Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 Gesprekke
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.kosmos.com.na
Autor
Kosmos 94.1
Categoría
Web del podcast
Último episodio
30 de sep. de 2026
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Agter die Skerms van die KykNET Buite Ekspo met Marius Opperman 15.04.2026 9:16
Jean-Louis gesels met Marius Opperman, die man agter die gewilde KykNET Buite Ekspo in Suid-Afrika en Namibië. Hulle gesels oor wat alles in die beplanning van dié groot gebeurtenis ingaan, wat besoekers kan verwag, en hoe dit aansluit by die opwinding van die KosMOS Fees 2026. Die KykNET Buite Ekspo vind plaas op 24 en 25 April, met die KosMOS Fees 2026 op 25 April. Kaartjies is beskikbaar by htt...
Face of Hope: Hoop, omgee en die krag van klein dade 14.04.2026 7:22
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Anita Senekal oor haar projek, Face of Hope. Die inisiatief is gebou rondom hoop en omgee, en wys hoe een persoon ’n verskil kan maak wanneer jy kies om iets goeds vir ander te doen. Luister saam na die storie agter die projek en ontdek hoe klein dade ’n groot impak in mense se lewens kan hê.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 13 April 2026 14.04.2026 7:14
JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Namibië se Wêreldsukses by RCFA Wêreldkampioenskappe 13.04.2026 8:09
Jean-Louis gesels met Ingo Oosthuizen, internasionale koördineerder van RCFAI, oor Namibië se uitstaande prestasie by die onlangse RCFA Wêreldkampioenskappe. Die land het wêreldwyd aandag getrek met ’n indrukwekkende vertoning, insluitend verskeie wêreldkampioene en ’n rekord aantal medaljes.
Jean-Louis in gesprek met Andriette Norman oor nuwe musiek 10.04.2026 3:49
Jean-Louis gesel met Andriette Norman oor haar splinternuwe liedjie. Hulle praat oor die storie agter die musiek, haar inspirasie en wat aanhangers kan verwag. Skakel in en hoor die liedjie eerste.
Jean-Louis gesels met Adam oor hulle nuwe treffer "Chane” bekend 10.04.2026 7:40
Jean-Louis gesels met Adam oor hul splinternuwe liedjie, “Chane”. Hulle deel meer oor die inspirasie agter die snit, die kreatiewe proses en wat luisteraars kan verwag. Moenie hierdie eksklusiewe bekendstelling misloop nie.
KosMOS Fees: Wen ’n Reis vir Twee na Suid-Afrika met JSB Sports Betting 10.04.2026 7:28
Jean-Louis gesels met KJ van JSB Sports Betting oor hoe die KosMOS Fees en JSB Sports Betting vir jou die kans gee om ’n onvergeetlike reis vir twee na Suid-Afrika te wen. Vind uit hoe om deel te neem en hoekom jy beslis by KosMOS Fees moet wees. Wat jy kan wen: -Retourvlugte vir twee na Suid-Afrika -2 nagte se verblyf -Kaartjies om die Springbokke teen Engeland te sien speel by Ellis Park op 4 Ju...
Breinkrag vir Elke Ouderdom met Bio-Strath 08.04.2026 7:20
Jean-Louis en Anette Rheeder gesels oor Bio-Strath en hoe noodsaaklike voeding die brein kan ondersteun, ongeag ouderdom. Hulle verduidelik die voordele van hierdie natuurlike aanvulling en hoe dit kan help met fokus, energie en algehele welstand. Bio-Strath is beskikbaar by jou naaste apteek in verskillende verpakkings, beide as tablette en vloeistof. Vir meer inligting, besoek die Bio-Strath web...
Van Gladiator tot Gids: Die Reis van André Coetzee 08.04.2026 6:32
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met André Coetzee, ’n man met ’n besonder interessante lewensreis. Baie mense onthou hom as “Wildebees” van die ikoniese TV-program MTN Gladiators, maar sedertdien het sy pad hom deur verskeie hoofstukke geneem. Van sy dae op die skerm tot sy werk in spanbou en persoonlike ontwikkeling in Namibië, deel hy insigte, stories en lesse wat inspireer. Maak Spor...
Wêreld Outisme Dag: ’n Gesprek met Rivkah Blaauw 02.04.2026 7:25
Vandag gesels Jean-Louis met Rivkah Blaauw oor ’n belangrike onderwerp op Wêreld Outisme Dag. Hulle kyk na wat outisme werklik is, hoe dit van persoon tot persoon verskil, en waarom ware insluiting so belangrik is in ons samelewing. As arbeidsterapeut deel Rivkah ook waardevolle insigte oor hoe sy kinders en volwassenes ondersteun in hul daaglikse lewe, asook vroeë tekens waarna ouers kan oplet. D...
Jean-Louis in gesprek met Robbie Wessels oor KosMOS Fees 2026 02.04.2026 5:59
Jean-Louis gesels met Robbie Wessels, wat binnekort by die KosMOS Fees 2026 gaan optree. Hulle bespreek sy musiek, wat gehore kan verwag, en die opwinding rondom hierdie gewilde fees. Die KosMOS Fees 2026 vind plaas op 24 en 25 April by kykNET Buite Ekspo, met optredes op 25 April. Kaartjies is beskikbaar aanlyn. Die fees word moontlik gemaak deur FNB Namibia, Windhoek Beer, Coca-Cola Namibia, JSB...
Gesprek oor Starlink in Namibië 02.04.2026 13:25
Jean-Louis gesels met Josephine Shigwedha oor Starlink in Namibië. Met die jongste ontwikkelinge en belangrike vrae rondom tegnologie, regulasies en data-privaatheid, bied hierdie gesprek waardevolle insigte vir almal wat belangstel in die toekoms van konnektiwiteit.
Irma’s Heartbreak Rescue – ’n Nuwe Aanvulling tot die Irma’s Rescue Reeks 01.04.2026 6:15
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor nog ’n produk in die Irma’s Rescue reeks, naamlik Irma’s Heartbreak Rescue. In hierdie episode deel hulle meer oor die doel van die produk en hoe dit mense kan ondersteun in uitdagende emosionele tye. Luisteraars kan die Irma’s Rescue reeks by hulle naaste apteek kry. Vir verdere navrae kan jy ’n e-pos stuur na info@sanatural.co.za of ’n WhatsApp boodskap s...
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 01.04.2026 6:27
JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Maak Spore met Elmero Strauss: Die Groeipad van Derrick Clark 01.04.2026 4:08
Elmero Strauss gesels met Derrick Clark oor sy reis in die wêreld van tuinmaak en landskapwerk. Hulle kyk terug na hoe alles begin het, die uitdagings wat hy in die bedryf teëgekom het, en sy diep passie om met die natuur te werk. ’n Inspirerende gesprek oor groei, deursettingsvermoë en die skoonheid van die buitelewe.
Jean-Louis in gesprek met Anette Rheeder oor THRESHHold Real MSM vir gesonde bindweefsel 25.03.2026 7:15
In hierdie episode gesels Jean-Louis met Anette Rheeder oor THRESHHold Real MSM en die rol wat dit speel in die bevordering van sterk, gesonde bindweefsel, asook die vermindering van pyn en inflammasie. Hulle bespreek hoe hierdie produk kan bydra tot algehele welstand en lewensgehalte. THRESHHold Real MSM tablette is beskikbaar in houers van 60 en 120 by jou plaaslike apteek. Vir gesondheidsnavrae...
Van Walvisbaai tot die Verhoog – Salvador Mouers se Musiekreis 20.03.2026 5:03
Elmero Strauss gesels vandag met Salvador Mouers, ATKV Crescendo-wenner en die eerste Namibiese kunstenaar wat deur dié program bekendgestel is. Van Walvisbaai tot op groot verhoë, word sy musiek gedryf deur geloof, familie en eerlike lewensverhale wat aanklank vind by luisteraars.
Agter die Lied – Tamlyn Wessels oor Ek Slaap In Jou Hoodie 20.03.2026 4:30
Tamlyn Wessels stel vandag haar nuwe enkelsnit “Ek Slaap In Jou Hoodie” bekend — ’n lied wat die gevoel van verlange en nabyheid op ’n eerlike en treffende manier vasvang. Met invloede van pop en folk, en lirieke wat fokus op die klein, betekenisvolle oomblikke van liefde, skep sy ’n klank wat beide warm en opreg voel. Jean-Louis gesels regstreeks met haar oor die inspirasie agter die lied, die st...
Sal Jy Wil Jy? – ’n Eksklusiewe Geselsie met Irene-Louise van Wyk 20.03.2026 5:11
Irene-Louise van Wyk se splinternuwe enkelsnit “Sal Jy Wil Jy” is vandag vrygestel, en dit is beslis iets wat jy nie wil mis nie. En dit raak nog beter — Jean-Louis gesels vandag met haar in ’n eerlike en insiggewende onderhoud oor die storie agter die lied, haar musiekreis, en wat luisteraars nog van haar kan verwag.
Oliepryse, Oorlog en Afrika se Ekonomiese Toekoms 19.03.2026 2:37
Jean-Louis gesels met Dawie Roodt oor die impak van stygende oliepryse te midde van die voortdurende konflik in die Midde-Ooste, en hoe dit ekonomieë regoor Afrika raak. Met waarskuwings dat volgehoue hoë brandstofpryse en moontlike tekorte groei met tot drie persentasiepunte kan knou, word die vraag gevra of optimistiese groeivoorspellings vir die vasteland nog haalbaar is. Hulle bespreek ook of...
Gesels met Jaime Smith oor "Level Up: Adulting is for Real" 18.03.2026 9:04
Vandaggesels Elmero Strauss met Jaime Smith oor haar splinternuwe boek Level Up: Adulting is for Real, wat hierdie Vrydag, 20 Maart, vrygestel word. Ons ontdek die inspirasie agter die boek, die boodskap wat Jaime wil deel, en die betekenis van hierdie nuwe vrystelling.
Gesprek oor Prostaatgesondheid: Jean-Louis in gesprek met Estie Schreiber 18.03.2026 12:14
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor mans en prostaatprobleme. In hierdie episode deel ons insig, raad en nuttige inligting oor hoe mans hul prostaatgesondheid kan ondersteun. Hulle bespreek ook A Vogel Prostasan kapsules, ’n produk wat beskikbaar is by apteke regoor Namibië. Vir meer inligting, epos info@sanatural.co.za of besoek die webwerf www.avogel.co.za .
KI Geheuekrisis: Stygende RAM-pryse en die Impak op Verbruikers 18.03.2026 7:53
Jean-Louis gesels met Gregory Francis en Annalize van der Merwe oor ’n dringende kwessie in die tegnologie-wêreld: die wêreldwye tekort aan KI-geheue en die skerp styging in RAM-pryse. Hulle verduidelik wat RAM is en waarom dit in 2026 so ’n kritieke rol speel, veral met die groei van kunsmatige intelligensie. Die gesprek ondersoek hoekom KI-stelsels soveel meer geheue benodig as tradisionele tegn...
Van Idees tot Innovasie: ’n Gesprek met Rayno Burger 17.03.2026 6:59
Vandag in Maak Spore gesels Elmero met Rayno Burger, CEO by BinaryCity, tussen 12:00 en 13:00. Hulle verken die wêreld van tegnologie en digitale oplossings, en kyk na hoe ’n mens ’n suksesvolle tegnologie-besigheid bou. Van die eerste idees tot werklike innovasie – watter spore laat dit in die moderne wêreld? Skakel in en luister saam na ’n insiggewende gesprek oor die toekoms van tegnologie. Moo...
Elmero Strauss gesels met Elandré oor “Somersoet” 17.03.2026 6:16
Elmero gesles met Elandré oor sy splinternuwe enkelsnit, “Somersoet”, wat vandag vrygestel word. Hulle deel meer oor die inspirasie agter die liedjie, die kreatiewe proses en wat aanhangers kan verwag. Moenie hierdie interessante gesprek en eksklusiewe agter-die-skerms stories misloop nie. Skakel in en ervaar die wêreld van Afrikaanse musiek van nader.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos