RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
Jonk 26 Junie 2025 26.06.2025 6:11
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die alkaliese dieet, en wanneer dit gevaarlik kan wees.
Pandas doen bedbesoek 26.06.2025 1:05
‘n Hotel in China moet hulle praktyk stop, waar rooipandas op versoek vir jou in jou bed kom kuier.
16-Jarige se stoeisukses 25.06.2025 7:13
Eryn Marais gesels oor haar stoeisukses. Dié 16-jarige stoei as nasionale onder-17 onder 69 kg kadet, asook vir die nasionale onder-20 span in die onder 72 kg afdeling.
Sjef Ashley se kosdrome 25.06.2025 8:41
Kosblogger en sjef, Ashley Wynand, het al op agtjarige ouderdom begin kook. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy kosdrome. Deesdae is hy ook op TV in ’n kos-werklikheidsprogram.
Wêreld se grootste boom 25.06.2025 9:30
Boomkundige Riaan van Zyl praat oor die wêreld se grootste boom en swaarste lewende organisme.
Wagter se stappie kos Brittanje £23-miljoen per jaar 25.06.2025 1:33
‘n Studie wys die algemeenste hondestapbeserings gebreekte vingers is, hoewel gebreekte polse ‘n groter impak op die slagoffer se produktiwiteit het.
Êrens oorsee 24 Junie 2025 24.06.2025 9:21
Sumien van Zyl vertel vir Martelize Brink van haar verblyf op die Kaaimaneilande, waar dit altyd warm is.
Gerrit se trekkers 24.06.2025 7:27
Gerrit Schenke versamel die afgelope tien jaar trekkers, nie om staan en mooi te lyk nie. Hy ry hulle sommer al die pad Tankwa toe. Haidee Muller-Isaacs het bym gaan gaan inloer.
Studente se koskennis 24.06.2025 10:15
Koskonsultant Heleen Meyer vertel van ‘n studie wat wys op studente se ongesonde koskeuses. Onkunde speel groot ‘n rol.
Vuilbek papegaai soek huis 24.06.2025 1:28
In die VSA soek ‘n diereskuiling ‘n huis vir ‘n pappegaai, maar daar word gewaarsku dat die voël verskriklik vloek.
Honde, katte en pyn 23.06.2025 9:48
Veearts dr. Ingrid de Wet praat die behandeling van sowel akute- as chroniese pyn by honde en katte.
Frikkie Kaalvoet wéér gevind 23.06.2025 7:49
Op ’n kerkbasaar van alle dinge het Mariska Spoormaker weer vir Frikkie Kaalvoet (sy van is Van Niekerk, boorling van Pretoria) in die Oos-Kaap se Kougaberge raakgeloop. Agt jaar gelede het sy met hom gepraat oor sy kaalvoetloop op die Baviaans Camino. Kort daarna is hy weer buiteland toe en het selfs lank kaalvoet geloop in Amerika.
Hoe het julle ontmoet 23 Junie 2025 23.06.2025 7:06
Kobus du Toit vertel vir Martelize Brink hoe die lewe hom en Hestertjie aanmekaar bymekaar laat uitkom het.
Vals(tand)arts 23.06.2025 1:33
‘n Pa, ma en hulle 22-jarige seun is in Tsjeggië vasgekeer nadat hulle ‘n onwettige tandheelkundige praktyk bedryf het.
Oor pienk en V8-veteraantrekkers 20.06.2025 7:56
Wie het al gehoor van ‘n pienk trekker, en gedigte oor veteraantrekkers? En wie het al gehoor van My Enjin Storie? Binnekort kom dié storievertellery weer aan die beurt, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy by die Bloemskou na die veteraantrekkers gaan kyk het. Eric Mouton van die Sentraal Vrystaat Veteraanklub,Trekkers en Enjins, het haar onder meer van die Vaaljapie vertel.
360 Speseryroete - Deel 86 20.06.2025 8:28
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor koljander waarvan die blare, sade en selfs die wortels gebruik word.
Borsvoed-marathon 20.06.2025 1:40
Stephanie Case het, ten spyte daarvan dat sy tydens ‘n 100 km ultramarathon drie keer gestop het om haar sesmaande oue dogter te borsvoed, steeds die vroueafdeling gewen!
Haidee en die alpacas 19.06.2025 9:24
Haidee Muller-Isaacs besoek die Alpaca Loom-plaas buite Paarl. Sy vind by Dietmar Keil meer uit oor hierdie besonderse diere.
Jonk 19 Junie 2025 19.06.2025 6:48
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die bloedgroepdieet. Hoewel dit gewild is, kan wetenskap nie die voordele van dié dieet bewys nie.
Spanje se reddingspoedel 19.06.2025 0:56
In Spanje is ‘n poedel genaamd Nilo, ’n vlak 1-reddingshond, wat die lewensredders bystaan op die strand. Die ander honde is almal labradors.
Adam se vye in die Karoo 18.06.2025 7:12
Liezl de Klerk van Weltevrede Vyeplaas vertel van die Adamsvy waarmee hulle die afgelope drie dekades voltyds boer in die Prins Albert-kontrei. Johan Rademan het met haar gesels teen die hange van die Swartberge oor wat jy alles met ’n vy kan doen.
Sellulose uit hout vir klere tot tablette 18.06.2025 3:29
Madelaine Fourie praat oor veeldoelige sellulose uit hout, wat in klere, skoonheidsprodukte, waspoeier en tablette gebruik word.
R111 500 vir parkering! 18.06.2025 1:32
‘n Vrou in Engeland was onder die indruk dat £4.50 vir twee ure se parkering sou betaal, toe is dit al die tyd £4 586!
Êrens oorsee 17 Junie 2025 17.06.2025 11:22
Jani van Wyk vertel vir Martelize Brink van die lewe in Sjanghai in China. So hoor ons selfs van klein tamatietjies op koeke!
Ernst Swart, die publisiteitsghoeroe 17.06.2025 8:31
Ernst Swart wou homself aanvanklik in die advertensiewêreld begewe, maar het bitter gou uitgevind dit laat nie sy hart vinniger klop nie. Toe beland hy per toeval in die media en toe ook in die TV-bedryf. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy 'n werk waaroor hy gaande was in Johannesburg by 'n gewilde sepie, gelos het om sy suster tydens haar kankerreis in die Moederstad te gaan ondersteun. Op...
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.