RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 epizód

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Szerző

RSG

Kategória

News

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. júl. 10.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Monitor 25 Maart 2022 - Deel 1 25.03.2022

Die Reserwebank verhoog die repokoers met 25 basispunte vir 'n derde keer in vier maande. Die Wêreldbank verkoop die eerste natuurlewebewaringseffekte ter waarde van sowat R2,2-miljard rand.

Monitor 24 Maart 2022 - Deel 2 24.03.2022

Amerika beplan nog sanksies teen Rusland. Britse, EU en Amerikaanse amptenare sukkel om op Russiese oligarge se seiljagte beslag te lê. 'n Afrikaanse fliek oor fopdossery maak sy debuut by die Silwerskermfees.

Monitor 24 Maart 2022 - Deel 1 24.03.2022

Rompslomp en verouderde wetgewing verhinder werkskepping en ekonomiese selfstandigheid in townships. Bek-en-klouseer versprei na nog twee gebiede in KwaZulu-Natal. Duisende Suid-Afrikaners sterf jaarliks aan tuberkulose.

Monitor 23 Maart 2022 - Deel 2 23.03.2022

'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler praat oor sy Russiese ervaring. Die tiende Silwerskermfees begin vandag.

Monitor 23 Maart 2022 - Deel 1 23.03.2022

Covid-19-inperkingsmaatreëls word aangepas. Bek-en-klouseer kom die rooivleisbedryf duur te staan.

Monitor 22 Maart 2022 - Deel 2 22.03.2022

Meer mense soek hulp met hulle geestesgesondheidtoestand. Skoner lug vir Gauteng en Mpumalanga - 'n hofuitspraak dwing die regering om nou op te tree vir jou gesondheid. Die James Webb-teleskoop stuur helder foto’s terug van 'n dowwe ster wat die menslike oog skaars kan sien. 'n Nederlandse omroeper vertel watter bydrae wat sy land lewer om Oekraïners se lot te probeer versag. En, Esté de Klerk be...

Monitor 22 Maart 2022 - Deel 1 22.03.2022

Ons gooi 'n wye oog oor landbou, met nuus wat wissel van 'n nuwe oesnavorsingsplatform tot veediefstal. Die belangrikheid van grondwater word beklemtoon op Wêreld Waterdag. Die ANC roep Thabo Mbeki se hulp in om strydende groepe te paai. Ons bespreek planne om Suid-Afrika se COVID-noodmaatreëls te vervang met nuwe regulasies.

Monitor 21 Maart 2022 - Deel 2 21.03.2022

Leefstyl oudits sal voortaan verpligtend wees vir alle nasionale en provinsiale departemente. Die Proteas stof Bangladesj maklik af, terwyl al die Suid-Afrikaanse rugbyspanne in die VRK-toernooi hulle wedstryde wen.

Monitor 21 Maart 2022 - Deel 1 21.03.2022

Hoeveel is daar te vier op Menseregtedag? Kuberkrakers eis miljoene rand in ruil vir Suid-Afrikaners se inligting. 'n Oekraïner vertel hoe hulle mense land uit help.

Monitor 18 Maart 2022 - Deel 2 18.03.2022

Verbruikersvertroue daal. Laat slapeloosheid jou snags rondrol? 'n Kenner gee raad. Dr. Willem Botha van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal praat oor galopsop.

Monitor 18 Maart 2022 - Deel 1 18.03.2022

Amptenare van die Renosterberg-munisipaliteit ontvang twee maande se agterstallige salarisse. Kinderwelsyn SA in die Oos-Kaap sê staatsbefondsing aan nieregeringsorganisasies wat maatskaplike dienste verskaf, word ingekort. Klein- en mediumskaal pluimveeboere in Johannesburg kry 'n welkome hupstoot.

Monitor 17 Maart 2022 - Deel 2 17.03.2022

Ons praat met 'n Oekraïnse politieke en militêre ontleder oor die oorlog. Die Cheetahs is steeds onoorwonne.

Monitor 17 Maart 2022 - Deel 1 17.03.2022

Die VN-veiligheidsraad hou ‘n noodsitting oor die situasie in Oekraïne, terwyl die druk op Rusland toeneem. Kleinhandelverkope styg, maar wat hou 'n verwagte brandstofprys van R24 per liter vir die ekonomie in?

Monitor 16 Maart 2022 - Deel 2 16.03.2022

Baie Suid-Afrikaners sê Sensus 2022 ignoreer hulle. Die Burgerlugvaartowerheid sê hy werk saam met Comair om die redery so gou moontlik weer in die lug te kry.

Monitor 16 Maart 2022 - Deel 1 16.03.2022

Die verlenging van die ramptoestand word wyd gekritiseer. Die DA sê die Suid-Afrikaanse regering het die verkeerde kant in die konflik tussen Rusland en Oekraӗne gekies. Ons praat oor Suid-Afrika se superrykes wat minder word.

Monitor 15 Maart 2022 - Deel 2 15.03.2022

Wie is president Wladimir Poetin se binnekring? Sikloon Gombe los 'n spoor van verwoesting in Mosambiek.

Monitor 15 Maart 2022 - Deel 1 15.03.2022

Kommer oor springkaanplae in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes. Kenners verskil oor of president Wladimir Poetin kernwapens sal gebruik.

Monitor 14 Maart 2022 - Deel 2 14.03.2022

Die Wes-Kaap en Kalifornië sluit 'n landbou-ooreenkoms. Wetenskaplikes is opgewonde oor die onlangse ontdekking van sir Ernest Shackleton se legendariese ysbrekerskip, The Endurance, in Antarktika.

Monitor 14 Maart 2022 - Deel 1 14.03.2022

Die nasionale coronavirusbevelsraad vergader vandag om die moontlike opheffing van die nasionale ramptoestand te bespreek. Comair se vlerke word weens veiligheidsoorwegings vir 'n onbepaalde tyd geknip. Ons praat oor die gevare van te veel sout in kos.

Monitor 11 Maart 2022 - Deel 2 11.03.2022

Kan Suid-Afrikaners ESKOM hof toe sleep oor langer as geskeduleerde beurtkrag? Verskeie Europese rugbyspanne is die naweek plaaslik in aksie.

Monitor 11 Maart 2022 - Deel 1 11.03.2022

Talle opposisiepartye verwelkom regter Raymond Zondo se aanstelling as hoofregter. Die oorlog in Oekraïne het 'n groot impak op Suid-Afrika se sagtevrugte-uitvoere.

Monitor 10 Maart 2022 - Deel 1 10.03.2022

Die Nasionale Vervolgingsgesag eis tronkstraf vir die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, nadat sy aan meineed skuldig bevind is. Eskom gebruik sowat nege miljoen liter diesel per dag om krag op te wek. Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne benadeel Suid-Afrika se landbou-uitvoere.

Monitor 10 Maart 2022 - Deel 2 10.03.2022

Eskom gebruik sowat nege miljoen liter diesel per dag om krag op te wek. Sommige ANC-politici het hulle reeds ten gunste van 'n tweede termyn vir Cyril Ramaphosa uitgespreek. Rusland se Minister van Buitelandse Sake is in Turkye vir samesprekings oor die oorlog in Oekraïne.

Monitor 9 Maart 2022 - Deel 2 09.03.2022

Suid-Afrika se ekonomie het verlede jaar met bykans 5% gegroei. Ons praat met 'n onderwyskenner en 'n sielkundige oor die impak van te veel huiswerk op kinders. 'n nuwe aanlyn Afrikaanse naslaangids vir laerskoolleerlinge is bekendgestel.

Monitor 9 Maart 2022 - Deel 1 09.03.2022

'n Kenner sê sportbeleid moet dringend verander word om geslagsgelykheid te bevorder. Gemeenskapskolleges kry 'n groot finansiële inspuiting. 'n Hofsaak oor die toekenning van munisipale setels in Noordwes.

Hallgasd a(z) Monitor podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.