OFM
OFM Agri Hour
The Agri Hour is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays from 5 - 6am.
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Rico Basson, South Africa Wine-uitvoerende hoof, gesels oor die bedryf se uitdagings en prestasies 21.05.2026 7:17
Die 2026-oes bied ’n keerpunt vir die bedryf, meen ’n bedryfsorganisasie. Die klem verskuif vanjaar verder as veerkragtigheid na hernude geleenthede en groei, sê South Africa Wine. Die uitdagings versterk Suid-Afrika se posisie as ’n produsent van premiumwyne vir wêreldwye markte.
Elize Lundall-Magnuson van die Landbounavorsingsraad gesels oor die belangrike rol van bye in landbou 20.05.2026 4:35
Suid-Afrika se groeiende vraag na by-bestuiwingsdienste plaas toenemende druk op sowel bye as byeboere, volgens Elize Lundall-Magnuson van die Landbounavorsingsraad. Sy het tydens ’n webinaar ter viering van Wêreldbyedag (20/05) gepraat, waar sy die belangrike rol van bye in voedselproduksie en die uitdagings waarmee die land se byebedryf te kampe het, uitgelig het.
Die Senwes Agri Rewards is aangekondig. Dit is Isabel Nienaber van Viljoenskroon! 20.05.2026 9:17
Die gewilde Senwes Agri Rewards wenner is onlangs by NAMPO aangekondig. Die Manna Studiegroep het die beminde Isabel Nienaber ingeskryf en sy was ook die wenner! Isabel van Tonder gesels met Isabel Nienaber oor haar ambulansdiens, Bella Med in Viljoenskroon en Vierfontein distrik.
Cilliers Brink van die DA gesels oor die verval by munisipaliteite 19.05.2026 4:38
Isabel van Tonder gesels met Cilliers Brink, adjunk federale voorsitter van die DA, oor knelpunte in munisipaliteite, wat ook vir boere 'n probleem is.
Tydens die afgelope NAMPO-oesdag het Dawie Maree van FNB raad gegee aan boere wat onder finansiele druk is 19.05.2026 7:44
Isabel van Tonder gesels met Dawie Maree, Hoof Landbou, bemarking en inligting by FNB, oor die dienste wat banke aan boere lewer en raad aan boere wat onder finansiele druk is.
Die nuutste vleispryse en tendense word deur Dr Johnny van der Merwe bespreek 14.05.2026 5:21
Dr Johnny van der Merwe bespreek die nuutste vleispryse en tendense in die markte.
Dr Johnny van der Merwe gee die jongste oorsig oor die kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte 14.05.2026 5:25
Dr Johnny van der Merwe gee die jongste oorsig oor die kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte.
Jan van Sandwyk, 'n boer van Limpopo, het 'n slim plan gemaak met boorgatdiefstal 14.05.2026 3:44
Isabel van Tonder gesels met Jan van Sandwykk, 'n wildboer van 'n familieplaas in Limpopo, wat 'n slim plan gemaak het met die boorgate op die plaas, nadat hulle die slagoffer was van boorgatdiefstal.
Wandile Sihlobo praat oor die jongste landbou-indiensnemingsyfers 13.05.2026 6:32
Suid-Afrika se landbousektor het 2026 op ’n positiewe noot begin, met sterk groei in indiensneming wat verbeterde produksietoestande in groot dele van die land weerspieël. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom, sê die toename in werk is grootliks aangevuur deur gunstige landboutoestande wat deur 2025 en tot aan die begin van vanjaar ervaar is.
Stephan Pietersen herinner boere lone moet teen 30 Junie verklaar word by die Vergoedingsfonds 11.05.2026 9:08
Produsente word herinner dat die sperdatum vir die verklaring van lone by die Vergoedingsfonds 30 Junie 2026 is. Stephan Pietersen, stigter van Work Accident Support, sê dit is van kardinale belang dat produsente betyds hul lone verklaar om boetes te vermy en in goeie stand by die fonds te bly. Hy gesels met OFM se Elsabé Richard-May hieroor ...
Nampo skop binnekort af en daar is groot verwagting vir die skou 11.05.2026 2:48
Dis byna die amptelike afskop van Nampo wat vanjaar plaasvind van 12-15 Mei by Nampo Park in Bothaville. Isabel van Tonder berig oor belangrike hoogtepunte van die skou.
New Holland stal vanjaar by Nampo uit en die stalletjie is defnitief 'n besoek werd 11.05.2026 1:58
Dis Nampo-tyd en 'n interessante uitstalling vanjaar, is New Holland. Isabel van Tonder gesels met Jaco du Preez, oor wat besoekers te wagte kan wees van New Holland, en hulle masjiene en tegnologie wat landbou slimmer en meer doeltreffend maak.
Conservationists and fishing communities are facing challenging environhmental approvals 11.05.2026 5:35
Conservationists and fishing communities are facing challenging environmental approvals, granted to Total Energies for gas and oil exploration. Drilling is planned off the South African coast of the Western Cape. Green connection Community outreach coordinator, Neville van Rooy, tells OFM Business Hour that fundamentally, this is about good governance and responsible decision making by government.
Die Boereplanne stalletjie verskaf groot afwagting en opwinding by NAMPO 06.05.2026 5:58
Nampo vind vanjaar plaas vanaf 12 tot 15 Mei by Nampo Park in Bothaville. Een van die hoogtepunte van die skou is die Boereplanne stalletjie. Isabel van Tonder gesels met Chris Burgess oor die stalletjie en kompetisie.
SAAI verwelkom die landboudepartment se aanstelling van byna 30 tegniese adviseurs 05.05.2026 7:20
Volgens SAAI verwelkom hulle die landboudepartement se aanstelling van byna 30 eksterne tegniese adviseurs wat sal help om die agterstand in die registrasie van landbouprodukte op te los. Elsabe Richard-May gesels met Francois Rossouw, Familieboere-netwerk se uitvoerende hoof daaroor.
Graandiefstal is 'n toenemende probleem vir Vrystaatse boere 05.05.2026 4:20
Graandiefstal is 'n toenemende probleem vir Vrystaatse boere. Isabel van Tonder gesels met Jurg Kruger oor die misdaadsindikate, en die sukses van arrestasies. Daar word ook wenke gegee hoe boere hulself kan beskerm teen die misdaad.
Sindira Chetty gives an overview of the 8-15 May edition 01.05.2026 4:29
Digital editor Sindira Chetty, gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
Agricultural economist, Wandile Sihlobo, addresses questions around the potential impact of recent rain on crops 30.04.2026 8:17
South Africa’s agricultural sector is closely monitoring recent rainfall as questions arise about its potential impact on crop quality and future production. Agricultural Business Chamber of SA chief agricultural economist, Wandile Sihlobo, said that while above-normal rainfall in the week ending 25 April had caused concern, it was still too early to draw firm conclusions.
Sappo's Dr Thandi Chiappero talks about the impact of disease outbreaks on the pork industry 24.04.2026 5:44
Disease outbreaks continue to shape the outlook for South Africa’s pork industry while unaffected producers continue performing well. Dr Thandi Chiappero, SA Pork Producers’ Organisation consumer assurance head, said pork prices remain favourable despite recent challenges. “The guys who do not have disease are doing quite well at the moment. The pork price is quite decent… we’re sitting at about R...
Sindira Chetty gives an overview of the 24 April-1 May edition 24.04.2026 2:27
Digital editor Sindira Chetty gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
Dr Johnny van der Merwe berig oor die jongste vleispryse en tendense in die bedryf 23.04.2026 4:43
Dr Johnny van der Merwe berig oor die jongste vleispryse en tendense in die bedryf.
Bloemskou het vandag begin en daar is 'n interessante Koi stalletjie 23.04.2026 6:04
Bloemskou het vandag begin en daar is baie interessante uitstallings te sien. Een van die uitstallings is die Koi stalletjie in die plaaswerfsaal. Isabel van Tonder gesels met Charles Bastone oor sy Koi-stalletjie.
Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige praat oor reën in die Noord-Kaap 21.04.2026 4:50
Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê die afgelope seisoen in die Noord-Kaap was hoogs uitsonderlik. Goeie winterreën het aanvanklik oor sommige noordelike dele uitgesak, gevolg deur ’n buitengewoon warm somer. Hy waarsku egter onsekerheid bestaan nog oor die langtermynvooruitsigte.
Chris van Beljon, Bring Hoop-stigter, praat oor die droogte in dele van die Noord-Kaap 21.04.2026 7:38
Chris van Beljon, stigter van die droogtehulporganisasie Bring Hoop, gesels met OFM se Elsabé Richard-May oor die uitdagings waarmee die organisasie tans te kampe het. Hulle bespreek ook hoe die publiek betrokke kan raak om boere in droogtegeteisterde gebiede te ondersteun.
Veroorsaak 'n super "El Nino" 'n "super droogte"? 20.04.2026 4:43
Isabel van Tonder berig oor die groot vraag: Veroorsaak 'n "super El Nino" 'n "super-droogte"?
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics