RSG
Rand en sent
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
Rand en sent 20 Desember 2020 20.12.2020 16:38
Olivia Sambo praat met Willie Cloete, ‘n privaatsjef van Pretoria, oor alternatiewe en kreatiewe maniere vir ‘n heerlike en goedkoper kersmaal. Johannes de Villiers, skrywer van twee boeke, gesels oor maniere waarop jy kan uitreik na ander mense tydens die feesseisoen, en hoe jy steeds kan gee, selfs al dink jy daar is niks om te gee nie. Carla Oberholzer van Debtsafe moedig ons aan om onnodige aa...
Rand en sent 13 Desember 2020 13.12.2020 16:36
Olivia Sambo praat met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor die fonds. Sy beantwoord vrae oor die veiligheid van jou geld, watter faktore veroorsaak dat jou aansoek sloer, en wat jy kan doen om die proses seepglad te laat verloop.
Rand en sent 6 Desember 2020 06.12.2020 16:03
Olivia Sambo praat met Sanel Roux van Petalje Blomme in Pretoria oor die uitwerking wat Covid-19 op haar besigheid gehad het, en hoe dit gelei het tot die ontstaan van ‘n aanlynwinkel. Eric Jordaan van Crue Invest in Kaapstad gesels oor skuld en hoe ‘n finansiële plan jou kan help om jou doelwitte te bereik.
Rand en sent 29 November 2020 29.11.2020 16:27
Dawie Roux van Legatus Trust gesels oor trustfondse. Bertie Nel van Momentum Beleggings verduidelik watter uitwerking jurisdiksie en wetgewing van ‘n ander gebied op jou boedel het, as jy bates in die buiteland het.
Rand en sent 22 November 2020 22.11.2020 19:07
Andrè Tuck van 10X Investments verduidelik hoe swaar Jan Taks jou belas as jy jou pensioenuitbetaling in kontant neem. Carla Oberholzer van Debtsafe gee wenke oor Swart Vrydag, en hoe jy geld kan spaar in dié tyd. Richus Nel van PSG Wealth vertel waarom eerlikheid so belangrik is tussen ‘n finansiële adviseur en ‘n kliënt. En Eric Jordaan van Crue Invest gesels oor die persoonlike konneksie wat ad...
Rand en sent 15 November 2020 15.11.2020 17:54
Regine le Roux van Reputation Matters praat oor waardes en jou besigheid. Sy deel ook die lesse wat sy in die 15 jaar wat haar besigheid bestaan, geleer het. Ebeth van Heerden van Schroders Suid Afrika gesels oor die faktore wat gelei het tot die sukses van maatskappye tydens Covid-19, en gee wenke vir kleinsake-ondernemings oor wat hulle kan doen om te groei.
Rand en sent 8 November 2020 08.11.2020 17:42
Hoeveel Suid-Afrikaners is gereed om af te tree? Hoe goed is Suid-Afrikaners wat werk, ingelig oor hulle voorsorg- of pensioenfonds? André Tuck van 10x Investments vertel van die navorsing wat hulle gedoen het oor die spaargewoontes van Suid-Afrikaners, en hoe gereed hulle vir aftrede is. Ebeth van Heerden van Schroders Suid Afrika gesels oor hulle navorsing wat in 32 lande gedoen is om uit te vin...
Rand en sent 1 November 2020 01.11.2020 18:40
Olivia Sambo praat met Leana Burger van Burger Potgieter, en Dawie Roux van Legatus Trust oor boedelbereddering, en hoekom jy die hulp van ‘n finansiële adviseur nodig het wanneer jy jou testament opstel. Ebeth van Heerden van Schroders Suid-Afrika gee advies oor hoe jy die regte finansiële adviseur kan identifiseer.
Rand en sent 25 Oktober 2020 25.10.2020 20:29
Leana Burger van Burger Potgieter, en Dawie Roux van Legatus Trust praat oor testamente, en hoe skuld die bereddering van jou boedel kan vertraag. Hulle verduidelik hoekom ‘n testament so belangrik is, al het jy nie veel bates nie. Daar is wenke oor wat jy kan doen om die proses vinniger te laat geskied deur die regte dokumentasie te voorsien.
Rand en sent 18 Oktober 2020 18.10.2020 20:00
Olivia Sambo praat met dr. Franco van Wyk van Comparisure oor die uitwerking wat die inperking op Suid-Afrikaners gehad het. Prof. Jonathan Jansen van die Universiteit Stellenbosch deel sy mening oor hoe tegnologie aangewend kan word om onderwys meer toeganklik vir alle studente te maak. En Richus Nel van PSG Wealth gesels oor rentekoerse, en die impak wat dit op die verskillende bateklasse het.
Rand en sent 11 Oktober 2020 11.10.2020 19:32
Olivia Sambo praat met Anta de Korte van die Werkloosheidverskeringsfonds oor die gewone voordele waarvoor werkers steeds kan eis. Amelia de Milander van JustMoney gee raad as jy sukkel om jou skuld te betaal. En Richus Nel, 'n finansiële adviseur van PSG Wealth, gesels oor Covid-19 en die uitwerking wat dit op jou beleggings het.
Rand en sent 4 Oktober 2020 04.10.2020 18:30
Danie Hellet van DK Cheapies praat oor die belangrikheid van sy werkers, die stres van inperking en die lewenslesse wat sy pa hom oor besigheid en die lewe geleer het. West Hendriks, kandidaat-eiendomsagent van Emacplan Eiendomme in Pretoria, gesels oor die tendense in die eiendomsmark en die verskil wat professionele foto's maak wanneer jy jou eiendom verkoop. Marli Schnetler van OneDayOnly verte...
Rand en sent 27 September 2020 27.09.2020 19:06
'n Tweedehandse motorhandelaar deel wenke oor kar koop, en waarsku oor slenters wat tydens Covid-19 kop uitgesteek het. Hy gee raad oor hoe om 'n eerlike motorhandelaar te identifiseer, en hoekom jy nooit 'n deposito moet betaal as jy onseker voel wanneer jy 'n voertuig koop nie.
Rand en sent 20 September 2020 20.09.2020 18:56
Olivia Sambo praat met Ebeth van Heerden, hoof van kleinhandelbesigheid by Schroders Suid Afrika, oor die emosie van geld, jou identiteit in terme van geld en wat finansiële onafhanklikheid beteken. Richus Nel van PSG Wealth gesels oor hoe werksplekke verander het, en hoe dit daartoe gelei het dat bestuur meer buigbaar is.
Rand en sent 13 September 2020 13.09.2020 19:47
Olivia Sambo praat met West Hendriks van Emacplan Eiendomme in Pretoria oor die hoë vereistes waaraan eiendomsagente moet voldoen, en wat die opleiding behels. Ebeth van Heerden, die hoof van kleinhandel by Schroders Suid-Afrika, gesels oor vroue en finansies, en hoekom vroue moet begin om hulle persoonlike welvaart te bou. Sy sê ook die persepsies oor vroue en geld moet verander.
Rand en sent 6 September 2020 06.09.2020 20:14
Olivia Sambo praat met Chris Weyer, die hoof van Momentum Trust, oor testamente en hoekom dit so belangrik is om jou finansiële plan aan te pas soos jou omstandighede verander. Prof. Jonathan Jansen van die Universiteit Stellenbosch gesels oor die koste van hoër onderwys en die verskillende beurse wat beskikbaar is. En Johan Kritzinger van Energy Partners praat oor die gebruik van stoom in die ver...
Rand en sent 30 Augustus 2020 30.08.2020 19:32
Olivia Sambo praat met West Hendriks, 'n kandidaatagent by Emacplan Eiendomme, oor die verskillende aspekte van eiendomme. Hy vertel wat dit behels om ‘n goeie eiendomsagent te wees, hoe die prys van eiendom bepaal word, en hoekom dit raadsaam is om eers advies van jou agent te kry voordat jy jou eiendom begin opknap wanneer jy verkoop. Richus Nel, 'n finansiële adviseur by PSG Wealth, gesels oor...
Rand en sent 23 Augustus 2020 23.08.2020 19:33
Prof. Jonathan Jansen van die Universiteit van Stellenbosch vertel hoe studente hulle voet in die deur kan kry by enige maatskappy en in enige bedryf. Madelein Hendricks van HR Company Solutions gee wenke aan mense wat werk soek, maar beperkte toegang tot die internet het. Willie Cloete, 'n privaatsjef van Pretoria, praat oor die belangrikheid daarvan om jou eie geleenthede te soek en te skep, en...
Rand en sent 16 Augustus 2020 16.08.2020 20:01
Ilse-Marie Iding van Pretoria vertel van haar troue wat tydens grendeltyd plaasgevind het. Sy gee wenke aan voornemende bruide, gesels oor die besparing wat hulle kon maak weens die kleiner gastelys en die ander koste wat verminder het weens grendeltyd. Richus Nel van PSG Wealth werp lig op die belangrikheid van 'n finansiële adviseur en die beginsels waarop goeie finansiële beplanning rus. En Wil...
Rand en sent 9 Augustus 2020 09.08.2020 18:15
Madelein Hendricks van HR Company Solutions praat oor die veranderinge wat Covid-19 teweeg gebring het in die werwingsbedryf, en hoe Suid Afrikaase maatskappye sukkel om aan te pas in 'n wêreld waar werkers van die huis af werk. Die skrywer van die boek Blydskap, Johannes de Villiers, gee wenke oor hoe jy jou denke kan verander en jou vaardighede kan gebruik om 'n inkomste te verdien.
Rand en sent 2 Augustus 2020 01.08.2020 18:54
Elizabeth Petersen van Libby's Pride Wyne gesels oor die pyn, frustrasie en verlies aan inkomste wat die verbod op die verkoop van alkohol veroorsaak. Rico Basson van Vinpro praat oor die skade wat die verbod aan die wynbedryf veroorsaak. Walter van der Merwe van die Fedgroup Life vertel hoekom dit so belangrik is om jou kliënte altyd te sien as meer as net 'n leêr of 'n nommer.
Rand en sent 26 Julie 2020 25.07.2020 19:41
Ian Scott van Momentum Beleggings gesels oor die lae repokoers, en die verband tussen die repokoers en die rente wat ons betaal wanneer ons skuld aangaan. Allan Hannie van Cliffe Decker Hofmeyr vertel wat besighede in Suid-Afrika strem. En Regine le Roux van Reputation Matters herinner daaraan dat jy nie moet wag totdat jou maatskappy in 'n krisis beland, voordat jy reageer nie. Sy gee wenke oor w...
Rand en sent 19 Julie 2020 19.07.2020 19:19
Franzo Friedrich, die hoof van bemarking by Momentum Beleggings, gee wenke oor hoe jy kan spaar, nog voordat jy geld weggesit het. Jeanette Marais, ook van Momentum Beleggings, verduidelik wat 'n effektetrust is, en hoekom dit as een van die beste finansiële produkte beskou word. Walter van der Merwe van Fedgroup Life vertel hoe die voorbeeld van sy pa sy finansiële besluite beïnvloed het. En Mari...
Rand en sent 12 Julie 2020 11.07.2020 19:53
Richus Nel van PSG Wealth moedig verbruikers aan om hulle beplanning vir aftrede te hersien en aan te pas, sodat jy genoeg dekking het wanneer jy aftree. Marise Smit van Brenthurst Wealth gesels oor die veranderinge in die bedryf wat daar gestel is om polishouers te beskerm en in te lig oor die waardes van hulle neseier. En Carla Oberholzer van Debtsafe deel die uitslag van die opnames wat hulle g...
Rand en sent 5 Julie 2020 05.07.2020 19:10
Carla Oberholzer van Debtsafe moedig jou aan om jou denke te vernuwe, sodat jy kan oorleef in onsekere tye. Sy het ook wenke oor hoe jy jou skuld kan aanpak. Walter van der Merwe van Fedgroup Life gesels oor die impak wat Covid-19 op voorsorgfondse het, en veruidelik hoe jy kan bereken hoeveel jy nodig sal hê om 'n gerieflike oudag te hê. Marise Smit van Brenthurst Wealth vertel hoekom dit raadsaa...
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.