Cape Pulpit / Kaapse Kansel

GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL

Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: capepulpit.co.za

Autor

Cape Pulpit / Kaapse Kansel

Categoría

Religion

Web del podcast

capepulpit.co.za

Último episodio

22 de sep. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Rudi Nagel - Hardekool Tuisskool 30.07.2024

'n Meester kan mooi meubels uit Hardekool hout maak. 'n Ander meester kan "Vuur, Vleis en Vriendskap" uit hardekool maak. 'n Vurige liefde vir leer kort ook stook.. Kom vertrou ons grootste leermeester, Rabbi Jesus, om daardie branding te bring.!

Rudi Nagel - Kosher Spekboom 23.07.2024

Wat tref mens as jy Spekskiet? Spekuleer saam, waarom is bromponies, kitskoffie en ses nulle deel van hierdie Slimjantjie se 111de Boom Gesprek? Mag hierdie gesprek, sooos wafferse spekboomblare, ook jou lewe ophelder, verfris en voed!

Rudi Nagel - Raasblaar Desibel Dissipel 16.07.2024

Tablette, vuvuzelas, aanneming en ander verwonderinge vul ons 110de gesprek oor bome. Fluister of Bulder....Uitbundige Uitbarstings en ook innerlike kalmte, gee uitdrukking aan ons Vader se vele fassette.

Rudi Nagel - Kremetart Smart of Boabab Kebab 09.07.2024

"Cream tart and Kebab" klink soos 'n eksotiese item op 'n spyskaart. Tert is dalk jou ding. Vleisliefhebbers soos ek, verkies sosaties. Bidders, ware bidders, wat lewe met hul "wortels na bowe', sal jou wil aantrek na 'n lewe "In Gebed''.

Rudi Nagel - Pyle in my Kokerboom 02.07.2024

As ek 'n skaapboer sou vra wat is die mees waardevolle plant, sal die kokerboom nie op daardie lys wees nie.... Maar die boesmans van ouds sou, bewend van opwinding, 'n ander opinie hieroor gee. Geestelike herders soek ook die beste vir die voortbestaan van hul kudde, en verstaan dat die jongspan spesifieke behoeftes het. Geen kind, en ook geen gebed, is ooit waardeloos nie!

Rudi Nagel - Mnr Vanwykshout,is 'n groen Olifant, met 'n Pers Verklaring 25.06.2024

Uitbundige pers bloeisels.... Opgewonde pers verklarings.... en die Onvervangbare vreugde van behoort, vul ons 107de Boom gesprek. Familie spreek meestal van biologiese behoort. Maar onthou (soos 'n Olifant) dat jy 'n stukkie lewensruimte kan skep vir eensame inkomers in jou lewe.

Rudi Nagel - Goeie, Gawe Geelhout! 18.06.2024

Kinders se veiligheid...Lande se Onafhanklikheid...klimaat se bestendigheid... Waar om te begin? Een stil inset in eie bodem, eerder as dosyne digitale diskoerse. Bome se bas kan gegroef wees. Mense se gemoed kan gegrief wees. Wat 'n goeie, gawe tuiskoms as jy 'n gemeente-kudde vind waar jy geseënd voel!

Rudi Nagel - Belladonna Nobis Pacem 11.06.2024

Ons praat van gif, maar meer nog van vergifnis. Geboortes en groei, restourasie en vrede. Ons bespreek selfs hoe gevaarlik ogies maak kan wees, maar ook die wonder van kleine ogies wat vir die eerste keer oop maak. Alhoewel Belladonna nie 'n boom is nie, is dit alles in ons 105de gesprek oor bome te vinde

Rudi Nagel - Wie dan nou anders, as Rooi Els? 04.06.2024

Te veel water, en daar is vloede. Tsunamis is 'n strotvloed van selfs nog groter gevaar. Het jou omgewing minder as 'n vloed, maar tog meer as genoeg water? Dan kan jy gerus oorweeg om ons land se vinnig groeiendste boom aan te plant. Luister wat die Rooi-els jou kan leer van "Reik na die Sterre".

Rudi Nagel - Frangipani Kan-nie-kla-nie 28.05.2024

Wanneer 'n reuk by jou neus inkruip, is daar meestal 'n sterk onthou wat saam inklim. In die geval van die Frangipani-boom se blomme, is daardie geurige herinneringe vir amper almal pragtig pastelkleurig... Wat het aroma's met Genesing, Versoening en dalk selfs met soene te doen? Hierdie gesprek Kan-nie-kla-nie, maar kan dalk wel daardie vrae begin aanspreek....

Rudi Nagel - Koejawel Redekawel 14.05.2024

Koejawel-en-vla is jou gunsteling? En tog kan jy "guava and custard" glad nie "face" nie.... Ek gaan nie met jou redekawel oor jou smaak voorkeure nie. Ons land is grootliks in puin, en daarom wil ek stop om my ""bek te rek" teenoor jou. Guava Indaba? Ja, maar nie net oopmond nie, ook met 'n oop hart...

Rudi Nagel - Avokado Bravado 07.05.2024

Al ons Nagel-seuns het in hul groot word jare gehou van boomklim uitdagings. Net soos hulle, kan ek myself misgis oor die perke van my vaardigheid. Dan kom trots tot 'n (harde) val. Hoogmoed, en cholestrol, skuil ongesiens in die dieptes van my hartskamers. Avokado kan blykbaar bydra tot beter fisiese hartsgesondeid. Vol bravade sê ek: leef gesond! Is ek egter bereid om te gaan vir 'n hoogmoeds- h...

Rudi Nagel - Kuber Kamfer 30.04.2024

Hakke, kniee, hande, elmboë, hou van die strelende room...." Kamfer is verfrissend, selfs helend. Wanneer ons tweede oudste seun homself in 'n situasie bevind waar daar 'n growwe geskaaf en onnodige geskuur tussen mense plaasvind, bring sy kamfer benadering dikwels 'n strelende vars verligting. Die jaar 2000 was meer as net Y2K. Kom luister hoe 'Kuber Kamfer'' ons op die vooraand van die nuwe mill...

Rudi Nagel - Agter die Blad en Voor die Wind 23.04.2024

In my 100ste gesprek met 'n Boom Tema kyk ek met dankbaarheid terug. Ebenezer, tot hier toe het die Here my gehelp! Ek sien ook dat ek nou my wortels dieper in hierdie vrugbare grond kan laat sak. En ek sien uit om my verstaan takke na nog hoër Hoogtes uit te strek. 'n Boom Website, Videos en Psalm reeks wink in die wind! Maak vir jou 'n grys koppietjie tee, en Stap saam met my verder in die kleur...

Rudi Nagel - Papaya,Nou, nou gaan ons Braai, ja 09.04.2024

Papaya, Nou gaan ons Braai, ja! Wat ‘n lekkerte as jy nie hoef te kies tussen ‘n stuk papaya of ‘n stuk braaivleis nie! Albei saam is beter as enige een op sy eie. Net so behoort ons nooit te hoef kies tussen ‘binnekamer’ en ‘deurentyd’ gebed nie. Albei is nodig. Nou, nou gaan ons Bid, ja!

Rudi Nagel - Hier volg die Nies, hout 02.04.2024

Hier volg die Nieshout! Ek hou daarvan om op hoogte van sake te wees. Daarom luister ek amper elke dag na die nuus. Ek geniet natuurlik goeie nuus die meeste. Maar ek geniet ook 'n goeie nies! Ek weet nie so baie van hout nie, maar dis besig om geleidelik te verander. Vandag leer ek van Nieshout... Hier volg die Nies...hout!

Rudi Nagel - Bottelbrush Bababoompie 26.03.2024

Trotse ouers voel dikwels oorweldigende vreugde by hul kleinding se eerste verjaarsdag. 'n Selfs nog meer standhoudende vreugde is ons s'n, wanneer ons besef ons lewens is gewas, gesterilliseer met Jesus se vergifnis. Beter as enige borsel, Hy was witter as sneeu.

Rudi Nagel - Eikeboom Eersgeborene 19.03.2024

Vandag se gesprek is vir my baie spesiaal. Dit bring vir my kosbare onthou van ons eerste swangerskap, geboorte en pienkvoet prins.... Ons het almal 'n "Rakker" streep in ons, maar net soos 'n eikeboom Akkers dra om voort te plant, kan ons ook Oaks of Righteousness voortbring.

Rudi Nagel - Denne Deining 12.03.2024

Die deinng van Denne bome in stormwind, kan herinner aan die gedruis van die see. Die deining van 'n slapende baba koppie op moederbors is tekenend van vrede. Laat hierdie twee uiteenlopende beelde jou herinner dat jy die deining van Vader se hart kan voel, selfs wanneer die lewenstorms rondom jou woed.

Rudi Nagel - Hier, Daar of nog 'n Hele Ent Verder die Bosse in 05.03.2024

Vandag se 'boom' vra: Is jy ook 'n boom herder? Die Ente leer ons ook dat ons kan wortel skiet. Swerwers, toeriste, nomade, pelgrims en ander reisigers vind hulle toevlug en tuiskoms by ons Veilige Bergvesting.

Rudi Nagel - Hier Daar en 'n ent Verder die Bosse in 27.02.2024

Ook in 1993 was die lewe vol veranderinge en was baie van ons swerwers. Vandag se "boom"" help my om te besef dat reisigers kan Tuiskoms vind. Al bly daar omwentelinge rondom ons gebeur, kan ek tot ruste kom. Nie 'n Ent vorentoe nie, maar hier en nou .

Rudi Nagel - Blinkoog Blinkbaar 20.02.2024

Die wag-'n -Bietjie Blinkblaar Doring boom is aan die woord. In 1992 was ek jonk en hiper-aktief. In 2024 is ek ouer, wyser en hiper-dankbaar. Blinkblaar aktiwiteit kan groei tot blinkhaar genade...

Rudi Nagel - Doring Bekoring 13.02.2024

In die mooie Bosveld is daar baie Soetdorings, Knoppiesdorings, en ook Haak-en-Steekdorings. Voel dit asof jou lewe meer dorings as hele Springbokvlakte het? Psalm 91 herinner jou dat die Here 'n skild, 'n vlerk en 'n donsveer van beskerming bied, te midde van die steke van die lewe.

Rudi Nagel - Nuuskierige Noem-Noem 06.02.2024

Ons Vader Noem jou Sy geliefde. Wat Noem jy Hom? Hy is fassineerend, is jy nuuskierig genoeg om uit te vind hoekom? En anders as vanag se boom, die veldvrug noemnoems, los ons tye met Hom nooit 'n bitter smaak in ons mond nie.

Rudi Nagel - Begaafde Boomklim 30.01.2024

In hierdie broos gesprek deel ek hoe Vader my vashou, selfs toe ek kies om van die stewigste takke in my lewensboom te laat los ....

Escucha el podcast GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos