RSG

Monitor

News AF ↓ 4397 epizód

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

News

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 12.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Monitor: Sowat 15 000 Malawiese burgers wag op repatriasie 29.06.2026

29 Junie 2026: Die Departement van Binnelandse Sake en die Grensbestuurowerheid verwerk sowat 15 000 Malawiese burgers se repatriasie. Ernstige bewerings van korrupsie, finansiële wanbestuur en bedrog by openbare skole in Gauteng. Israel en Libanon sluit 'n ooreenkoms om wedersydse aanvalle te staak.

Monitor: Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat 26.06.2026

26 Junie 2026: Ons praat met 'n regskenner oor Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat. Die Amerikaanse ambassadeur se kritiek op Suid-Afrika se bande met Iran en China ontlok wye reaksie. Presies vier jaar ná die Enyobeni-tragedie, vra organisasies dat Suid-Afrika dringend na sy beleid oor alkoholgebruik moet kyk.

Monitor: Bafana Bafana deur na uitklopronde in Sokkerwêreldbeker 25.06.2026

25 Junie 2026: Bafana Bafana klop Suid-Korea 1 – 0, en pak Kanada Sondag in hulle eerste uitklopwedstryd in die FIFA Sokkerwêreldbeker. March and March en 26 burgerregtegroepe gee die versekering dat daar géén geweld sal wees op 30 Junie nie. Die ANC trek sy aansoek terug om deel te wees van die Phala Phala-hofsaak.

Monitor: Polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens teen-immigrasiebetogings 24.06.2026

24 Junie 2026: Die polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens Dinsdag se beplande teen-immigrasiebetogings. Ons praat met Jacinta Ngobese-Zuma van die teen-immigrasiebeweging, March and March, oor volgende week se verwagte betogings. Ons praat met 'n regsgeleerde oor die polisie se verbod op wapens by die betogings.

Monitor: 80% van nuwe geregistreerde kiesers is jonger as 30 23.06.2026

23 Junie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader môre om sy werksaamhede voort te sit. te midde van 'n poging deur president Cyril Ramaphosa om die komitee te stop. Die Ngwathe-munisipaliteit, wat Parys, Vredefort, Koppies, Edenville en Heilbron insluit, is dalk binnekort onder administrasie. 80% van die 477 000 nuwe kiesers wat die afgelope naweek geregistreer is, is jonger as 30.

Monitor: Sommige boere bevraagteken John Steenhuisen se beplande skuif 22.06.2026

22 Junie 2026: Politici betreur die moord op 'n DA-kandidaat in Kaapstad én 'n ANC-raadslid in Nelson Mandelaaai. Vyfduisend ongedokumenteerde Malawiërs word deur Beitbrug gerepatrieer. Sommige boere bevraagteken waarom die DA die Minister van Landbou, John Steenhuisen, uit sy pos wil skuif.

Monitor: Meer as helfte van polisiestasies beantwoord nie oproepe nie 19.06.2026

19 Junie 2026: 'n Landwye oudit bevind dat meer as die helfte van polisiestasies nie oproepe beantwoord nie. Ons praat met Helen Zille oor haar omstrede besoek aan March and March. Ons ontmoet BOSA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.

Monitor: Reaksie op die DA se minister-skommelinge 18.06.2026

18 Junie 2026: Reaksie op die DA se minister-skommelinge. Nóg 'n reddingsboei om die suikerreus Tongaat Hulett te red. Meer besonderhede oor Amerika en Iran se vredesooreenkoms.

Monitor: Is Rampahosa besig met Stalingrad-taktiek oor Phala Phala? 17.06.2026

17 Junie 2026: Advokaat Thuli Madonsela praat oor studenteskuld en gelyke toegang tot onderrig, terwyl 9.5 miljoen jeugdigdes sonder werk of onderrig sit. Is president Rampahosa besig met sy eie Stalingrad-taktiek oor Phala Phala? Kan 'n ouderdomsbeperking op die gebruik van sosiale media werk? Die eerste Springbokspan van die jaar word bekendgemaak.

Monitor: Vyf dekades ná 1976 staan jong Suid-Afrikaners steeds voor talle uitdagings 16.06.2026

16 Junie 2026: Vyf dekades ná die opofferings van slagoffers van die 1976 Soweto-betogings, staan jong Suid-Afrikaners vandag steeds voor talle uitdagings. Die jongste misdaadstatistiek van die Noord-Kaap dui daarop dat die stryd teen georganiseerde misdaad vrugte afwerp. Sowat 70 000 toelaes word tydelik opgeskort weens nie-nakoming en onvoldoende verfikasieprosesse by SASSA.

Monitor: Is vredesooreenkoms tussen VSA en Iran volhoubaar? 15.06.2026

15 Junie 2026: Is die ooreenkoms tussen die VSA en Iran volhoubaar? 'n Beoogde wet poog om die polisiediens meer professioneel te maak. Nóg twee kandidate tree toe tot die die stryd om die burgemeesterskap van Kaapstad.

Monitor: OUTA vra Eskom om deelnameproses te verleng oor Jhb-skuld 12.06.2026

12 Junie 2026: OUTA vra Eskom om sy openbare deelnameproses te verleng, oor sy voorneme om kragtoevoer aan Johannesburg te onderbreek. Dringende ingryping word geëis om die land se staalbedryf te red. Moedelose inwoners van Atlantis wil voor die wonings van vermeende bendeleiers betoog om bendegeweld te stop.

Monitor: Menseregtekommissie sê Makana-plaaslike owerheid in Makhanda moet ontbind 11.06.2026

11 Junie 2026: Die Menseregtekommissie beveel aan dat die Makana-plaaslike owerheid in Makhanda ontbind, omdat hulle nie die behoeftes van die kiesers dien nie. Sowat 80% van selfdoodgevalle in Suid-Afrika is mans. Sommige lede van die parlement se Polisiekomitee sê daar is 'n toesmeerdery van die diefstal op president Cyril Ramaphosa se Phala-Phala-plaas.

Monitor: ‘ANC-studiegroepe in die parlement is problematies’ 10.06.2026

10 Junie 2026: Die Staatsdienskommissie sê die ANC se studiegroepe in die parlement is problematies. Ons praat met werkgewers oor die regering se plan om maatskappye oor ongedokumenteerde buitelandse werkers vas te vat. Nuwe navorsing toon dat 77% van diabete ook aan angs en depressie ly.

Monitor: Kommerwekkende vlakke van drankmisbruik onder meisies en jong vroue 09.06.2026

9 Junie 2026: Politieke partye reageer uiteenlopend op president Cyril Ramaphosa se plan met ongedokumenteerde buitelanders. Die Maquassi Hills-munisipaliteit reageer op skerp vrae van die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys drankmisbruik neem toe onder meisies en jong vroue.

Monitor: Ons ontleed die president se plan vir xenofobie 08.06.2026

8 Junie 2026: Ons ontleed die president se plan oor die xenofobiese drukpot. Kommer oor die groot getal polisiewapens wat in misdadigers se hande beland. Fitch het Suid-Afrika opgradeer - 'n ekonoom verduidelik watter voordele dit vir die land inhou.

Monitor: Inwoners langs Krommerivier moet ontruim 05.06.2026

5 Junie 2026: Inwoners langs die Krommerivier in die Oos-Kaap versoek om dringend hulle huise te ontruim. ‘n Nie-regeringsorganisasie wil R279 miljoen se Suid-Afrikaanse wapenuitvoere na Amerika keer. ‘n Kenner waarsku teen 'n nuwe sosiale media-tendens wat gevaarlike gevolge kan inhou.

Monitor: Uitleweringsprosedures begin vir Mosambieke verdagtes in die moord op egpaar in Krugerwildtuin 04.06.2026

4 Junie 2026: Samewerking tussen Suid-Afrika en Mosambiek was die sleutel tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die moord op 'n egpaar in die Krugerwildtuin. Uitleweringsprosedures begin nou sodat hulle hier tereg kan staan. Johannesburg se finansies word as 'n 'gruwelvertoning' beskryf. Ons hoor wat die jongste in die Kougastreek is waar sekere inwoners gevra is om te ontrium weens oors...

Monitor: Polisiekommisaris in Mosselbaai ná xenofobiese geweld 03.06.2026

3 Junie 2026: Die waarnemende nasionale polisiekommisaris lê vanoggend besoek in Mosselbaai af ná die naweek se xenofobiese geweld. Gauteng se Departement van Maatskaplike Dienste gaan befondsing aan nie-regeringsorganisasies staak, wat buitelandse burgers as maatskaplike werkers in diens neem. Die Wes-Kaap maak gereed vir nog 'n rondte stormweer.

Monitor: Nóg gure weer op pad 02.06.2026

2 Junie 2026: Nóg gure weer op pad na die Oos- en Wes-Kaap. Die afleggingskomitee wat moet bepaal of president Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word, bereik 'n eerste mylpaal. Gemeenskappe word aangemoedig om die stilte oor kindermishandeling en -verwaarlosing te verbreek.

Monitor: Politieke partye wil immigrasiestelsel hersien 01.06.2026

1 Junie 2026: Politieke partye in die parlement sê Suid-Afrika se immigrasiestelsel moet hersien word. 'n Raad van Linksgesinde Bewegings is amptelik gestig. Kiesers in Ethiopië trek hulle kruises te midde van voortslepende konflik.

Monitor: Reserwebank verhoog rentekoerse vir eerste keer in drie jaar 29.05.2026

29 Mei 2026: Die repokoers styg vir die eerste keer in drie jaar. Geweldsmisdaad neem af in die Wes-Kaap. 'n Mosie is ingedien vir die aanstelling van 'n onafhanklike paneel om die Nelson Mandelabaai-metro se voortslepende waterkrisis te ondersoek.

Monitor: Johannesburgers gaan hoes vir dienste 28.05.2026

28 Mei 2026: Skerp tariefstygings vir inwoners van Johannesburg. Die polisie in Kimberley stop klopjagte op sakeondernemings van buitelanders. 'n Seniorbevelvoerder van Oekraïne se verdedigingsmag sê Rusland is uitgeput - ons praat met 'n militêre kenner.

Monitor: ESKOM en Johannesburg bereik ooreenkoms oor skuld 27.05.2026

27 Mei 2026: Sommige politieke partye beskryf president Ramaphosa se hersieningsaansoek as vertragingstaktiek. Bykans 40% van die bevolking ontvang maatskaplike toelaes. ESKOM en Johannesburg bereik 'n ooreenkoms.

Monitor: Betogers plunder buitelanders se winkels in Bloemfontein 26.05.2026

26 Mei 2026: Honderde betogers plunder buitelanders se winkels in Rocklands buite Bloemfontein. 'n Oorwinning vir boere in die bek-en-klouseer-sage. Statistiek wys korrupsie in Suid-Afrika vier steeds hoogty.

Hallgasd a(z) Monitor podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.