RSG

Monitor

News AF ↓ 4411 epizód

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

News

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 30.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Monitor 12 November 2020 - Deel 1 12.11.2020

President Cyril Ramaphosa waarsku dat die COVID-19-pandemie nog lank nie verby is nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê nog inhegtenisnemings kan verwag word in die asbestender-hofsaak. Ons praat met 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike oor wat die wêreld se wetenskaplikes van Joe Biden se administrasie verwag.

Monitor 11 November 2020 - Deel 2 11.11.2020

Ons praat met 'n ekonoom oor finansiële markte se reaksie op die moontlike entstof-deurbraak wat Corona kan stuit. Wees versigtig vir skelms wat die huidige omstandighede tot hul eie voordeel manipuleer.

Monitor 11 November 2020 - Deel 1 11.11.2020

Die sekretaris-generaal van die ANC reageer op berigte oor 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming. Suid-Afrika spog met 'n deurbraak in die stryd om MIV-infeksies by vroue te voorkom. 'n Karoo-boer vertel van sy stryd teen die droogte.

Monitor 10 November 2020 - Deel 2 10.11.2020

Rebelle in die noorde van Ethiopië se Tigray-streek vra dat die Afrika Unië moet bemiddel om 'n moontlike burgeroorlog te verhoed. Tussenvierkiesings word môre landwyd gehou. Ons praat met die Verkiesingskommissie oor hoe die proses sal werk. Latyns-Amerika sien uit na 'n beter verhouding met die Withuis. Ons fokus op die Covid-19-pandemie se impak op die wynbedryf.

Monitor 10 November 2020 - Deel 1 10.11.2020

Die Oudtshoorn Munisipale Raad het besluit om vlak 4 waterbeperkings effens te verslap. 'n Entstof van Pfizer en BioNTech is 90% doeltreffend in die voorkoming van Covid-19-infeksie in fase 3 proewe. Pastoor Timothy Omotoso sal vandag hoor of regter Phillip Zilwa in die Port Elizabethse Hooggeregshof verlof tot appèl sal toestaan, nadat hy verlede week borgtog geweier het. Solidariteit beplan 'n d...

Monitor 9 November 2020 - Deel 2 09.11.2020

Ons fokus op die Amerikaanse verkiesing. En, Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.

Monitor 9 November 2020 - Deel 1 09.11.2020

Terwyl president Trump beweer dat die verkiesing van hom gesteel is, wil die nuutverkose president versoen. broodnodige hulp aan boere in die Sentraal Karoo.

Monitor 6 November 2020 - Deel 2 06.11.2020

Ons ontleed die jongste uitslae van die Amerikaanse verkiesing. Pres. Donald Trump het sy prokureurs opdrag gegee om regstappe te doen teen drie Amerikaanse deelstate. Ons praat hieroor met prof. Llewelyn Curlewis van die Universiteit van Pretoria. 'n TV-reeks oor skaak het die hele wêreld op hol. Leon van Nierop verduidelik in sy weeklikse fliekrubriek hoekom.

Monitor 6 November 2020 - Deel 1 06.11.2020

Opposisiepartye in die JB Marks munisipaliteit vra dat die burgemeester moet bedank. Die nuwe burgemeester van Tshwane, Randall Williams, sê die metro sal gou weer fokus op sy kernbesigheid. Daar is groot kommer oor die skerp styging in Covid-19-infeksies in die Nelson Mandela Baai Metro.

Monitor 5 November 2020 - Deel 2 05.11.2020

Ons fokus op die Amerikaanse verkiesing. En, die VSA het amptelik die Parys-klimaatooreenkoms verlaat.

Monitor 5 November 2020 - Deel 1 05.11.2020

Die omstrede voormalige voorsitter van die SAL-direksie, Dudu Myeni, weier om vrae oor die lugdiens te beantwoord by die Staatskapingskommissie. Verskeie verdagtes word landwyd aangekeer in verband met bedrog by voertuig-toetsstasies.

Monitor 4 November 2020 - Deel 2 04.11.2020

Suid-Afrikaamse politieke partye het gemengde gevoelens oor die Amerikaanse presidentsverkiesing. Duisende werknemers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens wag nog vir hulle skeidingspakkette.

Monitor 4 November 2020 - Deel 1 04.11.2020

Die Stad Kaapstad het 'n noodlyn begin waar enige persoon voorvalle van afdreiging kan aanmeld. Verskeie organisasies span saam om die beskerming van troeteldiere deel van die wysigingswetsontwerp oor gesinsgeweld te maak.

Monitor 3 November 2020 - Deel 2 03.11.2020

Amerikaners stem vandag - ons praat breedvoerig hieroor met twee politieke ontleders. Dodelike aanvalle in Wene, Oostenryk. En die jongste van die Zondo-kommissie.

Monitor 3 November 2020 - Deel 1 03.11.2020

Kaapstad maak 'n plan met slaggate. 'n Hof beslis dit is ongrondwetlik dat staatsorgane vooraf diskwalifikasie-kriteria by tenders in openbare verkryging toepas.

Monitor 2 November 2020 - Deel 2 02.11.2020

Spanning is aan die oplaai op die vooraand van Amerika se presidentsverkiesing. Die Franse president Emmanuel Macron verdedig sy landgenote se reg om met vryheid te kan dink, skryf en teken. Die James Bond-akteur, Sean Connery, sterf op 90-jarige ouderdom.

Monitor 2 November 2020 - Deel 1 02.11.2020

John Steenhuisen van die DA word met 'n oorweldigende meerderheid as die party se nuwe leier verkies, maar hy het lof vir sy opponent Mbali Ntuli. Kaapstad vra inwoners om betrokke te raak by 'n buitengewone opruimingsveldtog op strande in die provinsie.

Monitor 30 Oktober 2020 - Deel 2 30.10.2020

Ontleders is bekommerd dat die besluit om nóg geld aan SAL te gee deur die kabinet geneem is en nié deur die Minister van Finansies nie. Minstens 240 Suid-Afrikaners kry daagliks 'n beroerte. Wat kan jy doen om jouself veilig te hou? Verskeie Midde-Oosterse lande staan op teen Frankryk ná die onlangse spotprentdebakel in die land.

Monitor 30 Oktober 2020 - Deel 1 30.10.2020

Die EFF-leier se aanrandingsaak is tot volgende jaar uitgestel. Strenger kwotas is ingestel vir die kreefseisoen. Ons kry die jongste oor die omvang van die brandskade in dele van die Vrystaat. Onpadwaardige voertuie is volop in Afrika, maar hulle word in hierdie toestand aan mense verkoop?

Monitor 29 Oktober 2020 - Deel 2 29.10.2020

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, word gekritiseer oor nog 'n finansiële reddingsboei vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Deur Suid-Afrikaanse produkte te koop, kan werksgeleenthede beskerm word. Yoshi die seeskilpad stuur sy laaste seine.

Monitor 29 Oktober 2020 - Deel 1 29.10.2020

Dooie mense en staatsamptenare tel onder diegene wat voordeel getrek het uit die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19 tydelike werknemersverligtingskema. Die aanrandingsaak teen die leier van die EFF, Julius Malema, en EFF-parlementslid Mbuyiseni Ndlozi word vandag voortgesit. Opposisiepartye reageer op die mediumtermynbegroting.

Monitor 28 Oktober 2020 - Deel 2 28.10.2020

Wat kan ons verwag van die mediumtermyn-begrotingsrede? Agri SA sê die Landbank het dringend regeringshulp nodig. Kiesers in Tanzanië trek vandag hulle kruisies in dié land se presidents- en wetgewerverkiesing.

Monitor 28 Oktober 2020 - Deel 1 28.10.2020

Die Tshwane-metro sal teen volgende week weer 'n burgemeester hê. Ekonome gee hulle verwagtinge vir vandag se mediumtermyn-begrotingsrede. Die seinverspreider, Sentech, vra die regering en die Tesourie om die SAUK te help met sy finansiële verpligtinge. Blinde en swaksiende Suid-Afrikaners kan nou gratis toegang tot die grootste aanlynbiblioteek ter wêreld vir blindes kry.

Monitor 27 Oktober 2020 - Deel 2 27.10.2020

Ons praat oor identiteit en of die regering met betrekking tot beleid soos regstellende aksie, rasseklassifikasie kan afdwing. Vandag is Wêreld Oudiovisuele Erfenisdag.

Monitor 27 Oktober 2020 - Deel 1 27.10.2020

Nuwe inligting word bekendgemaak ná die inhegtenisneming van vyf verdagtes in verband met die moord op die Bafana-kaptein, Senzo Meyiwa. Daar is groot entoesiasme onder Amerikaners om aan die verkiesing deel te neem wat hulle dalk as die belangrikste ooit in hulle lewe beskou.

Hallgasd a(z) Monitor podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.