RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Education

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 16.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Kompas: Grey Kollege se presteerders 11.09.2026

11 September 2026: Ons maak ‘n draai by Grey Kollege in die Vrystaat om met twee van hulle leerders te gesels wat onlangs goed presteer het - een in die Voortrekkers en die ander by ‘n karatebyeenkoms in Brasilë.

Kompas: Joburg Moves Junior help jong leerders se talent ontwikkel 10.09.2026

10 September 2026: Pieter Jacobs, die hoof van Kuns en Kultuur aan die Universiteit van Johannesburg, vertel Hazel Janse van Rensburg van die nuwe dansplatform, Joburg Moves Junior, wat jong leerders se talent help ontwikkel.

Kompas: Hoe gemaak met boeliegedrag? 09.09.2026

9 September 2026: Boelie op die speelgrond, in die klaskamer, en aanlyn is ’n realiteit van die moderne lewe. Hoe kan jy sien of 'n kind geboelie word? Wat kan daaraan doen? Heidre Davids, 'n maatskaplike werker wat met kinders, tieners en gesinne werk, help ons om te verstaan wanneer 'n kind in die moeilikheid is, en hoe ouers, vriende en onderwysers regtig kan help.

Kompas: Hersiening - Rekeningkunde Vraestel 1 08.09.2026

8 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 van Rekeningkunde.

Kompas: Vakkeuses 07.09.2026

7 September 2026: Graad 9-vakkeuses is een van die belangrikste besluite vir ‘n hoërskoolleerder. Hoe gaan ‘n mens te werk wanneer dié besluit op jou voorstoep land?

Kompas: Die impak van ‘n vriend se selfdood 04.09.2026

4 September 2026: Watter impak het ’n vriend se selfdood op jou? Ons praat met iemand wat só iets ervaar het.

Kompas: Hendré, die houtverkoper 03.09.2026

3 September 2026: Het jy geweet jy kan reeds op sewe jaar ‘n suksesvolle entrepreneur wees? Ons gesels met ’n jong knaap wat bewys dat jy nooit te jonk is om ’n suksesvolle besigheid te begin nie. Sy naam is Hendré, en hy verkoop hout.

Kompas: Angela is nie jou gewone mynwerker nie 02.09.2026

19 Augustus 2026: Angela Lindeque, 'n trotse boorling van Namakwaland, breek mure af en herdefinieer wat moontlik is vir vroue in 'n bedryf waar mans tradisioneel die reëls bepaal. Sy is een van slegs drie vroue in die hele land wat die mynreddingskursus suksesvol voltooi het. In Junie is sy as ‘n internasionale myn se sterpresteerder vir 2026 genomineer.

Kompas: Hersiening - Afrikaans Vraestel 2 01.09.2026

1 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 2 van Afrikaans.

Kompas: STEM-loopbane net vir mans? 31.08.2026

31 Augustus 2026: Baie jongmense dink dat STEM-, tegniese- en beroepsgerigte loopbane net vir mans is, maar is dit werklik die geval? Hoe kan jong vroue bemagtig word om daarin te tree?

Kompas: Bemiddeling as ‘n loopbaan 28.08.2026

28 Augustus 2026: Wat is bemiddeling, en is dit moontlik om dit as ‘n loopbaanrigting te volg? Barrie Ferreira vind uit wat dié rigting alles behels.

Kompas: Spesiale stemme 27.08.2026

Ilke Davids van die Oanafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik wat spesiale stemme is, en wie aansoek kan doen.

Kompas: Ben Albertyn en Roberto Kyle 26.08.2026

26 Augustus 2026: Ons hoor van twee jong Suid-Afrikaanse kunstenaars wat die Silwerskermfees op sy kop gekeer het. Ben Albertyn is te sien in die drama, Landmyn. Dié film gaan oor drie broers en susters wat ná 'n dekade weer bymekaarkom, en hulle ma wat soos 'n landmyn op die punt staan om te ontplof. En, ons praat met Roberto Kyle, 'n akteur, skrywer én regisseur wat sy debuu...

Kompas: Hersiening - Wiskunde Vraestel 1 25.08.2026

25 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 van Wiskunde.

Kompas: Die toeganklikheid van TVET-kolleges 24.08.2026

24 Augustus 2026: Hoe word leerders met gestremdhede bygestaan by TVET-kolleges? Wat moet nog gedoen word om toeganklikheid te verbeter?

Kompas: Honderde kilometers oor agt dae met sonkrag 21.08.2026

21 Augustus 2026: Barrie Ferreira maak ‘n draai by die Hoër Tegniese Skool John Vorster in Pretoria om te gaan kyk na sonkragmotor wat die leerders gebou het. Hulle gaan deelneem aan ‘n sonkaruithouren. Die projek gee vir hulle ‘n geleentheid om ander vaardighede aan te leer.

Kompas: Vrye en regverdige verkiesings 20.08.2026

20 Augustus 2026: Liezl Low van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik wat vrye en regverdige verkiesings beteken.

Kompas: Saskia Pocock is die stem van RSG se nuwe boekvoorlesing 19.08.2026

19 Augustus 2026: Saskia Pocock was net 17 jaar oud toe twee oproepe van RSG haar lewenspad verander het. Sedertdien het sy gegroei van 'n skoolmeisie met 'n kultuurbalkie op haar baadjie tot 'n gevestigde kunstenaar wat radio, verhoog, besigheid en internasionale ervaring in een loopbaan saambring. Sy het nou 'n nuwe hoofstuk betree as die stem van RSG se oggendboekvoorlesing.

Kompas: Hersiening - Afrikaans Huistaal 18.08.2026

18 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 en 3 van Afrikaans Huistaal.

Kompas: Hoekom is dit belangrik vir ambagslui om te registreer? 17.08.2026

17 Augustus 2026: As jy tans as ‘n ambagspersoon opgelei word, is dit belangrik dat jy moet registreer. Dit demonstreer jou bevoegdheid, verhoog jou geloofwaardigheid en lewer ‘n bydrae tot die vaardige, nasionale werkersmag waarop daar vertrou kan word.

Kompas: Stilstaan, vooruit of agteruit in jou loopbaan? 14.08.2026

14 Augustus 2026: Hoe kan jy bepaal of dit goed of sleg gaan met jou werk en loopbaan?

Kompas: Gedragskode vir kandidate en kiesers 13.08.2026

13 Augustus 2026: Ellsforth Booyse van die OVK praat oor die gedragskode vir kandidate en kiesers.

Kompas: Die kunstenaar in jou 12.08.2026

5 Augustus 2026: Kuns is nie net as iets wat teen ’n muur hang nie. Ons praat oor kuns as ’n stem. As ’n manier om te sê: “Dít is wie ek is. Dít is waar ek vandaankom. Dít is hoe ek die wêreld sien.” Miskien is daar ook ’n storie in jou wat wag om geteken, geverf, geskryf of vertel te word. Moenie wag tot alles perfek is nie. Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Jou stem maak saak, jou storie is...

Kompas: Hersiening - Chemie 11.08.2026

11 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 2 van Fisiese Wetenskappe, naamlik Chemie.

Kompas: TVET-kollege maak deure oop 10.08.2026

10 Augustus 2026: Barrie Ferreira vind uit hoe studie by ‘n TVET-kollege deure vir jou oorsee kan oopmaak.

Hallgasd a(z) Kompas podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.