RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Taaldinge 21.09.2019 22:35
In die gees van Erfenisdag val die fokus op een van die belangrike wortels van Afrikaans, naamlik Arabies. Prof. Ernst Kotze vertel meer oor Moesliemafrikaans en die invloed van Arabies op Afrikaans.
Taaldinge 14.09.2019 18:32
Luisteraarsnavrae word hanteer, onder meer die betekenis van kwik in kwiksilwer, die gebruik van die woord narratief en die betekenis van bombas.
Taaldinge 07.09.2019 19:49
Afrikaans dra swaar aan sy verlede, en ly onder politieke druk. Prof. Wannie Carstens van die NWU vertel wat gedoen kan word om Afrikaans se toekoms te verbeter.
Taaldinge 31.08.2019 16:03
Wat noem ons die verskynsel wanneer dit is as dis of net soos as nes uitgespreek word. Kan dit ook so geskryf word? En is punte by afkortings nog nodig, soos byvoorbeeld m.a.w. of m.b.t.?
Taaldinge 24.08.2019 22:23
Prof. Andries Coetzee van die Universiteit van Michigan praat verder oor Patagoniese Afrikaans. Prof. Jacques van der Elst gee ook meer inligting oor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se beursprojek vir meestersgraad- en doktorsgraadstudente wat hulle verhandelings en proefskrifte in Afrikaans skryf.
Taaldinge 17.08.2019 21:17
In Taalnavrae word gevra of 18:00 as agtienhonderd-uur of agtien-uur uitgespreek word. En wat is 'n goeie Afrikaanse woord vir die Engelse mall?
Taaldinge 10.08.2019 19:59
In 1902, net ná die Boereoorlog, het 'n groep Afrikaners na Argentinië getrek en hulle in Patogonië gaan vestig. Sowat 120 jaar later, is daar nog enkelinge oor wat Afrikaans kan praat. Prof. Andries Coetzee van die Universiteit van Michigan in die VSA doen navorsing oor Patagoniese Afrikaans. Hy vertel meer van die navorsing.
Taaldinge 04.08.2019 19:16
Afrikaans is 'n herwinningsprojek. Magdaleen Kruger vind wat uit wat hiermee bedoel word.
Taaldinge 27.07.2019 21:08
Te midde van vele redes om moedeloos te wees, soos die ekonomie, die politiek, teleurstellende sportuitslae en druk op Afrikaans, gee prof. Wannie Carstens van die NWU voorstelle en redes om Afrikaans se toekomsvooruitsigte te verbeter.
Taaldinge 13.07.2019 20:05
Prof. Gerhard van Huyssteen vertel van sy projek oor vloek - onder meer die taboes, taalkundige kodewisseling en selfsensuur.
Taaldinge 06.07.2019 20:07
Die letter S van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is bekendgestel. Wat behels dit?
Taaldinge 29.06.2019 19:47
Weer en weerverskynsels word op 'n unieke manier in Afrikaans uitgedruk. Jana Luther van Viva vertel vir Ina Strydom onder meer van al die soorte reën wat beskryf word in uitdrukkings en gesegdes.
Taaldinge 22.06.2019 19:34
Magdaleen Kruger se gaste, drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT beantwoord taalnavrae.
Taaldinge 15.06.2019 21:58
Die taalkundige, prof. Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom van sy onlangse lesingtoer in Europa wat letterlik van Basel tot Belgrado en van Zurich tot Zagreb gestrek het.
Taaldinge 08.06.2019 19:54
Is en was is oënskynlik eenvoudige tydsaanduidings - maar as verledetydsaanduidings veroorsaak dit nogal verwarring. Die taalkundige, prof. Ernst Kotze en die taalpraktisyn Tom McLachlan praat met Ina Strydom hieroor.
Taaldinge 01.06.2019 18:54
Prof. Hans du Plessis praat met Ina Strydom oor taalverskeidenheid en die dekolonisering van Afrikaans, na aanleiding van die Christo van Rensburg-gedenklesing wat hy by die NWU se Skool vir Tale gelwer het.
Taaldinge 25.05.2019 19:06
In Taalnavrae word die herkoms van woorde soos fliek en flaaitaal bespreek, asook die gebruik van die woorde boot, skip en skuit.
Taaldinge 18.05.2019 21:18
In taal is daar dikwels 'n verwantskap tussen klank en betekenis. Dit staan bekend as klankekspressie. Dit is byvoorbeeld die kerkklok wat “dong” of die “tjier-tjier” wat 'n kriek sou maak. Ina Strydom praat met Jana Luther van Viva oor die soorte klankekspressie wat voorkom.
Taaldinge 11.05.2019 17:54
In taalnavrae word onder meer gepraat oor kwit, 'n geheim verklap en huise wat oorstroom.
Taaldinge 04.05.2019 21:05
Ina Strydom praat met die aangewese bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, oor Afrikaans as akademiese taal, en die Akademie as tuiste vir en van die Afrikaanse taalgemeenskap.
Taaldinge 27.04.2019 17:42
Is dit die brein of taalslordigheid wat maak dat Afrikaanssprekers sê ek werk in 'n Engelse omgewing, so ek kan nie nou op die Afrikaanse woord kom nie?
Taaldinge 20.04.2019 12:52
In die Ewewêrelde van Afrikaans is daar baie stemme. Dr. Quentin Williams van die UWK verduidelik aan Ina Strydom wat die verskil tussen Kaaps en Afrikaaps is, en waarom die varïeteit van Afrikaans belangrik is in die groter gesprek oor en in Afrikaans.
Taaldinge 13.04.2019 21:16
Die gebruik van is en was word verduidelik, en ook die uitspraak van afkortings of akronieme soos FBI en Eskom.
Taaldinge 06.04.2019 18:28
Die storie van Afrikaans kom al die pad uit Europa - en hier in Afrika het hy taal kom word. Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens, een van die skrywers van die boek, Die Storie van Afrikaans, oor die boek en die geskiedenis.
Taaldinge 23.03.2019 16:32
Ina Strydom praat met Benito Trollip van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne, SADiLaR, oor die Sentrum se werksaamhede.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics