fr

RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Education

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

16 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Kompas: As jy op jou CV jok, wat is die gevolge? 03.07.2026

3 Julie 2026: Is ‘n witleuntjie aanvaarbaar wanneer jy aansoek doen vir werk? Wat is die gevolge? Barrie Ferreira het gaan uitvind.

Kompas: Hoe om jouself opreg uit te druk 02.07.2026

2 Julie 2026: Sjanel Vosloo van WOW Creative leer jongmense om selfvertroue te kweek. Sy deel wenke oor hoe om jouself op ‘n opregte manier uit te druk.

Kompas: Leef bewustelik 01.07.2026

1 Julie 2026: ’n Gebalanseerde lewe beteken nie dat alles altyd perfek is nie. Dit gaan daaroor om bewustelik te leef, om tyd te maak vir werk én rus, vir ander én vir jouself, vir liggaam, gees en hart. Lewensafrigter, Tanya Loubser praat oor hoe om al die balle in die lug te hou, en dat dit oukei is om een of twee te laat val.

Kompas: Inge Rosslee se 27 lewenslesse 30.06.2026

30 Junie 2026: Inge Rosslee, ‘n Suid-Afrikaanse joernalis wat oorsee woon en werk, deel 27 van die grootste lesse wat sy op die ouderdom van 27 geleer het.

Kompas: Wat doen ‘n loopbaan-ontwikkelingspraktisyn? 29.06.2026

29 Junie 2026: Het jy raad nodig vir wat jy na skool wil doen? Dan is ’n loopbaan-ontwikkelingspraktisyn die antwoord. Wat behels hulle werk? Barrie Ferreira het gaan uitvind.

Kompas: Verpleegkunde as beroep 26.06.2026

26 Junie 2026: Verpleegkunde is ‘n studierigting wat verg dat jy hare op jou tande moet hê. Barrie Ferreira vind meer uit oor wat die beroepsmoontlikhede is in die gesondheid-steundienssektor.

Kompas: Caylin Majiedt, skopbokskampioen in ses kategorieë 25.06.2026

25 Junie 2026: Het jy geweet jy kan binne een jaar ‘n skopbokskampioen word? Caylin Majiedt, ‘n regstudent en skopbokskampioen, deel haar suksesverhaal.

Kompas: Jou vakkeuse vir Graad 10 24.06.2026

24 Junie 2026: As daar een onderwerp is wat spanning kan veroorsaak, is dit leerders se vakkeuse vir Graad 10. Vir graad 9-leerders voel dit skielik asof hulle hele toekoms van dié besluit afhang. Watter vakke kies jy? Wat as jy verkeerd kies? Ons praat met Albert Keet, ’n opvoedkundige sielkundige, oor hoe leerders en ouers hierdie proses moet benader. Ons hoor ook by ’n paar graad 9-leerders hoe...

Kompas: Reggie Peace vind sy stem 23.06.2026

23 Junie 2026: Skrywer en akteur Reggie Peace moedig jongmense aan om te stem, en vertel hoe hy sy stem gevind het ná moeilike kinderdae.

Kompas: Waarvan moet jong entrepreneurs bewus wees? 22.06.2026

22 Junie 2026: Barrie Ferreira vind uit watter boublokke nodig is vir ’n besigheid, waarvan jong entrepreneurs bewus moet wees.

Kompas: Wat is integriteit? 19.06.2026

19 Junie 2026: Wat is integriteit? Dit gaan oor veel meer as net om die regte ding te doen wanneer niemand kyk nie.

Kompas: Registrasie om in buiteland te stem 18.06.2026

18 Junie 2026: Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik hoe registrasie om te stem buite Suid-Afrika werk, wanneer om jou registrasiebesonderhede op te dateer, en wanneer herregistrasie nodig is.

Kompas: Matrikulant van die Overberg se passie vir rugby 17.06.2026

17 Junie 2026: Brooklyn Okkers, ‘n 17-jarige matrikulant, blink uit in hokkie, cheerleading, dirigente, redenaars en debat, maar dis rugby wat haar hart gesteel het. Sy het eers haar BokSmart-veiligheidskwalifikasie gekry, ’n belangrike stap vir enige rugbyskeidsregter. Daarna het sy Wêreld Rugby se kursusse begin voltooi. Sy het reeds sewe kwalifikasies, maar dis net die begin vir hierdie meisie...

Kompas: SA MMA-kampioen JP Buys oor hoe MMA jongmense kan help 16.06.2026

4 Junie 2026: Die voormalige UFC-vegter, Suid-Afrikaanse MMA-kampioen en afrigter, JP Buys, praat oor hoe gemengde gevegskuns (MMA) jongmense met aggressie, dissipline en selfbeheer kan help.

Kompas: Die moets en moenies van werksaansoeke 15.06.2026

15 Junie 2026: Barrie Ferreira vind uit watter faktore belangrik is wanneer jy aansoek doen vir werk.

Kompas: Hoërskool Parel Vallei - Netbalskeidsregter en balletdanser 12.06.2026

12 Junie 2026: Barrie Ferreira besoek die Hoërskool Parel Vallei waar hy met ‘n Graad 10-netbalskeidsregter gesels. Hy praat ook met ‘n Graad 8-seun wat ‘n balletdanser is.

Kompas: Hoe, waar en hoekom om te registreer as kieser 11.06.2026

11 Junie 2026: Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik hoe, waar en hoekom jong mense moet registreer om te stem.

Kompas: ’n Man as vroedvrou? 10.06.2026

10 Junie 2026: Johnny Davids vertel hoe hy met kundigheid, deernis en ’n kalm benadering verwagtende ouers ondersteun deur een van die belangrikste ervarings van hulle lewe.

Kompas: Poësieprogramme vir matrieks 09.06.2026

9 Junie 2026: Akteur en sanger Phillru van Achterbergh vertel van die poësieprogramme wat Lefra Produksies vir matrieks aanbied.

Kompas: Maak só om die beste kans te hê om werk te kry 08.06.2026

8 Junie 2026: Wat kan jy doen om seker te maak dat jy die beste kans moontlik het om werk te kry?

Kompas: SA het híérdie vaardighede die nodigste 05.06.2026

5 Junie 2026: Suid-Afrika staar ‘n tekort van kritiese vaardighede in die gesig. Barrie Ferreira vind uit watter vaardighede en beroepe die nodigste is in Suid-Afrika.

Kompas: Watter soorte plaaslike regeringsverkiesings is daar? 04.06.2026

4 Junie 2026: Jacques Jansen van die Onaghanklike Verkiesingskommissie verduidelik watter soorte plaaslike regeringsverkiesings daar is, wat die verhouding tussen plaaslike en distriksmunisipaliteite is, en waarom plaaslike regeringsverkiesings so belangrik is.

Kompas: Komediant Christie van Niekerk oor Jeugmaand 03.06.2026

3 Junie 2026: Chrislynn Sias-Louw gesels met akteur en komediant Christie van Niekerk oor hoekom Jeugmaand vir haar belangrik is, en hoekom die jeug se kollektiewe stem verandering te weeg kan bring.

Kompas: Wat laat ‘n wetenskapprojek uitstaan? 02.06.2026

2 Junie 2026: Drie professors, wat lede van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is, vertel wat ‘n wetenskapprojek laat uitstaan, en waar om te begin. Hazel Janse van Rensburg gesels ook met twee dertienjarige vriende, wat ’n KI-gedrewe hulpmiddel ontwikkel het om onderwysers in oorvol Suid-Afrikaanse klaskamers te ondersteun. Hulle is gekies om Suid-Afrika by die Genius Olympiad in New York te verte...

Kompas: SA Kwalifikasie Owerheid kyk na kwalifikasies wat voor 2009 uitgereik is 01.06.2026

1 Junie 2026: Die SA Kwalifikasie Owerheid is tans besig met oorgangsreëlings vir kwalifikasies wat voor 2009 uitgereik is. Barrie Ferreira vind uit hoe dit jou mag raak.

Écoute le podcast Kompas sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics