RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Jonk: Weerstandsoefening 08.10.2026 12:37
Biokinetikus Conrad Litch praat oor die voordele van weerstandsoefening vir ouer volwassenes.
Deon Meiring by die Woordfees 07.10.2026 4:31
Deon Meiring gesels oor Glaskas se 20 jaar-mylpaal, en sy solomusiekloopbaan.
Die Woordfees se feesdigter 07.10.2026 12:48
Tom Dreyer vertel wat die werk van ‘n feesdigter behels, en hoe hy in sy IT-beroep beland het.
Isabella Niehaus by die Woordfees 07.10.2026 10:55
Kosghoeroe Isabella Niehaus vertel hoe sy in die kosbedryf beland het. Sy sê dis wat gebeur as jy nie weet hoe om nee sê nie.
Lucinda Rosa Bosch by die Woordfees 07.10.2026 3:48
Lucinda Rosa Bosch gesels oor die verskillende kunsvorme wat sy beoefen. Buiten musiek skryf en sing is daar onder andere ook pensketse en keramiek.
Dorpsgeheime: LNR-gedenktuin 07.10.2026 14:11
Dr. Zelda Bijzet vertel van die gedenktuin by LNR Infruitec-Nietvoorbij op Stellenbosch. Daar is ‘n boom wat van ‘n steggie gekweek is van ‘n 2 400 jaar oue olyfboom in Getsemane!
Schalk Joubert oor Anton Goosen 06.10.2026 4:36
Schalk Joubert vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Anton Goosen se invloed op musiek, en die verskeie produksies by die Woordfees waarby hy betrokke is.
Êrens oorsee: Santiago, Chili 06.10.2026 17:30
Hennie en Rosa Faul vertel vir Martelize Brink en Johan Rademan van hulle lewe in Santiago in Chili waar hulle sewe jaar lank gewoon het.
Die eerste plate in Afrikaans 06.10.2026 4:32
Dr. Schalk van der Merwe vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die eerste plate in Afrikaans, en ’n geskiedenis-gesprekreeks by die Woordfees waar hy betrokke is.
Lelanie van der Berg by die Woordfees 06.10.2026 4:46
Lelanie van der Berg gesels oor grootword op Genadendal, haar pad tot op die wêreldverhoë, en haar produksie by die Woordfees.
Straatmyl-legende Sydney Maree 06.10.2026 14:04
Sydney Maree gesels met Martelize Brink en Johan Rademan oor sy atletiekloopbaan, sy wêreldrekord in die 1 500 m wat langer as 40 jaar gestaan het, en straatmyle. Francois Fouché vertel van die Dagbreek-straatmyl.
Albert Frost by die Woordfees 05.10.2026 12:11
Albert Frost vertel dat hy tromme gespeel het voor hy kitaar toe geskuif het.
Stellenbosch Universiteit se skaapplaas 05.10.2026 15:05
John Morris vertel van Stellenbosch Universiteit se Mariendahl-proefplaas, waar hulle ook kommersieël met skape boer.
Wetenskapwonder: Woordvorms 05.10.2026 6:51
Felix Spies praat oor die konsep dat ‘n woord ‘n vorm kan hê.
Dean Balie en Bianca Flanders by die Woordfees 05.10.2026 10:50
Dean Balie en Bianca Flanders vertel vir Martelize Brink en Johan Rademan hoe hulle as ‘n paartjie bymekaar gekom het, en van hulle produksie, Prima, by die Woordfees.
Noord-Kaapse stories oor kultuur en tradisies 02.10.2026 5:55
Die Upingtonse skrywer, Anzil Kulsen, gesels oor aspirantskrywers van die Noord-Kaap, wie se stories nou ontgin word. Haidee Muller-Isaacs het ook gaan hoor hoe van die skrywers oor dié gulde geleentheid voel.
Soet Tand se vye 02.10.2026 14:00
Janelle en Ian de Kock gesels met Martelize Brink oor vye kook. By Soet Tand werk hulle met groenvye, ryp vye en swartvye.
Museum van walglike kos 02.10.2026 1:28
In Hong Kong is daar tans ’n opwip-weergawe van Swede se Museum vir Walglike Kos. Dis duidelik dat kultuur ‘n invloed het op watter kos mense dink walglik is.
Irene Snell-Carroll vereer 01.10.2026 4:54
Irene Snell-Carroll, Age-in-Action se direkteur vir die Wes-Kaap, is onlangs deur Nation Builder vereer deur hulle Proteas of Mzanzi-projek.
Jonk: Die vagus-senuwee (Deel 2) 01.10.2026 8:16
Dr. Lana Bouwer vertel vir Martelize Brink van maniere om die vagussenuwee te stimuleer, en toestande waar dit kan help.
Staat help met vlerksleep 01.10.2026 1:18
Singapoer het ’n nuwe vlerksleepwebblad vir staatsamptenare tussen die ouderdomme van 21 en 35. Dit word gedoen om te help om die land se geboortesyfer te verhoog.
Soetmelksvlei se erfenis 30.09.2026 6:25
Adele Johnson staan aan die hoof van Soetmelksvlei, en deel hulle erfenis uit 1897 se uitbeelding van die plaas wat eers as Donkerhoek bekend gestaan het in die Franschhoekvallei. Johan Rademan het met haar in die Jonkershuis oor die handvaardighede en gedeelde erfenis gesels.
Grafversorging 30.09.2026 6:59
Tanya Klopper vertel vir Martelize Brink hoe sy en ‘n vriendin grafte skoonmaak en onderhou. Hulle maak ‘n verskil, een graf op 'n slag.
Dorpsgeheime: Bothaville se motormuseum 30.09.2026 8:24
Freek de Kock vertel vir Martelize Brink van Bothaville se Nissan en Datsun Erfenismuseum met meer as 200 voertuie.
Waarvoor jaag jy? 30.09.2026 1:01
In die VSA is verskeie mense in die nuus oor jaag, of dit nou is vir ontbyt, of omdat hulle nie langer kon knyp nie.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics