersrekening. 'n Finansiële kenner verduidelik wat die verskil is tussen 'n makelaar, 'n finansiële adviseur en 'n onafhanklike en afhanklike finansiële beplanner. Hy verduidelik ook wat nuwe wetgewing hieroor behels, en hoe dit ons as verbruikers kan beskerm.
Rand en sent 09.09.2017 18:45
Na aanleiding van 'n vorige onderhoud oor stokvel, vertel 'n luisteraar van haar ervaring daarmee. 'n Finansiële beplanningsbestuurder verduidelik watter foute mense maak met hulle beleggings in tye van resessie. Hy gee ook wenke hoe jy jou belegging nou moet bestuur.
Rand en sent 02.09.2017 23:20
'n Kenner beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die pligte van die eksekuteur van 'n boedel. En 'n finansiële beplanner verduidelik aan 'n jong luisteraar wat die beste plek is om 'n kleinerige bedrag geld te belê teen die beste opbrengs.
Rand en sent 26.08.2017 24:34
'n Kenner verduidelik hoe digitale geldeenhede werk, wat Bitcoin is, en hoe verbruikers daarby kan baat. 'n Kundige gee ook wenke aan eienaars van klein-sakeondernemings wat oorweeg om aandele in die besigheid te verkoop.
20 Aug 19.08.2017 24:46
Suzaan Steyn gee wenke om jou kind entrepreneursvaardighede aan te leer, en hoe jy self meer entrepreneuries kan dink. 'n Kundige verduidelik wat die impak van 'n egskeiding is op individue in 'n gesin se geldsake. En is dit wys om jou pensioengeld te gebruik om 'n eie onderneming te begin?
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.