fr

RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Society

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

16 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

360 Speseryroete: Die kos en kultuur aan die Kaap in die 1800’s (Deel 1) 18.09.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die opmerkings van ‘n Engelse dame in haar boek, Life At The Cape A Hundred Years Ago, oor kos aan die Kaap in die 1800’s.

Roei tussen die krokodille 18.09.2026

‘n Onafhanklike ondersoek het bepaal dat die 2032 Olimpiese- en Paralimpiese Spele se roei-items in die Fitzroy-rivier met sy 500 krokodille kan plaasvind. Dis die grootste reptiele, en word tot 6 meter lank.

Leon se Kloofkind op RSG 17.09.2026

Leon van Nierop vertel vir Martelize Brink van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, Kloofkind. Leon is sowel die skrywer as regisseur.

Jonk: Siektes en simptome in die mond 17.09.2026

Mondhigiënis Dirna Grobbelaar praat oor mondgesondheid en hoe jou mond die res van jou liggaam kan beïnvloed.

Nood-grassny 17.09.2026

Brandweermanne in Oklahoma in died VSA het ‘n man in ‘n mediese noodsituasie gehelp. Hy het in daardie stadium sy grasperk al halfpad gesny. Toe die ambulans hom wegneem, sny die brandweermanne sy gras klaar. Hulle sê mens kan dit mos nie so los nie!

Jan die Meulenaar 16.09.2026

Nie eers beurtkrag kon hulle stop in 1897 op Soetmelksvlei op Franschhoek nie. Johan Rademan by Jan Jordaan, beter bekend as Jan die Meulenaar, gaan kuier op Soetmelksvlei.

Dorpsgeheime: Wellington se stasie 16.09.2026

Hester de Kock vertel van Wellington se treinstasie. Daar is in 1858 aan die land se eerste spoorlyn tussen Kaapstad en Wellington begin bou, maar vertragings het gemaak dat dit eers in 1862 voltooi is. Durban het in 1860 al ‘n treindiens geopen.

Word betaal om te lees 16.09.2026

Singapoer wil sy burgers aan die lees kry. Daar is nou ‘n nasionale program waar jy op ‘n webblad aanteken wanneer jy lees. Jy kry dan ‘n geldjie vir jou lesery.

Êrens oorsee: Winston-Salem, Noord-Carolina 15.09.2026

Johan Schoeman vertel vir Martelize Brink van die lewe in Winston-Salem in Noord-Carolina in die VSA. Hy woon al 28 jaar daar.

Liezel laat Johnny se nalatenskap leef 15.09.2026

Liezel Davids, weduwee van die voormalige RSG-omroeper, kommentator en TV-aanbieder, Johnny Davids, gesels oor die afgelope paar maande sonder hom, en hoe sy steeds sy nalatenskap wil laat voortleef.

Halfmarathon halflyf deur die water 15.09.2026

‘n Halfmarathon In New Jersey in die VSA het onlangs voortgegaan in weerwil van blitsvloede wat veroorsaak is deur sewe duim reën in baie ‘n kort tydjie. Deelnemers moes soms halflyf deur die water beur, maar stop was min.

Vergelegen se Nguni's 14.09.2026

Eben Olderwagen praat oor Vergelegen se Nguni’s, en waarom hulle deesdae ’n Nguni/Angus-kruising doen.

In die wêreld van landbou 14 September 2026 14.09.2026

In vandag se landbounuus: Die minister van landbou bevestig dat die verpligte uitskot van klinies gesonde, siektevrye buffels voorlopig opgehef is; Die Egiptiese mark maak deure oop vir Suid-Afrika se rooivleis; die Agribesigheid-vertrouensindeks wys ’n verbetering; Trekkerverkope daal weer.

Wat is donkertoerisme? 14.09.2026

Mariëtte du Toit-Helmbold verduidelik wat donkertoerisme is, hoekom mense dit doen. En plaaslike plekke om te besoek.

TV-nuusleser word koning 14.09.2026

Ná meer as drie dekades op die troon, is die wêreld se jongste heersende koning, koning Oyo, in die ouderdom van 34 oorlede. Sy 56-jarige neef, ‘n gewilde TV nuusleser, is nou aangewys as die nuwe koning in Uganda se Tooro tradisionele koninkryk.

Verken 'n grot 11.09.2026

Kom beleef die wêreld onder jou wêreld. Wêrelddag van Grotte en Karst word op 13 September gevier om bewusmaking te skep van dié ondergrondse towerplekke, wat entoesiastiese grotkruipers al te graag verken. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind.

360 Speseryroete: Wildsvleis 11.09.2026

Wildsvleiskenner Annatjie Reynolds gesels met Martelize Brink, en beantwoord luisteraarsvrae oor kook met wildsvleis.

Te swaar om te red 11.09.2026

Werkers op die oliebore in die Noordsee mag van 1 November 2026 af slegs gaan werk indien hulle met werksklere en skoene aan 124 kg of minder weeg. Anders is hulle te swaar vir die kuswag se helikopter se wen-as om hulle te kan red.

Minder applous, meer aksie 10.09.2026

“Suid-Afrika het nie nog ’n Vrouemaand nodig wat met applous eindig terwyl die stelsel dieselfde bly nie.” Die Tears-stigting doen ’n beroep op die polisie, gesondheidsdienste, werkgewers, skole, universiteite en die burgerlike samelewing om van simboliese insluiting na werklike deelname deur oorlewendes te beweeg. Celeste Louw, hoofbestuurder van dié stigting, het met Haidee Muller-Isaacs gesels.

Blind, dronk en ver van die huis afgetrek 10.09.2026

Anthony Hall is in Engeland 240 km van sy huis af van die pad afgetrek. Hy was dronk, maar hy is ook siggestremd. Hy kan lig sien, en het agter ‘n swaarvoertuig se ligte aangery op pad Skotland toe.

Jonk: Skoonheidsbehandeling vir mans 10.09.2026

Dr. Ria Smit praat oor skoonheidsbehandeling vir mans, wat al hoe meer gereeld versoek word.

Witblitsstook op Soetmelksvlei 09.09.2026

Die ou mense het dikwels wyn en vrugte gestook, en die alkohol is vir medikasie en plesier gebruik. Dié tradisie word nog op Soetmelksvlei gedemonstreer. Johan Rademan het vir Curtley Hofman gevra oor dié wonderkuur wat op ‘n 1897-vertoonplaas gebruik kan word.

Hoëspoed sportbra’s 09.09.2026

Vrouefietsry het vanjaar ‘n vars skandaal. Daar is ‘n opstop-praktyk bekend as borsstroombelyning. As die dames se borsarea vergroot word, kan daar 'n vermindering van tot 3,6% in lugweerstand wees.

Êrens oorsee: Lapland, Finland 08.09.2026

Coenraad Spaumer gesels met Martelize Brink op die eerste dag van sy restaurant, Petronella, se nuwe seisoen in Saariselkä, Finland.

Fotografie-uitstalling op Seepunt se Promenade 08.09.2026

Sancia Cilliers vertel vir Martelize Brink van ‘n fotografiekompetisie waar die uitstaande foto’s op Seepunt se Promenade uitgestal word.

Écoute le podcast Driesestig sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics