fr

RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Society

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

29 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Hoenders te huur 04.03.2025

In Amerika met sy eiertekort kan jy nou twee henne vir ses maande huur vir $600. Vir die meer as R11 000 hoop jy vir sowat ‘n dosyn eiers per week.

Omdraaikans vir spesies op die rooilys 03.03.2025

Dr. Marienne de Villiers praat op Wêreld Natuurlewedag oor ‘n omdraaikans vir spesies op die rooilys, en suksesse wat behaal is met die kransaasvoël.

Missionvale-jeug swem vir 'n toekoms 03.03.2025

Jy kan jou pad oopswem na ‘n baie beter toekoms, leer Missionvale se kinders wat daagliks die uitdagings te bowe moet kom, wat gepaardgaan met werkloosheid en armoede. Die swemafrigter wat hulle só by die Missionvale Sorgsentrum inspireer, is Franklin Coetzee. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.

Elke sent tel - Deel 6 03.03.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor die belangrikheid van begunstigdenominasies.

Wraak op verkeerde kar 03.03.2025

‘n 18-jarige vrou in Florida in de VSA met ‘n wrok teen haar eks, wou sy kar met spuitverf spuit. Dit was egter die buurman se kar wat deurgeloop het.

Fynbos en proteas van die Tuinroete 28.02.2025

Martelize Brink gesels met Suna van Greuning in Mosselbaai oor hulle fynbos- en proteaboerdery.

360 Speseryroete - Deel 73 28.02.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kruisement.

Dertig jaar lank verbly Popsy kinderharte 28.02.2025

Al 30 jaar lank laat sy kindertjies soos feetjies, prinsesse of konings voel, en hulle jil oor haar toertjies wat dinge laat verdwyn en verskyn. Dis Popsy die Nar, die vrou wat elke kinderhart gelukkig wil maak. Mariska Spoormaker het haar raakgeloop.

Skadevergoeding vir te veel advertensies 28.02.2025

‘n Man in Indië het skadevergoeding gekry by ’n filmteatergroep omdat daar te veel advertensies voor die film vertoon is. Die vertoning het later as geadverteer geëindig, wat veroorsaak het dat ‘n sakeoproep gemis het.

Wat het Timothée Chalamet en Mauritz Lotz gemeen? 27.02.2025

Timothée Chalamet is vir sy rol as Bob Dylan in die film, A Complete Unknown, vir ‘n Oscar genomineer. Hy moes leer kitaar speel, en Johan Rademan het ‘n merkwaardige ooreenkoms ontdek tussen Chalamet se leerproses, en Suid-Afrika se Mauritz Lotz se beginnersjare.

Medaljes onder die hamer 27.02.2025

Landon Coleske vertel van uitsonderlike medaljes wat op plaaslike bodem op veiling gaan wees - van ’n Anglo-Boereoorlog-medalje tot die gesogte Koningin Elizabeth II-kroningsmedalje.

Jonk 27 Februarie 2025 27.02.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor GLP-1-produkte, soos Ozempic, wat geberuik word vir aptytbeheer en spierbewaring. Sy vertel watter aanvullings hand-aan-hand behoort te gaan met hierdie soort behandeling.

Rou om te eet 27.02.2025

‘n Begrafnisondernemer in China het mense wat ure tou staan... vir hulle kos. Mense glip in tussen die roubeklaers om hulle berugte noedels te eet. Toe dit sosiale media haal, het die sogenaamde foodies die rye lank begin maak.

Van ingenieur tot kelner tot sjef 26.02.2025

Sjef Emile Nel was ’n ingenieur, en het in die Verenigde Koninkryk in ’n restaurant begin werk en studeer. Hy praat oor die opleiding van studente in dié bedryf in die Tuinroete.

‘Leer uit my lewe’ - Depressielyer 26.02.2025

Baaienaar dr. Ambrose George leef al 60 jaar met depressie. Ná sy aftrede as hoof van Gelvan Park Hoërskool, het hy twee boeke geskryf oor sy ervaring met depressie, en wat ‘n mens kan doen om die diep neerslagtigheid teen te werk. Op 80-jarige ouderdom is hy besig met sy derde boek. Mariska Spoormaker het hom besoek.

Hondberg of berghond? 26.02.2025

‘n Man in China het ‘n sensasie veroorsaak toe hy ‘n foto op sosiale media plaas van ‘n berg wat soos ‘n hond lyk. Toeriste stroom nou soontoe om foto’s van hulle honde saam met die berghond te neem.

Êrens oorsee 25 Februarie 2025 25.02.2025

Bernard Jansen van Vuuren vertel van die lewe in Switserland. Hy bly in Ebikon, net buite Lusern.

Tom se burpee-optrek-wêreldrekord 25.02.2025

Tom Liebenberg wou die wêreldrekord breek vir die meeste burpie-optrekke in een uur. Die huidige wêreldrekord is 611, en Tom se teiken is 620. Hy het 613 gehaal, en natuurlik daardie rekord gebreek. Hy doen dit vir 'n goeie saak, en sy poging is reeds ingestuur na die Guiness Wêreldrekord-organisasie, nou wag hy maar...

Wat is die eggokamer-konsep? 25.02.2025

Dr. Daan le Roux praat oor die eggokamer-konsep. Dis 'n omgewing waar 'n persoon slegs inligting of menings teëkom wat hulle eie weerspieël en versterk.

Grimering vir polisiemans in Japan 25.02.2025

In Japan vorm grimering nou deel van mans in die polisie se opleiding.

Mossels monitor waterkwaliteit 24.02.2025

Maryke Musson praat oor aanwyserspesies, soos mossels en visse wat ingespan word om waterkwaliteit te monitor.

Deodat se houtperde 24.02.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in by oudpolisieman en resieskarliefhebber, Deodat Kasner. Sy kyk wat hy alles uit hout bou in sy werkswinkel.

Elke sent tel - Deel 5 24.02.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch sê jy moet versigtig wees vir te veel kontant.

Krapkaartboerpot gewen met gesteelde kredietkaat 24.02.2025

‘n Man in Frankryk is op soek na die mense wat sy beursie gesteel het. Hulle het krapkaartjies met sy kredietkaart gekoop, en €500 000 gewen. Hulle kan dit egter nie opeis nie. Nou stel hy voor dat hulle met die kaartjie navore kom. Hy sal dan die boerpot opeis, en die helfte daarvan aan die diewe gee.

’n Aartappel-oplossing teen moeilikheid 21.02.2025

Gary Simm is 60 jaar oud, maar glad nie gereed vir pensioen nie. Nou stort hy sy hope oortollige energie in aartappels en markdae, want, sê hy, lekker kuier bring hom net in die moeilikheid by sy vrou Lana. Mariska Spoormaker het hom by ‘n markdag in Nelson Mandelabaai gaan opsoek.

Écoute le podcast Driesestig sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics