'n Sak Vol Stories

'n Sak Vol Stories

Kids AF ↓ Επεισόδια: 67

'n Afrikaanse storiepodsending propvol avontuur en verbeelding vir kinders van alle ouderdomme. Almal kan saamluister na fantastiese avonture propvol waardevolle lewenslesse. Ons vertel alles van feeverhale, mites en legendes tot splinternuwe stories. Ruil die skerm vir 'n storie uit ons storiesak wat kinders se verbeelding vrye teuels gee. Lees ook gerus saam op ons webblad: www.sakvolstories.co.zaVolg ons op Instagram: www.instagram.com/sakvolstories

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.sakvolstories.co.za

Δημιουργός

'n Sak Vol Stories

Κατηγορία

Kids

Ιστοσελίδα του podcast

www.sakvolstories.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

10 Οκτ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

S03E10 Jan en die Boontjierank 10.10.2026

Wanneer Jan sy ma probeer help deur hulle getroue koei te ruil vir ‘n hand vol towerbone, is dit net die begin van ‘n reuse avontuur soos min. Instagram · Website

S03E09 Die Drie Wense 03.10.2026

‘n Arm houtkapper se goeie daad word met drie wense beloon, maar tussen hom en sy vrou slaag hulle daarin om nie die heel beste van die geskenk te maak nie. Instagram · Website

S03E08 Die Klein Mensies se Geskenke 26.09.2026

In die tye voor motorkarre, busse en treine, het mense te voet gestap na waar hulle moes wees. Eendag was 'n kleremaker en 'n goudsmid saam op reis. Laat een middag, net toe die son agter die berge begin wegsak, het hulle die klank van musiek vanuit die verte gehoor. Hoe nader hulle gekom het, hoe duideliker het die wysie geword Instagram · Website

S03E07 Peter en die Wolf 20.09.2026

Peter hou van buite speel saam met al die diere, maar sy oupa is met goeie rede bang vir die groot, wrede wolf wat buite rondloop. Sal Peter na goeie raad luister, of is hy en sy dierevriende in vir ‘n groot verrassing? Luister gerus saam na hierdie vertelling van Prokofiev se klassieke kindeverhaal. Instagram · Website

S03E06 'n Hond Met 'n Been 12.09.2026

Benerige Bennie het nie gekies om deel van die lewende dooies te wees nie, maar arme Neels het ook nie gekies om ‘n weerhond te word nie. Sal die twee mekaar met hulle nuwe, vreemde sitausie kan help? Instagram · Website

S03E05 Die Donkie en die Skoothond 05.09.2026

‘n Fabel van Esopus oor ‘n boer wat sy hondjie graag bederf en ‘n arme donkie wat wens hy kan ook so behandel word. Sal sy plan werk? Ons sal maar moet wag en sien... Instagram · Website

S03E04 Aladdin 29.08.2026

Die immergewilde verhaal oor ‘n jong seun wat op ‘n lamp afkom wat sy hele lewe verander. Maar dit maak hom ook die teiken van jaloerse en gierige mense. Sal die sjin van die lamp Aladdin alles kan help oorkom? Instagram · Website

S03E03 Die Slim Skrynwerker 22.08.2026

Wanneer twee broers oor ‘n simpel misverstand ‘n groot stryery begin, kom ‘n rondresisende krynwerker tot hulle redding en help om nie net hulle probleem nie, maar sommer ook hulle stryery op te los. Instagram · Website

S03E02 Die Towerspieel 15.08.2026

As die koning na ‘n vrou begin soek, is sy barbier gereed met ‘n towerspieël wat met die soektog kan help. Maar daar is ‘n voorwaarde betrokke wat maak dat baie minder kandidate as verwag opdaag. Instagram · Website

S03E01 Die Pers Gorilla 08.08.2026

‘n Storm, ‘n verlate huisie, vreemde instruksies en ‘n baie groot (en wollerige) verrassing. Dít is wat alles op jong Wimpie wag as hy skuiling soek tydens ‘n reënbui. Maar gaan sy nuuskierigheid hom net dieper in die moeilikheid kry? Instagram · Website

Die Sikloop (Eenoog) - Kreatiwe Kreature S02E08 01.08.2026

In die ou tye was hulle meesterlike vakmanne wat vir die gode gewerk het, maar deesdae ken ons hulle as eensame reuse met een onderskeidende kenmerk: Net een oog in die middel van hulle voorkop. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Sikloop, of Eenoog. Instagram · Website

Die Oni - Kreatiwe Kreature S02E07 28.07.2026

Hulle is beslis meer bekend in Japan as in die res van die wêreld, maar hulle is nie sommer eenvoudige monsters nie. Hulle is gewoonlik vreesaanjaend, maar soms meer kompleks. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Oni Instagram · Website

Die Reus - Kreatiwe Kreature S02E06 25.07.2026

Jy kan hulle op ‘n afstand sien en hoor, maar moenie dink jy kan weghardloop nie, want hulle gee net ‘n tree of twee, dan is hulle by jou. Want alles aan hulle is enorm! Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Reus Instagram · Website

Husse met lang ore - Kreatiwe Kreature S02E05 21.07.2026

Hulle duik altyd op waar daar ‘n geheim gebou word, of waar ‘n nuuskierige agie te veel vrae vra. Hulle is eg Afrikaans, en jy kry hulle oral waar jy kinders kry wat wil weet wat aangaan. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Hus met lang ore. Instagram · Website

Die Minotaurus - Kreatiwe Kreature S02E04 18.07.2026

Hy’t die lyf van ‘n man, maar die kop van ‘n groot, sterk bul! En hy bly in ‘n doolhof waaruit amper geen mens kan onstnap nie. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Minotaurus. Instagram · Website

Die Kabouter (Gnome) - Kreatiwe Kreature S02E03 14.07.2026

Met sy gepunte rooi hoed en sy welige wit baard het jy sekerlik al hierdie oulike karaktertjie teëgekom, maar wat weet jy eintlik alles van hierdie klein aardgees? Hierdie Kreatiewe Kreatuur is.... ‘n Kabouter. Instagram · Website

Die Spook - Kreatiwe Kreature S02E02 11.07.2026

Donker en deurskynend, swewend en huilend. Een van die oudstre bangmaakkaratkers op aarde. In solders, kelders en begraafplase is waar jy hulle sal kry. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is... ‘n Spook Instagram · Website

Die Draak - Kreatiwe Kreature S02E01 07.07.2026

Hierdie enorme gediertes skuil gewoonlik diep in ‘n grot waar dit sy skat oppas. En as jy hom pla, bevind jy jouself nie net in warm water nie, maar sommer omring deur vuur. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is... ‘n Draak. Instagram · Website

S02E20 Pampoenspook 27.06.2026

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... Halloween kry ‘n nuwe grillerige karakter by a ‘n gewone pampoenspook skielik in ‘n groot prbleem verander. Instagram · Website

S02E19 Die Keiser se Nuwe Klere 20.06.2026

As die keise se hele hof te trots is om te erken hulle word ‘n rat voor die oë gedraai, maak twee skelms seker hulle knoei hulle uit soveel skatte as moontlik uit. Instagram · Website

S02E18 Die Derduiwel 13.06.2026

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... Ontmoet ‘n ondeunde klein dingetjie wat dink poetse en truuks is die beste manier om vriende te maak. Instagram · Website

S02E17 Thor se Hamer 06.06.2026

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... Al die pad uit die Noorse mitologie uit! ‘n Storie oor reuse, diefstal, slim planne en twee groot sterk gode in hulle heel mooiste rokke.. Instagram · Website

S02E16 Die Veld Vol Bankrotbossies 30.05.2026

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... 'n Geheimsinnige klein mannetjie, 'n groot skat, en iemand wie gierigheid die oorhand kry.... Instagram · Website

S02E15 Ali Baba en die Veertig Rowers 23.05.2026

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... ‘N Verhaal uit die Arabiese Nagte oor slinkse skelms, gierigheid wat hand uit ruk en fyn waarneming wat lewens kan red. Instagram · Website

S02E14 Mulan 16.05.2026

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... Wanneer ‘n ou Chinese kryger teruggeroep word oorlog toe, maak sy dogter Mulan ‘n plan wat vir jare lank die hele weermag flous. Instagram · Website

Άκου το podcast 'n Sak Vol Stories στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS