RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Êrens oorsee: Shenzhen, China 29.09.2026 16:38
Braam Gerber vertel vir Martelize Brink van sy 18 maande in Shenzhen, China. Veral die Chinese se werksetiek en 12 uur werksdae is opvallend.
Magda se sopkombuis 29.09.2026 8:54
Magda Meyer van die Paarl vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe dit gebeur het dat sy deesdae weekliks 'n heilsame maaltyd vir 2 000 mense uit haar industriële sopkombuis kan aanbied.
Daar gaan die brandweerwa! 29.09.2026 1:10
‘n Man in New Hamshire in die VSA het ‘n brandweerwa gesteel terwyl die brandweer besig was om die brand by sy huis te probeer blus.
Eerste nuwe katspesie in 100 jar ontdek 28.09.2026 5:48
Dr. Gabriella Leighton vertel vir Martelize Brink van die Tilcayo-katspesie wat onlangs in Bolivië ontdek is.
In die wêreld van landbou 28 September 2026 28.09.2026 5:12
In die landbounuus: Kwalifiserende privaatmaatskappye kan bek-en-klouseer-entstof vir die Landbounavorsingraad vervaardig; Plaaslike melkproduksie styg effens in Augustus; Nuwe tegnologie kan boere help om rooijakkalse se gedrag beter te verstaan; en Winterstorm Kuilvoer skenk 1,5 ton per maand aan Kultuurtuiste.
Wetenskapwonder: Die Stanford-eksperiment 28.09.2026 5:51
Felix Spies vertel van die Stanford-eksperiment. ‘n Weergawe van dié omstrede navorsing in nagebootste gevangenisomstandighede sal binnekort op Netflix te sien wees.
Indië se vet hond-kompetisie 28.09.2026 1:18
Geïnspireer deur Alaska se vet beer-week waar die publiek vir die vetste beer kan stem, het Indië nou ’n weergawe vir honde, Fat Dogs of Delhi.
Jufrou Cynthia floreer ondanks teenkanting 25.09.2026 8:58
Destyds, toe sy in haar vroeë veertigs 'n pos as hoof van 'n laerskool op Heidelberg gekry het, is daar omtrent gegons en gefrons. Haidee Muller-Isaacs hoor Cynthia Roberts het haar goed van haar taak gekwyt, ten spyte van die teenkanting.
360 Speseryroete: Die kos en kultuur aan die Kaap in die 1800’s (Deel 2) 25.09.2026 3:10
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die opmerkings van ‘n Engelse dame in haar boek, Life At The Cape A Hundred Years Ago, oor kos aan die Kaap in die 1800’s.
Stanford se koraalboom 25.09.2026 4:53
Kalika Redelinghuys vertel vir Martelize Brink van die koraalboom in Stanforf met sy rooi blomme op kaal takke.
KI-maat 25.09.2026 1:47
In Suid-Korea gons dit oor ’n tv-realiteitsprogram, My AI Partner: Strange Love. Glanspersoonlikhede kry die geleentheid om ‘n kunsmatige intelligensie-metgesel saam te stel en tyd daarmee te spandeer.
Ouma Sue se demensie-reis 24.09.2026 9:16
Innes en Greta Benadé stap die pad saam met 'n geliefde wat aan demensie ly. Hulle versorg al jare lank hulle moeder, Sue, wat met demensie leef. Uit eie pyn en liefde, het hulle harte gegroei vir families op dieselfde reis. Innes dien ook as gekoöpteerde lid van die Demensie en Alzheimersverening (ADASA), wat fokus op die bewusmaking, opvoeding en ondersteuning van mense, familie en versorgers wa...
Jonk: Die vagus-senuwee (Deel 1) 24.09.2026 10:43
Dr. Lana Bouwer praat oor oor die vagus-senuwee, hoe dit werk, en die invloed wat kroniese spanning daaarop het.
Vyf geslagte - een verjaarsdag 24.09.2026 0:45
In Iowa, VSA, is daar ‘n gesin wat virvyf5 geslagte na mekaar ‘n verjaarsdag op 14 September deel. Die geboortes strek van 1907 tot 2025, en hou nou die Guiness-wêreldrekord.
Tannie Louise bak plaasbrood 23.09.2026 7:47
Verlede week het ons by Jan die Meulenaar op Soetmelksvlei gekuier. Johan Rademan het daarna oorgestap na Tannie Louise Johannes om mooi broodjies in die plaaskombuis van 1897 te bak.
Dorpsgeheime: Loxton se Bome 23.09.2026 6:24
Danie Snyman vertel van Loxton se bome. In 1899 met die onstaan, het mnr. N.J.H. Theunissen meer as 400 bome langs Loxton se nuwe strate geplant, en weekliks van sy plaas ingery dorp toe om die boompies nat te maak.
'n Oog vir voetbal 23.09.2026 0:58
Toe Steve Prater sy oog verloor, vervang hy dit met ‘n prostese met die logo van die Amerikaanse voetbalspan, Kansas City Chiefs, daarop.
Êrens oorsee: Figuira da Foz, Portugal 22.09.2026 11:00
Corné Gaspar vertel vir Martelize Brink van die lewe in Figuira da Foz in Portugal. Ons hoor onder andere van palings in hulle restaurante.
Gemeenskapsbou met dans 22.09.2026 6:11
Talitha de Klerk vertel vir Martelize Brink van Rhythm of Hope Outreach, wat met dans vreugde bring. Sy is vereer deur Nation Builder in hulle Proteas of Mzansi-inisiatief.
90-jarige liggaamsboukampioen 22.09.2026 1:21
Japan se Toshisuke Kanazawa is op 90 ‘n liggaamsboukampioen. Hy wil nog aan die Wêreld Liggaamsboukampioenskappe deelneem in die bo 60-kategorie, en vir Arnold Schwarzenegger wys wat hy kan doen.
Aanneming tussen spesies 21.09.2026 9:13
Marine bioloog Maryke Musson praat oor langtermyn-aanneming tussen spesies, soos ‘n narwal wat by baloegawalvisse woon.
In die wêreld van landbou 21 September 2026 21.09.2026 5:19
In vandag se landbounuus: AgriSA en Agbiz doen ‘n beroep op die BRICS-lidlande om landbouhandel tussen lede te verdiep. Die Registrateur vir Diereverbetering verloor ’n appèlaansoek. Die Suid-Afrikaanse kanolabedryf skep nuwe geleenthede. Promtek Africa onderteken ’n samewerkingsooreenkoms met Stellenbosch Universiteit.
Vreemde navorsing vereer 21.09.2026 6:46
Felix Spies Siyafunda Education Foundation vertel vir Martelize Brink van die Ig Nobel-toekennings, wat toegeken word vir watenskaplike navorsing oor vreemde onderwerpe.
'n Model van 'n stad 21.09.2026 1:50
Vragmotorbestuurder Joe Macken het oor meer as twee dekades gebou aan ‘n model van New York-stad, met meer as 800 000 strukture.
Athlone Instituut vier 100 jaar 18.09.2026 6:27
Die voormalige Athlone Onderwysopleidingskollege, wat deesdae bekendstaan as die Athlone Instituut, in die Paarl vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Haidee Muller-Isaacs het met Farieda Kearns en Chester Meyer gesels oor hulle hartsmense wat in die jare dertig daar studeer het. Farieda sê haar pa het daarop aangedring dat sy daar onderwys gaan swot, en Chester gesels oor sy oupa en die musiekbloe...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics