RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ Επεισόδια: 2902

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za

Δημιουργός

RSG

Κατηγορία

Arts

Ιστοσελίδα του podcast

www.rsg.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

7 Ιουλ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Ballet oor Maria Callas 12.08.2025

Maria Callas is 'n operalegende. Mario Gaglione het 'n ballet gechoreografeer, wat fokus op dié beroemde sangeres.

Die Barbier van Seville in Kaapstad 05.08.2025

Pianis Jan Hugo vertel van Kaapstad Opera se weergawe van die opera, Die Barbier van Seville.

Trio du Cap Classique by Klein Karoo Klassique 05.08.2025

Liesl Stoltz is een van Suid-Afrika se voorste fluitspelers. Musiekliefhebbers kan na haar en twee ander musikante gaan luister tydens 'n optrede by die Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Terrance April het met haar gesels.

Andries Gouws (1952 - 2025) 05.08.2025

Christelle Webb-Joubert bring hulde aan die kunstenaar en filosoof, Andries Gouws. Hy is op 29 Mei 2025 in die ouderdom van 73 oorlede.

Journey of the Soul by Klein Karoo Klassique 05.08.2025

Dit is verstommend hoe komponiste verskillende klankkleure kan skep met musiek vir bepaalde instrumentkombinasies. Terrance April gesels met Feroll-Jon Davids, klarinetspeler van Stellenbosch, oor 'n kamermusiekkonsert waarby hy betrokke is. Dit is deel van Klein Karoo Klassique.

Woordfees 2025-program 29.07.2025

Saartjie Botha, feesdirekteur van die Woordfees, vertel wat op 2025 se program is.

Vlooi en die speelgoedkis 29.07.2025

Marinda Engelbrecht vertel van vanjaar se Vlooi-produksie, Vlooi en die speelgoedkis, by Kunstekaap. Sy was weer verantwoordelik vir die teks en lirieke.

Konserte by Klein Karoo Klassique 2025 22.07.2025

Pianis dr. Charl du Plessis gesels oor al die konserte by vanjaar se Klein Karoo Klassique.

Michael Heyns (1946 – 2025) 22.07.2025

Die kunstenaar Michael Heyns is op 17 Junie 2025 oorlede. Hy was 79. Om hulde aan hom te bring, luister ons na ‘n gesprek uit 2022, toe Christelle Webb-Joubert by hom gaan kuier het.

Die aarde gaan klop in Oktober 22.07.2025

Die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom vind plaas van 7 tot 12 Oktober 2025. Ons hoor waarna gehore kan uitsien.

Kaskenades vir kinders by Vrystaat Kunstefees 15.07.2025

Regisseur Jeanne-Marie Koekemoer gesels oor die kinderproduksie, Kaskenades, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees 2025.

SAKOV vier 45 jaar 15.07.2025

Prof. Gideon Els vertel van SAKOV se 45ste bestaansjaar, hulle werksaamhede en ‘n groot konsert op 1 Augustus 2025.

Tinarie van Wyk-Loots in Speenvark 15.07.2025

Terrance April gesels met Tinarie van Wyk-Loots oor die produksie, Speenvark, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees 2025.

Kobus Kotzé (1938 - 2025) 15.07.2025

Floris Kotzé bring hulde aan sy kunstenaar-pa, Kobus Kotzé, wat op 16 Junie 2025 oorlede is. Hy was 87.

Urban Sketching-werkswinkels 08.07.2025

Christelle Webb-Joubert maak ‘n draai by The Hatched Gallery in Pretoria. Sy gesels met die eienaars, Lourens Gous en Elzette Botes, en met die kunstenaar-argitek, Marius Badenhorst, oor die Urban Sketching-werkswinkels wat hulle aanbied.

Die Doodskis by Vrystaat Kunstefees 08.07.2025

Die akteurs, Wentzel Lombard en Tanja Franzen, gesels oor die toneelstuk, Die Doodskis, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees.

The Tramp-musiekspel oor Charlie Chaplin 08.07.2025

The Tramp, is ‘n nuwe mini-musiekspel wat gaan oor die lewe van Charlie Chaplin. Die regisseur, Amanda Bothma, en pianis Paul Ferreira vertel meer.

Mel Botes - Die Riviersimfonie 08.07.2025

Sanger en liedjieskrywer Mel Botes vertel van 'n simfoniese werk wat hy gekomponeer het, Die Riviersimfonie.

Die koning en sy bruid 01.07.2025

Skrywer en regisseur Nicola Viviers vertel van Die koning en sy bruid, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees.

Bertha le Roux-Wahl in Vlerksleep 01.07.2025

Vlerksleep is ‘n komedie met Elma Potgieter, David James, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl in die rolverdeling. Bertha se stem word gereeld gehoor op RSG, en sy het vir baie jare die rol van Emma vertolk in 7de-Laan. Christelle Webb-Joubert het besluit om haar van nader te leer ken, synde sy in Vlerksleep te sien is by Innibos 2025.

Magda Louw en haar Erhard – How Louw can you go 01.07.2025

Desire Gardner en Hannes van Wyk gesels oor hulle toneelstuk, Magda Louw en haar Erhard – How Louw can you go, wat te sien by die Vrystaat Kunstefees 2025.

Joburg Ballet en Cape Town City Ballet se SWANEMEER 01.07.2025

Balletliefhebbers in Johannesburg en Kaapstad kan hulle regmaak vir een van die hoogtepunte op die kunskalender wanneer Joburg Ballet en Cape Town City Ballet kragte saamspan om SWANEMEER aan te bied. Terrance April gesels met Elroy Fillis-Bell, bestuurshoof, Dane Hurst, artistieke direkteur en Revol Yon, hoofdanser, van Joburg Ballet oor die samewerkingsprojek.

Linde van Coppenhagen in SA 24.06.2025

Sopraan Linde van Coppenhagen is in 2011 Duitsland toe om haar professionele sangloopbaan te begin. Sedertdien het sy talle groot rolle vertolk soos die Konging van die Nag in Mozart se DIE TOWERFLUIT, Zerlina in DON GIOVANNI ook van Mozart, en Gretel in Hansie en Grietjie van Humperdink. Sy is tans op besoek aan Suid-Afrika, en Terrance April het met haar gesels oor 'n konsert waarin sy binnekort...

Marion Holm by Innibos en Vrystaat Kunstefees 24.06.2025

Marion Holm vertel van die produksies waarby sy betrokke is by Innibos en die Vrystaat Kunstefees.

Huldeblyk aan André Walters 24.06.2025

Elma Potgieter, Anton Dekker en Krisjan Fourie bring hulde aan André Walters.

Άκου το podcast RSG Kuns στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS