Newskoop

Agriskoops (Afrikaans)

News AF ↓ 216 epizód

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: rss.iono.fm

Szerző

Newskoop

Kategória

News

A podcast weboldala

rss.iono.fm

Legutóbbi epizód

2026. okt. 12.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Agriskoops - 3 Augustus 2026 03.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor die gemoedsrus wat data en bewyse ʼn boer bied in terme van beskerming van sy eiendom, sy gesin en sy plaaswerkers. Hy verduidelik ook hoe opnames, wolkberging en afstandsmonitering boere help om sterker bewyse te hê en ’n meer volledige prentjie van ’n insident te bou.

Agriskoops - 31 Julie 2026 31.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies wat nie net vir die gholfbaan ontwerp is nie, maar ook gebruik kan word op plase, groot woonkomplekse en besighede. Sy gee ʼn oorsig van die unieke kenmerke van hulle voertuie en waarom dit nie net gemak nie, maar ook gemoedsrus vir verbruikers bied.

Agriskoops - 30 Julie 2026 30.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor hoe hulle saam met boere werk om hul boerderye winsgewend en gesond te hou. Hy gee ʼn oorsig van die maatskappy se posisie in die mark en van die produkte wat hulle bied.

Agriskoops - 29 Julie 2026 29.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streeksontwikkelings- en Bemarkingsverteenwoordiger by Nutrico, Kenny Beeton. Hy bespreek die belangrikheid van die gebruik van 'n hoëgehalte-spuitwaterbyvoegmiddel in landbou en verduidelik die rol wat byvoegmiddels speel in die verbetering van spuitprestasie. Beeton gee ook 'n oorsig van Nutrico se Absorpt-byvoegmiddel en hoe dit in produsente se spuitp...

Agriskoops - 28 Julie 2026 28.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Adele du Toit van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad. Sy verduidelik waarom die beskerming van die oorsprong van Rooibos toenemend belangrik word namate internasionale vraag aanhou groei. Du Toit bespreek die waarde van die beskerming van Rooibos as 'n unieke Suid-Afrikaanse produk, en waarom die behoud van die egtheid daarvan noodsaaklik is vir die toekoms van...

Agriskoops - 27 Julie 2026 27.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy vertel meer hoe sonkrag hoe sonkrag jou besigheid se balansstaat kan transformeer. Hy verduidelik ook watter ander positiewe impakte sonkrag op 'n besigheid het, veral met betrekking tot sy beeld en volhoubaarheidsprofiel.

Agriskoops - 24 Julie 2026 24.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA. Hy bespreek 'n inisiatief wat boere in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo toelaat om gratis van verouderde plaagdoders ontslae te raak. Hy verduidelik wat boere moet weet oor hoe om dit veilig aan CropLife SA oor te handig en wat met die produkte gebeur sodra dit na die fasiliteit geneem word om vernietig te word.

Agriskoops - 23 Julie 2026 23.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die uitvoerende hoof van Mottech Water Management, Launce May. Hy verduidelik hoe die maatskappy se afstandmoniteringstelsels boere help om water- en energieverbruik te verminder terwyl die doeltreffendheid van hul besproeiingsbedrywighede verbeter word. May deel ook praktiese voorbeelde van hoe afstandmonitering 'n opbrengs op belegging lewer en verduidelik...

Agriskoops - 22 Julie 2026 22.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile Jordaan van METOS SA. Hy vertel meer oor die samewerking tussen METOS SA en Aartappel SA. Hy gee ʼn oorsig waaroor dit presies gaan en wat die doel van die samewerking is. Hy verduidelik verder hoe die data wat verkry word, produsente help om beter besluite op hulle individuele plase te neem.

Agriskoops - 21 Julie 2026 21.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor wat die grootste voordeel is wat kliënte uit Baytrac se diensbenadering kry en hoe Baytrac langtermynverhoudings met kliënte op bou. Sy gee ook ʼn oorsig van hoe Baytrac kliënte se bekommernisse of uitdagings hanteer.

Agriskoops - 20 Julie 2026 20.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy gesels vandag oor ʼn aanbod van 'n gratis elektriese voertuig battery herlaaier en 'n gratis kunsmatige intelligensie agent.

Agriskoops - 17 Julie 2026 17.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Fritz Rexrodt van die maatskappy Swavet. Hy verduidelik die maatskappy se verbintenis tot sy belofte, “Your animals, our priority”, en beklemtoon sommige van die belangrikste Swavet-produkte waarvan boere moet weet. Hy bespreek ook hoe die maatskappy kleinskaalse en opkomende boere ondersteun deur middel van sy produkte, dienste en tegniese ondersteuning.

Agriskoops - 16 Julie 2026 16.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn Probe-konsultant by die maatskappy DFM Technologies, Lauren McMorran. Sy verduidelik wat die DFM-probes behels, hoe dit werk en hoe dit tot voordeel van klein tot groot boerderye ingespan kan word.

Agriskoops - 15 Julie 2026 15.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die oordrag van landbougrond na nuwe eienaars en die gevaar wanneer hierdie grond nie reg benut word nie.

Agriskoops - 14 Julie 2026 14.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor hoe Baytrac kliente help wanneer ʼn voertuig gesteel word en hoekom vinnig reaksietyd belangrik is. Sy verduidelik ook hoe opsporingstegnologie kan help om diefstal te voorkom voordat dit gebeur.

Agriskoops - 13 Julie 2026 13.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Willie Kruger van Herholdt's Group. Hy gesels oor die belangrikheid van elektriese infrastruktuur in energie- en sonkraginstallasies. Hy verduidelik hoekom elektriese infrastruktuur so belangrik is in energie- en sonkraginstallasies en hoe goeie elektriese ontwerp die prestasie van 'n energieprojek kan beïnvloed.

Agriskoops - 10 Julie 2026 10.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons: 'n gemeenskapsprojek wat deur samewerking tussen AfriForum, Saai en die Barolong Boo Seleka-kultuurgemeenskap voedselsekerheid, werksgeleenthede en hoop vir die gemeenskap in Thaba ’Nchu, buite Bloemfontein skep. Ons hoor hoe dié projek oor ses jaar ontwikkel het tot 'n suksesverhaal wat reeds skole, bejaardes en die breër gemeenskap bevoordeel.

Agriskoops - 9 Julie 2026 09.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tanja Potgieter van die maatskappy InteliGro. Sy gesels oor die jeug in landbou en hoe vroeë blootstelling die volgende geslag landbouleiers kweek. Sy gee ʼn oorsig van die belangrikheid van praktiese blootstelling aan lanbou, hoe innovasie en ervaring mekaar ontmoet en deel ook ’n belangrike boodskap vir jongmense oor ’n moontlike loopbaantoekoms in landbou.

Agriskoops - 8 Julie 2026 08.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA. Hy bespreek 'n inisiatief wat boere in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo toelaat om gratis van verouderde plaagdoders ontslae te raak. Hy verduidelik wat boere moet weet oor hoe om dit veilig aan CropLife SA oor te handig.

Agriskoops - 7 Julie 2026 07.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor die belangrikheid van reaksietyd wanneer dit kom by opsporings- en vlootbestuurskwessies. Sy verduidelik ook wat kliënte kan verwag wanneer hulle Baytrac vir ondersteuning kontak.

Agriskoops - 6 Julie 2026 06.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor energie wat een van die grootste bedryfsrisiko’s in die landbou geword het, weens die stygende koste van kragvoorsiening en brandstof. Hy verduidelik watter boerdery-aktiwiteite die meeste deur stygende diesel- en elektrisiteitskoste geraak word en hoe sonkrag ʼn al ho...

Agriskoops - 3 Julie 2026 03.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile Jordaan van METOS SA. Hy vertel meer oor die belangrikheid van weerdata vir landbou. Hy verduidelik hoe boere tans anders na weerdata kyk as tien jaar gelede en hoekom veral hiper-gelokaliseerde weerdata boere help om hul spuitvensters en hul boerdery in die algemeen beter te bestuur.

Agriskoops - 2 Julie 2026 02.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor onbetroubare tradisionele sekuriteit soos heinings, alarms, gewapende reaksie teenoor meer moderne oplossings.

Agriskoops - 1 Julie 2026 01.07.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die direkteur bemarking en tegnies by die maatskappy World Focus Agri, At van Schalkwyk. Hy verduidelik die konsep Geintegreede Plantenergiebestuur en hoe World Focus Agri boere bystaan met die proses deur middel van spesifieke produkte.

Agriskoops - 30 Junie 2026 30.06.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nico Barnard by Pannar Seed. Hy is ʼn Streekslandboukundige vir die sentrale streke van die land. Nico vertel meer oor mielieverbouing en wat nodig is om maksimum opbrengste te verseker.

Hallgasd a(z) Agriskoops (Afrikaans) podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.