RSG

RSG Dokumentêr

Society AF ↓ Επεισόδια: 365

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za

Δημιουργός

RSG

Κατηγορία

Society

Ιστοσελίδα του podcast

www.rsg.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

24 Σεπ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

TE VEEL VAN 'N GOEIE DING... deur Christelle van Tonder 08.01.2015

Die storie van oefen-verslaafdes.

'N STUKKENDE VENSTER deur Este Gross 31.12.2014

Wat is graffiti? Kan dit hoop gee langs 'n stukkende venster? Graffiti-kunstenaars gesels oor mense se wanpersepsies van die kunsvorm, en hoe dit besig is om te verander.

ROBBENEILAND: SIMBOOL VAN DEMOKRASIE deur Johan Rademan 25.09.2014

Die eiland se geskiedenis strek 450 miljoen jaar terug, aldus die ekoloog Dave Pepler. Willem Steenkamp, kenner van die vroeë Kaapse militêre geskiedenis, stel die vergete broederbende uit 1807 opnuut aan ons bekend. Shakespeare se rol tydens die mees onlangse poltikieke aanhoudings word onder die loep geneem deur prof. Julian Smith van die Universiteit van Stellenbosch. Eerwaarde Lionel Louw praa...

KUIER BY ZANTA deur Wynand Dreyer 18.09.2014

Zanta Hofmeyr word gereken as een van die beste violiste wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Sy hou steeds uitvoerings hier en in die buiteland. Sy is ook professor in musiek by twee universiteite. Sy kom uit 'n merkwaardige gesin van agt kinders en almal is musikaal. Zanta Hofmeyr se lewe word gedefinieër deur musiek.

DIE TEGNO-KIND deur Jacqui January 11.09.2014

Daar is lank geglo dat swak afstandvisie hoofsaaklik oorerflik is. Onlangse navorsing wys egter dat te veel ure wat op tegnologiese toestelle soos slimfone en tabletrekenaars gespandeer word, ook 'n sondebok is. Tegnologie is die nuwe babawagter, sê 'n oogarts. Jacqui January kyk na die probleme wat jong kinders ervaar as gevolg van te veel blootstelling aan tegnologie te vroeg in hulle lewe.

MEESTER ESPEE, KRIEKETLEGENDE VAN DIE KLEIN KAROO deur Haidee Muller 04.09.2014

Simon Petrus Swigelaar, alombekend as Meester Espee, is sedert 1948 by SWD-krieket betrokke en het die provinsie as speler en administrateur op alle vlakke gedien. Hy is al wyd vereer vir sy bydrae tot die sport.

OP MY DRAAIBANK deur Chris Swanepoel 28.08.2014

'n Klankbeeld van houtdraaiwerk as stokperdjie.

EEN BOEK OP 'N SLAG deur Ilse Salzwedel 21.08.2014

Twee jaar gelede het die Departement van Korrektiewe Dienste ʼn leesprogram ingestel as deel van gevangenes se rehabilitasieprogram. Hoor hoe die Reading for Redemption-veldtog misdadigers se lewe verander, een boek op ʼn slag.

DIE DRANKDUIWEL deur Ivor Price 14.08.2014

Ivor Price ondersoek die probleem van toenemende alkoholverslawing in Suid-Afrika. Hoor die aangrypende vertellings van 'n 17-jarige alkoholis wie se pa hom al op 12 jaar toegelaat het om slukkies van sy bier te neem. 'n Alkoholis wat jare laas gedrink het, vertel ook hoekom hy nooit weer sy lippe aan drank sal kan sit nie.

Rustenburg - Letsels van 'n staking deur Christelle van Tonder 7 Augustus 2014 07.08.2014

Op 23 Januarie 2014 het die werkers by Suid Afrika se grootse platinumprodusente begin staak. Die langste en duurste staking ooit in Suid-Afrika is vyf maande later op 24 Junie beëindig. Christelle van Tonder het in Rustenburg gaan kyk watter letsels die staking daar gelos het.

VAN OUDSTE DORP TOT INNOVASIEHOOFSTAD deur Ina Strydom 31.07.2014

Ina Strydom stap deur die strate van Stellenbosch om te kyk en te luister na wat die dorp te vertel het.

SPIRITUELE GELOOFSTELSELS deur Mia Malan en Darren Taylor 24.07.2014

Suid-Afrika word wêreldwyd gerespekteer vir die verdraagsaamheid van verskillende gelowe. Die meeste Suid-Afrikaners is Christene, maar lewe in vrede en harmonie saam met derduisende Jode, Moslems, Hindus en aanhangers van tradisionele Afrikagelowe. Navorsing dui egter daarop dat al hoe meer mense sogenaamde alternatiewe gelowe begin navolg in 'n soeke na betekenis in hulle lewe. Mia Malan en Darr...

DIE DWELMSNELLER deur Este Gross 10.07.2014

Wat is die verband tussen dwelmgebruik en musiek? Daar is verskeie snellers wat dwelmgebruikers laat terugval in gebruik, maar musiek is veral 'n sterk sneller. Este Gross besoek die Elim Kliniek, 'n sentrum vir die behandeling van verslawings, om meer uit te vind.

FONTEIN VAN KENNIS deur Anel Heydenrych 03.07.2014

Daar is 'n persepsie dat plaasskole nie so goed soos ander skole is nie. Baie ouers stuur eerder hulle kinders dorp of stad toe om daar skool te gaan, maar 50 kilometer suid-oos van Colesberg in die Noord-Kaap is die Umthombo Wolwazi plaasskool wat FONTEIN VAN KENNIS beteken en deur die gemeenskap as 'n oase beskou word.

VAN DIE KRAAL TOT DIE BORD deur Fritz Klaaste 27.03.2014

Duisende jare gelede in Afrika waar lewe begin het, het die mens 'n ooreenkoms met land en dier aangegaan dat hulle mekaar sal ondersteun en onderhou. Hierdie ooreenkoms het gelei tot een van die grootste bedrywe in Suid-Afrika. Fritz Klaaste kyk na die vleisbedryf en die pad wat vleis loop van die kraal tot die bord.

ANDERKANT DIE GEEL DEURE deur Mari Hudson 20.03.2014

Mari Hudson neem jou op 'n besoek aan Saal G3, die kinderkankersaal by die Tygerberg-Hospitaal in Kaapstad. Meer as 'n duisend kinders word elke jaar met kanker gediagnoseer. Verreweg die meeste word in akademiese hospitale behandel. Kom ontmoet Suster Bantam wat al 24 jaar kinders met kanker versorg, een van die dokters, en van die ouers wat dae en weke in die hospital deurbring.

IKHAYA LOXOLO - HUIS VAN VREDE deur Darren Taylor 13.03.2014

Suid-Afrika het 'n groot tekort aan openbare gesondheidsdienste vir mense met psigiatriese siektes of verstandelike gestremdhede, veral in plattelandse gebiede. Die Hobeni-nedersetting is in 'n afgeleë deel van die Oos-Kaap in die voormalige Transkei. Daar is 'n paar omheinde hutte bekend as Ikhaya Loxolo. Dit beteken Huis van Vrede. Vir honderde kilometer is dit die enigste plek waar verstandelik...

!KWHA TTU deur Johan Rademan 06.03.2014

!Kwha ttu is 'n Sankultuursentrum waar ou waarhede van die Sangemeenskap nuut gemaak en bewaar word. Daar is nagenoeg 100 000 Sanmense in die wêreld waarvan ongeveer 6 000 in Suid-Afrika woon. Johan Rademan vertel hoe veldkuns, plantkennis en ou tale nog gekoester word deur jong San-afstammelinge. Een van die ou tale, wat op uitsterwing wankel, met net vyf sprekers oor, kan gehoor word en daar is...

DOBBELSPEL deur Ivor Price 27.02.2014

Ivor Price ondersoek die vernietigende impak van dobbelverslawing. Dwarsoor die land is daar planne om nog casinos op te rig… en dit terwyl daar al hoe meer bewyse is dat hierdie verslawing familiestrukture kan vernietig.

VAN TOEKA TOT NOU deur Jacqui January 20.02.2014

Dis die storie van nostalgie en 'n groep mense se reis van vernedering en armoede tot vergifnis en dankbaarheid. Dis die storie van die mense van die BAR-vallei.

'N LIEFDE VIR LEEUS deur Wynand Dreyer 13.02.2014

Gert Claasen boer in die Petrussteyndistrik in die Vrystaat. Benewens skape, beeste en verskeie gewasse, het hy ook wild op sy plaas. Gert het egter 'n spesiale plek in sy hart vir roofdiere. Hy is een van 'n handjievol kommersiële leeuboere in Suid-Afrika.

DIE ORKES deur Anel Heydenrych 06.02.2014

'n Jazz-orkes wat in 2011 in die Tswelopele Korrektiewe Dienste-sentrum in Kimberley deur vyf gevangenis begin is, maak nou landwyd opslae. Die orkes bestaan uit elf lede en lewer vertonings by kunstefeeste en funksies dwarsdeur die land. Musiekkontrakte word nou ook 'n werklikheid. Anel Heydenrych het na die orkes gaan luister.

DIE MAN WAT SY NAAM KON VERKOOP deur Ina Strydom 23.01.2014

Stephan Welz is 'n bekende kunshandelaar en afslaer. Ina Strydom kyk na sy loopbaan en liefdes, die omstandighede wat gelei het tot die verkoop van die veilingshuis wat steeds sy naam dra, en sy lewe daarna.

NOKKIE SE STORIES deur Haidee Muller 16.01.2014

Nokkie is 'n boorling van Leeu-Gamka se wêreld en werk deesdae as huiswerker in Kaapstad. Sy vertel sulke lekker, lewendige en kleurryke stories dat haar werkgewer al 'n boek genaamd Nokkie se Stories oor haar vertellinge laat publiseer het.

IN DIE KOUE KLOUE deur Christelle van Tonder 09.01.2014

Een verkeerde besluit kan jou hele lewe verander... soveel te meer verkeerde besluite wat jy op die vroeë ouderdom van 16 maak. Christelle van Tonder kyk na die lewe van tieners in die tronk.

Άκου το podcast RSG Dokumentêr στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS