RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Oppi Duin op Lambertsbaai 16.10.2026 5:29
Dit het alles begin met 'n braai op 'n duin op Lambertsbaai, waar daar net 'n long drop was. Nou heet hierdie einste plek Oppi Duin, want Martin Louw se familie het toe 'n pragtige gasteplaas en trouplek oor die jare organies daar' gebou. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan kuier.
360 Speseryroete: Oesfeeste 16.10.2026 8:13
Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor oesfeeste wat weer gewild is.
Nege optredes in 12 ure 16.10.2026 2:13
‘n Musiekgroep in Australië het ‘n nuwe Guinness-wêreldrekord opgestel met nege optredes in verskillende stede binne 12 ure. Hulle het sowat 700 km afgelê.
Grootbos Stigting se projekte 15.10.2026 7:34
Nagenoeg 70% van die lewe op aarde, so word geraam, vind ondergronds plaas. Marelise Faul is ‘n entomoloog van die Grootbos Stigting in die Gansbaai-omgewing. Johan Rademan het met haar gesels oor van die projekte waarmee die stigting besig is.
Jonk: Brotox 15.10.2026 4:38
Dr. Xen Ludick praat oor mans se gebruik van Botulinum-toksien. Hy sê mans se aanslag tot hierdie behandeling is tans waar vroue 15 jaar gelede was.
Dier van die jaar 15.10.2026 1:38
‘n Labrador genaamd Sgiath in die Skotse Hoogland is aangewys as die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn se dier van die jaar. Sy het al honderde kolonies van ‘n indringerorganisme in die see opgespoor en uitgewys.
Juffrou Sybill se Stanford 14.10.2026 7:16
Sybill October vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar geliefde grootworddorp, Stanford, waar sy opgegroei het as een van 10 kinders. Sy het op die ou end 'n skoolhoof daar geword. Haar opleiding aan die destydse Athlone Opleidingskollege in die Paarl verruil sy vir niks.
Dorpsgeheime: Erfenisboord in Elgin/Grabouw 14.10.2026 6:49
Jeanne Fourie vertel vir Martelize Brink van Tru-Cape se Erfenisboord op Oak Valley in die Elgin- en Grabouw-omgewing. Daar is vrugtebome van historiese variëteite soos die Witte Wijnappel wat Jan van Riebeeck aan die Kaap geplant het.
Koop kaartjies vir 'n troue 14.10.2026 1:40
‘n Paartjie in San Diego in Kalifornië het ’n webblad, Not a Wedding Crasher, begin waar jy ‘n uitnodiging na ‘n troue kan koop. Jy kry ’n partytjie, en help so betaal vir die bruilof.
Die uitwerking van heeltyd bang wees 13.10.2026 7:56
Santie Terreblanche praat oor die sielkundige effek van heeltyd bang wees. Dis iets waaraan veral vroue in Suid-Afrika blootgestel is.
Bedluise vertraag vlug 13.10.2026 1:06
‘n Vlug tussen Italië en Australië moes uitgestel word weens bedluise, wat die mense op die vorige vlug van 17 uur lank gebyt het.
Berede boogskiet 12.10.2026 9:35
Rudi Riek gesels met Martelize Brink oor berede boogskiet, en die uitdagings van boogskiet terwyl jy perd ry.
In die wêreld van landbou 12 Oktober 2026 12.10.2026 5:48
In die landbounuus: SA Canegrowers vra die minister van finansies om die suikerbelasting af te skaf; Sampro stel sy jongste marktendensverslag bekend; Zimbabwe se regering sê hy het reeds R8,45 miljard se vergoeding aan wit boere betaal; 54,3% van Namibië se vrugte- en groente-uitvoere is in 2025 na die EU.
Wetenskapwonder: IceCube Neutrino-observatorium 12.10.2026 5:19
Felix Spies verduidelik vir Martelize Brink die werking van die IceCube Neutrino-observatorium waarvoor Francis Halzen die Nobelprys vir Fisika in 2026 ontvang het.
Koop 'n huis, kry 'n skool! 12.10.2026 1:34
Die Stadsraad van Birmingham het per ongeluk met die verkoop van ‘n drieslaapkamer huis, wat grens aan ‘n laerskool se sportvelde, die skool by die transaksie ingesluit. Nou soek hulle die skool terug.
Koos van der Merwe by die Woordfees 09.10.2026 10:05
Koos van der Merwe gesels oor sy nuwe album, My hande maak holtes, wat in November bekendgestel word. Dis ook die naam van sy vorige digbundel. Sy jongste digbundel is Die Armkant van Rykdom.
Nordiese Stap 09.10.2026 12:18
Lohra de Waal en Heidi Eloff demonstreer vir Martelize Brink en Johan Rademan hoe Nordiese Stap werk, vertel van hulle medaljes by die wêreldkampioenskappe in Finland, en die naweek se Velddraf met Woorde by die Woordfees.
Prof. Marena Manley 09.10.2026 6:35
Prof. Marena Manley vertel wat sy beoog met haar termyn as voorsitter van Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Laudo Liebenberg by die Woordfees 09.10.2026 6:11
Laudo Liebenberg gesels met Martelize Brink en Johan Rademan oor musiek, films en saam met Frank Freeman, en produksies by die Woordfees.
360 Speseryroete: Heuningbostee 09.10.2026 12:06
Brigitte du Preez laat Martelize Brink en Johan Rademan proe aan heuningbostee uit verskillende streke. Hierdie fynbostee is eers redelik onlangs kommersieel begin verbou.
Stellenbosch Universiteitsbiblioteek se skatte 09.10.2026 9:42
Mimi Seyffert-Wirth wys vir Martelize Brink en Johan Rademan van die skatte wat in die Stellenbosch Universiteitsbiblioteek is, soos CJ Langenhoven se das wat hy kort geknip het.
Frank Freeman by die Woordfees 08.10.2026 10:31
Frank Freeman gesels oor musiek maak vir jouself, en dan vir ‘n gehoor. Hy vertel van sy Woordfeesproduksie, Wie is Bernoldus Niemand, met sy groep, VOLK.
Nabyskoot op die filmbedryf 08.10.2026 10:04
Kabous Meiring gesels oor die filmbedryf en die Toyota Stellenbosch Woordfees se gesprekke oor die bedryf.
Daghbreek se Eiffelkoor 08.10.2026 3:43
Dannhauser van der Merwe vertel vir Martelize Brink en Johan Rademan van die Dagbreek Manskoshuis se Eiffelkoor, wat vanjaar die Atterbury Trust A Capella nasionale kompetisie gewen het.
Stellenbosch se wynroete 08.10.2026 11:30
Elmarie Rabe gesels met Martelize Brink en Johan Rademan oor die Stellenbosch Wynroete.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics