Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.ekonomieblog.me

Szerző

Waldo Krugell

Kategória

Business

A podcast weboldala

www.ekonomieblog.me

Legutóbbi epizód

2026. szept. 22.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Die Trump tariefoorlog begin 03.02.2025

President Trump het oor die naweek 25% tariewe ingestel op produkte wat ingevoer word vanaf Kanada en Meksiko, en 10% op produkte vanaf Sjina. Hou vas jou rande en aandele, want ontluikende markte vaar nooit goed terwyl sulke skokke tref nie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Phew, die repokoers met 25 bps gesny 31.01.2025

Die Monetêre Beleidskomitee het gister die repokoers met 25 basis punte gesny. Dit is wat ontleders verwag het, maar daar was tog ʼn bietjie senuweeagtigheid dat bekommernis oor internasionale risiko’s kon maak dat hulle die koers onveranderd laat.

Van nader beskou vertel die IES syfers n storie van ekonomiese stagnasie 30.01.2025

Een van die feite wat uitstaan uit die 2023 Opname van Inkomste en Besteding is ongelykheid, spesifiek die ongelyke verdeling van inkomste en besteding tussen verskillende bevolkingsgroepe. Wat die media nie veel oor te sê het nie is wat oor tyd gebeur het.

Ongelykheid is laer en ander interessanthede uit die IES2023 29.01.2025

Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die Opname van Inkomste en Besteding bekend gemaak. Hierdie is die 2023 opname en die eerste sedert 2015 en het belangrike gebruike. Byvoorbeeld, om armoedelyne te bereken, ongelykheid te bepaal en om die verbruikersprysmandjie op te dateer. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Die onteieningswet 28.01.2025

Die Onteieningswet is nie die krisis wat sommige media bronne dit na laat klink nie., maar om dit nou te teken het gevolge vir beleidsonsekerheid.

Dit is 'n week van rentekoersbesluite 27.01.2025

Hierdie is ʼn groot week vir rentekoersbesluite. Sentrale banke in Kanada en Brasilië, die Europese sentrale bank, Amerikaanse Fed, en ons Reserwe bank is aan die beurt. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Voedselpryse is (afwaarts) stram 24.01.2025

Hierdie week se inflasiesyfer het gewys dat voedselprysinflasie nog laag is, maar die vlak van voedselpryse is ʼn teer punt vir verbruikers. Baie mense vra, as voedselprysinflasie laer is, en beurtkrag is verby, en brandstofpryse is laer, hoekom val pryse nie?

Desembermaand se inflasiesyfer 23.01.2025

Statistieke Suid-Afrika het gister Desembermaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend gemaak. Inflasie het gestug vanaf 2,9% in November tot 3,0% in Desember. Ek dink nie dit gaan ʼn groot invloed hê op volgende week se repokoers besluit nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Die 4de kwartaal se aanwysers 22.01.2025

Die IMF het onlangs hulle vooruitskatting van Suid-Afrika se vol-jaar ekonomiese groeikoers afwaarts aangepas tot 0,8% vir 2024. Dit is eintlik ʼn storie van groei in die vierde kwartaal en die prentjie is nie baie duidelik nie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

President Trump en die SA ekonomie 21.01.2025

Daar is al baie gespekuleer oor wat Donald Trump se tweede presidentskap van die VSA gaan beteken vir Suid-Afrika en ons ekonomie en ek wil vandag ʼn kort opsomming gee.

Die Minuut skop weer af 20.01.2025

Na ʼn lekker lang vakansie is die Minuut terug op die lug die week en daar is baie om oor te gesels. Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek is Stellenbosch en Codera Analytics is aan boord as episode borge.

Jaareinde 13.12.2024

Dit is lekker om die jaar af te sluit met optimisme oor 2025. Mens het altyd hoop, maar dit is lekker om positief te wees oor die vooruitsigte vir lae inflasie en vinniger ekonomiese groei. Ek het ook ʼn paar goeie idees vir die Minuut, meer video, dalk ʼn nuusbrief. Maar eers gaan ek vakansie hou.

Dit het iets te doen met die prys van eiers 12.12.2024

Vandag se episode gaan weer oor aanwysers. Statistieke Suid-Afrika maak hierdie week ʼn groot rondte data bekend wat insluit Oktobermaand se produksie en verkope in vervaardiging en mynbou, Novembermaand se Verbruikersprysindeks en die inflasiekoers en ook ʼn verslag oor die arbeidsmark in 2023.

Markte: lugruim, scrabble, robotte 11.12.2024

Ekonome glo in die markmeganisme – dit is vraag, aanbod, en prys – om seker te maak dat skaars hulpbronne effektief gebruik word en onbeperkte behoeftes bevredig word. Die Marginal Revolution blog het gereeld interessante inskrywings oor markte vir alles.

Interessante lyste uit 2024 10.12.2024

Die einde van die jaar lewer gewoonlik ʼn klomp lyste op – die groot gebeure, die invloedryke mense wat die opskrifte gehaal het, die topverkopers ensovoorts. Een van die interessante lyste is die van die joernalis Tom Whitwell en die dinge wat hy hierdie jaar geleer het. ʼn Hele paar het ʼn ekonomiese invalshoek.

Die ekonomie van kersfees 09.12.2024

Die ekonomie van Kersfees is verseker nie waaroor die Kerstyd gaan nie, maar dit is ʼn spesifieke seisoen van die jaar wat interessant is in verskillende opsigte. Daar is verbruiksbesteding op vakansie, en geskenke, versierings, en al die verversings wat nodig is om saam met geliefdes te kuier. Die kersfees liedjie en die kersfees fliek is ʼn konsep. As jy dink dit is gekommersialiseer is jy reg.

Groeisyfers, verbruikers, en totsiens Sakeskool 06.12.2024

Hierdie week se ekonomiese groeisyfers was nie goeie nuus nie, maar dan kry mens ʼn koerantopskrif wat sê dit is ʼn terugslag vir verbruikers voor die feesseisoen en ek voel ek moet nog iets daaroor sê. Ek wil ook vandag se episode gebruik om die NWU Sakeskool te bedank vir hulle ondersteuning die laaste paar jaar.

Hou 'n oog op Q4 aanwysers 05.12.2024

Na die teleurstellende ekonomiese groei syfer word daar met nuwe ywer gekyk na die maandelikse aanwysers vir die vierde kwartaal. Die week is die vierde kwartaal se verbruikersvertroue-indeks en ook Novembermaand se voertuigverkope data bekend gemaak. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

Die ekonomie krimp in die derde kwartaal 04.12.2024

Statistieke Suid-Afrika het gister die derde kwartaal se Bruto Binnelandse Produk en ekonomiese groei-syfers aangekondig. Dit is onverwagte slegte nuus. Die ekonomie het met 0,3% gekrimp in die derde kwartaal. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

Vandag se groeisyfers tel 03.12.2024

Statistieke Suid-Afrika maak later vandag die derde kwartaal se bruto binnelandse produk en ekonomiese groei syfers bekend. Almal hoop dat die syfers die positiewe sentiment wat posgevat het na die verkiesing sal reflekteer. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

Nog BTW nulkoerse gaan nie "die armes" help nie. 02.12.2024

President Ramaphosa het verlede week in die Raad van Provinsies weer gesê dat die regering stel ondersoek in of meer basiese voedselitems ʼn BTW nulkoers moet kry. Dit is vir verskillende redes ʼn fout. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.

Hoe kan SA 3% groei kry? 29.11.2024

Gister het ek by ʼn funksie middagete geëet. Die gas lang my was ʼn belasting prokureer wat toe vra, hoekom is ekonome so optimisties dat die Regering van Nasionale Eenheid vinniger ekonomiese groei gaan bewerkstellig? Gewoonlik is die kort antwoord ʼn storie van hervorming wat lei tot investering en dan tot groei, maar dit is die moeite werd om die lang antwoord te gee. Hierdie episode word onderste...

Goeie nuus oor die vervaardigingsektor 28.11.2024

Nog twee aanwysers het hierdie week positiewe nuus oor die ekonomie. ABSA en die Buro se opname onder vervaardigers wys dat sakevertroue in die sektor toegeneem het in die vierde kwartaal en die Reserwebank se leidende aanwyser lyk ook beter. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

Dobbel is soos 'n belasting 27.11.2024

Baie van ons sal, soos die liedjie sê, kan doen met ʼn miljoen. Maar ongelukkig sê die lirieke niks oor harde werk, spaar en beleggings nie. Die hoop vir ʼn meevaller bring ons by die ekonomie van dobbel. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

Dit is die gemiddelde werknemer wat die twee-pot spare nodig het 26.11.2024

Onttrekkings uit die spaar-pot van die twee-pot pensioenstelsel word genoem as een van die aanwysers van die druk op verbruikers, en ook as ʼn moontlike drywer van verbruiksbesteding. Daar is nog nie ʼn samevatting beskikbaar nie, maar daar is genoeg om ʼn interessante prentjie te skets. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

Hallgasd a(z) Die ekonomie minuut podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.