Simondium Familiekerk

Preek Opnames

Religion AF ↓ Επεισόδια: 152

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.simondiumfamiliekerk.co.za

Δημιουργός

Simondium Familiekerk

Κατηγορία

Religion

Ιστοσελίδα του podcast

www.simondiumfamiliekerk.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

23 Αυγ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

"Kom kyk" - Ontmoet Jesus en die vrou by die put 23.08.2026

Hierdie is 'n luister-drama. Dit vertel oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put as ’n intieme gesprek tussen twee mense wat mekaar oor bekende grense heen ontmoet. Deur hulle afwisselende herinneringe ontvou Johannes 4 as ’n verhaal oor dors, waarheid, skaamte en die verrassende ervaring om volledig gesien te word sonder om veroordeel of verklein te word. Die vrou kom m...

Reis deur Efesiërs - Deel 18 (16 Augustus 2026) 16.08.2026

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 4:14–16 TEMA: Hoe behoort “groei” in ons gemeente te lyk? Paulus help ons in hierdie teksgedeelte om te onderskei wat nodig is vir ’n gemeente om werklik te groei. Ons wil immers al hoe meer ’n “small working model of God’s new creation” wees. Maar hoe meet ’n mens die groei van ’n gemeente? Aan getalle? Aktiwiteite? ’n Vol kerkgebou? Ons kyk na vier kenmerke van...

Reis deur Efesiërs - Deel 17 (09 Augustus 2026) 16.08.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 4:7-13 TEMA: Eenheid is nie eendersheid nie! Ons reis verder deur Efesiërs 4 – ’n hoofstuk wat ons herinner dat God ons nie roep om almal dieselfde te wees nie, maar om saam as een liggaam te leef en te groei. God se genade is nie net iets wat ons ontvang nie; dit is ook iets wwarin Hy elkeen van ons wil gebruik. Elke gelowige het ’n plek. Elke gelowige het ’n...

Reis deur Efesiërs - Deel 16 (02 Augustus 2026) 16.08.2026

PREDIKER: DJ Muller TEMA: Waardig aan jou roeping TEKS: Efesiërs 4:1–6 Paulus begin nie met ’n gebod nie, maar met ’n smeking: “Ek dan, die gevangene in die Here, vermaan julle om waardig te wandel…” en dan praat hy oor eenheid! Eenheid is nie iets wat óns skep nie; dit is iets wat ons bewaar. Die Heilige Gees het dit reeds gegee (v. 3). Ons roeping is nie om eenheid te bou nie, maar om dit nie te...

Reis deur Efesiërs - Deel 15 (21 Junie 2026) 16.08.2026

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 3:16-19 TEMA: God se krag het ’n baie spesifieke bestemming… Ons hanteer baie keer God se werk in ons lewe soos ’n noodkragopwekker. Ons bid vir krag wanneer ons swaarkry, en wanneer die krag kom en die swaarkry verby is, ontkoppel ons weer die kragopwekker en skakel terug na die “mains”. Ons dink die antwoord op die noodgebed was die krag self. Maar Paulus sê on...

Reis deur Efesiërs - Deel 14 (14 Junie 2026) 16.08.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 3:14–21 “Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader…” (Ef. 3:14) Wat as die plek van grootste krag nie op ons voete is nie, maar op ons knieë? Ontdek saam waarom Paulus kniel en hoe gebed ons verander. Ons dink na oor die krag van knielende gebed, voorbidding vir ander, en wat dit beteken om as gemeente ’n teken van God se nuwe skepping in die wêreld te w...

Reis deur Efesiërs - Deel 13 (07 Junie 2026) 16.08.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 3:1–13 TEMA: Die Verrassende God! Waarom sit Paulus eintlik in die tronk? Was dit omdat hy iets verkeerd gedoen het – of omdat hy presies gedoen het waarvoor God hom geroep het? Kom ontdek saam die verrassende geheim wat God aan Paulus geopenbaar het. ’n Geheim wat mense kwaad gemaak het, grense afgebreek het en die wêreld op sy kop gekeer het. En as hierdie g...

Reis deur Efesiërs - Deel 12 (10 Mei 2026) 16.08.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 2:11–22 TEMA: Breek die mure af Paulus sê Christus het die mure tussen Jode en nie-Jode afgebreek, maar Hy is ook die hoeksteen van die nuwe tempel wat God bou. Een van ons gemeente se waardes is inklusiwiteit. Ons gesels saam oor wat dit beteken om, soos Christus, mure af te breek – en om Hom werklik as Hoeksteen te aanvaar. Maar as Christus reeds die mure af...

Reis deur Efesiërs - Deel 11 (03 Mei 2026) 16.08.2026

Prediker: Nadia Muller Teks: Efesiërs 2:1-10

Reis deur Efesiërs - Deel 10 (26 April 2026) 16.08.2026

Prediker: Nadia Teks: Efesiërs 1

Pinksterfees (24 Mei 2026) 24.06.2026

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Johannes 20 Ons vier Pinkster vanuit ’n onverwagte vertrekpunt – nie by die dramatiese vuurwerkvertoning van Handelinge 2 nie, maar agter die geslote deure van ’n donker kamer waar ’n groepie gebroke en bang mense skuil in die nadraai van Jesus se kruisiging. Ons dink dikwels aan die Heilige Gees as die Een wat ons stuur, lei en rig. Maar hoe spreek die Gees in op ons see...

Reis deur Efesiërs - Deel 9 (Kinderdiens - 12 April 2026) 12.04.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEMA: Vol van Christus TEKS: Ef. 1:22-23 Laasweek het ons gevier dat die graf leeg was. Oral was daar leë paaseiers – en soms voel ons self ook ’n bietjie leeg. Maar Jesus leef, en ons is gevul met sy volheid. Wat beteken dit? Hoe lyk ons lewens dan? En hoe kyk ons nou na ander? Efesiërs leer ons dat Christus alles in almal vervul. Maar as dit waar is … hoe verander dit die...

Opstandingsondag - 05 April 2026 05.04.2026

Hierdie twee monoloë gee stemme aan Maria Magdalena en Thomas as mense wat eers stukkend en leeg by die opstanding aankom - sy met droeë oë, hy agter die deur van sy eie twyfel. In beide gevalle reageer Jesus nie met antwoorde of berisping nie, maar met Sy besondere teenwoordig-wees: Hy sê haar naam, Hy bied sy wonde aan vir Thomas se hande. Die sentrale boodskap is dat die opstanding nie pyn uitw...

Goeie Vrydag - 03 April 2026 03.04.2026

Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie, maar dit self ten volle beleef het. Die sentrale argument is dat Jesus in elke moment van krisis nie eers antwoorde gee of omstandighede...

Reis deur Efesiërs - Deel 8 (22 Maart 2026) 22.03.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers ontvang wanneer iemand sterf. Maar Paulus se verstaan van erfenis is anders – groter, ryker, en reeds aan die gebeur...

Reis deur Efesiërs - Deel 7 (15 Maart 2026) 15.03.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit is ’n seker hoop – iets wat reeds begin het. En as God se nuwe skepping reeds begin het… hoe behoort ons dan vandag te leef?

Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026) 08.03.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe bid ons vir mekaar? Bid ons net dat mekaar se probleme sal verdwyn, of bid ons – soos Paulus – dat God ons oë sal oopmaak om Hom te sien? Die gr...

Reis deur Efesiërs - Deel 5 (01 Maart 2026) 01.03.2026

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy van môre af anders na jou eie lewe kyk? Wat as jy ontdek dat jy nie toevallig hier is nie – nie maar net nóg ’n naam op ’n lidmaatlys nie – maar deel van ’n groter, goddelike ontwerp wat reeds voor die grondlegging van die wêreld begin het? Wat as die Vader se wil, die Seun se werk en die Gees se teenwoordigheid nie bloot abstrakte teologie is ni...

Reis deur Efesiërs - Deel 4 (22 Februarie 2026) 22.02.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy nie net wag vir eendag se aankoms in die hemel nie, maar reeds nou leef uit ’n oorwinning wat klaar behaal is? In Efesiërs 1:3–14 ontdek ons iets wat jou kop dalk effens laat kantel: jy is reeds geseën met elke geestelike seën. Hoe lyk dit wanneer gewone mense – in ’n gebroke wêreld vol pyn en chaos – begin leef as tekens van God se nuwe skepp...

Reis deur Efesiërs - Deel 3 (15 Februarie 2026) 15.02.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 TEMA: Uitroep van Lof! Die lied waarna Nadia verwys: https://www.youtube.com/watch?v=8T2zPTpEiT8 AI-prentjies van mense doen tans oral die rondte – karikature van regte mense, maar tog nie heeltemal nie. Minder plooie en grys hare, sagter, vriendeliker en meer opwindend. Dis mos wat almal wil sien? Intussen is daar donker kolle en spinnerakke in ons har...

Reis deur Efesiërs - Deel 2 (08 Februarie 2026) 08.02.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:1–2 en 6:21–24 TEMA: Die kerk se roeping Nota: Net voor die preek is Isabella Pollard gedoop. Nadia verwys een of twee keer ook na die doop in die preek. Wanneer daar in die kerk oor roeping gepraat word, dink baie van ons dadelik aan individuele roeping: waarvoor is ek geroep, en hoekom is ek op aarde? Paulus probeer egter juis in Efesiërs wys dat daar ’n b...

Reis deur Efesiërs - Deel 1 (01 Februarie 2026) 01.02.2026

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs Vir die volgende ruk gaan ons saam uit die boek Efesiërs preek en nadink. Hierdie Sondag se erediens is ’n inleidende diens waarin ons kyk na die struktuur van Efesiërs, asook die skrywer en eerste lesers van die brief. Ons staan ook stil by belangrike temas soos: •⁠ ⁠Wie God vir Paulus is in Efesiërs •⁠ ⁠Wat ons leer oor verlossing, eenheid en heiligheid •⁠ ⁠...

Kinderdiens - 25 Januarie 2026 25.01.2026

Prediker: Nadia Muller Teks: Markus 3:13-19 Tema: Het Jesus ’n bynaam vir jóú? Net soos met Jesus se dissipels, roep Hy elkeen van ons ook op die naam. Hy ken ons en wil ons gebruik. Hy nooi ons om saam met Hom aan tafel te sit – aan die nagmaalstafel – en werklik tuis te voel. Hoe voel dit om só geroep te word? En dink ’n bietjie hieroor: wanneer Jesus byname aan sy dissipels gegee het, was dit n...

Erediens - 18 Januarie 2026 18.01.2026

Prediker: DJ Muller Teks: Verskeie Tema: Waardes vir die kerk én die lewe Eenvoud, egtheid, inklusiwiteit en diensbaarheid is ons gemeente se waardes. Dit vind duidelik neerslag in hoe ons gemeente-dinge doen, maar wat as hierdie waardes ook in jou lewe by die huis en werk as rigtinggewers dien? Het Jesus ook hierdie waardes modelleer tydens Sy lewe op aarde?

Hervormingsdiens - 26 Oktober 2025 26.10.2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 18:9–14 Op verskillende vlakke is ons as gelowiges geanker in iets wat standvastig is. Ons protestante kerktradisie is byvoorbeeld een so anker. Ons vier vandag onder andere hierdie anker, maar ons gaan ook soek na die grootste anker waarsonder ons vir seker nie kan oorleef nie: Genade! Maar hoe gaan ons om met genade? Daar is een van drie maniere hoe ons hieroor di...

Άκου το podcast Preek Opnames στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS