RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
Rand en sent 5 Januarie 2020 04.01.2020 19:08
Olivia Sambo praat met Justin van der Berg van The Hive oor studentebehuising, die slenters wat bedrieërs gebruik om huurders om die bos te lei, en wat die rooi ligte moet laat flikker. Carla Obeholzer van Debtsafe het wenke oor beter finansiële beplanning, en Eric Jordaan van Crue Invest identifiseer uitgawes wat finansiële stres kan veroorsaak, en bied oplossings om die druk te verminder.
Rand en sent 29 Desember 2019 28.12.2019 19:14
Richus Nel van PSG Wealth herinner ons aan die goeie verwikkelinge in die land, en gee raad hoe jy as belegger kan kalm bly te midde van al die negatiewe nuus. En as jy die jaar op 'n hoë noot wil afsluit, gee Carla Oberholzer van Debtsafe en Eric Jordaan van Crue Invest raad oor hoe jy jou skuld kan verminder, sonder om oorweldig te voel.
Rand en sent 22 Desember 2019 21.12.2019 19:53
Walter van der Merwe van die Fedgroup Life praat oor die beste geskenk wat jy aan jouself kan gee vir die res van jou lewe. Carla Oberholzer van Debtsafe herinner ons hoekom ons nie die bure moet beny oor hulle skynbaar wonderlike lewe nie, maar eerder moet fokus op ons eie finansiële situasie. As jy beplan om huis te koop, en jy's onseker of dit 'n goeie belegging sal wees, werp Louis Fourie van...
Rand en sent 15 Desember 2019 14.12.2019 19:35
Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir staatsamptenare praat oor onopgeëiste voordele, en hoe jy kan uitvind of jy vir geld by die fonds in aanmerking kom. En verdrink jy onder jou kredietkaartskuld? Eric Jordaan van Crue Invest gee raad oor kredietkaarte, en hoe om te voorkom dat jy in die talle slaggate van skuld trap.
Rand en sent 07.12.2019 18:12
Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor bedrog, en wat jy kan doen as jy vermoed dat iemand bedrog pleeg. En Carla Oberholzer van Debtsafe gee wenke om die feesseisoen te oorleef, betekenisvolle geskenke te gee, en te bespaar op jou kersinkopies.
Rand en sent 30.11.2019 17:57
Olivia Sambo praat met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor die belangrikheid van jou persoonlike inligting. Sy doen 'n beroep op lede om ten alle tye die regte inligting aan die fonds te stuur, want selfs die kleinste teenstrydigheid in inligting kan jou uitbetaling vertraag. En dan gesels Johan Vorster van PPC Sement oor die belangrikheid van die boustof in die boubed...
Rand en sent 23.11.2019 18:09
Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare vertel van die fonds se begrafnisvoordele. Die voordele verval nooit nie, maar daar is sekere voorwaardes waaraan lede moet voldoen om te kan eis. Sy gee ook wenke hoe jy die uitbetaling vinniger kan laat gebeur. En Richus Nel van PSG Wealth praat oor die veranderinge in die land, en hoekom hy dink dat die president die regte stappe doen...
Rand en sent 16.11.2019 18:48
Olivia Sambo praat met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor normale en vroeë pensioen. Sy verduidelik hoeveel van jou pensioenfonds jy kan verloor as jy met vroeë pensioen gaan, en wat jou opsies is. En Walter van der Merwe van Fedgroup Life praat oor fooie en beleggings, en verduidelik hoe die berekeninge werk.
Rand en sent 09.11.2019 18:33
Olivia Sambo gesels met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir staatsamptenare oor die ontstaan, voordele en die stand van die fonds. Sy verduidelik ook die verantwoordelikhede van lede, en werp lig op die mees algemene redes waarom eise afgekeur word en veroorsaak dat lede langer vir hulle geld moet wag.
Rand en sent 02.11.2019 18:52
West Hendriks van John West Kunsgalery vertel wat dit behels om 'n kunshandelaar te wees, en watter voordele dit vir 'n kunstenaar inhou om 'n ervare handelaar te kry wat hulle werk kan bemark. Hy gee ook raad aan jong kunstenaars wat hulle voete probeer vind in die kunswêreld. En Elsèbe Koorsen van Luxebox praat oor wat haar inspireer, en wat haar kreatiwiteit na vore bring. Sy deel ook haar pass...
Rand en sent 26.10.2019 20:05
Louis Fourie van Okandivi Properties Franchise praat oor sy passie en liefde vir eiendom. Hy gee raad oor hoe jy die beste rentekoers kan kry wanneer jy aansoek doen vir 'n huislening, en hoe jy moet onderhandel om die beste prys te kry as koper en verkoper. En as jy gewonder het of jy jou droomhuis moet bou, of 'n bestaande huis moet koop, het hy ook raad. En Richus Nel van PSG Wealth praat oor d...
Rand en sent 19.10.2019 17:52
Martiens Barnard van Momentum Beleggings vertel of dit wys is om jou geld oorsee te belê. Ian Scott, ook van Momentum Beleggings, gee sy mening oor wat onmiddellik gedoen kan word om Suid-Afrika se ekonomie 'n hupstoot te gee. En die bestuurshoof van AgriSA, Omri van Zyl, praat oor verwikkelinge in die landbousektor en die planne wat die organisaie het.
Rand en sent 12.10.2019 19:46
Olivia Sambo praat met Ian Scott van Momentum Beleggings oor die uitwerking wat politieke uitlatings en negatiewe nuus op beleggings het. Gustav Reinach van Brenthurst Wealth verduidelik hoe rentekoerse jou sak raak. En Martiens Barnard van Momemtum Beleggings gee raad oor hoe om kalm te bly wanneer jy paniekbevange raak, of as die twyfel jou beetpak oor jou beleggings.
Rand en sent 05.10.2019 20:00
West Hendriks van John West Art Galleries deel sy passie oor Suid-Afrikaanse kuns, en hoekom hulle trots Suid-Afrikaans is. Hy vertel hoe hulle daaraan kon slaag om nie net te bestaan nie, maar ook te groei in die afgelope 16 jaar. Hy praat oor die belangrikheid daarvan om netwerke te bou, en vertel watter verskil die regte prys maak as jy 'n skildery as 'n belegging wil koop. Gustav Reinach van B...
Rand en sent 28.09.2019 20:16
Om 'n boer te wees, is in jou bloed. Riaan Agenbag van Agenbag Alltrade Beslote Korporasie maak sy hart oop oor wat dit vir hom beteken om 'n boer te wees, en deel sy passie en liefde vir sy daaglikse werk. En Omri van Zyl van AgriSA praat oor tegnologie, klimaatsverandering en hernieubare energie in die lanbousektor. Hy deel sy mening van hoe die probleme in die bedryf opgelos kan word.
Rand en sent 21.09.2019 19:47
Wat is die slaggate waarop jy moet let wanneer jy eiendom koop? En wat is die koste wanneer jy in eiendom wil belê? Louis Fourie van Okandivi Properties Franchise bantwoord hierdie en ander vrae. En Ian Scott van Momentum praat oor beleggings op die aandelemark, en vertel hoekom hy opgewonde is oor die geleenthede wat daar is.
Rand en sent 14.09.2019 19:20
West Hendriks van Gauteng North Obstacle Race Course vertel hoe jy jou welstand en gesondheid 'n hupstoot gee deur in jou liggaam te belê. En Elsèbe Koorsen van Luxebox praat oor haar passie vir plaaslike produkte. Sy gee ook wenke vir die bemarking van klein ondernemings wat aanlyn meer sigbaar wil wees.
Rand en sent 07.09.2019 19:13
Martiens Barnard, 'n aktuaris by Momentum Beleggings, praat oor die gedragspatrone van beleggers, en hoe jy jou opbrengste uit beleggings kan verbeter deur meer op jou finansiële doelwitte te fokus. En Eugene Antak en Hendri de Klerk van Ultima Finansiële Dienste het raad as die finansiële fonteintjie opgedroog het en jy oorweeg om jou geld uit jou pensioenfonds te onttrek.
Rand en sent 31.08.2019 19:41
Twee kundiges praat oor swart ekonomiese bemagting, en neem jou stap-vir-stap deur die elemente van die wet. Hulle vertel hoe maatskappye voordeel uit die wet kan trek, sonder om 'n sent te spandeer, maar terselfdertyd hulle gradering kan verbeter. En Elsèbè Koorsen van Luxebox vertel hoe dit haar finansieël byna uitgeroei het toe sy haar werk verloor het, omdat haar werkgewer ontdek het dat sy ha...
Rand en sent 24.08.2019 18:59
Die verskillende voordele van die Werkloosheidversekeringsfonds word weer bespreek, asook die rol van die Vergoedingsfonds. En 'n kenner gee raad aan jongmense wat die werksplek vir die eerste keer betree, oor hoe om die oorgang te maak van student af na werker.
Rand en sent 17.08.2019 18:57
Die direkteurgeneraal van die departement van werkverskaffing en arbeid praat oor die funksies wat hulle verrig, en die wetgewing wat daar is om werkers en werkgewers te beskerm.
Rand en sent 10.08.2019 20:41
Olivia Sambo doen 'n samevatting van al die voordele van die Werkloosheidversekeringsfonds met Anta de Korte en Isaac Mogorosi. Hulle gesels weer oor hoe die eise bereken word, en verduidelik wat skeefgeloop het met die opgradering van hulle aanlynstelsel. En Richus Nel van PSG Wealth praat oor die risiko's wanneer jy jou eie besigheid besit, en hoe jy voorsiening kan maak vir onvoorsiene voorvall...
Rand en sent 03.08.2019 18:35
Olivia Sambo doen 'n samevatting van al die voordele van die Werkloosheidversekeringsfonds. Daar word sterk fokus gelê op die verskeie soorte dokumentasie wat nodig is wanneer jy vir die verskillende voordele aansoek doen. Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid deel al hierdie inligting en nog meer.
Rand en sent 27.07.2019 20:08
Die opgegradeerde aanlynstelsel van die Werkloosheidversekeringsfonds het baie gebruikers rooi laat sien, en het tot groot ongerief en frustrasties gelei vir sowel werkgewers as werkers. Anta de Korte van die Departement van Arbeid probeer om 'n oplossing te bied vir die probleme wat mense ondervind met die stelsel. Sy neem jou ook stap-vir-stap deur die aanlynstelsel, en vertel jou wat om te verw...
Rand en sent 20.07.2019 19:55
Olivia Sambo praat met Anta de Korte oor die bedrag wat werkgewers tot die Werkloosheid-versekeringsfonds moet bydra. Sy gee ook raad ook kontrakte, en verduidelik hoeveel jy kan verwag wanneer jy van die fonds eis.
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.