RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
29 Jun 2014 28.06.2014 24:14
'n Jongman in 'n rolstoel vertel sy inspirende verhaal van positiwiteit en ondersteuning.
22 Jun 2014 22.06.2014 23:14
Leefwêreld van die gestremde 22 Junie
22 Jun 2014 21.06.2014 23:14
Jacqui January en Fanie du Toit kyk na riglyne wat verseker dat kinders en jongmense met gestremdhede op 'n gelyke basis kan kompeteer.
18 May 2014 17.05.2014 22:47
Buitengewone skole vir kinders met gestremdhede se praktiese aanpassings en fokusareas is anders as hoofstroomskole s'n. Fanie du Toit en Jacqui January vind meer uit hieroor.
11 May 2014 10.05.2014 26:06
Die oudwordproses bring uitdagings en soms liggaamlike en geestelike gestremdhede. Hoe kan jy jouself en jou geliefdes ondersteun en die lewe geniet? Jacqui January en Fanie du Toit het gaan uitvind.
4 May 2014 04.05.2014 26:59
Watter reëlings is daar getref om mense met gestremdhede op stemdag by te staan? Daar is ook nuus oor 'n liefdadigheidsorganisasie wat sporthulpmiddele aan gestremdes bied.
27 Apr 2014 26.04.2014 22:39
Suid-Afrika se grondwet word beskryf as 'n mylpaal vir minderheidsgroepe. Jacqui January en Fanie du Toit kyk na die suksesse en aanpassings die afgelope 20 jaar vir mense wat leef met gestremdhede.
20 Apr 2014 19.04.2014 28:20
Pad na Onafhanklikheid is 'n program vir mense met gehoorverlies in die werkplek. Fanie du Toit kyk na die uitdagings wat professionele mense moet oorkom. En Jacqui January vind meer uit oor Wêreld Outismemaand.
13 Apr 2014 12.04.2014 24:25
Het jy geweet die sterkste been in jou liggaam is in jou binne-oor? Hierdie en ander interessanthede oor gehoorverlies word bespreek.
30 Mar 2014 29.03.2014 11:44
Wat is 'n beskermde werksfasiliteit vir mense met gestremdhede? Naas Ferreira vertel meer van die Oosrandse Beskermde Werkwinkel vir volwassenes met 'n verstandelike gestremdheid.
23 Mar 2014 22.03.2014 11:40
Die fokus val op die impak van hemiplegie. Fanie du Toit kyk ook na die uitdagings rondom die gelyke indiensneming van mense met gestremdhede.
16 Mar 2014 15.03.2014 13:06
Ingrid Vorwerk-Marren vertel van 'n ondersteuningsgroep in Pretoria vir mense wat regstreeks deur beroerte geraak word.
9 Mar 2014 08.03.2014 12:25
Jeannie Rudolf vertel van die impak van sigverlies en die voordele verbonde aan die gebruik van 'n gidshond.
2 Mar 2014 01.03.2014 12:27
Fanie du Toit gesels met Heidi Claassens van Bothaville oor haar twee seuns wat erge gehoorverlies het.
23 Feb 2014 22.02.2014 12:23
Veronica January vertel van die aanpassings wat sy en haar gesin na 'n ernstige motorongeluk moes maak.
16 Feb 2014 15.02.2014 11:36
Waarom beleef kinders met gestremdhede steeds soveel uitsluiting? Therina Wentzel vertel van die harde werklikhede waarmee kinders met gestremdhede en hulle ouers daagliks te doen kry.
9 Feb 2014 08.02.2014 12:50
Wie en wat is Blind SA? Cathy Donaldson vertel van die doelwitte en werksaamhede van die organisasie.
2 Feb 2014 01.02.2014 11:47
Fanie du Toit gesels met Simone Botha, 'n voormalige Mej. Dowe SA. Sy vertel van haar uitdagings as 'n professionele danser.
26 Jan 2014 25.01.2014 12:15
Hoe toeganklik is natuurreservate vir mense met gestremdhede? Jeannie du Plessis vertel wat by hulle by die Moreletakloof Natuurreservaat doen.
19 Jan 2014 18.01.2014 12:24
Renelda en Hester Marais vertel hoe hulle as gesin deur Renelda se gehoorverlies geraak word.
12 Jan 2014 11.01.2014 12:45
Fanie du Toit kyk na die verantwoordelikheid van die private sektor om die omgewing, dienste en produkte toeganklik te maak vir mense met gestremdhede.
5 Jan 2014 04.01.2014 12:01
Leon de Beer van die SA Federasie vir Geestesgesondheid verduidelik hoe die regte van mense met 'n geestesongesteldheid beter beskerm kan word.
29 Dec 2013 28.12.2013 12:38
Hoekom het Helgard Muller besluit om al om Suid-Afrika se grens met 'n fiets te ry? Fanie du Toit gesels met hom oor die reëlings en uitdagings wat met so 'n fietstoer gepaardgaan.
22 Dec 2013 21.12.2013 11:35
Hoekom is die geriewe by baie strande ontoeganklik vir mense met gestremdhede? Fanie du Toit en Therina Wentzel besoek 'n paar strande in die Kaapse Skiereiland en maak voorstelle oor hoe die situasie verbeter kan word.
15 Dec 2013 14.12.2013 12:18
Rene Rust van Piketberg vertel hoe sy die daaglikse uitdagings wat met serebrale verlamming gepaardgaan, aanpak.
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.