RSG

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

6 de jul. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android 5 M+ de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Regsake 27 Januarie 2025 27.01.2025

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n vrou wat met haar man van bed en tafel geskei is, maar nou haar deel van ‘n eiedom wil verkoop. Spesialisgas Volker Kruger bespreek drie sake waar die hof gevra is om in te meng met ‘n erflater se testeervryheid, deur klousules in ‘n testament te skrap.

Regsake 20 Januarie 2025 20.01.2025

Igna Klynsmith bespreek die grondwetlike geldigheid van sekere artikels van die wysigingswet op strafreg, spesifiek die seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede-wet 32 van 2007. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die afdwingbaarheid van ‘n Lewende Testament, nadat ‘n hospitaal geweier het om aan ‘n pasiënt s'n gehoor te gee.

Regsake 13 Januarie 2025 13.01.2025

Igna Klynsmith praat onder meer oor ‘n 2024 saak, wat handel oor wraak-pornografie. Hy praat ook oor korrupsie met die uitreiking van bestuurslisensies. Spesialisgas Volker Kruger bespreek 'n Wes-Kaapse Hooggeregegshofsaak wat handel oor 'n dispuut oor ‘n testament. Hy lees die relevante testamentêre bepalings, en jy kan dan besluit wat jy dink die hof beslis het.

Regsake 6 Januarie 2025 06.01.2025

Igna Klynsmith praat oor egskeidings, saamwoon-ooreenkomste en huwelikskontrakte. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor beserings wat by skole opgedoen word, en die regte wat ouers het om regstappe teen die skool te doen.

Regsake 30 Desember 2024 30.12.2024

Igna Klynsmith bespreek die verhoor van Jesus, wat uiteindelik tot sy kruisiging gelei het. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die reg van ‘n minderjarige kind om te erf, en hoe om so 'n erflating te beveilig.

Regsake 23 Desember 2024 23.12.2024

Igna Klynsmith praat oor voetgangerseise teen die Padongelukkefonds. Hy bespreek ook ‘n geval waar ‘n versekeringsmaatskappy ‘n vrou aanspreeklik hou vir ‘n botsing, wat volgens hulle veroorsaak is deur haar gebruik van ‘n selfoon terwyl sy bestuur het. Patentprokureur Karel Bredenkamp praat oor onregmatige mededinging.

Regsake 16 Desember 2024 16.12.2024

Igna Klynsmith verduidelik wat dit beteken om buite die hof te skik. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor wat van ‘n voertuig word, wat deur twee partye gekoop is, indien een van die kopers te sterwe sou kom. Spesialisgas Peto Milton praat oor direkteurskap, en hoe dit beïnvloed word deur die Maatskappyewet 71 van 2008.

Regsake 9 Desember 2024 09.12.2024

Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor ‘n egskeding, en of ‘n persoon ‘n eis kan instel indien hulle buite gemeenskap van goedere getroud is. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor lyfstraf by kinders. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor verslawing en kontakreg met kinders.

Regsake 2 Desember 2024 02.12.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n versekeringsmaatskappy wat sewe jaar geneem het om ‘n lewensversekeringseis uit te betaal. Hy tref ook onderskeid tussen nalatigheid en growwe nalatigheid m.b.t. versekeringseise. Spesialisgas Est-marie McCallahan gee raad oor hoe jy jouself kan beskerm deur ‘n bekermingsbevel te kry in die lig van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en...

Regsake 25 November 2024 25.11.2024

Igna Klynsmith beantwoord ‘n vraag oor die samestelling van die Regterlike Dienskommissie, en ‘n nuwe wetsontwerp oor die regulering van tabak- en damprookprodukte. Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor die registrasie van intellektuele eiendom.

Regsake 18 November 2024 18.11.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor deeltitel-eenhede. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord ‘n vraag oor of ‘n mens ’n maatskappy moet stig wanneer jy ‘n nuwe besigheid begin, gee raad oor wat jy kan doen om die risiko’s te beperk, veral om te probeer verhoed dat jy alles verloor indien dinge sou skeef loop.

Regsake 11 November 2024 11.11.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man, wat met die wete dat hy MIV onder lede gehad het, ‘n seksuele verhouding met sy vriendin aangeknoop het, maar nie sy status met haar gedeel het nie. Hy praat ook oor twee Vrystaatse egpare wat regsgeskiednis gemaak het. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor jou gesondheid by die werk.

Regsake 4 November 2024 04.11.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n pensioenfonds en ‘n egskeiding; en fooie wat betaalbaar is na die kansellasie van ‘n huisverband. Spesialisgas Susan de Wet praat oor die polisie se plig om dossiere te lewer oor ‘n ongeluk wat by ‘n kruising plaasgevind het.

Regsake 28 Oktober 2024 28.10.2024

Igna Klynsmith bespreek die regsbegrip, die vermoede van dood. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek 'n hofsaak waarin ‘n regter moes beslis of 'n virtuele beëdiging van 'n eedsverklaring in ons reg aanvaarbaar is. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen 'n gewone verklaring en 'n eedsverklaring.

Regsake 21 Oktober 2024 21.10.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat verband hou met ‘n werknemer wat breindood verklaar is nadat hy geval het, na aanleiding van drankmisbruik by ‘n werksfunksie. Hy praat ook oor ‘n skadevergoederingsaak ná ‘n botsing wat deur ‘n slaggat veroorsaak is.  Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor intellektuele eindomsreg.

Regsake 14 Oktober 2024 14.10.2024

Igna Klynsmith praat oor die nasionale gesondheidsversekeringswet, en oor die belangrike rol wat die reg speel in natuurbewaring. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen verduidelik of daar ‘n regsplig is om stiefkinders te onderhou.

Regsake 7 Oktober 2024 07.10.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die proses van die uitlewering van ‘n gevangene. Hy praat ook oor toegang tot familiebegrafplase, en wie aanspreeklik is vir skade aan huise en motors wat deur gholfspelers veroorsaak word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n interessante saak waarin 'n hof moes beslis of 'n ma se hospitaalrekords blootgelê kon word in 'n familieregsaak.

Regsake 30 September 2024 30.09.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor troeteldiere in deeltitelkomplekse. Hy praat ook oor leunverklikkerstoetse. Spesialisgas Est-Marié McCallaghan praat oor onwettige bouery in komplekse, en gepaardgaande boetes.

Regsake 23 September 2024 23.09.2024

Igna Klynsmith beantwoord ‘n paar luiteraarsvrae. 'n Luisteraar wat binne gemeenskap van goedere getroud is, wil weet of haar huis wat al 30 jaar in haar besit is, in haar getroude van geregistreer moet word, om sodoende die proses vir haar dogter te vergemaklik om die huis te erf. Igna beantwoord ook ‘n vraag oor of ‘n verkoper van ‘n eiendom die reg het om hulle eie akteveraardiger aan te stel....

Regsake 16 September 2024 16.09.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n inwoner van ‘n deeltitelkompleks wat nie haar heffings betaal nie, en wat die trustees te doen staan om haar te verplig om te betaal. Spesialisgas Volker Kruger gee advies oor ‘n koper van ‘n voertuig, wat die koopprys in die verkeerde bankrekening inbetaal het. Die geld is gesteel, wat nou?

Regsake 9 September 2024 09.09.2024

Igna Klynsmith bespreek die gebruik van hommeltuie in hengel. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor hoe emosies ‘n rol speel tydens egskeiding.

Regsake 2 September 2024 02.09.2024

Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor siviele eise teen die staat. Hy praat ook oor die nuwe Ombudsraad vir Finansiële Diensverskaffers se nuwe reëls. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor wie die reg het om 'n geliefde te begrawe; wie besluite mag maak oor waar, wanneer en hoe iemand begrawe mag word.

Regsake 26 Augustus 2024 26.08.2024

Igna Klynsmith praat oor ‘n saak van ‘n hoenderboer wat skadevergoeding eis by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, ná miljoene rand se skade a.g.v. ‘n uitbreking van voëlgriep. Völker Kruger bespreek ‘n saak oor ‘n oorledene se familie, wat sy testament ongeldig wil verklaar omdat hy, volgens hulle, nie die verstandelike vermoë gehad het om 'n testament te verly nie.

Regsake 19 Augustus 2024 19.08.2024

Igna Kleynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man wat verskeie kere gesteel het, tronkstraf opgelê is en die saak later ter syde gestel is onder die beginsel van ubuntu. Spesialisgas Johan Botes beantwoord ‘n vraag oor ’n werknemer wat deur haar werkgewer met ‘n versoek genader is om haar diens te beëindig in ruil vir betaling.

Regsake 12 Augustus 2024 12.08.2024

Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor naamskending. Spesialisgas Peto Milton praat oor skuld tussen vriende en familie - is ‘n skulderkenning nodig, en wanneer verjaar jou eis?

Escucha el podcast Regsake en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos