Stellenbosch Gemeente
Stellenbosch Gemeente Preke
Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe. Ontdek saam met ons hoé, luister hier na die preke.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : sg-preke.castos.com
Auteur
Stellenbosch Gemeente
Catégorie
Site du podcast
Dernier épisode
27 sept. 2026
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
05 April 2026 || Opstandingsondag || André Serfontein 05.04.2026 33:53
Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, 'n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is.
03 April 2026 || Goeie Vrydag || André Serfontein 03.04.2026 31:05
Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, 'n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is.
29 Maart 2026 || Onverwags | Ontvang || Pieter Roeloffse 29.03.2026 22:27
Ons loop die gevaar in hoe die wêreld nou lyk dat ons harte verhard. Dat ons op die maat van die wêreld in die naam van God op verwoestende kruistogte gaan en dan is ons verras dat ons maar min van die nuwe wêreld sien. Om ’n aktiewe sagmoedige in hierdie wêreld te wees vra dat jy geweldig groot en sterk moet wees. Jy sal moet vertrou dat God in beheer is. Jy sal hierdie Paasfees helder moet sien...
15 Maart 2026 || Onverwags | Vertroos || André Serfontein 15.03.2026 27:55
“Psalms of lament are powerful expressions of the experience of disorientation. They express the pain, grief, dismay, and anger that life is not good. They also refuse to settle for things as they are, and so they assert hope.” - Walter Brueggemann
08 Maart 2026 || Onverwags | Behoort || Pieter Roeloffse 08.03.2026 31:56
Soms voel die voorbeeld en woorde van Jesus so verkeerd-om vreemd. Ons dink ons verstaan: hoe die lewe werk; wie suksesvol is; wie geseënd is; wie naby aan God is; hoe die mooi en goeie lewe lyk…En dan begin Jesus Sy riglyne vir die koninkrykslewe met woorde wat alles omkeer: “Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Skielik besef ons: Die Koninkryk...
01 Maart 2026 || Onverwags | Versadig || Heinrich Dry 01.03.2026 21:56
Ons begin vandag met ’n nuwe reeks: Onverwags, ’n reeks wat handel oor die Saligspredikinge en ook die eerste boodskap van Jesus aan die volk. Ons wil almal salig (geseënd/blessed) wees, die Here se seën ontvang, in Matteus 5 leer Jesus ons wat dit sal kos om Sy seëninge te ontvang. Oor die volgende paar weke staan ons stil, en brei meer uit, oor hierdie Saligspredikinge. Reis saam met ons.
22 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Luister || Deon Botha 22.02.2026 29:12
Ons kan heeldag in isolasie Bybel lees en die groot geskenk van Saam mis, dan mis ons die plek waar geloof en liefde beoefen word. Ons kan verbruikers van geloofsgemeenskap wees en steeds mis dat ons siele is met ‘n diep soeke na betekenis. Ons kan al die kennis oor geloof hê en steeds nie anders leef binne die kultuur van ons dag nie. Vandag se kontoerlyn is een van die mees invloedryke tradisies...
15 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Anders || Pieter Roeloffse 15.02.2026 29:50
Soms voel dit met goeie rede of daar ’n grootskaalse erosie op die landskap van die lewe gebeur. Asof daar ’n meesleurende stroom, onkeerbaar deur ons uitsigte vloei. Ons is nie uniek nie, dis ’n eeu-oue patroon. In elke selfvernietigende era was daar individue en groepe wat keerwal kontoere geleef het en die storme help opdam het tot plantasies. Hulle was anders, “heilig” is die Bybelse woord. In...
08 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Siel || André Serfontein 08.02.2026 33:32
Siel is ’n woord wat jou hele menswees beskryf… “Soul carries with it resonance of God-created, God-sustained and God-blessed. It is our most comprehensive term for designating the core being of men and women.” - Eugene Peterson
01 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Saam || Heinrich Dry 01.02.2026 23:32
’n Nuwe stem en gesig by SG! Ons verwelkom vir Heinrich Dry terug by die gemeente wat hy 25 jaar gelede help vorm het! Ons sien uit na hierdie nuwe journey saam met jou en jou gesin! " Jesus leer ons dat Hy self die waarheid is, en Hy openbaar Homself aan ons op, en deur verskillende maniere. Ons ervaar Hom deur Sy Woord, deur gebed, die sakramente maar ook deur verhoudinge. Gemeentelewe is verho...
25 Januarie 2026 || Kontoerlyne | Verhouding || André Serfontein 25.01.2026 28:26
Ons ervaring van menslike verhoudings is waarskynlik die bron van ons grootste vreugde én seer in die lewe. Die landskap van verhoudings maak ons bewus van ons diep soeke na konneksie, maar ook ons diep worsteling met belonging. Verhouding is egter ook ’n beskrywing van wie God is: Vader, Seun en Gee in verhouding met mekaar. Hoe kan verhouding ’n kontoerlyn word wat ons prentjie van God verhelder...
18 Januarie 2026 || Kontoerlyne | Die skepping || Pieter Roeloffse 18.01.2026 42:12
Hier aan die begin van die jaar waar die lewe soos ’n wonderlike ongerepte landskap voor ons lê, soek ons na vastigheid en rigting terwyl ’n skare stemme ons wil oorrompel met “Leef hierlangs!” In hierdie landskap fluister God deur die eeu-oue kontoerlyne vir ons ’n voetpad na die lewe — die kontoerlyne van God se beweging. Kom volg Sondag saam met ons die eerste kontoerlyn van Die skepping. “In l...
11 January 2026 || Oor Ons Verwagtinge || André Serfontein 11.01.2026 27:56
“Agter só baie van die dinge wat ons doen skuil die verwagting om erkenning te kry vir wie ons is, vir wat ons doen. Die uitnodiging van Bybelse spiritualiteit is egter die volgende: Gee dit prys, neem ’n postuur in waar hierdie verwagting nie eens ’n opsie is nie; gaan sit heel agterhierdie verwagting nie eens ’n opsie is nie; gaan sit heel agter…” - André
04 January 2026 || Nuwejaarsrefleksie || Deon Botha 04.01.2026 13:25
Nadat ons kon terugkyk op ‘n jaar wat verby is wil ons ons uitstrek na wat voor ons lê, ‘n nuwe jaar met nuwe kanse. ‘n Nuwe begin, nuwe voornemens, nuwe ideale. Ek kon leer uit die vorige jaar en daag op met nuwe hoop. Ons wil soos Moses sê: Here ons wil nie van hierdie plek verder gaan as U nie saam met ons gaan nie. So wil ons ‘n oomblik stilstaan om onsself weer te belyn met dit waarmee God be...
28 December 2025 || Oujaarsrefleksie || André Serfontein 28.12.2025 16:20
Refleksie op die Oujaar - 2025 "Daar is ’n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang . Ons beleef die oorgang van een jaar na ’n ander. ’n Oorgang het ’n unieke karakter: dit begin met ’n einde . Wat impliseer dit vir jou reis van 2025 na 2026? Hierdie kort opname nooi jou tot ’n refleksie op hierdie vraag." Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname...
25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse 25.12.2025 24:05
Geseënde Kersfees vir jou en jou mense! Die digter R.S Thomas skryf in “The coming” van God en Jesus wat uit die ewigheid deur die wasige atmosfeer na die weerlose aarde kyk. Die aarde word beskryf as ’n verinnerweerde landskap en êrens op ’n heuwel staan ’n kruis met mense se smekende arms na die kruis toe uitgesteek…en dan sê die Seun vir die Vader “Let me go there.” Mag jy hierdie Kersfees, hoe...
21 December 2025 || Die geskenk van HOOP wat mens word || Deon Botha 21.12.2025 29:43
Gedurende Advent word ons genooi om te reflekteer oor Jesus se koms na die wêreld, na God wat mens geword het, maar nie net dit nie, ook Sy wederkoms. Ons leef tussen hierdie twee. Advent moedig ons aan om Jesus se menswees na te volg, om hoopvol te wag, om ‘n dapper vredemaker te wees, om met blywende diep vreugde te leef en om self-opofferende liefde te hê vir ‘n gebroke wêreld.
14 December 2025 || Die geskenk van VREUGDE wat mens word || André Serfontein 14.12.2025 29:25
“Are you in touch with what gives you joy?” - Trevor Hudson
30 November 2025 || Die geskenk van VREDE wat mens word || Pieter Roeloffse 30.11.2025 35:13
Kom stap saam met ons hierdie Advent na die krip in die stal in Betlehem en ontvou saam met ons die geskenk van Vrede, Hoop, Vreugde en Liefde wat mens word.
23 November 2025 || 'n Spiritualiteit Van Omgee || André Serfontein 23.11.2025 27:36
“Every great moral and spiritual tradition points to the truth that in the giving of self lies the discovery of a deeper self. When that happiness, security and well-being of others become real to us, we come into our own. Creativity, meaning, resilience, health and even longevity can be enhanced as a surprising byproduct of contributing to the lives of others. This is perennial wisdom, and scienc...
16 November 2025 || Want Aan U... || Pieter Roeloffse 16.11.2025 24:12
By die besef van God se teenwoordigheid, sorg, verlossing, begeleiding…reageer mense dieselfde op verskillende maniere: Jakob bou ’n altaar; Mirjam maak musiek; Israel sing; Dawid dans uit sy klere; Een melaatse draai om, juig, kniel en erken die wonder in dankbaarheid. Hierdie dankbaarheids-geloof, lees ons, het hom gered. “Die Here is God, Hy skenk ons die lewe. Begin die fees!” (Ps 118:27) Hoe...
09 November 2025 || Soos in die Hemel | Met Hoop || Deon Botha 09.11.2025 33:04
Dieselfde hoop wat in Dawid en Jesus se harte geleef het, leef in ons. Hulle het beide vir ons gewys hoe hierdie hoop in aksie lyk. Hoe kan dit vir my en jou lyk? - Deon
02 November 2025 || Soos in die Hemel | Wanneer Ons Saam Is || André Serfontein 02.11.2025 27:30
“Kingdom people seek first the Kingdom of God and its justice; church people often put the church work above concerns of justice, mercy and truth. Church people think of how to get people in church; Kingdom people think about how to get the church into the world. Church people worry that the world might change the church; Kingdom people work to see the church change the world.” - H Snyder
26 October 2025 || Soos in die Hemel | In Voeling || André Serfontein 26.10.2025 31:20
“Their service is offered in the form of the ongoing life of the Christian community in shops, villages, farms, cities, classrooms, homes, law offices, in counselling, politics, statecraft, and recreation.” - David Bosch
19 October 2025 || Soos in die Hemel | Deur 'n Splinterruit || Pieter Roeloffse 19.10.2025 29:12
Ons leef in ’n tyd waarin gerief en beheer as die hoogste waarde en daarom strewe gesien word. Heel menslik vermy ons pyn, verdoof verlies en meet sukses en vooruitgang aan hoe gerieflik jou lewe is. Laat ek dit weer sê: Hierdie maak in terme van ons leeftyd heeltemal sin, dit is heel menslik.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics