Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: christianityworks.co.za

Autor

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Categoría

Religion

Web del podcast

christianityworks.co.za

Último episodio

1 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Liefde is … 01.03.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 13:4,5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.  Party mense vra die vraag: "Waarom iets in ses woorde sê, as jy dit in sestig kan sê?" Ek was nog altyd geneig om...

Word Vinnig Wys 28.02.2024

Send us Fan Mail Spreuke 3:13-18 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud. Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer. Die wysheid br...

Wie moet Wraak Neem? 28.02.2024

Send us Fan Mail Romeine 12:17-19 Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.”  Wat is die een ding wat jy...

God se Groot Werke 27.02.2024

Send us Fan Mail Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie.  Het jy al ooit daarna gesmag om iets "groots" vir God te doen? Het jy al gedroom dat Hy kragtig deur jou in ander mense se lewens sal werk? Vir baie mense bly dit egter net 'n droom. Enigeen wat Jesus liefhet, het daardie drome gehad; daardie idee dat...

Hoe Sal ‘n Wêreld Sonder Liefde Lyk? 26.02.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 13:1-3 Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit,...

Waarborg Sukses 25.02.2024

Send us Fan Mail Josua 1:8 Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. (NLV)  Die onderwerp vir vandag is: sukses. Jou sukses in die koninkryk van God. En as jy 'n bietjie skepties is, dan is dit goed, want wanneer iemand in een asem van God se Woord en van "sukse...

Laat Daar Lig Wees 24.02.2024

Send us Fan Mail Matteus 5:14-16 Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik...

Wat Is Goed? 23.02.2024

Send us Fan Mail Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (NLV)  Ons leef in 'n wêreld van skerp kontraste. Swart en wit. Lank en kort. Ryk en arm. Jonk en oud. Maar die belangrikste van al hierdie is: goed teenoor kwaad. Nouja, wat is die verskil tussen daardi...

Raak Ontslae van jou Boosheid 22.02.2024

Send us Fan Mail Jakobus 1:21 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red. (NLV)  Dit lyk asof die enigste manier om heeltemal weg te bly van die boosheid wat hierdie wêreld regeer, is om jouself toe te sluit en 'n geslote bestaan te voer. So sal jy kan wegbly...

Hoe Sal Jy Weet? 21.02.2024

Send us Fan Mail Johannes 14:22,23 Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: “Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.  Jy moet altyd versigtig wees as iemand beweer dat hy die een of ander spesiale insig, wat nie...

Moeilike Vrae 20.02.2024

Send us Fan Mail Psalm 71:20,21 U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diep waters van die aarde, uit die doderyk rig U my weer op. U sal my in eer herstel en weereens my vertrooster wees. (NLV)  Wonder jy ooit watter rol God daarin gespeel het wanneer probleme oor jou pad kom? Het Hy per ongeluk daardie probleem misgekyk, of was dit al die tyd deel van sy plan?...

Wanneer Jy Net Sommer Weet 19.02.2024

Send us Fan Mail Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV)  Het jy al ooit gewonder hoekom God, in Sy wysheid, dieselfde ding oor en oor in sy Woord sê? Dit is 'n vraag wat ek myse...

Satan se Aanklag 18.02.2024

Send us Fan Mail Job 1:10-12 U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie. ”Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.” Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.  Daar word in di...

Gee die Here ‘n Kans 17.02.2024

Send us Fan Mail Psalm 34:7-9 Hierdie ellendige mens het geroep en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered. Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle. Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou! (NLV)  Stel jouself hierdie situasie voor: Jy is besig om diamante te delf, maar na maande se uitputtende, sielsver...

Die Here Sal Jou Beskerm 16.02.2024

Send us Fan Mail Psalm 3:4 - 6 Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.  Kan jy jou voorstel hoe absurd die begrip destyds was, dat 'n koning vir sy volgelinge 'n dienskneg kan wees? Nee, my vriend, die enigste konte...

Jou Pyn sal in Vreugde Verander 15.02.2024

Send us Fan Mail Johannes 16:19,20 Jesus het agtergekom dat hulle Hom daaroor wou uitvra, en Hy sê toe vir hulle: “Probeer julle onder mekaar agterkom wat Ek bedoel het met: ‘Nog ’n kort tydjie, dan sien julle My nie; en weer ’n kort tydjie, dan sal julle My weer sien’? Ek verseker julle, julle sal huil en treur, maar die wêreld sal juig. Julle sal baie hartseer wees, maar julle hartseer sal in bl...

Kies Jou Vriende Versigtig 14.02.2024

Send us Fan Mail Spreuke13:20 Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle. (NLV)  Na wie se raad luister jy? As jy getroud is, is jou gade hopelik nommer een op daardie lys. Maar wat van die res van jou binnekring? Wie is hulle, en moet hulle regtig in jou binnekring wees? Dit is belangrike vrae omdat die antwoorde die verloop van jou lewe pos...

Sien om na Ander se Behoeftes 13.02.2024

Send us Fan Mail Romeine15:1-3 Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfel en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou. Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: “Dié wat U beledig, be...

Sy Beloftes is Waar 12.02.2024

Send us Fan Mail Psalm 18:31 God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. (NLV)  Ek wil jou vandag ‘n baie belangrike vraag vra: Dink jy God kan vertrou word? Hy maak immers nogal baie beloftes in sy Woord. Party van sy beloftes lyk eerlikwaar verregaande in ons moderne haastige, deurmekaar lewe. Kan hierdie beloftes; kan Hy, vertrou word? Op byna elke...

Januarie / Februarie 2024 VARS NUUSBRIEF 11.02.2024

Send us Fan Mail Lees als hier Ons is opgewonde om na 'n verfrissende somervakansie nog 'n jaar in diens van ons Koning te begin. Ons bid dat die tydjie vir jou ryke seën ingehou het.   Waarna sien jy hierdie jaar uit? Waarmee gaan Jesus jou hierdie jaar verras? Het jy doelwitte wat jy graag wil bereik? ‘n Vakansie wat jy dalk wil beplan? Verhoudings waaraan jy aandag moet gee? Wie weet...

Bewys Empatie 11.02.2024

Send us Fan Mail Markus 6:34 Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer.  Die wêreld waarin ons leef is baie mededingend. Mense wil al die aandag op hulle gevestig hê. Mense dring aan op poste, op indiensneming, op bevordering, o...

Wees Dapper 10.02.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 4:14-16 Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester wat deur die hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou. Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. Kom ons gaan...

Moenie Bekommerd Wees Nie 09.02.2024

Send us Fan Mail 2 Kronieke 7:13,14 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.  Op hierdie oomblik be...

Wees Geduldig in Tye van Teëspoed 08.02.2024

Send us Fan Mail Jakobus 5:11 Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. (NLV)  Beleef jy tans teëspoed? Wat is dit wat aan jou vreet? Wat beroof jou van jou lewenskwaliteit? En sê my, ho...

Aan Watter Groep Behoort Jy? 07.02.2024

Send us Fan Mail Galasiërs 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.  Sedert die vroegste tye het die mensdom homself al in groepe verdeel – volgens geografie, kultuur, velkleur, politiek, selfs...

Escucha el podcast God se Woord VARS vir jou Vandag en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos